Filtra per genere
Spektrum

- 2524 - Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is
17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Thu, 17 Sep 2026 - 2523 - Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat
President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar van die grootste partye in die Tshwane Metro. Op ons paneel is Hannes Coetzee van Action SA en 'n burgemeesterskomiteelid, Willie Spies, die burgemeesterkandidaat van die VF Plus, Cilliers Brink, die DA se burgermeesterkandidaat, en dr. Kgoši Maepa van die ANC.
Wed, 16 Sep 2026 - 2522 - Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind
15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.
Tue, 15 Sep 2026 - 2521 - Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind
14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.
Mon, 14 Sep 2026 - 2520 - Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer
11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.
Fri, 11 Sep 2026 - 2519 - Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party
10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.
Thu, 10 Sep 2026 - 2518 - Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit
9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.
Wed, 09 Sep 2026 - 2517 - Spektrum: ANC sleep OVK hof toe
8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.
Tue, 08 Sep 2026 - 2516 - Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors
7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te woon.
Mon, 07 Sep 2026 - 2515 - Spektrum: AGOA tot 2028 verleng
4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.
Fri, 04 Sep 2026 - 2514 - Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal
3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die vergrootglas.
Thu, 03 Sep 2026 - 2513 - Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lenteWed, 02 Sep 2026
- 2512 - Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus
1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.
Tue, 01 Sep 2026 - 2511 - Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland
31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.
Mon, 31 Aug 2026 - 2510 - Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf
28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.
Fri, 28 Aug 2026 - 2509 - Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard
27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.
Thu, 27 Aug 2026 - 2508 - Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep
26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.
Wed, 26 Aug 2026 - 2507 - Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei
25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.
Tue, 25 Aug 2026 - 2506 - Spektrum: ANC oorweeg voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt
24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.
Mon, 24 Aug 2026 - 2505 - Spektrum: Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg
21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n maatskappy, wat deur die DA-LP dr. Mark Burke gestig is. Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg.
Fri, 21 Aug 2026 - 2504 - Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September
20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.
Thu, 20 Aug 2026 - 2503 - Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings
19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.
Wed, 19 Aug 2026 - 2502 - Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke
18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te wees vir onwettige medisyne.
Tue, 18 Aug 2026 - 2501 - Spektrum: Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is?
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. Corlea Kruger, 'n mediese beheerbeampte by SAHPRA, verduidelik...
Tue, 18 Aug 2026 - 2500 - Spektrum: Johannesburg wil straaturineerders vasvat
17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen mense wat op straat urineer.
Mon, 17 Aug 2026 - 2499 - Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop
14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is kommer dat vroue steeds met stereotipes, kritiek en strukturele hindernisse te kampe het.
Fri, 14 Aug 2026 - 2498 - Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel
13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.
Thu, 13 Aug 2026 - 2497 - Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?
12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegeweld.
Wed, 12 Aug 2026 - 2496 - Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood
11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.
Tue, 11 Aug 2026 - 2495 - Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?
10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.
Mon, 10 Aug 2026 - 2494 - Spektrum: Bibberweer, sneeu en reën vir SA
7 Augustus 2026: Kiesers kan nog tot middernag aanlyn registreer. Ons praat met die OVK oor die proklamasie van die verkiesingsdatum. Kommer oor e-taxis se veiligheid nadat 'n vrou ontvoer is. Reën en sneeu van Sondag af oor groot dele van die land.
Fri, 07 Aug 2026 - 2493 - Spektrum: Ebola-gevalle in DRK styg tot meer as 1 800
6 Augustus 2026: Vier mense wat by die Madlanga-kommissie geïmpliseer is, word vir misdaadondersoek verwys. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander is in Brakpan se landdroshof in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die aantal gevalle van Ebola in die Kongo styg tot meer as 1 800.
