Filtra per genere
- 630 - Vers en klank 30 April 2024
Roeline Daneel lees gedigte oor swangerskap, oor ma-word. Daar is heelwat verse deur een van Afrikaans se voorste vrouedigters, Elisabeth Eybers, en ook gedigte deur Louise Boshoff, Antjie Krog en Rika Cilliers.
Tue, 30 Apr 2024 - 629 - Vers en klank 23 April 2024
Daniel Hugo gesels oor ’n argitek van Kaapstad, Martin Kruger, se debuutbundel, Gekaapte Stad. Kruger het al die wêreld platgereis, en hy dig oor van die grootste en mees bekende stede, maar ook oor sy eie tuisstad se bekoring.
Tue, 23 Apr 2024 - 628 - Vers en klank 16 April 2024
In die vierde en laaste deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels Amulet teen Vuur, Kwadratuur van die Sirkel, Najaarswys en Herfstelike Lig.
Tue, 16 Apr 2024 - 627 - Vers en klank 9 April 2024
In die derde deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman vir ons voor uit die bundels, Teenstrydige Liedere, Tyd van Verhuising, Kanse op ’n Wrak, Die Swart Skip en Amulet teen Vuur.
Tue, 09 Apr 2024 - 626 - Vers en klank 2 April 2024
In die tweede deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels, Koraal van die Dood, Die Klop, en Anderkant Besit. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter self aan die woord is.
Tue, 02 Apr 2024 - 625 - Vers en klank 29 Maart 2024
Luister na van die bekendste klassieke Afrikaanse gedigte oor Paasfees deur die digters W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en Isak de Villiers. Daar is ook verse oor die feestyd om na uit te sien deur onder andere Tom Gouws, Cas Vos en Ina Rousseau. Die voorlesers is Marion Holm en Nic de Jager.
Fri, 29 Mar 2024 - 624 - Vers en klank 26 Maart 2024
Die digter Ernst van Heerden het in sy leeftyd 15 bundels die lig laat sien. In die eerste deel van reeks oor sy lewe en werk, lees André Weideman voor uit die bundels Weerlose Uur, Verklaarde Nag, Die Sewe Vrese, en Reisiger. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter self aan die woord is.
Tue, 26 Mar 2024 - 623 - Vers en klank 19 Maart 2024
Ons vier Wêreld Poësiedag op Donderdag 21 Maart. Jy kan uitsien na ’n hele rits gewilde Afrikaanse gedigte, asook toonsettings van ’n paar gewilde verse. Die voorleser is Susanne Beyers.
Tue, 19 Mar 2024 - 622 - Vers en klank 12 Maart 2024
Jana Kruger en Pieter van Zyl is terug in die ateljee om gedigte oor ouers voor te lees. Jy kan veral uitsien na ’n besonderse gedig deur Olga Kirsch, Vyf Sonnette aan my Vader.
Tue, 12 Mar 2024 - 621 - Vers en klank 5 Maart 2024
Die eerste aflewering in ’n reeks van twee programme oor herinneringe aan ma’s en pa’s wat nie meer met ons is nie. Ons digters het heelwat geskryf oor dié dinge, wat hulle graag nog vir hulle ouers wou sê, maar altyd versuim het om te doen. Daar is twéé voorlesers vir hierdie reeks, Pieter van Zyl én Jan Kruger.
Tue, 05 Mar 2024 - 620 - Vers en klank 27 Februarie 2024
Marion Holm lees gedigte voor oor die soogdiere van Suider-Afrika. Daar’s verse oor lede van die Groot Vyf, soos die olifant en die luiperd, maar ook gedigte oor ander spesies wat net so mooi is en ook ons aandag verdien.
Tue, 27 Feb 2024 - 619 - Vers en klank 20 Februarie 2024
In Antjie Krog se 2006-digbundel, Verweerskrif, is daar ’n gedig genaamd Vier Seisoenale Waarnemings van Tafelberg. Dit vertel hoe Krog dié berg vir ’n jaar lank waargeneem en leer liefkry het. Jana Kruger lees uittreksels uit hierdie gedig voor.
