Nach Genre filtern

Bybelstories in Afrikaans

Bybelstories in Afrikaans

Carin Conradie

Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie,  vertel Bybelstories in Afrikaans.  Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!

332 - Boeke van die profete 39: Haggai
0:00 / 0:00
1x
  • 332 - Boeke van die profete 39: Haggai

    Die kort boekie Haggai, beskryf die boodskappe wat God vir Serubbabel en Jesua gestuur het nadat 50 000 Jode terug is na Jerusalem, maar nie gekom het by die herbou van die tempel nie. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

    Fri, 11 Sep 2026
  • 331 - Boeke van die profete 38: Sefanja

    Die profeet Sefanja het baie vertel van die dag van die Here, wanneer Hy die mense sal oordeel. Daar is tog ook baie van God se liefde in die boek - en dat Hy mense wil red. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

    Fri, 04 Sep 2026
  • 330 - Boeke van die profete 37: Die profeet Habakuk

    Habakuk was die profeet wat die wonderlike "lied" geskryf het: "Al sou die vyeboom nie bot nie" - Al sou die Galdeërs alles kom kaalstroop, het hy besluit om steeds die Here te loof. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

    Fri, 28 Aug 2026
  • 329 - Boeke van die profete 36: Die profeet Nahum

    In die boek Nahum word beskryf hoe God die stad Nineve van die Assiriërs gaan wegvee, omdat hulle God se mense wreed mishandel het. God straf skuldiges, maar sien om na sy mense. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

    Fri, 21 Aug 2026
  • 328 - Boeke van die profete 35: Die profeet Miga

    In die boek Miga lees ons hoe God vir Miga gebruik het om te profeteer dat Israel en Juda weggevoer gaan word, omdat hulle God vergeet het. Juda het wel vir 'n tyd teruggedraai na God toe. Miga het ook geprofeteer dat Jesus weer gaan kom. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show

    Fri, 14 Aug 2026
Weitere Folgen anzeigen