Thu, 06 Aug 2026 - 2492 - Spektrum: SA teken grootste mielieoes ooit aan
5 Augustus 2026: President Cyril Ramaphosa mag glo voor die afsettingskomitee gedaag word om te getuig. Die Departement van Binnelandse Sake kan nie meer weier om die geboorte van 'n kind in Suid-Afrika te registreer nie bloot omdat die ouers nie geldige immigrasiedokumente het nie. Suid-Afrika teken die grootste mielieoes ooit aan.
Wed, 05 Aug 2026 - 2491 - Spektrum: Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad wil nié die rol van SA Polisiediens oorneem nie
4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse Metropolisie. Die gedrag van ouers by skolesportwedstryde onder die vergrootglas.
Tue, 04 Aug 2026 - 2490 - Spektrum: 1-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof reeds by boereMon, 03 Aug 2026
- 2489 - Spektrum: Stropery van vetplante onder vergrootglas
31 Julie 2026: Vyf Suid-Afrikaanse veldwagters is die afgelope jaar dood terwyl hulle aan diens was. Op Wêreld Veldwagterdag eer ons die manne en vroue op die voorpunt teen stropery. Die stropery van vetplante is onder die vergrootglas.
Fri, 31 Jul 2026 - 2488 - Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh
30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.
Thu, 30 Jul 2026 - 2487 - Spektrum: Wes-Kaap kry nuwe polisiekommissaris
29 Julie 2026: Die Wes-Kaap kry 'n nuwe polisiekommissaris. 'n Ondersoek is gelas na die toekoms van duisende residensiële eiendomme in staatsbesit. Brandbestryders in Frankryk worstel om veldbrande onder beheer te bring te midde van 'n hittegolf.
Wed, 29 Jul 2026 - 2486 - Spektrum: Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf?
28 Julie 2026: Ons praat met Retief Odendaal oor sy versoek vir presidensiële ingryping by die Nelson Mandelabaai Metro. Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? Wêreld Natuurbewaringsdag word vandag gevier.
Tue, 28 Jul 2026 - 2485 - Spektrum: Andrea Johnson by Madlanga-kommissie ondervra oor veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting
27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare - soos Johnson - wat bedank voor hulle tot verantwoording geroep kan word. 'n Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die DA-kandidaat-raadslid, Sinovuyo Dyokwe, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.
Mon, 27 Jul 2026 - 2484 - Spektrum: Ramaphosa slaag met dringende aansoek om afsettingsondersoek te stop
24 Julie 2026: Die hooggeregshof in Kaapstad beveel dat die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee tydelik gestaak word. Suid-Afrika kry saam met Amerika se grootste handelsvennote straftariewe. Die olieprys stabiliseer onder $100 per vat.
Fri, 24 Jul 2026 - 2483 - Spektrum: Gayton McKenzie sê DA se klagtes is nonsens
23 Julie 2026: Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die DA se lys klagtes teen hom is nonsens; die DA het vroeër vandag 'n dossier aan die Openbare Beskermer oorhandig. Koue sneeuweer word in die suidelike provinsies verwag. Die DRK sê die Ebola-dodetal styg tot bo 1 000, en meer as 2 500 mense is nou besmet.
Thu, 23 Jul 2026 - 2482 - Spektrum: Reaksie op moontlike sterk El Niño later vanjaar
22 Julie 2026: Die Parlement se afsettingskomitee bespreek die mandaat en name van moontlike getuienisleiers. Ons praat met 'n ekonoom oor die styging in verbruikersprysinflasie. Landbou reageer op 'n moontlike sterk El Niño-weerpatroon later vanjaar.
Wed, 22 Jul 2026 - 2481 - Spektrum: SA leen R24,6 miljard by die Wêreldbank
21 Julie 2026: 'n Ondersoek is gelas na klagtes van brutaliteit deur lede van Operasie Prosper teen die publiek. Advokaat Andrea Johnson reageer op bewerings dat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie buite sy mandaat optree. Die Wêreldbank staan nog 'n reuselening aan Suid-Afrika toe.
