Podcasts by Category

Naweek Aktueel

Naweek Aktueel

Radio Pulpit

Naweek Aktueel is ‘n program op Radiokansel wat luisteraars toerus om hul reis saam met Christus te verstaan.

274 - Hoopstad: baken van geloof, hoop en liefde
0:00 / 0:00
1x
  • 274 - Hoopstad: baken van geloof, hoop en liefde

    Jannie Pelser en gaste, Di. Victor Cloete, Desire Meyer en Frans du Toit gesels vandag oor die tema: Plattelandse gemeentes vind dit soms vanwee verskeie redes moeilik om optimal te funksioneer, maar dit is anders vir die NG Gemeente Hoopstad. Een honderd en vyftig jaar na die gemeente beslag gekry het vertoon die gemeente energiek, hoopvol en dankbaar.

    Sat, 19 Sep 2026 - 44min
  • 273 - Goudini-belewenis: Hoop en Vernuwing

    700+ Predikante van regoor SA het bymekaar gekom by Goudini om saam te bid, te kuier, te vier en te groei. Jannie Pelser gesels met drie predikante, Hendrien van Vliet, Yugi Barnhard en Rikus Hattingh, oor hul ervaring en indrukke van hierdie besondere predikante-saamkoms

    Sat, 12 Sep 2026 - 45min
  • 272 - Dissipline op skool - is daar 'n krisis?

    Dissipline in ons skole is ’n onderwerp waaroor daar sterk menings bestaan. Vir sommige mense het die pendulum te ver weggeswaai – onderwysers sukkel om gesag te handhaaf, klastyd gaan verlore en leerders wat graag wil leer, word deur ontwrigting benadeel. Vir ander is die antwoord nie om bloot strenger te straf nie, maar om weer te vra wat ons eintlik met dissipline wil bereik. Jannie Pelser en gaste, Dems Nel, Dr. Juane van der Merwe en Daan Potgieter gesels oor hierdie onderwerp

    Sat, 05 Sep 2026 - 53min
  • 271 - Is die Bybel nog relevant in ons tyd?

    Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Verster, Prof Hennie Stander en Dr Andre van Niekerk, gesels vandag oor die tema: Is die Bybel nog relevant in ons tyd?

    Mon, 31 Aug 2026 - 52min
  • 270 - Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK

    Die jongste Kerkspieël-navorsing oor die welstand van gemeentes in die NG Kerk skets ’n interessante prentjie. Daar is tekens van druk: gemeentes vergrys, baie word kleiner en ’n beduidende aantal beskik nie meer oor ’n voltydse predikant nie. Daar is ook ’n neiging om na binne te fokus. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Meer gemeentes beskryf hulleself as groeiend, finansies het verbeter en erediensbywoning lyk gesonder. Die vraag is dus: Wat maak ’n gemeente werklik gesond? Is dit getalle, geboue en geld? Of moet ons dalk anders begin meet – aan gemeenskapsbetrokkenheid, gestuurdheid, diensbaarheid en die manier waarop die kerk die wêreld rondom hom dien? Jannie Pelser en gaste, Gawie Gouws, Johan Botes en Janke Hurter gesels oor hierdie interessante tema.

    Sat, 22 Aug 2026 - 54min
Show More Episodes