Filtra per genere
- 2980 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 10
Vaaltyn en Jaffie loop hulle rieme styf in die fyntuin. Jaffie hoor hoekom die son bloedrooi sak en wat dit beteken as die tarentale teen sononder skree. Jaffie leer ’n les wat hy nie lig sal vergeet nie.
Fri, 13 Mar 2026 - 2979 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 9
Bekka en Mofta kom tot ’n verrykende besef wat hulle nageslagte vir ewig sal beïnvloed. Jaffie verstaan nie waarom die wêreld ná daardie besondere nag in Bethlehem nooit weer dieselfde sou wees nie. Jaffie doen iets wat hy gesweer het hy nooit sou doen nie.
Thu, 12 Mar 2026 - 2978 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 8
Meer verstommende inligting oor ’n besondere nag in die stal van Bethlehem kom vir Jaffie aan die lig. Vaaltyn vertel Jaffie van die teken van die Groot Swaar wat alle skaapdiere op hulle koppe dra in die vorm van gedraaide haartjies wat die mensdiere kroontjies noem. Jaffie is geskok om te hoor wat Koos Kaller aan skaapdiere doen en wil weet of dit met die ou kindjie wat in die stal gebore is, ook sal gebeur.
Wed, 11 Mar 2026 - 2977 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 7
Bekka, die vaalhaar-esels se stammoeder, en Mofta, die koeidiere se stammoeder, bevind hulle in ’n stal in Bethlehem. Bekka is vroeër die aand aangegryp deur die groot hoeveelheid eseldiere, koeidiere, osdiere en kameeldiere wat sy so vreedsaam bymekaar sien lê het op die markplein waarna sy ’n voorgevoel gekry het, want sy het haar ongebore Vaaltyntjie in haar voel opspring. Mofta beaam dat daar iets anders in die lug is. Dit was die begin van ’n nag wat hulle albei nooit sal vergeet nie.
Tue, 10 Mar 2026 - 2976 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 6
Vaaltyn is geskok oor Jaffie se onkunde oor die vaalhaar-esels se geskiedenisse en roemryke voorgeslagte. Dat hy selfs dúrf vra of Oergrootjie Bekka – ’n stammoeder – ’n koeidier was! Vaaltyn benadruk hoe jaloers die twee onstigtelike koeidiere, Vlermuis en Witlies, sal wees as hulle moet uitvind van watter adellike afkoms die fatsoenlike Moffie is! Jaffie hoor vir die eerste keer van die mensdiere wat Kersfees vier.
Mon, 09 Mar 2026 - 2975 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 5
Jaffie gedra hom baie sleg in die koeikraal en haal homself die gramskap van Oom Vaaltyn op die hals. Jaffie hoor vir die eerste keer dat Tant Moffie, al is sy ’n koeidier, sy oorlee Mama Mamra se beste vriendin op Uitkyk was. Vaaltyn vertel Jaffie iets van Moffie wat hom verby sy stuitjie laat gril! Hy leer ook van die herkoms van muildiere en botterkoppe – en kry die ernstige vermaning van Oom Vaaltyn om tog nooit tot daardie vlak te daal nie.
Fri, 06 Mar 2026 - 2974 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 4
Jaffie moet erken dat hy die storie van Weltevrede en die nimmereindigende botterblomvelde nie kan glo nie, wat Vaaltyn ontstel. Vaaltyn wens hy kon na Weltevrede gaan waar Mamra op hom sou wag. Jaffie wil weet waar die Bokveld is, en hy hoor vir die eerste keer van die binneste en die buitenste esel. Hy maak ook vir die eerste keer kennis met die wysheid van Oeroom Gerson.
Thu, 05 Mar 2026 - 2973 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3
Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel.
Wed, 04 Mar 2026 - 2972 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2
Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het.
Tue, 03 Mar 2026 - 2971 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak...
Mon, 02 Mar 2026 - 2970 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot)
Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornelius de Lange?
Fri, 27 Feb 2026 - 2969 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39
Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld nie.
Thu, 26 Feb 2026 - 2968 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38
Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor...
Wed, 25 Feb 2026 - 2967 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37
Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel dit is die geval.
Tue, 24 Feb 2026 - 2966 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36
Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie.
Mon, 23 Feb 2026 - 2965 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35
Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie” het ‘n ingewikkelde definisie by Fortuna Trans.
Fri, 20 Feb 2026 - 2964 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34
Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?
Thu, 19 Feb 2026 - 2963 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 33
Sandra Jacobs word deur speursersant Fortuin ondervra. Arend Fillis onderbreek hulle ondervragingsessie met ontstellende nuus oor Stefan. Piet is woedend, en wil dadelik vir Stefan afdank, maar Sandra en Janine kom tot sy redding. Dan deel Sandra ‘n geheim wat die twee Du Preez-broers al vir so lank wegsteek. Miskien is hierdie die antwoord tot Norman se skielike omwenteling en vreemde gedrag?