Tue, 20 Feb 2024 - 618 - Vers en klank 13 Februarie 2024
Pieter van Zyl lees in die laaste aflewering in ’n reeks programme oor huise, meer gedigte oor die herinneringe wat mense het aan die huise waarin hulle grootgeword het.
Tue, 13 Feb 2024 - 617 - Vers en klank 6 Februarie 2024
Pieter van Zyl lees gedigte oor huise, en waarom mense se huise steeds vir hulle die mees gesellige, gemaklike plek op aarde is – selfs al is dinge nie presies soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is ook gedigte oor daardie droomhuis wat elkeen van ons in gedagte het, maar seker nooit sal bewoon nie.
Tue, 06 Feb 2024 - 616 - Vers en klank 30 Januarie 2024Tue, 30 Jan 2024
- 615 - Vers en Klank 23 Januarie 2024Tue, 23 Jan 2024
- 614 - Vers en klank 16 Januarie 2024
Sophia van Taak gesels met die bekende reisjoernalis en fotograaf, Toast Coetzer, oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het.
Tue, 16 Jan 2024 - 613 - Vers en klank 9 Januarie 2024Tue, 09 Jan 2024
- 612 - Vers en klank 2 Januarie 2024Tue, 02 Jan 2024
- 611 - Vers en klank 26 Desember 2023Tue, 26 Dec 2023
- 610 - Vers en klank 25 Desember 2023Mon, 25 Dec 2023
- 609 - Vers en klank 19 Desember 2023Tue, 19 Dec 2023
- 608 - Vers en klank 12 Desember 2023Tue, 12 Dec 2023
- 607 - Vers en klank 5 Desember 2023Tue, 05 Dec 2023
- 606 - Vers en klank 28 November 2023Tue, 28 Nov 2023
- 605 - Vers en klank 21 November 2023Tue, 21 Nov 2023
- 604 - Vers en klank 14 November 2023
Sophia van Taak gesels met die digter, Bibi Slippers, oor haar jongste bundel, Soekenjin. Slippers lees ook van die nuwe verse voor.
Tue, 14 Nov 2023 - 603 - Vers en klank 7 November 2023
Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.
Tue, 07 Nov 2023 - 602 - Vers en klank 31 Oktober 2023Tue, 31 Oct 2023
- 601 - Vers en klank 24 Oktober 2023
Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.
Tue, 24 Oct 2023 - 600 - Vers en klank 17 Oktober 2023
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Tue, 17 Oct 2023 - 599 - Vers en klank 10 Oktober 2023
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Tue, 10 Oct 2023 - 598 - Vers en klank 3 Oktober 2023
Nic de Jager is die voorleser in 'n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Tue, 03 Oct 2023 - 597 - Vers en klank 26 September 2023Tue, 26 Sep 2023
- 596 - Vers en klank 19 September 2023
Sophia van Taak gesels met die digter en vertaler, Daniel Hugo, oor Jan Swanepoel se jongste digbundel, Die Belewenisse van ’n Latinis.
Tue, 19 Sep 2023 - 595 - Vers en klank 12 September 2023
Daneel van der Walt lees gedigte oor vensters, ruite – daardie dun panele glas wat orals is, maar selde raakgesien word.
Tue, 12 Sep 2023 - 594 - Vers en klank 5 September 2023
Pieter Odendaal gesels oor sy tweede digbundel, Ontaard. Ons luister ook na toonsettings van ’n paar gedigte uit dié versameling.
Tue, 05 Sep 2023 - 593 - Vers en klank 29 Augustus 2023
Ons vier Boomplantweek met pragtige gedigte oor inheemse bome, en die groot rol wat bome in die ganse aarde se oorlewing speel. Die voorleser is Joanie Combrink.
Tue, 29 Aug 2023 - 592 - Vers en klank 22 Augustus 2023
Pianis Rocco de Villiers het al menige resepteboek geskryf, en nou het sy heel eerste digbundel ook die lig gesien. Rocco kuier by Sophia van Taal in die ateljee om te gesels oor dié versameling verse, getiteld Die Eiesoortiges.