Tue, 21 Jul 2026 - 2480 - Spektrum: Olieprys styg verder, kommer oor brandstofprys en rentekoerseMon, 20 Jul 2026
- 2479 - Spekrum: OB sê Gauteng se beheer oor spazawinkels is ontoereikend
17 Julie 2026: Die Openbare Beskermer bevind dat munisipale owerhede in Gauteng se beheer oor spazawinkels ontoereikend is - dit is nadat ses kinders in Oktober 2024 in Soweto dood is. Ons praat met 'n regskenner oor sieknotas. Die vierde beraad van die Suid-Afrika/Namibië Bi-nasionale Kommissie vind plaas.
Fri, 17 Jul 2026 - 2478 - Spektrum: Ebolavirus versprei na ander provinsies in DRK
16 Julie 2026: Dit is dag twee van president Cyril Ramaphosa se hofaansoek om die Parlement se proses te keer om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Die Ebolavirus versprei na ander provinsies in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die gereelde herroeping van motors laat moeilike vrae ontstaan.
Thu, 16 Jul 2026 - 2477 - Spektrum: Geestesgesondheid van SA-sportsterre onder vergrootglas
15 Julie 2026: Die omstrede sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word tot September uitgestel. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor president Cyril Ramaphosa se aansoek aan om die werksaamhede van die parlement se afsettingskomitee te staak. Die geestesgesondheid van Suid-Afrika se sportsterre is onder die vergrootglas.
Wed, 15 Jul 2026 - 2476 - Spektrum: DA hof toe om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer
14 Julie 2026: Die DA nader hof om skorsing van Tshwane-stadsbestuurder om te keer. ANC-veteraan en voormalige burgemeester van eThekwini, Zandile Gumede, loop oor na MK-party. Solidariteit se Onderwysernetwerk eis dat Gauteng se Departement van Onderwys alle uitstaande skooltoelaes onmiddellik uitbetaal.
Tue, 14 Jul 2026 - 2475 - Spektrum: Olieprys ry wipplank
13 Julie 2026: Die geregtelike doodsondersoek na die dood van Anele Tembe is vir eers uitgestel. Die olieprys ry wipplank weens die hernude aanvalle tussen Amerika en Iran. Ons fokus op die nalatenskap van die oorlede Bafana Bafana-sokkerster, Jayden Adams.
Mon, 13 Jul 2026 - 2474 - Spektrum: Solidariteit dreig met regsoptrede ná skorsing van Tshwane-stadsbestuurder
10 Julie 2026: Solidariteit dreig met regsoptrede ná die voorlopige skorsing van die Tshwane se stadsbestuurder, Johann Mettler. Kaapstad-metro se kontrak met die shotspotter-program beëindig. Action Society eis aanspreeklikheid van individue wat bewus was van kindermishandeling, maar versuim het om dit te rapporteer.
Fri, 10 Jul 2026 - 2473 - Spektrum: SA spioen in VSA gevonnis
9 Julie 2026: 'n Suid-Afrikaanse spioen word in die VSA tot ses maande tronkstraf en 'n boete van meer as R150 000 gevonnis. Vier voormalige en bestaande werknemers van die Ekurhuleni-metro verskyn in die hof. Iran en Amerika in 'n woordetwis gewikkel.
Thu, 09 Jul 2026 - 2472 - Spektrum: Oliepryse styg ná skietstilstand tussen VSA en Iran in duie stort
8 Julie 2026: Die skietstilstand tussen Amerika en Iran stort in duie - en oliepryse styg. Die Nasionale Tesourie sê die doel van die terughou van geld aan 69 munisipaliteite is om fiskale dissipline onder plaaslike owerhede te verseker. ’n Tweeling van vier maande sterf in 'n brand in Ikaneng, Potchefstroom, in Noordwes.
Wed, 08 Jul 2026 - 2471 - Spektrum: Minister moet verduidelik oor ontmoetings met Tony Leon se Resolve Communications en Starlink
7 Julie 2026: Die Minister van Kommunikasie verdedig sy handelinge met Starlink en Tony Leon se firma, Resolve. Nege uit elf Gautengse munisipaliteite se finansies lyk beroerd. Puttoilette sal voortaan onmiddelik geïdentifiseer en vervang word.
