Nach Genre filtern
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
- 135 - Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3
Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle “geskilder” en vertel, maar hulle verkies om die wet-pad te loop. Maak seker jy hoor Paulus se hart en waarheid duidelik en verstaanbaar. Dis werklik lewensbelangrik vir jou en my.
Mon, 21 Sep 2026 - 134 - Stefan Fourie | Word wie jy is – Galasiërs 3
God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan trek ons eintlik af. In hierdie boodskap hoor ons wat Paulus bedoel in Galasiërs 3 wanneer hy vir Jesus-volgelinge vra: “Wie het julle getoor?”
Mon, 21 Sep 2026 - 133 - Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 2Mon, 14 Sep 2026
- 132 - Stephan Joubert | Goeie (en minder goeie) mense benodig godsdiens, begenadigdes benodig Christus
Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte.
Paulus was ook deel van so 'n hoogs-kompeterende godsdiens. Die meetinstrument was die wet van God. Paulus het gemeen hy was goed genoeg wanneer hy deur die wet gemeet is. Baie van ons meen weer ons is nooit goed genoeg wanneer die wet ons meet nie. Feit is, die wet is nie meer die regte meetinstrument nie. Christus het die hemelse prestasiemeting namens ons hier aan die kruis kom doen, Hy het gedoen wat die wet vra, en nog meer. Hy het alles gedoen wat ons nie self kan doen nie. Nou spreek God ons vry omdat ons in Christus glo. Nou is ons nuwe mense wat vry is van daardie alewige prestasiemetings van die wet. Ons is gekruisigdes wat leef in die genade en vryheid wat net Christus bied.
Mon, 14 Sep 2026 - 131 - Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 1Mon, 07 Sep 2026
- 130 - Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 1
Wie definieer ons? Watter hoofstuk in ons lewe het die finale sê oor ons lewe? Paulus leer ons dat ons slegste en donkerste hoofstuk ons nie hoef te definieer nie. Die Here het die finale sê oor ons én in Sy grootheid en liefde kan Hy ons lewenstorie vat en dit omvorm in ‘n verhaal wat Sy Naam verheerlik. In Sy lig kan ons onsself sien soos Hy ons sien.
Mon, 07 Sep 2026 - 129 - Johan Smith | Vriende maak seer
Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een van hierdie vriende, vriendinne jou seermaak of te na kom. Daardie onverwagse en onnodige dolksteek is ongelukkig deel van die lewe. Kom ons leer uit hierdie boodskap van die realiteit hiervan. Hoeveel van Jesus se binnekring het hom seergemaak? Hoe het Hy dit hanteer?
Tue, 01 Sep 2026 - 128 - Colin Smith | Wanneer vriende seermaakTue, 01 Sep 2026
- 127 - Stefan Fourie | Vriende wat stilblyMon, 24 Aug 2026
- 126 - Johan Smith | Vriende wat stilbly: Job
Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen ek? Wat sê ek? Hoe moet ek optree? Kom ons leer by Job se vriende (en ander) hoe om hierdie reg te doen. A friend in need is a friend indeed. Kom leer om werklik so ‘n vriend te wees.
Mon, 24 Aug 2026 - 125 - Colin Smith | Vriende vat jou na Jesus toeMon, 17 Aug 2026
- 124 - Fanie Venter | Vriende vat jou na Jesus toeMon, 17 Aug 2026
- 123 - Stephan Joubert | Gee my jou laste
Vriendskap is lojaliteit. By Rut leer ek dat dit alles van my vra. Ek gee myself vir my vriende. Ek beskerm hulle rug, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het. Ek dra hulle laste, soos wat die Bybel van my vra. Ek is self bereid om al die goeie plekke in die lewe, en selfs my eie lewe, vir hulle te ruil.
Tue, 11 Aug 2026 - 122 - Neels Marais | Vriende wat ons naby aan die HERE hou
Naomi moedig Rut aan om in Moab agter te bly waar sy familie, sekuriteit en 'n toekoms het, maar Rut kies om saam met Naomi te gaan, al weet sy dit kan haar álles kos. Haar woorde wys dat sy nie net van Israel se God gehoor het nie, maar reeds die verbondsnaam Jahwe gebruik, wat wys op 'n persoonlike verhouding met God; daarom kies sy om by Naomi en by God se volk te bly sodat haar geloof kan groei.