Tue, 22 Aug 2023 - 591 - Vers en klank 15 Augustus 2023
Sophia van Taak blaai saam met ’n paar digters deur hulle foto-albums en raak so ’n bietjie nostalgies oor die ou dae se kiekies. Ons luister ook na gedigte oor bekende foto’s wat oor die jare in die pers verskyn het. Die voorleser is Lochner de Kock.
Tue, 15 Aug 2023 - 590 - Vers en klank 8 Augustus 2023
Sophia van Taak gesels Tom Dreyer oor sy debuutbundel, Nou in Infrarooi. Dreyer lees van sy gedigte uit dié versameling voor, en Riku Lätti verskaf agtergrondmusiek.
Tue, 08 Aug 2023 - 589 - Vers en klank 1 Augustus 2023
Luister na die derde en laaste aflewering in die reeks oor insekte. Die gedigte word voorgelees deur Joanie Combrink, Marlo Minnaar en Lochner de Kock.
Tue, 01 Aug 2023 - 588 - Vers en klank 25 Julie 2023
Luister in die tweede aflkewering in ’n reeks van drie oor insekte na gedigte oor dié insekte wat in ons tuine leef – die kewers, bidsprinkane, slakke en wurms… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.
Tue, 25 Jul 2023 - 587 - Vers en klank 18 Julie 2023
Luister na die eerste in ’n reeks van drie programme oor insekte. Sophia van Taak kyk na gedigte oor die insekte wat ons in ons huise aantref – muskiete, kakkerlakke, muggies en motte… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.
Tue, 18 Jul 2023 - 586 - Vers en klank 11 Julie 2023
Sophia van Taak en die voorleser Ronel Geldenhuys sit die reeds oor die dood voort. Daar is gedigte deur onder andere Jeanne Goosen, Lucas Malan en Wilma Stockenstrom.
Tue, 11 Jul 2023 - 585 - Vers en klank 4 Julie 2023
Sophia van Taak roer ’n gewigtige tema aan - die dood. Ons sterflikheid is vir die meeste mense ’n ongemaklike gedagte, een wat jou selfs bang maak. Wat het ons digters hieroor te sê? Hoor hoe húlle die dood probeer uitpluis. Die voorleser is Ronel Geldenhuys.
Tue, 04 Jul 2023 - 584 - Vers en klank 27 Junie 2023
Laasweek, toe die groot kouefronte die land so hard getref het, het Sophia van Taak en die voorleser Marlo Minnaar op Vers en Klank reggesit met die ’n rits mooi gedigte oor onweer en storms. Vanaand sit dié twee die tema voort, met Marlo wat gedigte oor die reën voorlees.
Tue, 27 Jun 2023 - 583 - Vers en klank 20 Junie 2023
Ons luister na gedigte oor storms en onweer. Daar is heelwat verse deur Ina Rousseau en D.J. Opperman, asook gedigte deur Daniel Hugo, Fanie Olivier en Celest Fritze om na uit te sien. Die voorleser is Marlo Minnaar.
Tue, 20 Jun 2023 - 582 - Vers en klank 13 Junie 2023
Wonder jy party dae: Het die lewe dan hoegenaamd betekenis? Of is dit maar net ’n vervelige gesukkel van geboorte tot die dood? Toemaar, jy’s nie alleen nie! Karli Heine lees gedigte voor deur talle digters wat dié onsekerheid deel.
Tue, 13 Jun 2023 - 581 - Vers en klank 6 Junie 2023
Sophia van Taak blaai deur M.M. Walters se debuutbundel, Cabala. Walters word beskou as die grootste satirikus in die Afrikaanse digkuns, en het met sy vlymskerp waarnemingsvermoë en raakvatwoorde menige heilige koei in ons kultuur bygekom. Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 06 Jun 2023 - 580 - Vers en klank 30 Mei 2023
In die tweede aflewering oor briewe is daar gedigte deur Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, T.T. Cloete en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Chris van Niekerk.