Wed, 18 Feb 2026 - 2962 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 32
Rian het pas terug gekeer van die Kaap, en stel voor hulle moet begin beplan vir hulle volgende onwettige aflewering, maar Cor weier. Laurinda kuier by Janine, en saam deel hulle gelukkige herinneringe wanneer hulle deur ou familiealbums blaai. Stefan kom besope by die huis aan. Dit ontlok ‘n woordewisseling tussen hom en Janine. Dan sien hy ‘n bekende gesig in een van Janine se familiealbums...
Tue, 17 Feb 2026 - 2961 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 31
Maureen en Anika probeer hulle bes om Fortuna normaal te laat funksioneer ná die dood van hulle kollega, Shorty de Lange. Cor vind ‘n besope en onsamehangende Stefan in sy kantoor. Stefan smeek huilend om vergifnis, maar wie is die meisie waarvan Stefan praat, en wat weet speursersant Fortuin alles? Cor se agterdog en vrese word al hoe groter. Wat steek sy broer vir hom weg?
Mon, 16 Feb 2026 - 2960 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 30
Piet en Anika geniet ‘n romantiese aandjie uit. Piet het vir hulle ‘n duur hotelkamer met Franse sjampanje bespreek. Anika speel steeds die slagoffer, en probeer op Piet se gevoel speel. Piet en Cor geniet ‘n rustige potjie gholf om te ontspan. Cor wil weet watter parfuum hang in sy pa se motor, en Piet dink vinnig ‘n verskoning uit. Cor kry iets interessant in die motor se paneelkissie, wat Laurinda se wêreld uitmekaar laat tuimel.
Fri, 13 Feb 2026 - 2959 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 29
Almal is nog ontsteld ná Shorty se dood, en speursersant Fortuin wat gedurig oor hulle skouer loer maak dinge net erger. Anika praat per ongeluk haar mond verby, en lap belangrike inligting uit wat speursersant Fortuin oor die foon bespreek het. Sandra vind uit van Norman se verdwyning in Mosambiek. Sy het skielik ‘n belangrike oproep wat sy moet maak.
Thu, 12 Feb 2026 - 2958 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 28
Fortuin beskou Shorty se misdrywe as swak bestuur, en ‘n roekelose fout van Stefan se kant af. Stefan pleit onskuldig, en verdedig Rian se skielike verdwyning Kaap toe asook die saak van aanranding teen hom. Fortuin krap verder in Stefan se verlede. Rian het vir speursersant ‘n interessante brokkie inligting meegedeel. Wie is Andriëtte Grobbelaar?
Wed, 11 Feb 2026 - 2957 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 27
Rian word voor stok gekry deur sy pa en sy oudste broer. Rian hou vol dat hy homself teen Shorty moes beskerm. Noudat Shorty uit die prentjie is, kan hulle gerus wees dat die dissiplinêre verhoor geskrap sal word, want die aanklaer is oorlede. Norman word steeds geteister deur nagmerries. Janine bring vertroosting en veiligheid, maar wanneer Norman in sy slaap begin praat, hoor sy ontstellende inligting.
Tue, 10 Feb 2026 - 2956 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 26
Rian is terug van ‘n belangrike vergadering in die Kaap, en Cor is briesend. Rian erken dat hy wraak wou neem op Shorty. Die twee broers beraam planne, en stem ooreen om Shorty as die sondebok uit te maak en alles te ontken. Maurene en Anika probeer nog die skielike dood van Shorty verwerk. Sommer gou deel hulle skindernuus, en vind uit dat hulle dalk meer weet as wat die skuldiges besef.
Mon, 09 Feb 2026 - 2955 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 25
Speursersant Allister Fortuin is die ondersoekbeampte na die onnatuurlike dood van Shorty Swanepoel. Arend Fillis is eerste in die spervuur. Janine is bekommerd oor Norman, en vind vertroosting by haar skoonma. Dan onthul sy ‘n skokkende skets wat Norman by die spelterapeut geteken het. Hoekom staan Shorty se naam op die skets?
Fri, 06 Feb 2026 - 2954 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 24
‘n Dringende vergadering word belê ná die skokbevinding in die werkswinkel. Sandra Jacobs is aan die woord en verduidelik aan Piet en Stefan du Preez watter gevolge hulle, as maatskappy, in die oë sal moet staar. Cor is geskok oor die nuus, maar moet katvoet dans rondom Stefan se vrae. Vervalste nommerplate en verdunde diesel kom aan die lig. Wat het werklik in Mosambiek gebeur?
Thu, 05 Feb 2026 - 2953 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 23
Stefan en Janine het ‘n onrustige nag. Norman is veilig en ongedeerd terug by die huis, maar duidelik is alles nie pluis nie. Arend is agterdogtig oor Shorty se motor wat reeds by die werkswinkel staan, maar nêrens te vinde is nie. Geheime en bespiegelinge word vertroulik onder mekaar gedeel. Miskien is alles net Arend se verbeelding? Tot hy afkom op ‘n grutoneel...
