Filtrar por género
Monitor

- 5650 - Monitor: SA uit AGOA geskop
3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.
Tue, 03 Nov 2026 - 5649 - Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval
2 November 2026: Vyf verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn in verband met die Donovan Marx-plaasaanval. Sowat 2,6 miljoen mense kan vandag en môre spesiale stemme uitbring. 'n Honderd jaar gelede is die aktivis Emily Hobhouse met 'n staatsbegafnis in Bloemfontein vereer.
Mon, 02 Nov 2026 - 5648 - Monitor: Kaapstad verskerp veldtog teen taxigeweld
30 Oktober 2026: Die polisie en die Kaapstad-metro verskerp hulle veldtog teen taxigeweld. Parlementslede eis deursigtigheid oor die Iran-vlootherrie. 'n Back-A-Buddy-veldtog om die 53-jarige Sydney Hill wat 'n motorkaper in KwaZulu-Natal geskiet het, te ondersteun, staan op meer as R425 000.
Fri, 30 Oct 2026 - 5647 - Monitor: Suid-Afrikaners reis minder plaaslik, maar spandeer meer
29 Oktober 2026: Suid-Afrikaners reis minder binne die landsgrense, maar spandeer meer op hulle reise. Meiringspoort sal betyds oop wees vir motoriste wat dié feestyd kuswaarts reis. Betree Suid-Afrika 'n nuwe era van vroueleierskap? Ons bespreek drie prominente vrouepolitici met ontleders.
Thu, 29 Oct 2026 - 5646 - Monitor: Tesourie beplan om brandstofheffings permanent te skrap
28 Oktober 2026: 'n Nuwe varsproduktemark in Mpumalanga wil 150 000 kleinskaalse en opkomende boere direkte toegang tot formele handelsmarkte gee. Duduzile Zuma-Sambudla gaan aansoek om ontslag doen, nadat die staat sy onrus-saak in Durbanse Hooggeregshof sluit. Die jongste oor Israel se verkiesing.
Wed, 28 Oct 2026 - 5645 - Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe
27 Oktober 2026: Die aantal maagdermontsteking-gevalle in Bronkhorstspruit styg tot 833. Die voormalige Vlakplaas-bevelvoeder sê die NVG het versuim om sy werk te doen. Wat lok swart kiesers na die Vryheidsfront Plus? Ons praat met die party se leier en 'n ontleder.
Tue, 27 Oct 2026 - 5644 - Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane
26 Oktober 2026: Die polisie loof 'n beloning uit ná 'n skietvoorval in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte. Die parlement eis optrede oor die waterkrisis in die Tshwane-metro. Boere in Limpopo lei groot finansiële verliese weens die uiters swak toestand van die R572-pad.
Mon, 26 Oct 2026 - 5643 - Monitor: Witskrif oor plaaslike regering bekendgemaak kort voor verkiesing
23 Oktober 2026: Die regering stel die finale hersiene witskrif oor plaaslike regering bekend. 'n Belangrike bedrogsaak waarby spioene betrokke is, sal in die openbaar gehou word. Die Minister van Finansies reageer skerp op beskuldigings dat die verligting in brandstofheffings 'n politieke set is om stemme te werf.
Fri, 23 Oct 2026 - 5642 - Monitor: Effe verligting vir motoriste
22 Oktober 2026: Effe verligting vir motoriste. Politieke partye reageer uiteenlopend op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die polisie is op soek na rekrute uit minderheidsgroepe.
Thu, 22 Oct 2026 - 5641 - Monitor: Sal die minister van finansies brandstofprysverligting aankondig?
21 Oktober 2026: Motoriste hoop dat die minister van finansies verligting by die brandstofpomp sal aankondig. Kritiek teen die stiging van die Rooivleisforum. Ons vind uit watter stappe die regering sal neem, nadat talle inwoners in die Bronkhorstspruit-omgewing maag- en dermsiektes opgedoen het.