Tue, 07 Jul 2026 - 2470 - Spektrum: Huisvesting van immigrante word ’n probleem
6 Julie 2026: Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe daar by die huis van die Daily Maverick-joernalis, Marianne Thamm, ingebreek is. Die tydelike huisvesting van immigrante word ’n probleem. Watter belastingimplikasies hou die tweepot-pensioenstelsel in?
Mon, 06 Jul 2026 - 2469 - Spektrum: Minister soek duidelikheid oor Zuma en Hoëkommissaris se ontmoeting met Guptas
3 Julie 2026: Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking reageer op Jacob Zuma en SA se Hoëkommissaris se besoek aan die omstrede Gupta-broers. 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. 'n Ikoniese troostante vier haar 75ste verjaarsdag.
Fri, 03 Jul 2026 - 2468 - Spektrum: Agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums
2 Julie 2026: 'n Skokkende agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums. Die Departement van Vervoer ondersoek 'n nuwe befondsingsmodel vir die Padongelukkefonds. 'n Rekord mielie-oes wink.
Thu, 02 Jul 2026 - 2467 - Spektrum: Politieke agenda agter betogings?
1 Julie 2026: Die waarnemende minister van polisie vermoed daar is 'n politieke agenda agter drukgroepe se beplande betogings elke Donderdag. Reaksie op die kabinetskommelinge. Baie koue weer met sneeu en swaar reën op pad na die suid-ooste en sentrale dele van die land.
Wed, 01 Jul 2026 - 2466 - Spektrum: Is landswye begtogings skadelik vir SA-handelsmerk?
30 Junie 2026: Die landwye betogings teen ongedokumenteerde buitelanders is aan die gang. Ons praat met ons verslaggewers in brandpuntgebiede. Ons vra ook of dié begtogings skadelik is vir die Suid-Afrikaanse handelsnaam. Die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, beweer die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, se 2025-openbare verklaring oor korrupsie in die polisiediens het 'n verskuilde motief gehad.
Tue, 30 Jun 2026 - 2465 - Spektrum: Talle veroordeel beplande betogings teen onwettiges
29 Junie 2026: Die Madlanga-kommissie sit sy werksaamhede voort ná 'n mislukte sluipmoordaanval op ’n sleutelgetuie. Talle politieke partye en nie-regeringorganiasies veroordeel môre se beplande betogings teen onwettige buitelanders. Groot tennis begin vandag op Wimbledon in Engeland.
Mon, 29 Jun 2026 - 2464 - Spektrum: Johannesburgers staal hulle vir hoër munisipale tariewe
26 Junie 2026: Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en meer as 'n dosyn ander senior polisiebeamptes verskyn in die hof in verband met die beweerde Medicare24-bedrogspul. Johannesburg se nuwe munisipale tariewe is bekend - alles is op, met water wat meer as 12% styg.
Fri, 26 Jun 2026 - 2463 - Spektrum: Venezuela tel die stukke op ná twee aardbewings
25 Junie 2026: Venezuela tel die stukke op ná twee vernietigende aardbewings kort na mekaar. Drie verdagtes verskyn in die hof in verband met die Cleveland-skietery wat 13 lewens geëis het. Munisipaliteite met swak oudits is meer vatbaar vir die impak van klimaatsverandering.
Thu, 25 Jun 2026 - 2462 - Spektrum: ‘Te min mense spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat’
24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.
Wed, 24 Jun 2026 - 2461 - Spektrum: Polisie begroot R600 miljoen vir operasies met betogings op 30 Junie
23 Junie 2026: R600 miljoen van die polisie-begroting geoormerk vir spesiale operasies om die beplande landwye betogings op 30 Junie te bestuur, terwyl owerhede Suid-Afrikaners versoek om nie paniekbevange te raak nie. Die Minister van Basiese Onderwys praat oor haar uitdagings ná twee jaar in die tuig.