Tue, 11 Aug 2026 - 121 - Gerrit Visser | Vriendskap as verbintenisTue, 11 Aug 2026
- 120 - Stephan Joubert | Tyd vir 'n dringende taalkursus by die Here!
Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat reg as ons die Here verheerlik en ander mense opbou met ons taal. Daarom skryf ons graag in vir 'n Bybelse taalkursus by die Here
Mon, 03 Aug 2026 - 119 - Fanie Venter | Om beter (groter) te sien...Mon, 03 Aug 2026
- 118 - Stefan Fourie | As U nie saam gaan nie, gaan ons Nêrens!Mon, 27 Jul 2026
- 117 - Fanie Venter | “Here, as U nie saamgaan nie...”Mon, 27 Jul 2026
- 116 - Stephan Joubert | Geloof kos my meer as die regte woorde
Daar's 'n verskil tussen tydbepaalde gebruike en tydlose norme in die Bybel. Dit sien ons duidelik in Eksodus 22 wat wemel van tydbepaalde gebruike aan Israel van ouds. Al volg ons nie meer sulke tydbepaalde voorskrifte na nie, vra ons onsself af watter tydlose norme is steeds geldig ook hier in God se Woord wat ons vandag steeds getrou moet gehoorsaam en navolg. Hierdie norme sluit in dat ons God onvoorwaardelik sal dien en liefhê. En dat ons geloof sigbaar sal word in hoe ons teenoor vreemdelinge, armes, en ander randfigure in die samelewing optree. As ons geloof in die Here nie ons daaglikse lewe verander nie, is dit papierdun.
Mon, 20 Jul 2026 - 115 - Gerrit Visser | Wette oor die gewone goed wys God se liefdeMon, 20 Jul 2026
- 114 - Colin Smith | Leer die musiek van die hemelMon, 13 Jul 2026
- 113 - Stephan Joubert | Ek leef 'n nuwe lewenslied vir U
Ons elkeen het 'n paar gunsteling liedere. Maar ons elkeen het ook 'n lifesong of twee. Dit is daardie liedere wat die doel van ons lewe verwoord. Moses se lied in Eksodus 15 is ook so 'n lifesong. Hierdie lied het Israel se vreugde verwoord na God se ingrype teen die vyand. So kragtig was dit dat dit uiteindelik ook die hemelse skares se nuwe lifesong geword het (Openbaring 15). Ek leer om dit agterna te sing en te leef. Ek leer om God te loof en te aanbid met my ganse lewe. Ek leer om Hom te eer. Ek besing die grootheid van die Here in alles wat ek doen en sê.
Mon, 13 Jul 2026 - 112 - Fanie Venter | Van vasgevang na gevorm – gehoorsaamheidMon, 06 Jul 2026
- 111 - Neels Marais | Van vasgevang na gevorm – nog een nag saam met die paddas
Baie van die verhale in die Ou Testament gee vir ons ‘n “prentjie” wat ons help om ons eie lewe of lewensituasie te verstaan of om dit te interpreteer.
Die verhaal van "Nog een nag saam met die paddas" (Eksodus 8:10) illustreer dat ons as mens dikwels kies om langer in ons ellende te bly, al bied ons Hemelse Vader onmiddellik bevryding aan.
Die paddas simboliseer die slegte dinge waaraan ons vashou, al weet ons dit steel ons vrede. Die boodskap roep elke gelowige op om nie langer "môre" vir God te sê nie, maar vandag sy bevryding en genade te aanvaar
Mon, 06 Jul 2026 - 110 - Gerrit Visser | Van vasgevang na gevorm: Die beginMon, 29 Jun 2026
- 109 - Stefan Fourie | God se guns, te midde van onderdrukkingMon, 29 Jun 2026
- 108 - Mike Burnhard | Die wêreld op ‘n mespuntMon, 22 Jun 2026
- 107 - Fanie Venter | Ons Vader
Wys my iemand wat nog nooit gesukkel het met gebed nie en ek wys jou iemand wat nog nooit probeer bid het nie. Een van die belangrikste dinge en die grootste voorregte van ons geloofslewe is dat ons kan en mag bid. Tog sukkel ons daarmee. Vandag probeer ons verstaan waarom ons sukkel en wat om daaraan te doen.