Wed, 21 Oct 2026 - 5640 - Monitor: Mbeki ontken inmenging in vervolging van WVK-sake
20 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki ontken inmenging in die vervolging van die Waarheid- en Versoeningskommissie-sake. Wat wil die Vryheidsfront Plus bereik met sy dispuut in die RNE oor AGOA.'n nuwe boek vertel Roelf Meyer se politieke- en lewensverhaal.
Tue, 20 Oct 2026 - 5639 - Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies?
19 Oktober 2026: November se SASSA-uitbetalings gaan vroeër plaasvind. Net vyf van die Ekurhuleni-metro se 37 swembaddens in 'n werkende toestand. Wat voer president Trump in die mou met die opskorting van sanksies teen Rusland?
Mon, 19 Oct 2026 - 5638 - Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys?
16 Oktober 2026: Die OVK sê hy sal die Konstitusionele Hof se bevel oor kandidaatlyste uitvoer. Nog 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Miljoene Suid-Afrikaners ly honger, maar wat doen die regering aan dié probleem? Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp.
Fri, 16 Oct 2026 - 5637 - Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte
15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning van PAGAD op die Kaapse Vlakte. Rioolwater in Hartebeespoortdam wek opnuut kommer.
Thu, 15 Oct 2026 - 5636 - Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne
14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel-afdeling hieroor. City Power in Johannesburg tree teen die sindikate op agter onwettige elektrisiteitsverbindings.
Wed, 14 Oct 2026 - 5635 - Monitor: Tshwane-burgemeester sê stad se finansiële situasie is omgekeer
13 Oktober 2026: Tshwane se burgemeester beweer dat die stad sy finansiële situasie omgekeer het. Die adjunk nasionale polisiekommisaris se bedanking behoort nie die einde van verantwoordbaarheid te wees nie, sê die parlementere polisiekomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor aansoeke aan deur die EFF en 'n ander party oor die artikel 89-komitee se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as hoofbewysleier terug te trek.
Tue, 13 Oct 2026 - 5634 - Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen
12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge met Amerika.
Mon, 12 Oct 2026 - 5633 - Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.
Fri, 09 Oct 2026 - 5632 - Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.
Thu, 08 Oct 2026 - 5631 - Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel
7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.
Wed, 07 Oct 2026 - 5630 - Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting
6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.
Tue, 06 Oct 2026 - 5629 - Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte
5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.
Mon, 05 Oct 2026 - 5628 - Monitor: Herrie oor skildery van Krotoa
2 Oktober 2026: Die uittredende polisieombud van die Wes-Kaap, Oswald Reddy, sê die kaping van die polisiediens deur bendes bly 'n reuse uitdaging. Die MRK reageer op die onlangse massaskietvoorvalle. ‘n Herrie is los oor 'n skildery, wat die stammoeder Krotoa uitbeeld.
Fri, 02 Oct 2026 - 5627 - Monitor: Brondstofprysskok wag op motoriste
1 Oktober 2026: 'n Yslike brandstof-skok wag op motoriste. Operasie Shanela neem in 'n week meer as 14 000 verdagtes in hegtenis, maar daar is kommer oor die uiteindelike skuldigbevindings. Is die jongste onderonsie tussen die regering en die Amerikaanse ambassadeur die AGOA-doodskoot vir Suid-Afrika?
Thu, 01 Oct 2026 - 5626 - Monitor: Werkloosheid neem toe in tweede kwartaal van 2026
30 September 2026: President Ramaphosa sê 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord en meer as 36 000 gevalle van verkragting is in die 2025/26 boekjaar aangemeld. Massa-skietvoorvalle by tavernes plaas opnuut die kollig op die bedrywighede van dié drankplekke. Minder mense het werk gehad in die tweede kwartaal van 2026.
Wed, 30 Sep 2026 - 5625 - Monitor: R6 miljard vloei onwettig uit SA weens swak regulasies en beheermaatreëls
29 September 2026: Politieke partye is diep bekommerd oor die voortgesette massaskietvoorvalle. Ons verduidelik hoe die kandidatelys-fiasko die ANC duur te staan kan kom in die Mangaung-metro. 'n Beraamde R6 miljard vloei onwettig uit Suid Afrika weens swak finansiële regulasies en beheermaatreëls oor veral sake-ondernemings in die sogenaamde townshipekonomie.
