Filtra per genere

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.

1043 - El Elyon – God die Allerhoogste | Name van God – Deel 9
0:00 / 0:00
1x
  • 1043 - El Elyon – God die Allerhoogste | Name van God – Deel 9

    Hoe verander jou lewe wanneer jy werklik glo dat God die Allerhoogste is?In hierdie boodskap kyk ons na El Elyon – God die Allerhoogste. Ons sien deur Abraham en Dawid se stories dat God bo elke mag, elke storm en elke omstandigheid staan.Wanneer ons verstaan wie El Elyon is, verander ons perspektief:• Ons besef dat alles aan God behoort en dat ons rentmeesters is van dit wat Hy aan ons toevertrou.• Ons ontdek dat Hy ons toevlug is, selfs wanneer ons omstandighede nie onmiddellik verander nie.• Ons leer om nie net op die grootte van ons probleme te fokus nie, maar op die God wat groter is as dit wat voor ons staan.Dawid se omstandighede in die grot het nie onmiddellik verander nie — maar sy perspektief het. Hy het geweet waarheen om te hardloop: na God, die Allerhoogste, sy toevlug en veilige vesting.Mag hierdie boodskap jou herinner dat jy nie altyd ’n kleiner probleem nodig het nie — soms het jy ’n groter perspektief op God nodig.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro09:58 El Elyon besit alles – daarom is ek ‘n rentmeester, nie die eienaar nie!21:06 El Elyon is my toevlug – daarom vertrou ek! 30:31 El Elyon is Koning – daarom aanbid ek hom!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za

    Sun, 27 Sep 2026 - 41min
  • 1042 - Die Ewige God | God is nooit te laat nie

    Ons lewe binne tyd. Ons raak moeg, ons omstandighede verander en soms voel dit asof God te laat is. Maar God is ewig — Hy verander nie, Hy raak nie uitgeput nie en Hy verloor nooit beheer nie.

    In hierdie preek ontdek ons wat dit beteken om God as die Ewige God te ken. Ons kyk na Sy onveranderlike karakter, Sy oneindige krag en die waarheid dat Hy steeds aan die werk is, selfs wanneer ons geen uitweg kan sien nie.

    Deur onder andere die verhaal van Lasarus word ons herinner: wat vir ons hopeloos lyk, is nie hopeloos vir God nie.

    Mag hierdie boodskap jou help om opnuut te rus in wie God is, Hom te vertrou met dit wat jou moedeloos maak, en met verwondering na Sy grootheid te kyk.

    -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za

    Sun, 20 Sep 2026 - 29min
  • 1041 - El Roi – Die God wat jou sien | Name van God – Deel 7

    Het jy al ooit gevoel asof niemand jou werklik raaksien nie? Asof jy tussen mense staan, maar steeds alleen voel?In Deel 7 van ons Name van God-reeks ontdek ons El Roi – die God wat my sien.Deur Hagar se verhaal in Genesis 16 en 21 sien ons hoe God haar in die middel van haar woestyn ontmoet. Waar ander haar miskyk, ken God haar naam. Hy sien haar nood, Hy hoor haar uitroep en Hy tree in.Hierdie boodskap herinner ons dat God ons sien wanneer niemand anders ons raaksien nie – selfs wanneer ons onsself in moeilike omstandighede bevind. Sy genade is groter as die gemors waarin ons soms sit, en Hy sien dikwels dit wat ons self nog nie kan sien nie.Deur Hagar se woestynreis ontdek ons vier kragtige waarhede oor hoe God ons werklik raaksien:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro12:46 El Roi sien ons wanneer niemand anders ons raaksien nie21:02 El Roi sien ons binne die gemors wat foute veroorsaak het 28:54 El Roi is nie ‘n toeskouer nie – Hy’s ‘n doener33:54 El Roi word mens in Jesus Christus-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#ElRoi #NameVanGod #GodSienJou #Preek #TygerbergGesinskerk #Genesis #Geloof

    Sun, 13 Sep 2026 - 40min
  • 1040 - El Shaddai: God die Almagtige | Niks is vir God onmoontlik nie | Die Name van God – Deel 6

    Wat is die een ding waarmee jy steeds worstel—angs, vrees, twyfel, onsekerheid of iets wat jou vasgevang laat voel?Om ’n kind van God te wees, beteken nie dat ons nooit sukkel nie. Ons hoef egter nie ons stryd weg te steek of alleen te dra nie. Ons dien El Shaddai—God die Almagtige. Wat vir mense onmoontlik lyk, is vir God moontlik.In hierdie boodskap ontdek ons:• Niks is vir God onmoontlik nie• God kan bonatuurlik vermeerder• Niemand kan God se seën keer nie• Ons kan Hom vertrou wanneer ons dit nie self kan regkry nie• Ware oorwinning word in Christus gevindWat jy ook al vandag in die oop spasie van jou lewe moet invul, onthou: jou God is almagtig. Hy kan jou help—en Hy wil jou help.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:02 Hy is die God wat die onmoontlike doen15:23 Hy is die God wat bo-natuurlik eskaleer23:15 Hy is die God wie se seën nie gekeer kan word nie32:45 Hy is die God wat sy kinders beskerm-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.zaAs hierdie boodskap jou bemoedig het, deel dit met iemand wat dit vandag nodig het. Teken ook in op ons kanaal vir meer boodskappe en eredienste.#ElShaddai #GodDieAlmagtige #NiksIsOnmoontlikNie #Geloof #ChristelikeBoodskap #TygerbergGesinskerk

    Sun, 06 Sep 2026 - 35min
  • 1039 - Adonai: Wanneer God Mý Here Word | Die Name van God – Deel 4

    Adonai beteken “my Here”—maar wat beteken dit werklik om aan God te behoort en Hom as Here van jou lewe te vertrou?In hierdie boodskap kyk ons na mense soos Abraham, Moses, Dawid en Jesaja en ontdek ons hoe hulle Adonai ontmoet het: aan die einde van hulself, te midde van onsekerheid, oorweldig deur God se goedheid en gereed om te sê: “Hier is ek, stuur my.”Die krag lê nie bloot in die gebruik van God se Naam nie, maar in ’n ware verhouding met die Persoon agter die Naam. Of jy voel dat jou probleem te groot is, dat jy nie goed genoeg is nie, of dat jy reeds te veel foute gemaak het—Adonai bly jou Here.Mag hierdie boodskap jou help om God nie net beter te verstaan nie, maar Hom dieper te leer ken, volkome te vertrou en jou lewe opnuut aan Hom oor te gee.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:37 Abraham – Wanneer ek op die einde van myself is15:44 Moses – Wanneer al wat ek het onvermoë is21:46 Dawid – Wanneer ek oorweldig is met wie God is 30:45 Jesaja – Wanneer God my roep-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------#Adonai #DieNameVanGod #MyHere #Jesus #Preek #Geloof #TygerbergGesinskerk

    Sun, 30 Aug 2026 - 39min
Mostra altri episodi