Mon, 22 Jun 2026 - 106 - Colin Smith | Bekommernis – die klippie in my skoen
Ons elkeen ken die gevoel van ‘n klippie in die skoen. Dit skaaf en skuur en dwing jou om te stop en dit uit te haal, want anders lei dit tot verdere ongemak en gevolge. Bekommernis is soos daardie klippie wat knaag, wat pla, wat jou aandag vra. Wat daarmee gemaak? Feit is: Ons almal raak van tyd tot tyd bekommerd. Ons sit hierdie week by die voete van Jesus, langs die mooie see van Galilea en hoor hoe Hy ons leer oor die sorge van die lewe, oor bekommernis.
Mon, 15 Jun 2026 - 105 - Gerrit Visser | Iets om regtig oor bekommerd te weesMon, 15 Jun 2026
- 104 - Stephan Joubert | Alles in een nag: Ver tot in God se familie!Mon, 08 Jun 2026
- 103 - Colin Smith | Die belangrikste vraag wat jy kan vra
Wat dink jy sou die belangrikste vraag wees om te vra? Google bied vir ons gereeld die nuutste top 50 vrae, en tog is nie een van hulle so belangrik dat elkeen op aarde die antwoord daarvan moet weet nie. Die vraag wat ons moet vra vereis ‘n antwoord. Ken jy die vraag? Nog meer: Ken jy die antwoord?
Mon, 08 Jun 2026 - 102 - Johan Smith | Jy is uitgekies
Ek en jy is uitgekies? Met al ons verkeerde keuses, skewe verledes en tekortkominge? Ja, “ jy is op jou naam geroep. Jy is Myne”. Vra vir Moses met al sy verskonings. Leer by Dawid na al sy droogmaak. Om nie te praat van Paulus wat Jesus se volgelinge vervolg het nie. Kom kry hoop. Hoor weer opnuut God se hartklop vir jou. Ja, jy is uitgekies!
Mon, 01 Jun 2026 - 101 - Stefan Fourie | Uitgekies en aangetelMon, 01 Jun 2026
- 100 - Gerrit Visser | Die Gees as advokaatMon, 25 May 2026
- 99 - Neels Marais | Die Heilige Gees pick ‘n fight met jou
Die Heilige Gees is nie net ons Trooster nie — Hy is ook die Een wat ons aanspreek wanneer ons afdwaal. Soms fluister Hy sag in ons binneste en ander kere daag Hy ons uit met waarhede wat ons eerder wil vermy. Sy doel is egter nie om ons te breek of af te skryf nie, maar om ons nader aan Jesus en God se wil vir ons lewe te bring. Kom ontdek hoe God se Gees ons in liefde lei na waters van rus en vrede.
Mon, 25 May 2026 - 98 - Stefan Fourie | Maak skoon jou huis
Die Heilige Gees is God se Gees in beweging in jou lewe. Paulus sê dat die Heilige Gees in jou lewe kom woon, hy trek in jou in, en maak van jou sy huis. Wanneer die Heilige Gees inkom, dan kom kuier hy nie net nie, maar hy kom woon permanent. Dit beteken, dat die Heilige Gees begin om die huis waarin Hy woon, skoon te maak.
Mon, 18 May 2026 - 97 - Colin Smith | Maak skoon jou huis
Wanneer gaste kom, word ons huise skoongemaak. Wanneer ons mense verwag, kry ons tyd om reg te maak, voor te berei... maar daardie dag wanneer jy onkant betrap word met ‘n onverwagse gas, daardie dag kan jy nie skielik wegwens of wegsteek nie. Wanneer God by ons intrek, verander alles en kan ons nie meer wegsteek nie, want Hy is nie ‘n gas nie, Hy woon nou hier.
Mon, 18 May 2026 - 96 - Gerrit Visser | Wag, en gaan dan!