Tue, 29 Sep 2026 - 5624 - Monitor: 27 Dood in naweek van ongebreidelde misdaad
28 September 2026: 'n Naweek van ongebreidelde misdaad landwyd eis minstens 27 lewens. 'n Nuwe databasis van sowat vier miljoen slawe in voormalige Britse kolonies - ook Suid-Afrika - word aanlyn bekendgestel. Action SA stel sy verkiesingsmanifes bekend.
Mon, 28 Sep 2026 - 5623 - Monitor: Bek-en-klouseer steek kop uit in Namibië
25 September 2026: 164 Suid-Afrikaners is reeds vanjaar in 38 voorvalle van massaskietery dood. Die One Billion Rising South Africa-organisasie betoog teen vrouemoorde in Kaapstad. Bek-en-klouseer steek kop uit in die Kharas-streek in Namibië.
Fri, 25 Sep 2026 - 5622 - Monitor: Trump oorweeg verbod op Amerikaanse dieseluitvoere
24 September 2026: Die Reserwebank sê sy besluit om die repokoers met 25 basispunte te verhoog, is 'n voorsorgmaatreël teen prysskokke. Die polisie in KwaZulu-Natal sal met inwoners van die Ziko-gebied praat om die skuldiges in die moord op elf mense by 'n partytjie op te spoor. Ons bekyk ons erfenis as Suid-Afrikaners van verskillende kante.
Thu, 24 Sep 2026 - 5621 - Monitor: Styging in rentekoerse in die vooruitsig
23 September 2026: 'n Verhoging in die repokoers blyk onafwendbaar te wees. Bela-Bela se inwoners stig 'n politieke party vir die plaaslike verkiesing. 'n Kaapse prokureur vra vir 'n nasionale kode vir skolerugbywerwing.
Wed, 23 Sep 2026 - 5620 - Monitor: 'n Algehele verbod op drink en bestuur dalk binnekort werklikheid
22 September 2026: Die departement van vervoer is vasberade om 'n algehele verbod op dronkbestuur in te stel. Meer gegoede skole in Gauteng sukkel om kop bo water te hou nadat leerlingsubsidies aansienlik besnoei is. Die Oos-Kaapse hooggeregshof las dat Intercape wel passasiers by die Ncgobo Polisiestasie mag op- en aflaai.
Tue, 22 Sep 2026 - 5619 - Monitor: Drie ondervra oor Oos-Rand-moorde
21 September 2026: Drie mense word ondervra in verband met die moord op nege vroue aan die Oos-Rand. Die uitbreking van a-pokke plaas die kollig weer op die belangrikheid van inentings. President Donald Trump straf mediahuise, wat volgens hom, fopnuus versprei.
Mon, 21 Sep 2026 - 5618 - Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is
18 September 2026: Verskerpte optrede van die polisie nadat 'n negende liggaam van 'n vrou aan die Oos-Rand gevind is. Reaksie op die VSA se jongste visumbeperkings en dreigemente van verdere sanksies deur die Amerikaanse ambassadeur. 'n Vlak 6-waarskuwing vir swaar, ontwrigtende reën langs die KwaZulu-Natalse kus en aangrensende binneland.
Fri, 18 Sep 2026 - 5617 - Monitor: Meer as 5 000 plaaslike regering-verkiesingskandidate gediskwalifiseer
17 September 2026: Die OVK sê meer as 5 000 kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesings is gediskwalifiseer. Mense word gewaarsku om nie vals inligting oor 'n sogenaamde Kemptonpark-reeksmoordenaar te versprei nie. Die Nasionale Skuilingsbeweging sê hulle kan nie slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord help sonder die nodige befondsing, infrastruktuur en ondersteuning nie.
Thu, 17 Sep 2026 - 5616 - Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde
16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die openbare oog is.
Wed, 16 Sep 2026 - 5615 - Monitor: Kommer dat reeksmoordenaar aan Oos-Rand bedrywig is
15 September 2026: 'n Saak van strafbare manslag geopen ná die grubotsing in die Sentraal Karoo waarin 21 mense dood is. Kommer dat 'n reeksmoordenaar aan Gauteng se Oos-Rand bedrywig is, nadat die liggaam van 'n vyfde vrou gevind is. Die sluiting van nóg 'n diamantmyn in die Noord-Kaap dompel sake-eienaars in finansiële nood.
