Podcasts by Category
Monitor

- 5548 - Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld
12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop.
Fri, 12 Jun 2026 - 5547 - Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind
11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas.
Thu, 11 Jun 2026 - 5546 - Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’
10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly.
Wed, 10 Jun 2026 - 5545 - Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue
9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue.
Tue, 09 Jun 2026 - 5544 - Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie
8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou.
Mon, 08 Jun 2026 - 5543 - Monitor: Inwoners langs Krommerivier moet ontruim
5 Junie 2026: Inwoners langs die Krommerivier in die Oos-Kaap versoek om dringend hulle huise te ontruim. ‘n Nie-regeringsorganisasie wil R279 miljoen se Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na Amerika keer. ‘n Kenner waarsku teen 'n nuwe sosiale media-tendens wat gevaarlike gevolge kan inhou.
Fri, 05 Jun 2026 - 5542 - Monitor: Uitleweringsprosedures begin vir Mosambieke verdagtes in die moord op egpaar in Krugerwildtuin
4 Junie 2026: Samewerking tussen Suid-Afrika en Mosambiek was die sleutel tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die moord op 'n egpaar in die Krugerwildtuin. Uitleweringsprosedures begin nou sodat hulle hier tereg kan staan. Johannesburg se finansies word as 'n 'gruwelvertoning' beskryf. Ons hoor wat die jongste in die Kougastreek is waar sekere inwoners gevra is om te ontrium weens oorstromings. Die March and March-beweging wat teen ongedokumenteerde buitelanders betoog, se beweegredes word krities bekyk.
Thu, 04 Jun 2026 - 5541 - Monitor: Polisiekommisaris in Mosselbaai ná xenofobiese geweld
3 Junie 2026: Die waarnemende nasionale polisiekommisaris lê vanoggend besoek in Mosselbaai af ná die naweek se xenofobiese geweld. Gauteng se Departement van Maatskaplike Dienste gaan befondsing aan nie-regeringsorganisasies staak, wat buitelandse burgers as maatskaplike werkers in diens neem. Die Wes-Kaap maak gereed vir nog 'n rondte stormweer.
Wed, 03 Jun 2026 - 5540 - Monitor: Nóg gure weer op pad
2 Junie 2026: Nóg gure weer op pad na die Oos- en Wes-Kaap. Die afleggingskomitee wat moet bepaal of president Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word, bereik 'n eerste mylpaal. Gemeenskappe word aangemoedig om die stilte oor kindermishandeling en -verwaarlosing te verbreek.
Tue, 02 Jun 2026 - 5539 - Monitor: Politieke partye wil immigrasiestelsel hersien
1 Junie 2026: Politieke partye in die parlement sê Suid-Afrika se immigrasiestelsel moet hersien word. 'n Raad van Linksgesinde Bewegings is amptelik gestig. Kiesers in Ethiopië trek hulle kruises te midde van voortslepende konflik.
Mon, 01 Jun 2026 - 5538 - Monitor: Reserwebank verhoog rentekoerse vir eerste keer in drie jaar
29 Mei 2026: Die repokoers styg vir die eerste keer in drie jaar. Geweldsmisdaad neem af in die Wes-Kaap. 'n Mosie is ingedien vir die aanstelling van 'n onafhanklike paneel om die Nelson Mandelabaai-metro se voortslepende waterkrisis te ondersoek.
Fri, 29 May 2026 - 5537 - Monitor: Johannesburgers gaan hoes vir dienste
28 Mei 2026: Skerp tariefstygings vir inwoners van Johannesburg. Die polisie in Kimberley stop klopjagte op sakeondernemings van buitelanders. 'n Seniorbevelvoerder van Oekraïne se verdedigingsmag sê Rusland is uitgeput - ons praat met 'n militêre kenner.
Thu, 28 May 2026 - 5536 - Monitor: ESKOM en Johannesburg bereik ooreenkoms oor skuld
27 Mei 2026: Sommige politieke partye beskryf president Ramaphosa se hersieningsaansoek as vertragingstaktiek. Bykans 40% van die bevolking ontvang maatskaplike toelaes. ESKOM en Johannesburg bereik 'n ooreenkoms.
Wed, 27 May 2026 - 5535 - Monitor: Betogers plunder buitelanders se winkels in Bloemfontein
26 Mei 2026: Honderde betogers plunder buitelanders se winkels in Rocklands buite Bloemfontein. 'n Oorwinning vir boere in die bek-en-klouseer-sage. Statistiek wys korrupsie in Suid-Afrika vier steeds hoogty.
Tue, 26 May 2026 - 5534 - Monitor: Ghanese staan tou om gerepatrieer te word
25 Mei 2026: Burgers van Ghana staan tou om gerepatrieer te word na hulle geboorteland in Wes-Afrika. Die polisie gaan voort met hulle ondersoek na die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin. Koalisievennote sal ná die November-verkiesing 'n ooreenkoms moet onderteken om vir 'n bestendige regering te sorg.
