Nach Genre filtern

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

2524 - Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is
0:00 / 0:00
1x
  • 2524 - Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is

    17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?

    Thu, 17 Sep 2026
  • 2523 - Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat

    President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar van die grootste partye in die Tshwane Metro. Op ons paneel is Hannes Coetzee van Action SA en 'n burgemeesterskomiteelid, Willie Spies, die burgemeesterkandidaat van die VF Plus, Cilliers Brink, die DA se burgermeesterkandidaat, en dr. Kgoši Maepa van die ANC.

    Wed, 16 Sep 2026
  • 2522 - Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind

    15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.

    Tue, 15 Sep 2026
  • 2521 - Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind

    14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.

    Mon, 14 Sep 2026
  • 2520 - Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer

    11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.

    Fri, 11 Sep 2026
Weitere Folgen anzeigen