Wed, 04 Feb 2026 - 2952 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 22
Cor vind vir Norman in ‘n verlate pakskuur tussen Ponta do Ouro en Ponta Milimangala. Cor bel vir Stefan om hom in te lig dat hulle op pad is, maar dat daar ‘n klein ongelukkie met een van die Mosambiekse drywers was. Rian vind vir Shorty waar hy besig is om aan ‘n trok te werk. Hy het slegs een doel voor oë – die waarheid en wraak.
Tue, 03 Feb 2026 - 2951 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 21
Rian word uit ‘n belangrike vergadering geroep om dadelik vir Sandra van HR te sien. Shorty versoek ‘n dissiplinêre verhoor en steun vanaf die KBVA. Cor bel vir Rian met die nuus dat Norman steeds skoonveld is. Rian begin besef Shorty se stories klop nie, en hy weet dalk meer as wat hy voorgee. Met die gebruik van ‘n toep vind hulle gou Norman se laaste selfoonkoördinate. Sal Cor betyds wees?
Mon, 02 Feb 2026 - 2950 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 20
Janine en Stefan ontspan heerlik in ‘n afgesonderde ruskamp naby Johannesburg. Janine is bekommerd as sy steeds nie vir Norman in die hande kry nie. Rian stel Stefan gerus dat alles goed afgeloop het, en hy jok flink deur te sê dat Cor en Norman besluit het om nog ‘n paar dae langer in Mosambiek te bly. Shorty het pas teruggekeer van Mosambiek. Rian konfronteer hom, en gou klap die vuiste, maar hierdie keer slaan Shorty terug...
Fri, 30 Jan 2026 - 2949 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 19
Cor en Shorty vier die suksesvolle aflewering van hulle onwettige goedere. Cor is veral opgewonde oor hoe maklik hulle die paneelkameras kon ontduik, maar raak dan bekommerd omdat Norman nog nie tuis is nie. Shorty speel dom en sê hy het hom by die strand afgelaai soos beveel. Anika dreig Piet met ‘n verdraaide storie van hulle skelm verhouding. Piet beloof haar ‘n vakansie in Frankryk vir haar stilswye. Die telefoon lui. Dit is Cor, met ontstellende nuus...
Thu, 29 Jan 2026 - 2948 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 18
Dit is die geselskap se eerste dag in Mosambiek. Cor geniet sy broerskind se entoesiasme en leergierigheid. Hulle meld aan vir die aflaai van die kratte. Rian bel om te hoor of die spesiale “transaksie” al plaasgevind het. Cor verseker hom dat hulle vir Norman by die strand sal aflaai voor hulle geheime ontmoeting met die smokkelbaas, Galish. Shorty laai vir Norman by die strand af, maar sommer gou sien Norman dat hy nie op ‘n see-uitstappie is nie...
Wed, 28 Jan 2026 - 2947 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 17
Arend Fillis word ingeroep vir ‘n ontmoeting met Sandra Jakobs. Maureen stel hom gerus dat hierdie ‘n onskuldige ontmoeting is. Arend voel egter dat daar meer agter hierdie vergadering skuil as wat Sandra voorgee. Sandra laat val dat daar ongerymdhede in die werkswinkel plaasvind. Arend besef vinnig hy is nie net aangestel as motorwerktuigkundige nie.
Tue, 27 Jan 2026 - 2946 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 16
Dit is die aand voor die groot aflewering van Mosambiek. Janine voel onrustig oor die feit dat Norman saamgaan. Sy voel dat Cor nie bevoeg is om as voog op te tree nie. Stefan stel haar gerus, en stel voor dat hulle vir ‘n naweek weggaan om te gaan ontspan en te vergeet van al die Fortuna-familiedrama.
Mon, 26 Jan 2026 - 2945 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 15
Rian flankeer skaamteloos met Anika en maak ‘n aanbod dat sy sy persoonlike assistent kan word vir dubbeld haar salaris. Arend sien iets verdag op Shorty se lessenaar, maar speel dom. Arend noem dat mensehandel ‘n groot probleem is, en dat hy wil weet wat is die sekuriteitsmaatreëls rakende die Fortuna-trokke is wanneer hulle oor die grens gaan. Dan kry Shorty ‘n slinkse plan...
Fri, 23 Jan 2026 - 2944 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 14
Laurinda nooi vir Janine om by haar te kom tee drink. Piet daag by die huis op met ‘n bos lelies. Laurinda kry dadelik snuf in die neus. Piet speel dom oor die geheime stemboodskap, en noem dat dit vir Cor of Rian bedoel was. Hy beskuldig Anika dat sy rooihakskene het, en dat sy ‘n romantiese verhouding met een van die twee broers wil aanknoop.