Mon, 25 May 2026 - 5533 - Monitor: Roelf Meyer optimisties oor taak wat vir hom in VSA voorlê
22 Mei 2026: Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Washington, Roelf Meyer, is optimisties oor die taak wat vir hom voorlê. Die EFF sê Suid-Afrika se karige verdedigingsbegroting is 'n doelbewuste aftakeling van die land se verdedigingsvermoë. Motoriste staan voor 'n krisis met die papier vir motorlisensieskywe, wat skynbaar opgeraak het.
Fri, 22 May 2026 - 5532 - Monitor: Johannesburg wil nie-strategiese bates verkoop om skuld te delg
21 Mei 2026: Johannesburg wil ontslae raak van nie-strategiese bates om skuld te delg. Action SA eis antwoorde nadat die polisiediens twee lede van die presidensiële beskermingseenheid in die Phala Phala-sage vrygespreek het. Die stygende brandstofprys lei tot hoër inflasie in April. Nog ‘n gouemedalje vir Suid-Afrika op internasionale vlak, maar dit het niks met sport uit te waai nie.
Thu, 21 May 2026 - 5531 - Monitor: Eskom dreig om Johannesburg se krag af te sny
20 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf versoek dringende rampverligting vir produsente wat deur die oorstromings in die Wes-Kaap geraak is. Eskom dreig om die kragtoevoer in Johannesburg te onderbreek weens agterstallige skuld, maar dit is nie die enigste munispaliteit in hierdie posisie nie. Iran sê hy het nog talle verrassings vir die VSA indien Amerika hom weer aanval.
Wed, 20 May 2026 - 5530 - Monitor: Wes-Kaap vra regering om ramp te verklaar ná vloede
19 Mei 2026: Die Wes-Kaapse regering gaan die kabinet vra om 'n ramp te verklaar ná verlede week se oorstromings. Openbare skole in Gauteng met agterstalige munisipale skuld staar krag- en wateronderbrekings in die gesig. Nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, terwyl nog entstofdosisse in die land aankom.
Tue, 19 May 2026 - 5529 - Monitor: Kommer oor 'n Super El Niño later vanjaarMon, 18 May 2026
- 5528 - Monitor 15 Mei 2026
Politieke partye reageer op minister Sisisi Tolashe se afdanking. Ons praat ook met die DA se federale leier Geordin Hill-Lewis hieroor. Oudpresident Jacob Zuma appeleer teen 'n hooggeregshofuitspraak wat poog om 'n einde aan die gesloer in sy wapentransaksie-korrupsiesaak te bring. Die MK, EFF en ATM verlaat die Nasionale Vergadering voor president Ramaphosa vrae beantwoord.
Fri, 15 May 2026 - 5527 - Monitor 14 Mei 2026
Suid-Afrika bestee R60 miljoen per jaar om onwettige buitelanders te deporteer, net om te sien hoe talle weer terugkeur. ActionSA maak 'n strafsaak oop teen die president. Vragvervoer word 'n knou toegedien weens slegte weer en verspoelde paaie.
Thu, 14 May 2026 - 5526 - Monitor 13 Mei 2026
Talle gemeenskappe in die Oos- en Wes-Kaap is steeds van die buitewêreld afgesny. Inwoners van Johannesburg kan verwag dat die stad mettertyd donker sal word soos straatligte een na die ander afgesit word. SanParke begin 'n soektog na die jaagduiwel van die Krugerwildtuin.
Wed, 13 May 2026 - 5525 - Monitor 12 Mei 2026Tue, 12 May 2026
- 5524 - Monitor 11 Mei 2026Mon, 11 May 2026
- 5523 - Monitor 8 Mei 2026Fri, 08 May 2026
- 5522 - Monitor 7 Mei 2026Thu, 07 May 2026
- 5521 - Monitor 6 Mei 2026
Munisipaliteite in die Tuinroete en Klein Karoo-streke van die Wes-Kaap maak gereed vir ’n vlak 8-storm, wat swaar reën, sterk wind en gevaarlike seetoestande sal meebring. Ons praat met die prokereur van LP Fadiel Adams, wat gister in hegtenis geneem is vir regsverydeling. Die eerste fase van 'n grondwetlike aanslag op die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering duur voort. Aartappelboere is bekommerd oor nuwe regeringsregulasies oor watergebruik.
Wed, 06 May 2026 - 5520 - Monitor 5 Mei 2026
NSFAS onder administrasie geplaas weens swak bestuur en wanadministrasie. Wes-Kaap-rampbestuur staal hom vir 'n Vlak 8 en verskeie vlak 6-waarskuwings. Spanning neem toe in die Straat van Hormoes. Aakteurs wat met kunsmatige intelligensie geskep is, en draaiboeke deur KI, mag nie meer vir die Oscars benoem word nie.
Tue, 05 May 2026 - 5519 - Monitor 4 Mei 2026
Die polisie wag op die uitslag van DNS-toetse nadat menslike oorskot in die maag van 'n krokodil naby Komatipoort gevind is. Die polisie glo die Mazwi Khubeka-ontvoeringsaak kan tot 'n veel groter misdaadsindikaat lei. Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir menseregte, Volker Türk, beskou mediavryheid soos die suurstof, wat 'n vry en regverdige samelewing nodig het om te oorleef. Ons vra of dit tans verwesenlik word.