Net voor Jesus opvaar hemel toe, gee Hy aan Sy dissipels ‘n belangrike opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe!” Ons ken daardie opdrag. Hy gee ook ‘n ander opdrag: “Wag op die geskenk wat ek julle sal gee.” Ons sukkel met daardie gedagte: “Wag.” Wanneer ons daardie opdrag verstaan, leer ons leef op ‘n nuwe manier.
Mon, 18 May 2026 - 95 - Colin Smith | Die Hemelvaart is goeie nuusMon, 18 May 2026
- 94 - Colin Smith | Kinders van die KoningMon, 11 May 2026
- 93 - Gerrit Visser | Kinders van die KoningMon, 11 May 2026
- 92 - Stephan Joubert | Ek is ‘n kind van GodMon, 11 May 2026
- 91 - Stefan Fourie | As die opstanding nie waar was nie, sou hulle dit anders vertelTue, 05 May 2026
- 90 - Neels Marias | Christus se opstanding verander alles
Ons geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom.
Tue, 05 May 2026 - 89 - Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is
Jesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde moet wees dat hulle name in die hemel opgeteken is. So klink die nuwe verhaal van meer lewe waaraan meer mense vir altyd mag deelhê.
Tue, 28 Apr 2026 - 88 - Neels Marais | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is
Hoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde lê daarin dat God ons ken. Hy weet alles van ons en kies steeds om ons name in die hemel op te skryf
Tue, 28 Apr 2026 - 87 - Gerrit Visser | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig isTue, 28 Apr 2026
- 86 - Stefan Fourie | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!Mon, 20 Apr 2026
- 85 - Colin Smith | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!
In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion. Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie.
Mon, 20 Apr 2026 - 84 - Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!
Jesus is nie net ons Verlosser aan die kruis nie. Dit ook, Goddank! Maar Hy is ook die Here van ‘n nuwe koninkryk. En ons is sy weerlose weermag van lammers tussen die wolwe. Ons “wapens” is seënende hande, gebed, en die Goeie Nuus dat God aangebreek het. Nogtans is ons uitgestuur op gesag van Jesus en God Self.
Mon, 20 Apr 2026 - 83 - Gerrit Visser | Meer lewe vir meer mense – Missio Dei – God is reeds daarThu, 16 Apr 2026
- 82 - Neels Marais | Meer lewe vir meer mense – Die Missio Dei
Ons as kinders van die Here het geen rede om te twyfel oor wie ons is nie. Ons identiteit lê daarin dat die Here ons as sy getuies in die wêreld instuur. Jesus sê self: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle.” Hy stuur ons egter nie om God êrens heen te vat waar Hy nog nie is nie. Die Here stuur jou om raak te sien waar Hy lankal reeds aan die werk is. Hy gaan ons vooruit en beloof om ons besoeke op te volg.
Thu, 16 Apr 2026 - 81 - Neels Marais | Daar is ‘n beter opstanding
Ons Christelike hoop is nie blote optimisme nie, dit word gebou op dit wat God in Christus gedoen het. Hebreërs 11:35b beskryf mense wat marteling, verlies en selfs die dood verduur het, omdat hulle gehoop het op ’n “beter opstanding”. Hierdie “beter opstanding” beteken méér as om net weer lewendig te word soos bv. Lasarus of Jaïrus se dogter. Dit verwys na die finale opstandingslewe saam met God, waar lyding en die dood finaal oorwin is.
Thu, 16 Apr 2026 - 80 - Colin Smith | Daar is ‘n beter opstandingThu, 16 Apr 2026
- 79 - Stefan Fourie | Jesus smeer aan ons afThu, 16 Apr 2026
- 78 - Neels Marais | Jesus as finale offer
Wie bid vir jou? Wie dra jou op die hart? Wie is ‘n 100% vir jou? Wie is die een, die enigste een, wat jou sonde kan wegneem? Vanuit Levitikus 16 leer ons dat die Hoëpriester al hierdie dinge tot ‘n mate gedoen het. Maar in Christus het ons ‘n nuwe Hoëpriester. ‘n Hoëpriester wat vir ewig bly en wat vir eens en altyd ál ons sonde weggeneem het. Die opgestane Christus is die een wat jou op die hart dra en deurentyd vir jou bid.