Thu, 22 Jan 2026 - 2943 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 13
Dit is Arend Fillis, die nuwe motorwerktuigkundige van Fortuna Trans, se eerste dag. Maureen hou dadelik van hierdie onskuldige jong seun met sy mooi maniere. Shorty hou niks van die gedagte dat hy ‘n stertjie gaan kry om op te pas nie. Sommer gou stel hy belaglike eise en opdragte aan Arend, wat Arend maar gedweë moet uitvoer. Shorty kry die gevoel dat Stefan hom dophou, maar hy sien sommer gou Arend is skadeloos. Of is hy?
Wed, 21 Jan 2026 - 2942 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 12
Anika en Piet het ‘n geheime ontmoeting waar hulle ontbyt geniet by hulle gunsteling koffiewinkel. Rian sien hulle toevallig raak, en die paartjie moet vinnig kleitrap en die ontmoeting afmaak as ’n sake-ete. Rian vind uit dat Norman saam Mosambiek toe gaan, en hy sien rooi. Cor het weer sy eie kop gevolg.
Tue, 20 Jan 2026 - 2941 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 11
Cor wys vir Norman hoe lyk die trokke en die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Hy verduidelik wat die kameras alles kan doen, en manipuleer die situasie met Norman se voorliefde en passie vir rekenaarspeletjies en elektronika tot sy voordeel. Shorty keur dit glad nie goed nie. Cor vra vir Stefan of Norman kan saamkom Mosambiek toe, en gebruik hul wankelrige verhouding as troefkaart. Sal Stefan instem?
Mon, 19 Jan 2026 - 2940 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 10
Cor en Shorty probeer ‘n stokkie voor die nuwe paneelkameras se beeldmateriaal steek. Cor kry, met die hulp van ‘n jong IT-student, ‘n spesiale program wat ‘n gedokterde filter oor die beelmateriaal kan plaas. Cor oortuig vir Norman om van syfers en boekhou te vergeet, en liewer te fokus op die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Norman is dadelik geïnteresseerd. Miskien is Fortuna Trans nie so vervelig soos wat hy gedink het nie.
Fri, 16 Jan 2026 - 2939 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 9
Sandra, die personeelhoof van Fortuna Trans, word dringend ingeroep om aan die drywers ‘n inligtingsessie aan te bied oor paneelkameras. Shorty is nie ten gunste van hierdie instelling nie. Hy voel die drywers word dopgehou omdat hulle nie vertrou word nie. Sandra verseker hom dat dit slegs vir hulle eie veiligheid is. Stefan deel die nuus met Shorty van ‘n nuwe aanstelling, wat Shorty warm onder die kraag maak.
Thu, 15 Jan 2026 - 2938 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 8
Die drie broers ontmoet vir ‘n vergadering om die installering van die nuwe paneelkameras te bespreek. Gemoedere vat vlam, en Rian probeer vredemaker speel. Cor en Shorty ontmoet in die werkswinkel om die paneelkameras uit te toets. Sommer gou sien hulle dat hierdie hoogs gevorderde tegnologie is, en dat hulle vinnig ‘n plan sal moet beraam om hulle smokkelary en misdrywe te pleeg. Het Cor dalk reeds ‘n oplossing?
Wed, 14 Jan 2026 - 2937 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 7
Piet en Laurinda du Preez geniet ‘n heerlike verrassingsontbyt, wat Laurinda vir hulle voorberei het. Laurinda noem aan Piet dat daar ‘n vreemde betaling uit haar bankrekening plaasgevind het - ‘n peperduur rekening vir ‘n hotelkamer. Piet trap klei, en skuif die blaam op ‘n CA van die Kaap. Dan kry Laurinda ‘n baie interessante stemboodskap, wat nie vir haar bedoel was nie...
Tue, 13 Jan 2026 - 2936 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 6
Anika sien toevallig vir Cor in The Drunken Sailor-kuierkroeg. Sy is woedend, en voel misbruik en seergemaak dat Cor net verdwyn het sonder om haar te laat weet waar hy is. Stefan haal vir Norman oor die kole oor sy swak punte vir rekeningkunde. Norman voel sy pa is onbetrokke, en plaas onnodige druk op hom. Janine probeer vredemaker speel, maar is onsuksesvol.
Mon, 12 Jan 2026 - 2935 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 5
Cor is tuis. Stefan wil hom ‘n paar warm klappe gee, maar Piet tree tussenbeide. Hy beskou Stefan se gedrag as kinderagtig en onvanpas. Cor beplan ‘n gesellige braai saam met sy ouers, waar hy hulle wil bederf met springbokfilet ná sy jagekskursie. Cor ontmoet vir Shorty in ‘n kroeg om sake te bespreek. Iemand sien per ongeluk vir Cor raak...
Fri, 09 Jan 2026 - 2934 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 4
Stefan lê klem daarop dat die maatskappy moet belê in elektroniese hulpmiddels soos paneelkameras vir elke trok. Shorty word geroep om na die nuwe paneelkameras te kyk, en hy is in die wolke want diot sal sy werk makliker maak. Shorty kry ‘n interessante oproep van ‘n spesiale vriend wat hy al jare lank ken. Dan is daar ‘n klop aan die deur...