Tue, 30 May 2023 - 579 - Vers en klank 23 Mei 2023
In die eerste van twee programme oor briewe, luister ons na gedigte deur onder andere Jannie Malan, Elisabeth Eybers en Fanie Olivier, soos voorgelees deur Susanne Beyers.
Tue, 23 May 2023 - 578 - Vers en klank 16 Mei 2023
Koos du Plessis was eerstens bekend as musikant. Maar dié geliefde liedjieskrywer was ook ’n digter uit wie se pen daar twee bundels verskyn het. Ons luister na sy mooi musiek én gedigte, soos voorgelees deur Johann Nel.
Tue, 16 May 2023 - 577 - Vers en klank 9 Mei 2023
Komende Sondag is Moedersdag – ’n feesdag ter ere van al die ma’s en oumas. Karli Heine lees pragtige gedigte voor oor dié spesiale vroue in ons lewe.
Tue, 09 May 2023 - 576 - Vers en klank 2 Mei 2023
Pieter van Zyl terug in die ateljee om vir ons nog pragtige verse oor die herfs voor te lees. Jy kan uitsien na gedigte deur onder andere Lina Spies, S.J. Pretorius, Fanie Olivier en Johann de Lange.
Tue, 02 May 2023 - 575 - Vers en klank 25 April 2023
Ons is nou pens en pootjies in die herfs, en Pieter van Zyl lees gedigte voor oor hierdie mooi tyd van die jaar.
Tue, 25 Apr 2023 - 574 - Vers en klank 18 April 2023
Glo jy in engele? Luister na gedigte oor dié beskermers, boodskappers en begeleiers van die geesteswêreld. Die voorleser is Susanne Beyers.
Tue, 18 Apr 2023 - 573 - Vers en klank 11 April 2023
Jana Kruger lees gedigte voor uit Sheila Cussons se debuutwerk, Plektrum, en Sophia van Taak verken van die deurlopende temas in Cussons se digkuns waarmee ons reeds in hierdie eerste bundel kennis maak.
Tue, 11 Apr 2023 - 572 - Vers en klank 7 April 2023
Chris van Niekerk en Susanne Beyers lees gedigte vir Goeie Vrydag. Daar is ook die aangrypende 14 Stasies van die Kruis-vertolking deur orrelis Winand Grundling.
Fri, 07 Apr 2023 - 571 - Vers en klank 4 April 2023
Ons omarm beurtkrag deur te luister na gedigte oor kerse en kaggelvuurtjies - dié dinge waartoe ons ons wend wanneer dit skielik koud en donker word. Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 04 Apr 2023 - 570 - Vers en klank 28 Maart 2023
In die vierde en laaste aflewering in die reeks oor voëls kan jy uitsien na gedigte deur Antjie Krog, Tom Gouws, Susan Smith en Karel Prinsloo. Die voorleser is Ronèl Geldenhuys.
Tue, 28 Mar 2023 - 569 - Vers en klank 21 Maart 2023
Ons die reeks oor voëls voort. In hierdie uitsending val die fokus op roofvoëls, en jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Dolf van Niekerk, N.P. van Wyk Louw, S.J. Pretorius en Ernst van Heerden. Die voorleser is Chris van Niekerk.
Tue, 21 Mar 2023 - 568 - Vers en klank 14 Maart 2023
Ons sit die reeks oor voëls voort. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Tom Gouws, René Bohnen, Boerneef, Totius, Martjie Bosman en Petra Muller. Die voorleser is Jana Kruger.
Tue, 14 Mar 2023 - 567 - Vers en klank 7 Maart 2023
In die eerste aflewering van 'n reeks oor voëls, luister ons na gedigte oor tuinvoëls – die soorte wat in die bome in en om jou tuin woon, asook die pluimvee in die agterplaas. Die voorleser is Chris van Niekerk.