Tue, 23 Jun 2026 - 2460 - Spektrum: Die Britse eerste minister, Keith Starmer, bedank
22 Junie 2026: Ons bespreek Keith Starmer se bedanking as Britse eerste minister. Ons praat met Paul Adams oor die vroue Proteas se uitstekende vertoning, en die pad vorentoe in die Wêreldbeker-toernooi. 'n Dokumentêr oor Kaapse HipHop-kunstenaars seëvier by die Encounters Internasionale Rolprentfees.
Mon, 22 Jun 2026 - 2459 - Spektrum: ‘Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls’
19 Junie 2026: Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls, sê minister Anroux Marais. Meer as 40 woonbuurte in die Nelson Mandelabaai-metro ervaar watertoevoerprobleme te midde van opgaardamme wat oorloop. Die OVK sê alle noodsaaklike verkiesingsmateriaal is aan stempunte versprei op die vooraand van die eerste kiesersregistrasienaweek.
Fri, 19 Jun 2026 - 2458 - Spektrum: Phala Phala-afsettingskomitee voorgelig oor regsopsies
18 Junie 2026: Die nuutste getuie voor die Madlanga-kommissie verskyn in camera weens kommer oor die getuie se veiligheid. Die Phala Phala-afsettingskomitee word voorgelig oor regsopsies teen president Cyril Ramaphosa se interdiktaktiek. Nóg koue weer lê om die draai.
Thu, 18 Jun 2026 - 2457 - Spektrum: Beoogde kabinetskommeling van DA-ministers
17 Junie 2026: 'n Beoogde kabinetskommeling in DA-geledere laat wenkbroue lig. Inflasie neem verder toe. Europese lande aanvaar dat Rusland met sy rug teen die muur is wat die oorlog met Oekraïne betref.
Wed, 17 Jun 2026 - 2456 - Spektrum: Ons herdenk die Soweto-opstande van 1976
16 June 2026: President Cyril Ramaphosa spreek die land toe in Soweto op Jeugdag. Druk neem toe op die Speaker van die parlement, Thoko Didiza, oor president Ramaphosa se afsettingskomitee-saak. Huldeblyke stroom in vir die jazzikoon en roemryke musikant, dr. Abdullah Ibrahim, wat in Duitsland sterf.
Tue, 16 Jun 2026 - 2455 - Spektrum: Nuwe hospitaal om 1 Mil te vervang?
15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.
Mon, 15 Jun 2026 - 2454 - Spektrum: Aanduidings vanuit Iran dat voorlopige ooreenkoms bereik is om oorlog te beëindig
12 Junie 2026: Die teenmisdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, sê hy gaan voort met sy werk ongeag dreigemente wat teen hom gemaak is. Die DA dien 'n dossier oor kinderswangerskappe by die Menseregtekommissie in. Daar is 'n sterk aanduiding vanuit Iran dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die oorlog te beëindig.
Fri, 12 Jun 2026 - 2453 - Spektrum: 60 Spookwerkers ontmasker in Department van Openbare Werke
11 Junie 2026: 60 Spookwerkers ontmasker in die Department van Openbare Werke en Infrastruktuur. Die gaping tussen werkloses en dié wat werk het, word al hoe kleiner. Ons praat met 'n sokkerkenner oor Bafana Bafana se kanse in die Wêreldbeker-toernooi.
Thu, 11 Jun 2026 - 2452 - Spektrum: Die debat oor onwettige immigrante kry momentum
Spektrum: Minstens tien verdagtes wat verbind word met die massaskietvoorval in Cleveland, Johannesburg, nog op vrye voet. Die debat oor onwettige immigrante tel spoed op. 'n Bohaai oor 'n bek-en-klouseer-e-pos uit die kantoor van die Ministerie van Landbou.
Wed, 10 Jun 2026 - 2451 - Spektrum: Suid-Afrika se ekonomie groei stadiger
9 Junie 2026: Suid-Afrika se ekonomie groei stadig in die eerste kwartaal van 2026. Nóg polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare24 Tshwane-tender. 'n Ondersoekbeampte van OPOD getuig voor die Madlanga-kommissie oor die Aeroton-dwelmvonds.