Tue, 15 Sep 2026 - 5614 - Monitor: Polisie ondersoek moord op vier vroue in Kemptonpark afgelope twee maande
14 September 2026: Die polisie ondersoek 'n moontlike verband tussen die moord op vier vroue van Kemptonpark die afgelope twee maande. Minister Pemmy Majodina word by die parlement se etiekkomitee verkla weens haar gevloekery by 'n gemeenskapsvergadering. BRICS pleit vir kalmte en selfbeheersing te midde die oorlog in die Midde-Ooste.
Mon, 14 Sep 2026 - 5613 - Monitor: W-Kaap regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel
11 September 2026: Die Wes-Kaapse regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel. Minister Pemmy Majodina is in die sop oor haar kru taal by 'n gemeenskapsvergadering in Kouga in die Oos-Kaap. Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê die waarskuwingsligte het etlike jare geflikker voor die Jagersfontein-ramp vier jaar gelede.
Fri, 11 Sep 2026 - 5612 - Monitor: Klopjagte by skole in Gauteng het verbode items aan die lig gebring
10 September 2026: Verskeie instansies word gevra om die dood van die polisiehond, Sky, te ondersoek. Gauteng se owerhede voer klopjagte op skole uit om dwelms, bendebedrywighede en vuurwapens te teiken. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.
Thu, 10 Sep 2026 - 5611 - Monitor: Rooivleisbedryf kry toegang tot Egiptiese mark
9 September 2026: Die ontsnapping van 'n gevangene uit die Rooigrond-tronk in Noordwes maak opslae. Die rooivleisbedryf kry toegang tot die Egiptiese mark. Die ANC verduidelik hoekom hy die Verkiesingskommissie oor kandidaatlyste hof toe neem.
Wed, 09 Sep 2026 - 5610 - Monitor: Beaufort-Wes maak staat op watertenks nadat hoofwaterpyplyn beskadig is in fratsvloed
8 September 2026: Boere is versigtig optimisties oor skorsing van Onderstepoort Biologiese Produkte se waarnemende uitvoerende hoof. Beaufort-Wes in die Sentraal Karoo het steeds waterprobleme, nadat die dorp se hoofwaterpyplyn tydens 'n fratsoorstroming beskadig is. Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om nie vals KI-foto's te versprei nie.
Tue, 08 Sep 2026 - 5609 - Monitor: Waarskuwings van versengende hitte en droogte weens sterk El Niño
7 September 2026: President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op integriteit in die polisiediens. SAAI waarsku dat boere hulle produksieplanne en insetbegrotings noukeurig moet hersien vir 'n sterk El Niño wat voorlê. Die DA en ANC loop volgens 'n IPSOS-peiling kop-aan-kop in die meeste metropole.
Mon, 07 Sep 2026 - 5608 - Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word
4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die wewenaar van 'n bemanningslid van die SAS Manthathisi het drie jaar later stééds talle onbeantwoorde vrae.
Fri, 04 Sep 2026 - 5607 - Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks
3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese voorval in Kommetjie toe drie bemanningslede dood is. Daar sal nie ‘n verbyvlug wees vir die derde toets teen die All Blacks nie.
Thu, 03 Sep 2026 - 5606 - Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af
2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n Moedelose boer van Steynsrus in die Vrystaat laai die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny is, by die polisiekantoor af.
Wed, 02 Sep 2026 - 5605 - Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof
1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek.
Tue, 01 Sep 2026 - 5604 - Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-videoMon, 31 Aug 2026
- 5603 - Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo
28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit die sak sal jaag. Boere word gemaan om kunsmatige intelligensie te benut.
Fri, 28 Aug 2026 - 5602 - Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal
27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.
Thu, 27 Aug 2026 - 5601 - Monitor: Merkbare styging in maselgevalle
26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.
Wed, 26 Aug 2026 - 5600 - Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat
25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.