Tue, 07 Mar 2023 - 566 - Vers en klank 28 Februarie 2023
Ons blaai deur Elisabeth Eybers se debuutbundel, Belydenis in die Skemering. Hierdie versameling het verskyn toe Eybers 21 jaar oud was. Dit was ook die heel eerste bundel uit die pen van ’n Afrikaanse vrouedigter. Die voorleser is Jana Kruger.
Tue, 28 Feb 2023 - 565 - Vers en klank 21 Februarie 2023
Luister na die laaste van drie aflewerings oor die lewe en werke van die digter Uys Krige. In hierdie uitsending val die fokus op twee van Krige se groot liefdes: die see (waaroor hy baie gedig het) en die vertaling van Spaanse gedigte. Die voorleser is Eben Genis.
Tue, 21 Feb 2023 - 564 - Vers en klank 14 Februarie 2023
Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor die lewe en digkuns van Uys Krige. Die voorleser is Eben Genis, en ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.
Tue, 14 Feb 2023 - 563 - Vers en klank 7 Februarie 2023
Vandeesmaand fokus ons op die lewe en werke van Uys Krige, die Goue Seun van die Afrikaanse literatuur. Die voorleser is Eben Genis. Ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.
Tue, 07 Feb 2023 - 562 - Vers en klank 31 Januarie 2023
Skakel in vir ’n tweede skoot groot skrik, wanneer ons na nóg van Dean Balie se voorlesings van gedigte oor spoke en ander grieselrige gedaantes luister. Laasweek het ons die grootmense banggepraat; vanaand is dit die kinders se beurt.
Tue, 31 Jan 2023 - 561 - Vers en klank 24 Januarie 2023
Dean Balie lees ons lekker bang! Die program is propvol gedigte oor spoke, dierasies en dinge wat jou in die donker bekruip. Skakel in… ás jy dapper voel!
Tue, 24 Jan 2023 - 560 - Vers en klank 10 Januarie 2023
Ons gesels oor Eugene Marais se lewe, luister na Wessel Pretorius se voorlesings van sy gedigte, en ook na ’n paar toonsettings van sy werk.
Tue, 10 Jan 2023 - 559 - Vers en klank 3 Januarie 2023
Sophia van Taak en die voorleser, Marion Holm, blaai deur ’n paar bundels om te sien wat ons digters oor die ou- én nuwejaar te skryf gehad het.
Tue, 03 Jan 2023 - 558 - Vers en klank 27 Desember 2022
Ons rek daardie lekker somer-see-gevoel vir oulaas uit. Luiter na gedigte oor strandsambrele, sandkastele, branders duik én mense kyk, soos voorgelees deur Susanne Beyers.
Tue, 27 Dec 2022 - 557 - Vers en klank 25 Desember 2022
Christelle Webb Joubert lees ‘n paar ouer digters se gedigte voor oor Kersfees in hierdie spesiale Kersdagaanbieding van Vers en Klank. Die samesteller is Ina Strydom.
Sun, 25 Dec 2022 - 556 - Vers en klank 20 Desember 2022
Die feestyd is vir baie mense eerder ’n voostyd, veral in die dolle week voor Kersfees. Hoor wat ons digters hieroor te sê het! Die voorleser is Wessel Pretorius.
Tue, 20 Dec 2022 - 555 - Vers en klank 13 Desember 2022
Ons digters is gewoonlik baie ernstig, maar hulle kan beslis ook ’n bietjie bolla losmaak! Ons lag 'n slag net lekker vir gedigte wat snaakse stories vertel, of komiese toneeltjies skets. Die voorleser is Marion Holm.
Tue, 13 Dec 2022 - 554 - Vers en klank 6 Desember 2022
Luister na gedigte oor ontmoetings. Sommige daarvan is ’n blye weersien met ’n ou vriend, ander ’n gemaklike oomblik in die geselskap van iemand met wie jy toevallig paaie kruis. En dan is daar ook daardie bisarre interaksies met vreemdelinge, wat ’n mens laat wonder: hoe het ek hier beland? Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 06 Dec 2022 - 553 - Vers en klank 29 November 2022
Karli Heine lees gedigte oor dié dinge wat ons gewoonlik miskyk en mis-ruik omdat ons nie aldag oplet nie.
