Filtra per genere

Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

1898 - Spektrum 27 Maart 2024
0:00 / 0:00
1x
  • 1898 - Spektrum 27 Maart 2024

    Die Belfast- Emakhazeni-verkiesingsdebat is die eerste van 'n reeks gesprekke wat van nou af tot en met die laaste debat in Pretoria op 24 April weekliks by verskeie plekke landwyd sal plaasvind. Die Nkangala-distriksmunisipaliteit is die oorhoofse baas en het beheer oor dorpe soos Machadodorp, nou bekend as Entokozweni, en Dullstroom. Die streek is bekend vir sy forelvisvangdamme en pragtige natuurskoon, wat helaas nou bedreig word deur verskeie mynbedrywighede, sommige daarvan onwettig. Ander probleme wat Belfast teister is gruwelike paaie en riool wat sommer straat afloop, en selfs in die visdamme ingepomp word.

    Wed, 27 Mar 2024
  • 1897 - Spektrum 26 Maart 2024

    Die Nasionale Vergadering gaan 'n mosie van wantroue in die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, debatteer. Die Hooggeregshof beslis dat die MK-party se registrasie vir die algemene verkiesing wettig is. Die President van Suid-Soedan, Salva Kiir, eis dat die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo dringend beëindig moet word.

    Tue, 26 Mar 2024
  • 1896 - Spektrum 25 Maart 2024

    Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nader die hof in 'n poging om 'n stokkie voor haar inhegtenisneming te steek. 'n 22-jarige verdagte verskyn in die Sekhukhune-landdroshof in Limpopo in verband met beweerde matriekeksamen-bedrog. Die Departement van Basiese Onderwys wysig van die klousules in die voorgestelde Wetsontwerp op Basiese Onderwys.

    Mon, 25 Mar 2024
  • 1895 - Spektrum 22 Maart 2024

    Die Speaker van die Nasionale Vergadering bring 'n dringende hofaansoek om haar inhegtenisneming te verhoed. Nog reaksie op die dood van Markus Jooste. Klein voertuigwerkswinkels word verbied om polisievoertuie te herstel.

    Fri, 22 Mar 2024
  • 1894 - Spektrum 21 Maart 2024

    President Cyril Ramaphosa spreek die land toe as deel van Menseregtedag-vieringe in Johannnesburg. Die Gautengse Departement van Gesondheid bevestig dat elf gesondheidsfasiliteite se telefone nie werk nie. Meer as 30 Russiese missiele is om Kijif afgeskiet.

    Thu, 21 Mar 2024
Mostra altri episodi