Tue, 25 Aug 2026 - 5599 - Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering
24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n gedenkdiens by die KuGompu-stadsaal in die Oos-Kaap.
Mon, 24 Aug 2026 - 5598 - Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 2030
21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede teen 2030. Die bestuurshoof van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, lewer kommentaar op Solidariteit se Akademia-universiteit.
Fri, 21 Aug 2026 - 5597 - Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings
20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie verduidelik hoekom die SAUK se versoek afgekeur is vir bykomende befondsing vir die dekking van die plaaslike regeringsverkiesing.
Thu, 20 Aug 2026 - 5596 - Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop
19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n afsonderlike munisipaliteit vir die groter Harrismith-gebied in die Vrystaat te vestig.
Wed, 19 Aug 2026 - 5595 - Monitor: Kommer NSFAS se skuld
18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe.
Tue, 18 Aug 2026 - 5594 - Monitor: SAOG-beraad begin in Durban
17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika.
Mon, 17 Aug 2026 - 5593 - Monitor: Donkieslag en -handel onder vergrootglas
14 Augustus 2026: Talle vrae oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van 14 onwettige mynwerkers buite Rustenburg. Donkiehandel en regulasies oor die slag van dié diere onder die vergrootglas. Linkse Demokrate wen veld in die VSA - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dit al hoe meer die geval is.
Fri, 14 Aug 2026 - 5592 - Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik
13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol Suid-Afrikaners oorreed om minder te drink.
Thu, 13 Aug 2026 - 5591 - Monitor: Weermag se operasies op Kaapse Vlakte en in Gauteng sukkel weens gebrek aan geld
12 Augustus 2026: Die Weermag se Operasie Prosper op die Kaapse Vlakte en Gauteng struikel glo, weens 'n gebrek aan geld. Reddingswerk gaan voort in Colombië, waar duisende mense in die puin vasgekeer is ná Maandag se groot aardbewing. In Suid-Afrika is daar planne om minderjariges teen sosiale media te beskerm.
Wed, 12 Aug 2026 - 5590 - Monitor: Nóg ontwrigtende sneeu in dele van Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag
11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer te bestuur.
Tue, 11 Aug 2026 - 5589 - Monitor: Onsekerheid oor toekoms van werknemers by Premier Foods se inmaakvrugte-aanleg op Tulbagh
10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting van sy Tulbagh-inmaakfabriek. Die president vra mans en seuns om vroue teen geweld en misdaad te beskerm.
Mon, 10 Aug 2026 - 5588 - Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies
7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027.
Fri, 07 Aug 2026 - 5587 - Monitor: Diplomaat in moeilikheid oor Zuma se Indië-besoek
6 Augustus 2026: 'n Diplomaat op die rooi tapyt oor oudpresident Zuma se besoek aan Indië. 'n Moslemvrou se vuurwapenlisensie afgekeur oor haar hoofbedekking. 'n Poging om stemlokale meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede.
Thu, 06 Aug 2026 - 5586 - Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur
5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die nuwe 10 jaar-rybewys.
Wed, 05 Aug 2026 - 5585 - Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors
4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing.
Tue, 04 Aug 2026 - 5584 - Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis
3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering.
Mon, 03 Aug 2026 - 5583 - Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors
31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees.
Fri, 31 Jul 2026 - 5582 - Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik
30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March and March sy doel bereik het.
Thu, 30 Jul 2026 - 5581 - Monitor: Planne om invoere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word
29 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader weer vandag om sy voorbereidende werk af te handel. Action SA dien 'n wetsontwerp in om professionele steunwerwing te reguleer. Nuwe handelsregulasies om invoere te verbied van handelsvennote waar dwang- en kinderarbeid voorkom, gaan in Staatskoerant gepubliseer word.
Wed, 29 Jul 2026 - 5580 - Monitor: Klagtes teen hoof van misdaadintelligensie teruggetrek
28 Julie 2026: Reaksie op die Vervolgingsgesag se besluit om strafregtelike klagtes teen die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, terug te trek. Die MRK bevind dat rioolaanlegte in Oos-Kaapse metro's nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Die aanlynaansoekproses vir die plasing van leerlinge in Gautengse skole begin in Augusttus.
