Filtra per genere

Radioteater

Radioteater

RSG

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

404 - DIE OORLOGKLAVIER Christien Neser
0:00 / 0:00
1x
  • 404 - DIE OORLOGKLAVIER Christien Neser

    Dertienjarige James se held is Cheslin Kolbe, en hy wil veel eerder rugby speel as klavier oefen. Sy pa se voorwaarde is duidelik: solank hy rugby speel, moet hy klavierles neem. James verstaan nie die bohaai oor die vals ou klavier nie. Terwyl sy ouers oorsee is, vertel sy ouma Madel hom waarom die ou familieklavier so besonders is. Haar verhaal neem hom terug na September 1900 en die plaas Varkensfontijn, waar drie vroue die klavier teen die Britse magte probeer beskerm. Skielik het die gehate oefensessies ’n heel ander betekenis. Die drama is grootliks op familie-oorlewerings gebaseer. Beethoven se Für Elise en die tradisionele Ierse liedjie, Molly Malone, help om die twee tydperke van mekaar te onderskei. Frieda van den Heever behartig die regie. Die rolverdeling sluit Rolanda Marais, Nelia Gerber, Jacques Bessenger, Kay Smith, Eben Schoeman, Joanie Combrink en Sebastian Swanepoel in.

    Thu, 12 Nov 2026
  • 403 - SEESKULP deur Marius de Bruyn

    Seeskulp ondersoek ’n onverwagse vriendskap en die geheime wat mense van mekaar weerhou. Die gedruis van die see, alledaagse klanke, musiek en stilte skep ’n luisterwêreld waarin werklikheid en verbeelding inmekaarvloei. Dit is ’n verhaal oor broosheid, aanvaarding en wat gebeur wanneer ons werklik na mekaar luister. Eleanor, ’n letterkundedosent met ’n terminale breingewas, ontmoet Jonathan, ’n eksentrieke jong student, wat ’n roman skryf. ’n Komplekse vriendskap ontwikkel. Hy vertel haar van sy boek, en sy maak oop oor haar onsekere toekoms. Dan rig Eleanor ’n vreemde versoek aan Jonathan wat albei se lewe ingrypend verander... Die regisseur is Luan Jacobs. Die spelers is Mandi du Plooy Baard, Donovan Peterson, Charlie Bougenoun, Lizelle Pike, Erin Patience en DeWaal Stemmet.

    Thu, 05 Nov 2026
  • 402 - STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 2)

    Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combrink. Die rolverdeling sluit in Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock. STINKHOUT is vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Dit was Cruywagen se laaste verwerking vir RSG, en die produksie word aan hom opgedra.

    Thu, 29 Oct 2026
  • 401 - STINKHOUT deur Philip Rademeyer (Deel 1)

    Thu, 22 Oct 2026
  • 400 - PIETER SE PA deur Niel Steenkamp

    Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van Niekerk, en die rolverdeling sluit in Dirk Stolz, Esther van Waltsleben, Mila Guy, Chloe van Rooyen, Ane Fourie, Estelle Grobler en De Klerk Oelofse.

    Thu, 15 Oct 2026
Mostra altri episodi