Tue, 09 Jun 2026 - 2450 - Spektrum: E-tolskuld word afgeskryf
8 Junie 2026: Die kabinet skrap motoriste se uitstaande e-tolskuld. Die departement van basiese onderwys wil Kwintiel 5-skole verhoed om onder meer leerlinge se akademiese prestasie as toelatingsvereiste te gebruik. Die Ou Raadsaal se horlosie op Kerkplein in Pretoria se klokke beier weer ná 30 jaar.
Mon, 08 Jun 2026 - 2449 - Spektrum: Voorkomende middel teen MIV in SA bekendgestel
5 Junie 2026: 'n Hooggeplaaste polisiebeampte, Richard Shibiri, val weens sy verbintenis met die misdaadbaas Vusimusi "Cat" Matlala, en kenners sê talle ander sal volg. 'n Voorkomende middel teen MIV word in Suid-Afrika bekendgestel. Inwoners van die Wes- en die Oos-Kaap tel die stukke op ná 'n tweede rondte oorstromings.
Fri, 05 Jun 2026 - 2448 - Spektrum: VSA beplan nuwe invoertariewe op SA
4 Junie 2026: Die ANC gee sy streekssekretarisse 30 dae om hulle poste in munisipaliteite te ontruim. Amerika beplan om nuwe invoertariewe op Suid-Afrika en ander lande te hef. 'n Skietstakingsooreenkoms is tussen Israel en Libanon bereik.
Thu, 04 Jun 2026 - 2447 - Spektrum: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester
3 Junie 2026: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester. Die gebrek aan beskerming vir fluitjieblasers is opnuut in die kollig ná getuienis deur adjudant-offisier Karel Sander by die Madlanga-kommissie. Die Verkiesingskommissie moedig jongmense aan om aanlyn vir die plaaslike regeringsverkiesing te registreer.
Wed, 03 Jun 2026 - 2446 - Spektrum: Sakevertroue daal
2 Junie 2026: Sakevertroue daal. Wie is Makashule Gana, wat as voorsitter van die Phala Phala-afsettingskomitee verkies is? 'n Beroep op boere om ou gifstowwe van hulle grond te verwyder.
Tue, 02 Jun 2026 - 2445 - Spektrum: Weskus-vissers gekant teen seismiese eksplorasie
1 Junie 2026: Weskus-vissers protesteer teen seismiese eksplorasie. Motoriste wag in spanning vir 'n brandstofprysaankondiging. 'n Yslike kouefront is op pad.
Mon, 01 Jun 2026 - 2444 - Spektrum: SAKP hou Konferensie van Linkses
29 Mei 2026: Die Minister van Binnelandse Sake prys intelligensiegedrewe optrede vir die dwelmvonds van R1-miljard. Talle politieke partye en vakbonde woon die SAKP se Konferensie van Linkses by. President Trump sê die middeltermynverkiesing sal nie sy beleid oor Iran beïnvloed nie.
Fri, 29 May 2026 - 2443 - Spektrum: Polisie ondersoek moontlikheid van transnasionale dwelmsindikaat ná dwelmvonds van R1 miljard
28 Mei 2026: Die taxi-baas, Joe "Ferrari" Sibanyoni, en sy medebeskuldigde, Oupa Sindane, het hulleself aan die polisie oorgegee. Hulle word van afpersing en geldwassery beskuldig. Die polisie ondersoek die moontlikheid van 'n transnasionale dwelmsindikaat nadat sowat R1 miljard se dwelms by Beitbrug gevind is. Die Nasionale Kruger Wildtuin word die naweek 100 jaar oud.
Thu, 28 May 2026 - 2442 - Spektrum: Die OVK stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing bekend
27 Mei 2026: Honderde burgers van Ghana daag by die OR Tambo-lughawe op om na Accra geherpatrieer word, maar 'n immigrasiebeampte sê daar is probleme met die lys van kandidate. Die Reserwebank se Monetêre Beleidkomitee besin oor rentekoerse – die meeste ekonome verwag ’n verhoging. Die Verkiesingskommissie stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bekend.