Tue, 29 Nov 2022 - 552 - Vers en klank 22 November 2022
Antjie Krog gesels oor ouer word, wat haar steeds aanspoor om te skryf, én oor ’n splinternuwe digbundel uit haar pen genaamd, Plunder. Sy lees ook van haar eie werke voor.
Tue, 22 Nov 2022 - 551 - Vers en klank 15 November 2022
Antjie Krog was die afgelope jaar baie bedrywig. Daar’s ’n pragtige nuwe kinderverseboek uit haar pen genaamd Vetplantfeetjies, en sy was ook die samesteller van ’n bundel getiteld Mixtape van die Liefde - ’n bloemlesing van Afrikaanse liefdesgedigte.
Tue, 15 Nov 2022 - 550 - Vers en klank 8 November 2022
In die derde en laaste aflewering in ons reeks oor troeteldiere, is daar gedigte uit doeriejare van CJ Langenhoven, pragtige verse oor katte deur hulle grootste aanhanger, Lina Spies, ’n gevatte vertaling van ’n Duitse gedig oor ’n worshond. Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 08 Nov 2022 - 549 - Vers en klank 1 November 2022
Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor troeteldiere. Daar is gedigte deur Jeanne Goosen, Stephan Bouwer, Marlise Joubert en Daniel Hugo. Die voorleser is Susanne Beyers.
Tue, 01 Nov 2022 - 548 - Vers en klank 25 Oktober 2022
Die volgende paar weke se programme handel oor troeteldiere, daardie getroue, viervoetige vriende met wie ons ons lewe deel. In die eerste aflewering luister ons na Albert Maritz se voorlesing van gedigte oor katte. Die digters aan die woord is onder meer Barend Toerien, Lina Spies, Daniel Hugo, Stephan Bouwer en Peter Blum.
Tue, 25 Oct 2022 - 547 - Vers en klank 18 Oktober 2022
Het jy geweet dat sowat vyfmiljoen Suid-Afrikaners niks het om vandag te eet nie. Wêreldwyd gaan slaap bykans 830 miljoen mense elke aand sonder ’n krieseltjie kos in die maag. Luister na Albert Maritz se sielvolle voorlesings van gedigte oor dié deel van die samelewing wat ons so maklik miskyk – die boemelaars en bergies, die haweloses en dié wat honger ly. Dít ter herdenking van Wêreld-voedseldag.
Tue, 18 Oct 2022 - 546 - Vers en klank 11 Oktober 2022
Vers en Klank is steeds die ene bloeisels en nuwe lewe, met die tweede aflewering in ’n reeks oor die lente. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer C. Louis Leipoldt, Ina Rousseau, Elisabeth Eybers en Barend Toerien. Die voorleser is Karli Heine.
Tue, 11 Oct 2022 - 545 - Vers en klank 4 Oktober 2022
Die dae is nou so aangenaam. Oral bot bloeisels, jasmyn tuimel oor tuinmure en ’n mens kan sommer ruik dit is weer lente! Ons luister na gedigte oor dié lieflike tyd van die jaar. Die voorleser is Karli Heine.
Tue, 04 Oct 2022 - 544 - Vers en klank 27 September 2022
Sophia van Taak gesels met digter Ashwin Arendse. Sy inspirerende debuutbundel, Swatland, het in 2021 by Kwela Boeke verskyn. Ashwin is ’n digter wat nie doekies omdraai nie. Sy verse is eerlik, ontnugterend en iets verfrissend in Afrikaans. Jy kan ook uitsien na Afrikaanse kletsrymtreffers deur kunstenaars soos Hemelbesem, Die Twaalf (van Kariega in die Oos-Kaap) en ’n nuwe stem, Roda Tabakan, uit die suide van Namibië.
Tue, 27 Sep 2022 - 543 - Vers en klank 20 September 2022
Suid-Afrika se pragtige natuurskoon is een van ons grootste skatte, en dit is daar vir almal om te geniet – maar vir hoeveel generasies nog? Hoor wat die digters te sê het oor besoedeling en omgewingsbewaring. Ronel Geldenhuys lees die gedigte voor.
