Filtrer par genre

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

1923 - Spektrum 2 Mei 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 1923 - Spektrum 2 Mei 2024

    'n Ondersoek begin na gister se brand by die M1-snelweg. Die padongelukkefonds stel 'n hulpsentrum bekend om met die verwerking van agterstallige eise te help. Ons praat met advokaat Lennit Max oor sy besluit om die Vryheidsfront Plus te verlaat.

    Thu, 02 May 2024
  • 1922 - Spektrum 1 Mei 2024

    Die werkloosheidsyfer en gegradueerdes se vaardighede is in die kollig op Werkersdag. 'n Projek tussen die staat en privaatsektor om die agterstand in heup- of knievervangings te verklein. Die toerismebedryf herstel tot die vlak waar dit was vóór die Covid-pandemie.

    Wed, 01 May 2024
  • 1921 - Spektrum 30 April 2024

    Die brand in die Porterville-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Kenners meen die implementering van gebaretaal as landstaal, sal tydens die algemene verkiesing getoets word. Organisasies vra die Gautengse Gesondheidsdepartement om geld te bestee, wat begroot is vir kankerbehandeling.

    Tue, 30 Apr 2024
  • 1920 - Spektrum 29 April 2024

    Die egtheid van handtekeninge wat onverteenwoordigde politieke partye by die OVK ingedien het, is in die kollig. Mediaorganisasies soek klarigheid oor die Staatsveiligheidsagentskap, wat glo weer 'n sekerheidsklaring wil doen op die SAUK se nuushoof, Moshoeshoe Monare. Ons fokus op die rol van die Afrikanerminderheid by die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika.

    Mon, 29 Apr 2024
  • 1919 - Spektrum 26 April 2024

    Die DA het groot planne om werk te skep. Nóg 'n munisipaliteit in Mpumalanga word skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur. Eskom het bykans R65 miljard oor die afgelope vyf jaar aan diesel bestee om die ligte aan te hou. Die Magalies Waterraad stel sy plan bekend om watervoorsiening in Rustenburg te verbeter. Ons fokus op die veranderinge in die landbousektor oor die afgelope 30 jaar.

    Fri, 26 Apr 2024
Afficher plus d'épisodes