Thu, 08 Jan 2026 - 2933 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 3
Shorty Swanepoel is behoorlik in die warm water. Rian du Preez ontbied hom om vir hom al die inklok- en uitkloktye van elke drywer, asook die dieselstrokies van die Mosambiekse aflewering, te bring. Cor is terug, en hy en Rian bespreek die gemors waarin Shorty hulle gedompel het. Cor ontvang ‘n oproep van ‘n vreemde nommer. Dit verander hulle planne drasties.
Wed, 07 Jan 2026 - 2932 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 2
Piet du Preez belê ‘n noodvergadering, maar nie om te gesels oor Cor se verdwyning nie. Dit gaan oor ‘n verdagte Fortuna Trans-trok wat verlate staan op die Mosambiekse grens. ‘n Stewige boete moet betaal word. Rian kry ‘n interessante oproep. Cor is dalk veel nader as wat almal dink.
Tue, 06 Jan 2026 - 2931 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 1
Daar is ‘n ligte atmosfeer in die kantore van Fortuna Trans. Dit is net nog ‘n doodgewone oggend by die Du Preez-familie se onderneming, tot Anika ‘n oproep ontvang. Piet du Preez, die sakemagnaat en eienaar van Fortuna Trans, se jongste seun word vermis. Weet Anika meer as wat sy voorgee? Waar is Cor du Preez?
Mon, 05 Jan 2026 - 2930 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 29 (slot)
Lena kry nie klaar gehuil nie. Emma hou nie op om haar te verras nie. Die kersversierings word weer geskuif. Lena en Emma maak boeke op. Die pakkamer kry ‘n nuwe naam.
Fri, 02 Jan 2026 - 2929 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 28
Ben nooi Hannes vir koffie en skok hom. Rudolf is erg ontsteld. Hy soek raad by Oupa Krismis. Dis weer tyd vir groet en afskeid. Die kersversierings en huismense is ewe hartseer.
Thu, 01 Jan 2026 - 2928 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 27
Lena bespreek haar ontsteltenis met Hannes, wat nie raad het nie. Oupa Krismis soek naarstigtelik na ‘n oplossing vir die kersversierings se jongste krisisse. Hy is verstom om te sien wie staan nader om te help. Hy beleef ‘n aand wat hy nooit sal vergeet nie.
Wed, 31 Dec 2025 - 2927 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 26
Daar is ‘n geskarrel in die sitkamer want ‘n Kersboom word versier, en alles moontlik word gedoen om te verseker dit loop nie op ‘n deurmekaarspul uit nie. Luma neem ‘n groot besluit. Hoe goed daar ook al beplan is, eindig die dag op ‘n droewige noot.
Tue, 30 Dec 2025 - 2926 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 25
‘n Hartseer Lena soek raad by Gloria. Gloria klop dadelik by Oupa Krismis aan vir bystand. Waaroor gaan al die drama? Worsie kom uiteindelik terug van sy naweekuitstappie vanaf Daisy. Die kersversierings hou asem op. Waarmee is Lena so bedrywig?
Mon, 29 Dec 2025 - 2925 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 24
Hannes en Emma begin met Hannes se stapoefeninge. Gloria maak seker die kersversierings weet dis Welwillendheidsdag en almal weet wat dit beteken. Laataand begelei ‘n ontstelde Rudolf vir Gloria tuin toe. Wat het hy op sy hart?
Fri, 26 Dec 2025 - 2924 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 23
Dis Oukersaand. Ben sit half verlore in die tuin. Lena druk hom in ’n hoek, en die twee praat hulle harte leeg. Luma en Lux besluit dis tyd om Blink uit sy wroeging te help. Almal se harte moet vol van die Kersfeesgees wees. Ben het ‘n groot versoek vir Oukersaand. Daar is ‘n klop aan die deur, en pandemonium breek los in die huis.
Wed, 24 Dec 2025 - 2923 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 22
Rudolf ontpop in ‘n storieverteller. Oupa Krismis en Rudolf maak vrede. Emma bly tog te geheimsinnig, en Ben kan dit nie meer hou nie. Emma het nóg ’n verrassing, en dit neem die wind heeltemal uit Ben se seile.
Tue, 23 Dec 2025 - 2922 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 21
Lena en Hannes hou voor hulle garage stil, en is heeltemal verstom. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Die Kersboom is uiteindelik versier, en dit het Lena in trane. Wie hang waar? Blink is nie op ‘n goeie plek nie. Hoekom nie? Tinsel en Worsie spring aanmekaar.
Mon, 22 Dec 2025 - 2921 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 20
Emma is nog lank nie klaar om Lena en Hannes te verras nie. Emma en Ben word onverwags na die parkie naby hulle huis genooi, en hulle beleef ‘n onvergeetlike dag. ‘n Vreemde vrou klop aan Lena-hulle se voordeur.