Tue, 20 Sep 2022 - 542 - Vers en klank 13 September 2022
Ons vier in September Suid-Afrika se ryk en diverse kulture onder die vaandel van ons erfenis. Afgesien van ons ryk kulture en tale, is Suid-Afrikaners se heel grootste erfenis die land se natuurskoon. Maar ons pas nie dié erfenis so mooi op nie. Wat sal oorbly vir die volgende geslag? Luister na gedigte oor besoedeling en natuurbewaring, en waar die mens in dié prentjie inpas. Die voorleser is Ronèl Geldenhuys.
Tue, 13 Sep 2022 - 541 - Vers en klank 6 September 2022
Die vorige twee weke het ons geluister na gedigte oor hoe die skemerte daal en dit nag word. En nou… wel, nou kom die son op! Ja, jy kan inskakel vir gedigte oor die dagbreek deur Ina Rousseau, Daniel Hugo, De Waal Venter en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Daneel van der Walt.
Tue, 06 Sep 2022 - 540 - Vers en klank 30 Augustus 2022
In die tweede van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die nag, en daardie dinge wat in die klein uurtjies gebeur. Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 30 Aug 2022 - 539 - Vers en klank 23 Augustus 2022
In hierdie eerste van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die skemer, die sogenaamde “goue uur”, wanneer die voëls terugkeer na die bome waarin hulle slaap, die skaduwees lank uitrek, en uiteindelik met die donkerte saamsmelt. En die mense moeg by die huis kom. Die voorleser is Johann Nel.
Tue, 23 Aug 2022 - 538 - Vers en klank 16 Augustus 2022
Hierdie tyd van die jaar vier die mense van Japan die Fees van Obon, waartydens hulle hulle voorsate herdenk. Ons hou ’n Obon-fees in die kleine, met gedigte oor die voorvaders en voormoeders.
Tue, 16 Aug 2022 - 537 - Vers en klank 9 Augustus 2022
Die digter Anita van der Walt was sowat twee jaar gelede in die Vers en Klank-ateljee om oor haar debuutbundel, HIERDIE MAANDAG IS ABSTRAK, te gesels toe ’n onvoorsienbare mediese noodgeval haar in die hospitaal laat beland. In dié week se program is Anita terug in die ateljee, nóg ’n digbundel ryker en reg om oor haar skryfwerk en nuutgevonde lewenslus te praat.
Tue, 09 Aug 2022 - 536 - Vers en klank 2 Augustus 2022
In Deel 2 van ’n program oor die digter Petra Müller luister ons na aktrise en regisseur Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames van die digter waarin sy van haar eie werk voordra.
Tue, 02 Aug 2022 - 535 - Vers en klank 26 Julie 2022
Die joernalis, manuskripkeurder, skrywer en digter Petra Müller wat in 2021 oorlede is, sou vandeesweek 87 jaar oud geword het. Ons luister na Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames met die digter waarin sy van haar eie werk voordra. Dit is die eerste deel van twee programme oor Petra Müller.
Tue, 26 Jul 2022 - 534 - Vers en klank 19 Julie 2022
Nelson Mandela is op 18 Julie, ’n 104 jaar gelede, in die Oos-Kaapse dorpie Mvezo gebore. Ons luister na gedigte oor dié geliefde leier. Heelwat daarvan kom uit die pen van Antjie Krog, tesame met werke van Marius Titus, André Boezak, Clinton V. du Plessis en Vincent Oliphant.
Tue, 19 Jul 2022 - 533 - Vers en klank 12 Julie 2022
Die grootwordjare is nie maklik nie, en vir elke onskuldige kind lê daar iewers langs die pad ’n stadium van ontnugtering voor. Luister na gedigte oor dié moeilike lewensfase se warboel emosies en soeke na begrip. Jy kan uitsien na treffende verse deur Lynthia Julius, André Trantraal, Corné Coezee en Hannes Visser. Die voorleser is Kay Smith.
