Podcasts by Category

Queer in Afrikaans

Queer in Afrikaans

JacPod

Queer in Afrikaans is ’n kleurvolle nuwe potgooi wat jou nooi na eerlike gesprekke met Afrikaanse sterre wat jy reeds ken en liefhet. Met die gewilde drag queen Regina Blaque aan die stuur, sien jy hierdie keer die bekendes in ’n heel nuwe lig: eerlik, snaaks en diep menslik. Dit is trots Suid-Afrikaans en meer as net nog ’n potgooi: dit is ’n viering van gemeenskap. Queer in Afrikaans is 'n JacPod Oorspronklike reeks, geskep ter viering van Suid-Afrika se Pride Maand.

6 - Tollie Parton gesels oor Patricia Lewis, dronk tannies en liefde
0:00 / 0:00
1x
  • 6 - Tollie Parton gesels oor Patricia Lewis, dronk tannies en liefde

    Tollie Parton verklap hoe dronk tannies by troues haar geinspireer het om vreesloos en sigbaar te wees. Hulle gesels oor die krag van ouers se aanvaarding en hoe Tollie liefde en humor as 'n wapen teen haat gebruik. Sy vertel van die unieke ervaring van straight mans wat drag doen op die ‘Tollie & Manilla Show’ en hoe dit 'n skreeusnaakse manier is om vooroordele af te breek.

    Thu, 30 Oct 2025 - 29min
  • 5 - Layla Arrison en Rumandi Potgieter gesels oor liefde, rugby, en trouplane

    Regina Blaque gesels met die rugby-sterre Layla Arrison en Rumandi Potgieter — ’n queer paartjie wat hul liefde vir sport én mekaar vier. Hulle gesels oor ‘coming out’, troureëlings as ’n queer paartjie en ‘internalised homophobia’.

    Thu, 23 Oct 2025 - 29min
  • 4 - Armand Joubert oor Patricia Lewis, Pride en Internet-trolle

    In hierdie week se episode van Queer in Afrikaans gesels Regina Blaque met Armand Joubert oor trauma, selfaanvaarding en die invloed van Afrikaanse popikoon Patricia Lewis. Hy deel hoe hy, ondanks homofobie en trauma, sy queer-identiteit en musiek met trots uitleef. Meer oor Armand Joubert: Armand Joubert is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TikTok-sensasie wat bekend is vir sy unieke styl en sy deelname aan The Voice SA. Hy gebruik sy musiek en platform om selfaanvaarding te vier.

    Thu, 16 Oct 2025 - 35min
  • 3 - Drag, crocs en realiteits-TV fopdossers Regina Blaque verken alles met Maxine Wild

    Het jy al ooit gewonder hoe dit voel om jou lewe op Showmax-realiteitsreeks te deel? Of wat dit verg om internasionaal in drag-pageants mee te ding? In hierdie episode van Queer in Afrikaans kuier mede-fopdossers Regina en Maxine Wild en hulle verklap meer oor drag-familie, crocs, sigbaarheid en die krag van gemeenskap.

    Thu, 09 Oct 2025 - 30min
  • 2 - Regina Blaque gesels oor Doc Martens en lesbiërstereotipes met Jaxx Justice

    Het jy al ooit gewonder oor lesbiërstereotipes, Doc Martens se lewensvatbaarheid, en ‘stand-up’ komedie in Suid-Afrika? In die loodsepisode van Queer in Afrikaans kuier gewilde fopdosser, Regina Blaque met komediant Jaxx Justice.

    Thu, 02 Oct 2025 - 31min
Show More Episodes