Tue, 28 Jul 2026 - 5579 - Monitor: Rekord aantal partye geregistreer vir verkiesing
27 Julie 2026: 'n Rekord 526 partye het reeds vir die komende munisipale verkiesing geregistreer. Met 'n 100 dae oor tot die verkiesing, praat ons met die OVK oor die vordering en uitdagings. Die land se mees senior ondersoekende en vervolgingsbeampte na korrupsie vra toestemming om te bedank. 'n Burgerregtegroep waarsku oor vertragings in hofsake.
Mon, 27 Jul 2026 - 5578 - Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat?
24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.
Fri, 24 Jul 2026 - 5577 - Monitor: Meer as 70% van verbruikers ervaar finansiële stres oor hulle geldsake
23 Julie 2026: Sommige parlementslede van die afsettingskomitee wil hê president Cyril Ramaphosa moet in persoon getuig. Nóg 'n repokoersverhoging blyk onafwendbaar te wees, nadat inflasie die hoogte in skiet. Finansiële stres onder jong mense is aan die toeneem.
Thu, 23 Jul 2026 - 5576 - Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed
22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie wetstoepassingsagentskappe voer klopjagte in die Noord-Kaap uit om handelaars van onveilige en onwettige produkte vas te trek.
Wed, 22 Jul 2026 - 5575 - Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede
21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.
Tue, 21 Jul 2026 - 5574 - Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom
20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
Mon, 20 Jul 2026 - 5573 - Monitor: OUTA hof toe oor AARTO
17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde aanstaande week verwag.
Fri, 17 Jul 2026 - 5572 - Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder
16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van elektrisiteit se plan om die land se opwekkingskapasiteit te verdubbel, is vandeesweek herbevestig, maar hoeveel sal dit kos, en waar gaan die geld vandaan kom?
Thu, 16 Jul 2026 - 5571 - Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop
15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.
Wed, 15 Jul 2026 - 5570 - Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie
14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde Afrikaners deur die Amerikaanse vlugtelingeprogram afgekeur? Nuwe navorsing wys hidrobreking vir skaliegas kan aardbewings in die Karoo vererger.
Tue, 14 Jul 2026 - 5569 - Monitor: Boere in Mpumalanga bekommerd oor vertragings met verspreiding van bek-en-klouseer-entstof
13 Julie 2026: Boere se stryd teen bek-en-klouseer neem 'n nuwe wending. Inwoners van Oesterbaai en St. Francisbaai bekommerd oor 'n beplande kernkragstasie by Thyspunt. Die oorlog tussen Amerika en Iran vlam weer op.
Mon, 13 Jul 2026 - 5568 - Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse
10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.
Fri, 10 Jul 2026 - 5567 - Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel
9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.
Thu, 09 Jul 2026 - 5566 - Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite
8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.
Wed, 08 Jul 2026 - 5565 - Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om die trekpas te kry by die Wêreldbeker-eindtoernooi.
Tue, 07 Jul 2026 - 5564 - Monitor: Europa steier onder hittegolwe en veldbrande
6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies 'n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?
Mon, 06 Jul 2026 - 5563 - Monitor: RNE is twee jaar oud
3 Julie 2026: 'n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly 'n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? 'n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.
Fri, 03 Jul 2026 - 5562 - Monitor: 80 000 Werksgeleenthede verlore in eerste kwartaalThu, 02 Jul 2026
- 5561 - Monitor: Betogings teen buitelanders voortaan elke Donderdag
1 Julie 2026: Betogers sê hulle sal die veldtog teen ongedokumenteerde buitelanders voortsit, en voortaan elke Donderdag betoog. Talle besighede sluit hulle deure uit vrees vir onluste tydens die betogings. Wie en wat is agter die veldtog teen onwettige buitelanders?
Wed, 01 Jul 2026 - 5560 - Monitor: Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik
30 Junie 2026: Ons praat met 'n risiko-ontleder oor vandag se beplande optogte teen ongedokumenteerde buitelanders. Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik. Op Wêreld Sosiale Media-dag val die kollig op die verspreiding van vals nuus.
