Filtrar por gênero

Kerksondermure (KSM)

Kerksondermure (KSM)

Kerksondermure

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

135 - Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3
0:00 / 0:00
1x
  • 135 - Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3

    Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle “geskilder” en vertel, maar hulle verkies om die wet-pad te loop. Maak seker jy hoor Paulus se hart en waarheid duidelik en verstaanbaar. Dis werklik lewensbelangrik vir jou en my.

    Mon, 21 Sep 2026
  • 134 - Stefan Fourie | Word wie jy is – Galasiërs 3

    God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan trek ons eintlik af. In hierdie boodskap hoor ons wat Paulus bedoel in Galasiërs 3 wanneer hy vir Jesus-volgelinge vra: “Wie het julle getoor?”

    Mon, 21 Sep 2026
  • 133 - Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 2

    Dit is ‘n pragtige Bybelse gedagte om God te wil tevrede stel, om Hom te behaag. In Gal. 2 ontdek ons dat daar ‘n verkeerde en regte manier is, om dit te probeer doen.

    Mon, 14 Sep 2026
  • 132 - Stephan Joubert | Goeie (en minder goeie) mense benodig godsdiens, begenadigdes benodig Christus

    Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte. 

    Paulus was ook deel van so 'n hoogs-kompeterende godsdiens. Die meetinstrument was die wet van God. Paulus het gemeen hy was goed genoeg wanneer hy deur die wet gemeet is. Baie van ons meen weer ons is nooit goed genoeg wanneer die wet ons meet nie. Feit is, die wet is nie meer die regte meetinstrument nie. Christus het die hemelse prestasiemeting namens ons hier aan die kruis kom doen, Hy het gedoen wat die wet vra, en nog meer. Hy het alles gedoen wat ons nie self kan doen nie. Nou spreek God ons vry omdat ons in Christus glo. Nou is ons nuwe mense wat vry is van daardie alewige prestasiemetings van die wet. Ons is gekruisigdes wat leef in die genade en vryheid wat net Christus bied.

    Mon, 14 Sep 2026
  • 131 - Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 1

    Elkeen van ons vra van jongs af vrae oor wie ek is. In elke seisoen van die lewe speel daardie vrae verskillend uit in ons lewens. Galasiërs help ons om iets te ontdek van hoe om te word wie ons is. Paulus kon getuig dat Jesus sy lewe verander het, en ons kan dit vandag ook doen.

    Mon, 07 Sep 2026
Mostrar mais episódios