Fri, 19 Dec 2025 - 2920 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 19
Die kersversierings is afgehaal omdat daar net eenvoudig nie tyd is om die Kersboom te versier nie. Dis asof daar aanmekaar verskonings is dat dit nie gebeur nie. Wanneer die nuwe Hollandsprekende kersversierings boonop voorkeurbehandeling kry, is die gevestigde kersversierings in sak en as.
Thu, 18 Dec 2025 - 2919 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 18
Daar is skielik net nie ‘n einde aan Tinsel se blink idees vir pakkamerproduksies nie. Hy is vas van plan om al die kersversierings te betrek. Ben moet bontstaan om seker te maak sy ma en pa kom nie agter wat besig is om by die huis te gebeur nie. Oupa Krismis stof Rudolf die Rooineus Takbok behoorlik af.
Wed, 17 Dec 2025 - 2918 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 17
Ben moet vroeg opstaan, want meneer Eben Glas daag by die huis op met sy werksvragmotor vol verrassings. Wat het Lux oorgekom? Ben praat onverwags verrassend mooi met die kersversierings. Worsie is weer op sy ergste, en hy gee van die kersversierings hope gas.
Tue, 16 Dec 2025 - 2917 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 16
Die huisgesin stres oor Hannes. Emma moet in leketaal vir Lena beduie wat gaan vir wat. Emma voer baie planne in die mou, wat Lena en Hannes heeltemal onkant vang. Daar is goeie nuus oor Worsie. Die kersversierings bestudeer die tekening wat Emma gemaak het oor hoe sy die Kersboom wil versier. Nie een van die kersversierings hou van Emma se tekening nie.
Mon, 15 Dec 2025 - 2916 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 15
Hannes gee vir Emma grys hare. Worsie maak skandes, en dryf Lena teen die mure uit. Wat gebeur? Blink is bekommerd oor hoe sake deesdae in die huis verloop. Met wie deel hy sy kommer? Die dag kan nie op ‘n meer ontstellende noot eindig nie.
Fri, 12 Dec 2025 - 2915 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 14
Tinsel onthou sy jeugdroom, en hy glo dis tyd om dié droom vlerke te gee. Waaroor gaan dit? Daar is nog ‘n liederlike bekgeveg in die tuin. Oupa Krismis praat Luma moed in. Een van die nuwe Hollandsprekende kersversierings is besig om kop en skouers bo die ander uit te staan. Wie is hy? Wat beplan hy?
Thu, 11 Dec 2025 - 2914 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 13
Nog ‘n kersversiering steek ‘n spoggerige toespraak af. Dis duidelik dat daar voortaan Hollands in dié huis gepraat sal word. Lena besluit sy moet iets doen om vir Hannes te help. Wie help haar? Nóg ‘n ontvoering word aangemeld, en laat die kersversierings skarrel. Oupa Krismis raak kwaai.
Wed, 10 Dec 2025 - 2913 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 12
Die chaos van die aand noodsaak ‘n netjiese toespraak. Wie steek dit af? Ben kom uiteindelik uit die hospitaal, wat beteken Rudolf, vol stories, is weer deel van die kersversierings. Daar is ‘n liederlike bekgeveg in die tuin. Gloria fnuik die volgende ontvoering. Worsie verbreek sy stilte oor sy besoek aan die veearts.
Tue, 09 Dec 2025 - 2912 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 11
Lena probeer keer dat ‘n sekere operasie gedoen word. Tinsel maak uiteindelik sy opwagting, en al die kersversierings wil weet waar Rudolf hom so goed weggesteek het. Emma se hulp word ingeroep om met Worsie te help. Sy het ook nuwe planne met die Kersboom. Die aand eindig op ‘n taamlik chaotiese noot.
Mon, 08 Dec 2025 - 2911 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 10
Oupa Krismis is erg ongelukkig oor Gloria en Blink se nagkaperjolle, en hy draai geen nie doekies daaroor om nie. Hannes kry uit die bloute ‘n vreemde versoek. Ben kry ‘n onverwagse besoek in die hospitaal. Lena is erg bekommerd oor haar hart se punt.
Fri, 05 Dec 2025 - 2910 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 9
Terwyl Worsie erg ontsteld is, is Lena weer baie opgewonde. Emma deel ‘n brokkie nuus met Lena, wat ruk aan haar moederhart. Die Kersliggies, Luma en Lux, is op ‘n missie. Hulle besluit dis tyd om ‘n bietjie sielkunde op die bullebak van die huis toe te pas.
Thu, 04 Dec 2025 - 2909 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 8
Hannes loop hom onverwags vas in iemand wat vol dreigemente en prokureursbriewe is. Dit ontstel vir Ben. Oupa Krismis verlang hom stukkend na sy jongdae. Blink is nie naastenby so opgewonde soos Oupa Krismis nie. Gloria bedink ‘n blink plan.
Wed, 03 Dec 2025 - 2908 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 7
Meneer Eben Glas doen sy jaarlikse besoek, en hy is vol verrassings. Worsie die Verskriklike skakel oor na vyfde rat, en hy gee die kersversierings ekstra gas. Daar is ‘n kersversiering wat besluit aanval is die beste manier van verdediging teen Worsie se skrikbewind.
