Filtrar por género

Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

1859 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 38
0:00 / 0:00
1x
  • 1859 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 38

    Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.

    Fri, 26 Apr 2024
  • 1858 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 37

    Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno 'n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.

    Thu, 25 Apr 2024
  • 1857 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 36

    Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.

    Wed, 24 Apr 2024
  • 1856 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 35

    Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.

    Tue, 23 Apr 2024
  • 1855 - AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 34

    Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om 'n woord vir hom in te sit.

    Mon, 22 Apr 2024
Mostrar más episodios