Nach Genre filtern
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
- 37 - Die Ponzi-slenter van Craig Warriner
Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak.
Tue, 07 Apr 2026 - 35min - 36 - Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille
Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het. Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe. Of was haar motief dalk baie meer voor die hand liggend?
Tue, 31 Mar 2026 - 56min - 35 - Die Moord op Ria Womarans in Botswana
Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe lei dat ’n Suid-Afrikaners in Botswana tereg gestel sou word.
Tue, 24 Mar 2026 - 56min - 34 - Die moord op Taliep Petersen
Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van maniere op Nasionale Dag van Versoening vermoor. Sy moord op 16 Desember 2006 was nie net ’n geweldsmisdaad nie, dit was ’n daad van die hoogsteverraad.
Tue, 17 Mar 2026 - 47min - 33 - Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie
Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die potgooi of teken in sodat jy nie nuwe episodes mis nie!
Tue, 10 Mar 2026 - 0min - 32 - Die Kroonstad Spoor Ramp
Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was. Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld. Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen.
Tue, 29 Apr 2025 - 27min - 31 - Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken …..
Tue, 22 Apr 2025 - 33min - 30 - Die moord op Gabriela Kabrins Alban
Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse …….
Tue, 15 Apr 2025 - 42min - 29 - Die moord op Isaac Miggels
Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie. ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het...
Tue, 08 Apr 2025 - 24min - 28 - Die Modimolle Monster
Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster. *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.*
Tue, 01 Apr 2025 - 1h 05min - 27 - Die moord op Lucky Dube
Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers .....
Tue, 25 Mar 2025 - 36min - 26 - Die moord op Jayde Panayiotou
Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord aangekla is …..
Tue, 18 Mar 2025 - 1h 10min - 25 - Die Stander Bende, vertel met Joe Black
Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping. In hierdie spesiale episode, leen Joe sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel…..
Tue, 11 Mar 2025 - 31min - 24 - Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende. Die ander ware misdaad verhale strek van die Wes-Kaap tot in Modimolle in Limpopo. Luister weekliks van 11 Maart 2025!
Wed, 05 Mar 2025 - 0min - 23 - Die Krugersdorp-moordenaars
Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie en geldsug. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die sesde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe...
Thu, 17 Nov 2022 - 1h 29min - 22 - Die verdwyning van Natasha Viljoen
Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe.
Mon, 10 Oct 2022 - 52min - 21 - Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole
Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe.
Mon, 26 Sep 2022 - 1h 22min - 20 - Die Griekwastad Moorde
Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein gemeenskap en die land tot stilstand geskok toe hy skuldig bevind is. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die derde episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe …..
Mon, 12 Sep 2022 - 1h 25min - 19 - Die Engel van Vanderbijl
In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe …..
Tue, 30 Aug 2022 - 39min - 18 - Die Lotter Gesinsmoorde
Johnny en Riekie Lotter is in 2008 wreed in hulle huis in Westville, Durban, vermoor. Dit het gelei tot die ontrafeling van ‘n verhaal van beheer, okulte gedrag en leuens wat Suid-Afrika geskok het. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die eerste episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe …..
Tue, 16 Aug 2022 - 1h 28min - 17 - Splinternuut en eksklusiewe podgooi op JacPod
As jy hou van ware misdaad verhale, is hierdie 'n podgooi wat jy nie kan mis nie. 'n Eerste ooit vir JacPod, 'n nuwe reeks van ses Afrikaanse episodes waarin ons jou meer vertel oor van die mees berugte misdaad intriges ooit in Suid-Afrika. Luister van 16 Augustus 2022!
Mon, 15 Aug 2022 - 0min - 16 - Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker
Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen ……
Tue, 13 Aug 2024 - 24min - 15 - Die dwelm duiwel op die skip se dek
In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders.
Tue, 06 Aug 2024 - 34min - 14 - Die Wemmer Pan reeks moordenaar
Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis.
Tue, 30 Jul 2024 - 42min - 13 - Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg
Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste verraad, toe Annette Bouwer deur haar man vermoor is …
Tue, 23 Jul 2024 - 41min - 12 - Die preker wat moord as kollekte geëis het
Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die preker en sy vrou onder ‘n hele kerk gemeenskap gesaai het …
Tue, 16 Jul 2024 - 42min - 11 - Die Springs Huis van Gruwels
Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word. Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing.
Tue, 09 Jul 2024 - 50min - 10 - Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het
Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat.
Tue, 02 Jul 2024 - 50min - 9 - Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe
Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van ‘n veldtog van terreurl as ‘n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds ‘n misdaad raaisel. ___________________________________________________________________________________________ 'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht.
Tue, 25 Jun 2024 - 36min - 8 - Seisoen 2 bring meer ware misdaad verhale
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die impak op die slagoffers van George in die Wes-Kaap tot in Pofadder in die Noord-Kaap. Luister van 25 Junie 2024!
Fri, 21 Jun 2024 - 0min
Podcasts ähnlich wie True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
Cold Case Files A&E / PodcastOne
Global News Podcast BBC World Service
60 Minutes CBS News
Thanks For Asking Doris Oji
Forensic Files HLN
Huisgenoot Ware Lewensdramas Huisgenoot
True Crime Indie Drop-In Network
Joel Osteen Podcast Joel Osteen, SiriusXM
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
True Crime South Africa Killer Audio Creations
True Crime South Africa Killer Audio Creations
True Crime Investigation Manuel
Dateline NBC NBC News
True Crime Chronicles: South Africa Persage Media
Darren “Whackhead” Simpson’s prank calls on Kfm Mornings Primedia Broadcasting
Kommentaar RSG
Kortom RSG
Middagvervolgverhaal RSG
Radioteater RSG
RSG Dokumentêr RSG
Spektrum RSG
Vers en Klank RSG
SMWX Sizwe Mpofu-Walsh
Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans Thru The Bible Afrikaans, Die Bybel vir Vandag
