Nach Genre filtern

Landbouweekliks

Landbouweekliks

Media24 Leefstyl

'n Podcast deur Landbouweekblad. Die span van Landbouweekliks het al die land vol gereis om die landbou en Suid-Afrika se merkwaardige boere se stories in kykers se woonkamers te vertel. Die reeks vermaak kykers al vir byna twee jaar op VIA (kanaal 147 op Dstv) al vir twee jaar lank met stories uit die landboubedryf. Luister in dié podcast na jou gunsteling Landbouweekliks-episode en ontmoet die boere wat hulle deel doen om die land te bou.

25 - ‘Om in die paradys te kan boer’
0:00 / 0:00
1x
  • 25 - ‘Om in die paradys te kan boer’

    Rossouw Cillié is die voorsitter van Pro-Agri en uitvoerende hoof van Laastedrif-boerdery. Dié boerdery is ’n mega-onderneming wat oor verskeie plase strek in die omgewing van Ceres en in die Sandveld. Rossouw het die boerdery binne twee dekades opgebou van ’n gewone vrugte- en skaapplaas tot een van Suid-Afrika se grotes. Landbouskrywers SA het hom in 2013 as nasionale Boer van die Jaar aangewys. Naas groente, vrugte en vee is daar ook ’n bemagtigingsplaas waarby meer as 135 werkers betrokke is.

    Thu, 26 Nov 2020
  • 24 - Hiér word drome ’n werklikheid

    Ons kuier in die Klein-Swartbergpas. Mnr. Christof Cloete boer al byna 40 jaar lank met steenvrugte op die plaas Rietvlei in die distrik Laingsburg in die Wes-Kaap. Christof was voorheen voorsitter van Koup Produsente, die landboukoöperasie op Laingsburg wat onlangs sy 75ste bestaansjaar gevier het, asook voorsitter van Agri Wes-Kaap. Hy is ook al meer as 10 jaar lank ’n mentor en mede-aandeelhouer van die bemagtigingsprojek op die nabygeleë plaas Doornkloof. Hierdie plaas se vrugte is bestem vir die droëvrugtebedryf.

    Mon, 16 Nov 2020
  • 23 - Derek Mathews: ‘Weet wat in jou grond aangaan’

    Ons kuier by mnr. Derek Mathews, ondervoorsitter van Graan SA. Hy boer met mielies, sonne­blomme en sojabone op die plaas Silverton by Sannieshof in Noordwes. Hy boer al van 1983 af en is die vierde geslag van sy familie op die plaas. Sedert hy na bewaringsboerdery omgeswaai het, het hy meer as 60 liter brandstof op elke hektaar bespaar. Daar is ook minder las van wind­erosie. Weens die droogte moes hy al verskeie planne maak om staande te bly. In 2016 het hy Graan SA se eerbewys vir inspirerende leierskap ontvang.

    Mon, 09 Nov 2020
  • 22 - Boere met 'n oog vir 'n geleentheid

    Ons kuier by Dewald Te Water van die plaas Schurvekop tussen Trichardt en Bethal in Mpumalanga. Dewald het in 1999 by sy ouer broer, Billy, aangesluit nadat die boerdery tot só ’n mate uitgebrei het dat Billy nie meer by alles kon uitkom nie. Dié twee broers het ’n oog vir ’n geleentheid. Die besigheid bestaan uit ’n saai- en beesboerdery, ’n kunsmis- en mielieverwerkingsaanleg en ’n bou- en grondverskuiwingsmaatskappy. Naas beeste boer Dewald onder meer met mielies en soja-, suiker- en mungbone.

    Mon, 02 Nov 2020
  • 21 - Arcadia Bonsmara: Sukses oor generasies gebou

    Ons lê besoek af by Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara in die Vrystaat. Dié bekroonde stoetbeesteler van die Vrede-distrik van die Oos-Vrystaat is sinoniem met Bonsmaras en bou voort op ’n reputasie wat oor geslagte opgebou is. Die stoetery het in 1937 die lig gesien en in 1958 is Bonsmaras vir die eerste keer in die kudde ingebring. Arthur bespreek graag sy kennis en ondervinding en het al verskeie rubrieke en raadgewende artikels in landboupublikasies geskryf.

    Mon, 26 Oct 2020
Weitere Folgen anzeigen