Wed, 27 May 2026 - 2441 - Spektrum: Parlement stel komitee bekend, wat ondersoek moet doen of president in staat van beskuldiging geplaas moet word
26 Mei 2026: Die parlement maak sy afsettingskomitee bekend, wat ondersoek sal instel of die president moontlik in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word. Ons vind uit by 'n ekonoom wat motoriste by die brandstofpomp kan verwag in Junie. Die beheerraad vir gesondheidsprodukte, Saphra, verskerp sy pogings om die produksie en verspreiding van ongeregistreerde GLP 1-middels, te stuit.
Tue, 26 May 2026 - 2440 - Spektrum: Dringende imbizo oor toenemende betogings teen onwettige buitelanders
25 Mei 2026: Die Menseregtekommissie hou 'n dringende aanlyn-imbizo ná toenemende betogings teen onwettige buitelanders. Sewe provinsiale onderwysdepartemente het nog nie hulpbrontoewysings aan openbare skole oorbetaal nie. Die gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is bekommerd oor die sluiting van die Smalblaarbrug vir herstelwerk ná die verwoestende oorstromings.
Mon, 25 May 2026 - 2439 - Spektrum: Menseregtekommissie sê watertenkwaens in Gauteng is skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur
22 Mei 2026: Die DA eis akkurate misdaadstatistiek oor kinder- en geslagsgeweld. Die Menseregtekommissie sê die gebruik van watertenkwaens deur Gautengse munisipaliteite het 'n skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur geword. Die ontwrigting van 'n gesamentlike sitting van die parlement, kos belastingbetalers bykans 'n miljoen rand.
Fri, 22 May 2026 - 2438 - Spektrum: SA tot einde 2026 steeds deel van AGOA
21 Mei 2026: Suid-Afrika is tot minstens 31 Desember nog deel van AGOA. Die omstrede Ekapa-myn is te koop. Ons bespreek die Tshwane-metro se begrotingsrede.
Thu, 21 May 2026 - 2437 - Spektrum: Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit
20 Mei 2026: Wes-Kaapse leiers vergader om die provinsie as 'n rampgebied te verklaar. Die EFF bring 'n hofaansoek om die Minister van Finansies se mag oor die brandstofheffing te verwyder. Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit.
Wed, 20 May 2026 - 2436 - Spektrum: Nasionale Ordes aan 38 Suid-Afrikaners toegeken
19 Mei 2026: Nasionale Ordes word aan 38 Suid-Afrikaners toegeken. Die Wes-Kaapse regering vergader om te oorweeg of die onlangse swaar storms as 'n provinsiale ramp geklassifiseer moet word. Die antiapartheidsaktivis, eerwaarde Frank Chikane, getuig voor die WVK Kommissie van Ondersoek.
Tue, 19 May 2026 - 2435 - Spektrum: Hof sê dokters kan werk waar hulle wil
18 Mei 2026: Die Konstitusionele Hof beslis dat die regering nie vir dokters mag voorskryf waar hulle moet gaan werk nie. Die Menseregtekommissie vra voorleggings oor die waterkrisis in Gauteng. Die selfverklaarde polisie-informant, Brown Mogotsi, bly agter tralies nadat hy vandag vlugtig in die hof verskyn.
Mon, 18 May 2026 - 2434 - Spektrum 15 Mei 2026
Parlementslede besoek verskeie polisiestasies op die Kaapse Vlakte, en vind oral leemtes en tekorte. Die voormalige hoof van strategie by die Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Lungisa Dyosi, verskyn voor die WVK-kommissie. Suid-Afrika is nou die voorste sitrusuitvoerder in die wêreld.
Fri, 15 May 2026 - 2433 - Spektrum 14 Mei 2026
Honderde mense in Rawsonville en Worcester in die Wes-Kaap is steeds ontheem weens die oorstromings, terwyl drie sterftes aangemeld is. Die uitkoms van die ANC se spesiale NUK-vergadering oor die Phala Phala-aangeleentheid sal eers môre bekendgemaak word. Transnet stel sy spoornetwerk vir private treinoperateurs oop.