Thu, 16 Apr 2026 - 77 - Colin Smith | Jesus as finale offerThu, 16 Apr 2026
- 76 - Gerrit Visser | Jesus smeer af aan onsThu, 16 Apr 2026
- 75 - Stefan Fourie | Jesus is meer as net ‘n Verlosser – Jesus is die Voorloper!
Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien.
Mon, 30 Mar 2026 - 74 - Gerrit Visser | Jesus as voorloperMon, 30 Mar 2026
- 73 - Stephan Joubert | Min of Meer – vra vir Petrus
Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye
Mon, 23 Mar 2026 - 72 - Stefan Fourie | Min of Meer ... Nikodemus
Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg.
Mon, 23 Mar 2026 - 71 - Neels Marais | Min of Meer ... Nikodemus
Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het sy vrae verwelkom en oor tyd heen sien ons hoe sy geloof in Hom gegroei het – soveel so dat hy die man was wat Jesus Christus ná die kruisiging begrawe het.
Mon, 23 Mar 2026 - 70 - Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas
Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," verwoord sy nuwe ontmoeting met Jesus. Dit is jou en my belydenis ook as Jesus ons met oop arms ontvang.
Mon, 16 Mar 2026 - 69 - Johan Smith | Min of Meer ... Tomas
Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet smag en streef.
Mon, 16 Mar 2026 - 68 - Colin Smith | Minder verwagting, meer vervullingMon, 09 Mar 2026
- 67 - Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles veranderMon, 09 Mar 2026
- 66 - Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie
As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.
Mon, 02 Mar 2026 - 65 - Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper
In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper – iemand wat ‘n groot en belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld speel. Sy lewe vanaf geboorte tot sy sterwe is een aangrypende verhaal en ook ‘n les vir ons almal: word jy minder sodat hierdie God, vir wie niks onmoontlik is nie, meer kan word in jou lewe.
Mon, 02 Mar 2026 - 64 - Colin Smith | ‘n Maaltyd soos geen ander nieMon, 23 Feb 2026
- 63 - Fanie Venter | Ken en vertrouMon, 23 Feb 2026
- 62 - Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms
Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk.
Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.”Mon, 16 Feb 2026 - 61 - Fanie Venter | Hou aan hoopMon, 16 Feb 2026
- 60 - Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus
Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe.
Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toets ("Here, As U U is!") vra hy nogtans of hy na Jesus toe kan loop. Spoedig faal Petrus se geloof en hy trap gate in die water. Maar dan gryp Jesus Petrus se hand vas en tel hom terug in die boot waar hy behoort. Daar aanbid almal vir Jesus.
Saam met Johannes en Petrus leer ons dat ons met ons twyfel en kleingeloof na Jesus toe moet loop. Selfs al sink ons langs die pad, is Hy naby om ons te vang en na daardie spasies toe terug te bring waar ons Hom nogmaals kan aanbid.
Mon, 09 Feb 2026 - 59 - Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te komMon, 09 Feb 2026
- 58 - Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue
Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.
Mon, 09 Feb 2026 - 57 - Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk
God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke (gifts) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat nie. Dit moet uitgedeel word! Dit moet gebruik word! Dit moet mense se lewens aanraak en verander! Luister gerus na God se hart uit sy Woord oor die onoopgemaakte geskenke
Mon, 02 Feb 2026 - 56 - Colin Smith | Die Tragedie van: As ek maar net...Mon, 02 Feb 2026
- 55 - Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra!
Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop! Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is." Toe word sy toets waar.Maar toe wag Jesus hom ook met genade in toe hy begin sink. Dis wie Jesus is. Hy verhoor ons versoeke en Hy help ons as ons gate in die water trap.
Mon, 26 Jan 2026 - 54 - Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim
Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.
Mon, 26 Jan 2026 - 53 - Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim
Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.