Tue, 02 Dec 2025 - 2907 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 6
Lena krimp byvoorbaat inmekaar toe sy weer vir ‘n koffietjie met ‘n soetdingetjie genooi word. Dit draai die knop op haar maag al hoe stywer. Die skokke hou net nie op nie. Een van die kersversierings ontpop as ‘n bekwame vakman met ‘n skroewedraaier en ‘n draadstroper in die hand. Skielik is daar meer van ‘n Kersatmosfeer in die huis.
Mon, 01 Dec 2025 - 2906 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 5
Ben moet na ‘n ander hospitaal verskuif word. Hoekom? Daar is drama in die tuin wanneer die verdwene kersversiering van aangesig tot aangesig met sy hartelose ontvoerder te staan kom. Lena word genooi vir ‘n lekker koffietjie saam met ’n soetdingetjie, en sy besef gou dit was nie om dowe neute nie. Hannes kry ‘n oproep wat hom gooi.
Fri, 28 Nov 2025 - 2905 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 4
Hannes en Emma ry inderhaas Harrismith toe. Die kersversierings besluit dis tyd om Worsie aan te vat. Die situasie in Harrismith se hospitaal is vloeibaar, en lewer nie dadelik al die antwoorde op waarna Hannes en Emma so naarstigtelik op soek is nie.
Thu, 27 Nov 2025 - 2904 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 3
Die kersversierings is hoogs ontsteld oor die verdwene kersversiering. Hulle weet daar kan net een sondebok wees. ‘n Groot soektog word van stapel gestuur. Hoe suksesvol is dit? Emma kry ‘n oproep wat haar erg ontstel.
Wed, 26 Nov 2025 - 2903 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 2
Lena besef haar kinders is nie meer beskikbaar om haar met die Kersboom se versiering te help nie. Dít en die matriekwegbreek, ruk aan haar hart. Die leënes-sindroom word al hoe meer ‘n nare werklikheid. En terwyl een kersversiering reggemaak word, verdwyn ‘n ander een spoorloos.
Tue, 25 Nov 2025 - 2902 - KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 1
Omdat Hannes en Lena in huise met ‘n Kersboom en kersversierings groot geword het, maak hulle hulle hullw dogter Emma en seun Ben, met dieselfde tradisie groot. Maar Emma is verpleegsterskollege toe en Ben wat pas matriek geskryf het, wil universiteitskoshuis toe. En skielik staan die boks vol kersversierings vergete in die pakkamer.
Mon, 24 Nov 2025 - 2901 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 40 (slot)
Dis bruiloftyd op Wilgerfontein. Barto en Suzie trou. Benita en Joachim is ‘n verliefde paartjie, maar is Dolf en Wilmien dalk die hoogtepunt van die aand?
Fri, 21 Nov 2025 - 2900 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 39
Dolf word amptelik die nuwe eienaar van die plaas Geluk. Wilmien en Greta bring vir Joachim tot nuwe insigte oor Benita. Joachim klop aan by Benita.
Thu, 20 Nov 2025 - 2899 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 38
Joachim konfronteer vir Abram. Greta kuier in die bakkery by Barto en Suzie. Joachim deel die waarheid oor Benita met Greta.
Wed, 19 Nov 2025 - 2898 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 37
Benita konfronteer vir Abram. Dolf maak vrede met die verlede, en hy en Wilmien maak ‘n besluit oor hulle toekoms. Benita vertel vir Joachim die waarheid oor haar aankoms op Wilgerfontein.
Tue, 18 Nov 2025 - 2897 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 36
Dolf probeer vrede en sin maak uit sy verlede. Suzie erken die waarheid oor haar en Dolf aan Suzie. Suzie is sterk op dreef met haar troubeplanning.
Mon, 17 Nov 2025 - 2896 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 35
Almal op Wilgerfontein probeer sin maak uit die tragedie op hulle dorp. Barto trap op Abram se tone.
Fri, 14 Nov 2025 - 2895 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 34
Dolf en Gerrit stamp koppe, en bederf Benita en Joachim se ete. Die druk van alles wat gebeur, raak vir Gerrit te veel, en almal by die braai word tot in die afgrond in geskok.
Thu, 13 Nov 2025 - 2894 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 33
Joachim deel goeie nuus met Greta en Wilmien. Benita plant ‘n saadjie van agterdog in Gerrit se kop. Wilmien word geforseer om vir Gerrit die waarheid te vertel oor haar en Dolf.
Wed, 12 Nov 2025 - 2893 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 32
Greta en Joachim maak vrede. Greta vertel vir Joachim ‘n geheim wat sy al ‘n leeftyd lank wegsteek. Benita en Abram vier ‘n mylpaal in hulle gekonkel.