Thu, 14 May 2026 - 2432 - Spektrum 13 Mei 2026
Opruimingswerk begin ná swaar reën en verwoestende oorstromings in die Wes-Kaap. 'n Barmhartige samaritaan in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap se hart is oop om gestrande inwoners te hulp te snel. Die staatshoofde van Amerika en China vergader in die hoop om handelsbande te versterk.
Wed, 13 May 2026 - 2431 - Spektrum 12 Mei 2026
Honderde mense in die Wes- en Oos-Kaap van die buitewêreld afgesny weens stormweer. Die werkloosheidskoers styg. Die ANC se NUK gaan dringend vergader oor die toekoms van sy partypresident, Cyril Ramaphosa.
Tue, 12 May 2026 - 2430 - Spektrum 11 Mei 2026Mon, 11 May 2026
- 2429 - Spektrum 8 Mei 2026Fri, 08 May 2026
- 2428 - Spektrum 7 Mei 2026Thu, 07 May 2026
- 2427 - Spektrum 6 Mei 2026
Die diesel-prysskok is effens versag nadat 'n berekeningsfout deur die departement van petroleum en minerale hulpbronne reggestel is. Die parlement gaan ondersoek instel na bendegeweld en georganiseerde misdaad. Reaksie op die regering se Artikel 10-skema, wat boere sal toelaat om hulle kuddes teen bek-en-klouseer in te ent.
Wed, 06 May 2026 - 2426 - Spektrum 5 Mei 2026
Die regering versoek Suid-Afrikaners om ag te slaan op weerwaarskuwings wat deur die Weerdiens uitgereik word. Kritiek teen die besluit om NSFAS onder administrasie te plaas. Die Konstitusionele Hof hoor betoë aan oor die geldigheid van die parlement se openbare deelnameproses oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering.
Tue, 05 May 2026 - 2425 - Spektrum 4 Mei 2026
'n Skerp styging in die brandstofprys in Mei. ‘n Kenner verduidelik wat die Hantavirus is, wat aan boord 'n passasierskip in die Atlantiese Oseaan uitgebreek het. Ons praat met die polisieduiker wat sosiale media aan die gons het oor sy krokodilvangs.
Mon, 04 May 2026
Podcast simili a <nome>
Conversations ABC Australia
Murder: True Crime Stories Crime House
The Diary Of A CEO with Steven Bartlett DOAC
Let's Talk Religion Filip Holm
Forensic Files HLN
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
True Crime Documentary Justin Kandell Network
True Crime Investigation Manuel
RSG Geldsake met Moneyweb Moneyweb Radio
The 11th Hour with Ali Velshi MS NOW, Ali Velshi
Snapped: Women Who Murder Oxygen
Darren “Whackhead” Simpson’s prank calls on Kfm Mornings Primedia Broadcasting
Kortom RSG
Middagvervolgverhaal RSG
Naweekaktueel RSG
Radioteater RSG
RSG Dokumentêr RSG
The Naked Scientists Podcast The Naked Scientists
The Clement Manyathela Show Primedia Broadcasting
Global News Podcast BBC World Service
The Aubrey Masango Show 702
SMWX Sizwe Mpofu-Walsh
Kommentaar RSG
The Midday Report with Mandy Wiener Primedia Broadcasting
Monitor RSG
Afternoons with Relebogile Mabotja Radio 702
Dateline NBC NBC News
Economist Podcasts The Economist
Afternoon Drive with John Maytham CapeTalk
Expresso da Meia-Noite SIC Notícias
The Rest Is Politics: US Goalhanger
The News Agents Global
Ukraine: The Latest The Telegraph
What Now? with Trevor Noah Trevor Noah
Rugby Direct Newstalk ZB
The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
X22 Report X22 Report
Lekompo podcast Lekompo La Town