Tue, 30 Jun 2026 - 5559 - Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie
29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.
Mon, 29 Jun 2026 - 5558 - Monitor: Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat
26 Junie 2026: Ons praat met 'n regskenner oor Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat. Die Amerikaanse ambassadeur se kritiek op Suid-Afrika se bande met Iran en China ontlok wye reaksie. Presies vier jaar ná die Enyobeni-tragedie, vra organisasies dat Suid-Afrika dringend na sy beleid oor alkoholgebruik moet kyk.
Fri, 26 Jun 2026 - 5557 - Monitor: Bafana Bafana deur na uitklopronde in Sokkerwêreldbeker
25 Junie 2026: Bafana Bafana klop Suid-Korea 1 – 0, en pak Kanada Sondag in hulle eerste uitklopwedstryd in die FIFA Sokkerwêreldbeker. March and March en 26 burgerregtegroepe gee die versekering dat daar géén geweld sal wees op 30 Junie nie. Die ANC trek sy aansoek terug om deel te wees van die Phala Phala-hofsaak.
Thu, 25 Jun 2026 - 5556 - Monitor: Polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens teen-immigrasiebetogings
24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.
Wed, 24 Jun 2026 - 5555 - Monitor: 80% van nuwe geregistreerde kiesers is jonger as 30
23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.
Tue, 23 Jun 2026 - 5554 - Monitor: Sommige boere bevraagteken John Steenhuisen se beplande skuif
22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.
Mon, 22 Jun 2026 - 5553 - Monitor: Meer as helfte van polisiestasies beantwoord nie oproepe nie
19 Junie 2026: 'n Landwye oudit bevind dat meer as die helfte van polisiestasies nie oproepe beantwoord nie. Ons praat met Helen Zille oor haar omstrede besoek aan March and March. Ons ontmoet BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
Fri, 19 Jun 2026 - 5552 - Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelingeThu, 18 Jun 2026
- 5551 - Monitor: Is Rampahosa besig met Stalingrad-taktiek oor Phala Phala?
17 Junie 2026: Advokaat Thuli Madonsela praat oor studenteskuld en gelyke toegang tot onderrig, terwyl 9.5 miljoen jeugdigdes sonder werk of onderrig sit. Is president Rampahosa besig met sy eie Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? Kan 'n ouderdomsbeperking op die gebruik van sosiale media werk? Die eerste Springbokspan van die jaar word bekendgemaak.
Wed, 17 Jun 2026
Podcasts similares a Monitor
The Diary Of A CEO with Steven Bartlett DOAC
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
True Crime Documentary Justin Kandell Network
Lewende Woord Hartenbos Bybel 101 Lewende Woord Hartenbos
True Crime Investigation Manuel
True Crime Media Network
RSG Geldsake met Moneyweb Moneyweb Radio
Snapped: Women Who Murder Oxygen
Darren “Whackhead” Simpson’s prank calls on Kfm Mornings Primedia Broadcasting
Kortom RSG
Middagvervolgverhaal RSG
Naweekaktueel RSG
Radioteater RSG
RSG Dokumentêr RSG
TED Talks Daily TED
The Naked Scientists Podcast The Naked Scientists
The Tucker Carlson Show Tucker Carlson Network
Global News Podcast BBC World Service
The Clement Manyathela Show Primedia Broadcasting
The Aubrey Masango Show 702
Kommentaar RSG
Spektrum RSG
SMWX Sizwe Mpofu-Walsh
The Midday Report with Mandy Wiener Primedia Broadcasting
Afternoons with Relebogile Mabotja Radio 702
Dateline NBC NBC News
Economist Podcasts The Economist
The News Agents Global
The Rest Is Politics: US Goalhanger
Mark Levin Podcast Cumulus Podcast Network
Americast BBC News
Afternoon Drive with John Maytham CapeTalk
Ukraine: The Latest The Telegraph
The Global Story BBC World Service
What Now? with Trevor Noah Trevor Noah
The Best of Breakfast with Bongani Bingwa Primedia Broadcasting
The Rest Is Politics Goalhanger