Mon, 26 Jan 2026 - 52 - Colin Smith | Die rede vir ons bestaanMon, 19 Jan 2026
- 51 - Fanie Venter | Die rede vir ons bestaanMon, 19 Jan 2026
- 50 - Neels Marais | Die Messias belowe seën, maar eis (liefdevolle) geregtigheidMon, 12 Jan 2026
- 49 - Stephan Joubert | Jesus is... regtig ImmanuelMon, 05 Jan 2026
- 48 - Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat blyMon, 05 Jan 2026
- 47 - Colin Smith | Geloof is...Mon, 05 Jan 2026
- 46 - Colin Smith | 'n Lig het geskynMon, 05 Jan 2026
- 45 - Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026
Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’
Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’
In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn.
Mon, 05 Jan 2026 - 44 - Colin Smith | Wees sterk en vasberade in 2026Mon, 05 Jan 2026
- 43 - Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die sielTue, 30 Dec 2025
- 42 - Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn...Tue, 30 Dec 2025
- 41 - Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat blyTue, 30 Dec 2025
- 40 - Colin Smith | Geloof is...
Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...
Tue, 30 Dec 2025 - 39 - Neels Marais | Vier waarhede uit Jesus se geslagsregister
Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.
Mon, 08 Dec 2025 - 38 - Fanie Venter | God se hart in ‘n lys
Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie.
Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel van Wie God is en van wie ons is.
Mon, 08 Dec 2025 - 37 - Gerrit Visser | ‘n Antieke loflied vir moderne menseWed, 03 Dec 2025
- 36 - Johan Smith | Wees gehoorsaam....dis dade en aksie
Gehoorsaamheid is vir die Here belangrik – nie omdat Hy die baas of werkgewer is nie, maar juis omdat Hy jou Vader is. Hy wil hê jy moet gehoorsaam wees ter wille van jou oorvloedige- en oorwinningslewe. Kom ons leer by mense soos Abraham, Daniël en ook Petrus oor die vrug van gehoorsaamheid. Terselfdertyd moet ons diep bewus wees dat die Evangelie alleen gehoorsaamheid moontlik maak in ons lewens. Kom ons kom in beweging! Kom ons gaan oor tot aksie! Kom ons verheerlik God met gehoorsame lewens.
Mon, 24 Nov 2025
Podcasts ähnlich wie Kerksondermure (KSM)
El Partidazo de COPE COPE
Herrera en COPE COPE
La Linterna COPE
Es la Mañana de Federico esRadio
La noche de Cuesta esRadio
Hondelatte Raconte Europe 1
Au Coeur du Crime Europe1
Affaires sensibles France Inter
LEGEND Guillaume Pley
El colegio invisible OndaCero
La Rosa de los Vientos OndaCero
Les grands dossiers de l'Histoire par Franck Ferrand Radio Classique
Espacio en blanco Radio Nacional
Enquêtes criminelles RTL
Entrez dans l'Histoire RTL
Le grand récit RTL
Les Grosses Têtes RTL
L'Heure Du Crime RTL
Parlons-nous RTL
El Larguero SER Podcast
SER Historia SER Podcast
Todo Concostrina SER Podcast
Un Libro Una Hora SER Podcast
HISTORIAS DE LA HISTORIA VIVA RADIO
Andere Religion und Spiritualität Podcasts
Joel Osteen Podcast iHeartPodcasts
Bishop Mosa Sono Bishop Mosa Sono
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
Elevation with Steven Furtick iHeartPodcasts
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast Joyce Meyer
Reggae Revival Dread Lightning HiFi
عبدالمحسن القاسم - Abdulmohsen Al-Qasim | موقع المكتبة الصوتية للقرآن الكريم
Hope Alive Radio Station Hope Alive Radio
TBN Sermons TBN
Islam islamicinspiration
Relatable Catholic Katie & Fr. Andy
Mufti Menk Podcast Mufti Ismail Menk
Derek Prince Legacy Radio International Derek Prince
Insight for Living Daily Broadcast Chuck Swindoll - Insight for Living
Ntlo ea Ts'epo Lesotho Ntlo ea Ts'epo
Highway Christian Community Sermons Highway Christian Community
Radio Pulpit Radio Pulpit
Rainy Sleep - Heavy Rain and Thunder Sounds Mother Nature
Catholic Daily Reflections My Catholic Life!
The GraceLife Pulpit TheGraceLifePulpit.com