Tue, 12 Jul 2022 - 532 - Vers en klank 5 Julie 2022
Die afgelope naweek het 2022 sy halfpadmerk verbygesteek. Ses maande is al weer in ’n oogwink verby, en ’n mens kan nie help om te wonder nie: Waar loop die tyd met ons heen? Ons luister na gedigte oor die tyd – die verloop daarvan, die vrees daarvoor, hoe ons maar gereeld bestekopname doen om te kyk of ons nog byhou, en ook darem “van tyd tot tyd” dit regkry om in die kosbaarste van alle tye – die hede – teenwoordig te wees. Die voorleser is Susanne Beyers.
Tue, 05 Jul 2022 - 531 - Vers en klank 28 Junie 2022
Die seevaarders van ouds was sekerlik van die dapperse mense ooit. Om die ongekarteerde stormsee aan te durf, het vir sommige groot rykdom bekom, maar ander het nooit weer aan wal gestap nie. Luister na verse oor die rampe waardeur ’n paar skeepskapteine en hulle bemannings getref is. Jy kan uitsien na verhalende gedigte oor die volksheld Wolraad Woltemade, die groot, wit walvis Moby Dick se skrikbewind en natuurlik ook daardie spookskip, die Vlieënde Hollander. Die voorleser is Anrich Herbst.
Tue, 28 Jun 2022
Podcast simili a <nome>
- AD Voetbal podcast AD
- Van Dis Ongefilterd Atlas Contact / Adriaan van Dis
- Omdenken Podcast Berthold Gunster
- Boekestijn en De Wijk | BNR BNR Nieuwsradio
- De Wereld | BNR BNR Nieuwsradio
- Moordzaken Carrie & Eddie
- De zaak ontleed De Telegraaf
- Het Land van Wierd Duk De Telegraaf
- de Volkskrant Elke Dag de Volkskrant
- In Het Wiel DPG Media
- Echt Gebeurd Echt Gebeurd
- MOREIRA’S MANSION ON AIR – FREDDY MOREIRA FunX
- F1 Aan Tafel Grand Prix Radio
- Kris Kross Amsterdam | Kris Kross mixtape Kris Kross Amsterdam
- Weer een dag Marcel van Roosmalen & Gijs Groenteman
- De Jortcast NPO Radio 1 / AVROTROS
- Het Escortbedrog NPO Radio 1 / KRO-NCRV
- Europa draait door NPO Radio 1 / VPRO
- Spijkers met Koppen NPO Radio 2 / BNNVARA
- NRC Vandaag NRC
- Veldheren Peter van Uhm, Mart de Kruif, Jos de Groot / Corti Media & WPG studio's
- Maarten van Rossem - De Podcast Tom Jessen en Maarten van Rossem / Streamy Media
- De Universiteit van Nederland Podcast Universiteit van Nederland
- Vandaag Inside Vandaag Inside
Altri podcast di TV e Film
- RNB Motion Podcast DJ GQ
- BBC Earth Podcast BBC Earth
- 48 Hours CBS News
- Snapped: Women Who Murder Oxygen
- AFRO SOUL AFRO SOUL
- Draaipunt I Lorrein Katzke Radio Tygerberg 104FM
- People of Note Fine Music Radio
- Armchair Expert with Dax Shepard Armchair Umbrella
- The Joe Rogan Experience Experience Floyd, Simon, Kamar and Chico
- 80s Flick Flashback Timothy Williams
- IRIE ZOOLOOK
- Smallzy’s Surgery Nova Podcasts
- The Sean Hannity Show Sean Hannity
- The America's Got Talent Podcast AfterBuzz TV
- Zion Zion
- 90’s Mixtapes: A 90’s nostalgia podcast beckyleftthechat
- Sobreviventes de Eldia Sobreviventes de Eldia
- The Surviving R. Kelly After Show Podcast AfterBuzz TV
- Curb Your Enthusiasm: The Post Show Show Recap Rob Cesternino & Josh Wigler, TV Recapper
- Inside the Lori Vallow Daybell Trial from 48 Hours CBS News