Tue, 11 Nov 2025 - 2892 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 31
Greta doen dieper ondersoek in Wilmien se hartsake, en lei haar na ‘n moontlike oplossing. Barto en Gerrit kuier saam en Wilmien, en Dolf neem ‘n besluit oor die toekoms.
Mon, 10 Nov 2025 - 2891 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 30
Gerrit en Benita span saam teen Abram. Joachim en Greta moet die verlede in die oë kyk, maar dit kan dalk ‘n slegte invloed hê op hulle hegte vriendskap. Dit dryf vir Joachim reguit in Benita se arms in.
Fri, 07 Nov 2025 - 2890 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 29
Dolf en Wilmien gaan saam plaas toe. Barto vra vir Suzie ‘n vraag wat haar voete onder haar uitslaan. Dolf en Wilmien kom te staan voor ‘n kruispad.
Thu, 06 Nov 2025 - 2889 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 28
Joachim vind uit van die ongerymdhede wat onder sy neus op sy plaas aangaan. Abram plaas nog druk op Benita. Greta vind iets uit oor haar man Danie se dood, wat haar skok.
Wed, 05 Nov 2025 - 2888 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 27
Suzie begin werk in die bakkery vir tyd en wyl terwyl die ondersoek by die bank steeds voortduur. Joachim stem in om die geld vir Richard se rekenaarsentrum te skenk. Joachim en Benita gaan op ‘n romantiese piekniek.
Tue, 04 Nov 2025 - 2887 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 26
Ons vind meer uit oor Dolf se herkoms, en dat Greta meer weet as wat sy sê. Iets begin broei tussen Dolf en Wilmien, maar dit blyk dat dit net tannie Greta is wat dit raaksien.
Mon, 03 Nov 2025 - 2886 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 25
Die jongklomp spandeer ‘n naweek in die stad, en Barto gebruik die geleentheid om ‘n ou vriendin aan Dolf voor te stel. Joachim kry die uitslag van die DNS-toetse.
Fri, 31 Oct 2025 - 2885 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 24
Suzie moet aan haar pa verduidelik dat sy geskors is by die bank. Richard konfronteer vir Abram, en wys die geld vir die skool se nuwe rekenaarsentrum van die hand. Barto en Suzie se agterdog oor Abram neem toe.
Thu, 30 Oct 2025 - 2884 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 23
Abram krap rond in Gerrit se verlede, en kry ‘n groter houvas op hom. Wilmien en Dolf maak vrede. Suzie se werk by die bank is in gedrang.
Wed, 29 Oct 2025 - 2883 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 22Tue, 28 Oct 2025
- 2882 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 21
Wilmien vind meer uit oor Dolf se verlede. Dis ‘n groot ontnugtering oor wie moontlik sy pa kan wees. Wilmien konfronteer vir Dolf oor haar agterdog. Joachim deel sy toekomsplanne vir Versevlei met Benita.
Mon, 27 Oct 2025 - 2881 - VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 20
Dolf vind meer uit oor sy verlede. ‘n Groot geheim word onthul. Wie is Dolf se regte pa? Benita en Joachim maak die pap dikker aan.
Fri, 24 Oct 2025
Podcast simili a <nome>
Global News Podcast BBC World Service
El Partidazo de COPE COPE
Herrera en COPE COPE
La Linterna COPE
Es la Mañana de Federico esRadio
La noche de Cuesta esRadio
La Trinchera de Llamas esRadio
Hondelatte Raconte Europe 1
Affaires sensibles France Inter
El colegio invisible OndaCero
La Rosa de los Vientos OndaCero
Más de uno OndaCero
La Zanzara Radio 24
Espacio en blanco Radio Nacional
Les Grosses Têtes RTL
L'Heure Du Crime RTL
El Larguero SER Podcast
Nadie Sabe Nada SER Podcast
SER Historia SER Podcast
Todo Concostrina SER Podcast
Un Libro Una Hora SER Podcast
安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
Altri podcast di Arts
Radioteater RSG
Amapiano Mix Ace of Spades
Kortom RSG
Deeper Shades of House - weekly Deep House Podcast with Lars Behrenroth Lars Behrenroth
Lunch with Pippa Hudson CapeTalk
Lekompo Mix Ace of Spades
DEEP HOUSE LOUNGE - EXCLUSIVE DEEP HOUSE MUSIC PODCAST Bryon Stout: deep house music guru
Fresh Air NPR
Bacardi Mix Ace of Spades
Gqom Mix Ace of Spades
PleasureTown Chicago Public Media
3 Step Afro House Ace of Spades
Classic Radio Drama solgoodmedia.com
Artwork Sounds Artwork Sounds
Deep Love™ Deep Sound Effect
Choral Evensong - Church of the Incarnation The Church of the Incarnation
Full Disclosure with James O'Brien Global
lipservice with Sonia Elyss Sonia Elyss
Enchiridion of Epictetus, The by Epictetus (c. 55 - c. 135) LibriVox
Gunsmoke | OTRWesterns.com Andrew Rhynes