Mon, 04 May 2026 - 5518 - Monitor 1 Mei 2026
Die meeste politieke partye verwelkom die aankondiging van verkiesingsdag op 4 November. 'n Landswye staking teen buitelanders word vir Maandag 4 Mei beplan. Wat dien ons beter - Werkersdag of Entrepeneursdag? Die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste.
Fri, 01 May 2026 - 5517 - Monitor 30 April 2026
Inwoners van Johannesburg hoop die nuwe Brixton-reservoir en -watertoring bring verligting vir droë krane. Die prys van Brent ru-olie skiet op tot bo $120 'n vat. Die Verkiesing-hervormingspaneel sê SA se kiesstelsel moet spoedig verander word.
Thu, 30 Apr 2026 - 5516 - Monitor 29 April 2026
Die verlaging in die brandstofheffing word vir 'n maand verleng. Betogers by die Uniegebou eis 'n noodtoestand oor buitelanders. Solidariteit dwing Coca-Cola om 'n regstellende aksie-advertensie terug te trek. Die Verenigde Arabiese Emirate verlaat OPUL, wat as 'n groot slag vir dié kartel beskou word.
Wed, 29 Apr 2026 - 5515 - Monitor 28 April 2026
Buitelanders word die skuld gegee vir 'n skietery by 'n restaurant in Johannesburg se middestad. Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê vandag oor verdere verligting in die brandstofprys. Die vonke sal na verwagting spat by die kernsperverdrag-onderhandelinge in New York.
Tue, 28 Apr 2026 - 5514 - Monitor 27 April 2026
Gauteng se departement van onderwys word versoek om sy beplande aanlyntoelating vir graad R te hersien. Boontjie-oeste in Noordwes is dalk in gedrang weens die aanhoudende swaar reën. Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie is onder skoot oor opgemaakte verwysings in sy konsepbeleid oor kunsmatige intelligensie. Meer besonderhede oor die Withuis-skieter en sy anti-Christen standpunt.
Mon, 27 Apr 2026 - 5513 - Monitor 24 April 2026
Sewe familielede in KwaZulu-Natal ontvoer en wreed vermoor. Reaksie op die voorlopige skorsing van die Nasionale Polisiekommissaris. Die eerste drietalige woordeboek (Kaaps, Afrikaans en Engels) word uiteindelik bekendgestel.
Fri, 24 Apr 2026 - 5512 - Monitor 23 April 2026
Nóg 'n verdoemende verslag oor die stand van munisipale dienslewering, hierdie keer uit die Noord-Kaap. Die Minister van Elektrisiteit sê geen beurtkrag dié winter nie. Eiendom al hoe meer buite die bereik van jonger Suid-Afrikaners.
Thu, 23 Apr 2026 - 5511 - Monitor 22 April 2026
Al hoe meer kenners sê die SAL moet toemaak of verkoop word. Talle ongerymdhede en vertragings in die ondersoek na die moorde op Cloete en Thomas Murray. Donald Trump verleng die skietstilstand, sonder ‘n aanduiding van nuwe samesprekings. Wie slaan munt uit die VSA se oorlog met Iran?
Wed, 22 Apr 2026 - 5510 - Monitor 21 April 2026
Die saak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie is tot Donderdag uitgestel. Ná meer as 'n jaar is daar geen aanduiding wanneer die beloofde lyfkameras vir polisielede beskikbaar sal wees nie. 'n Dodelike padwoedevoorval in Johannesburg plaas vuurwapens vir selfverdediging in die kollig.
Tue, 21 Apr 2026 - 5509 - Monitor 20 April 2026
Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie verskyn vandag in die hof op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die Menseregtekommissie ondersoek die emmerstelsel in Noordwes, en die ineenstorting van basiese dienste in die Emfuleni Munisipaliteit. Hoekom is daar ‘n toename in malariagevalle en -sterftes in Gauteng.
Mon, 20 Apr 2026 - 5508 - Monitor 17 April 2026
Die EFF-leier beledig die landdros nadat sy hom vyf jaar tronk toe stuur. 'n Regsgeleerde verduidelik hoe Julius Malema se appèlproses sal verloop, en 'n politieke kenner ontleed die EFF in die moontlike afwesigheid van Malema. Al hoe meer invloedryke regsgesindes in Amerika draai teen president Trump.
Fri, 17 Apr 2026 - 5507 - Monitor 16 April 2026
Gemengde reaksie op Roelf Meyer se aanstelling as ambassadeur na die VSA. Action SA steek 'n stok in die wiel van ministers se luukse voertuie. Julius Malema word vandag gevonnis.
Thu, 16 Apr 2026 - 5506 - Monitor 15 April 2026
Suid-Afrika kry 'n nuwe ambassadeur in Amerika. 'n Grondwetkenner sê om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, is onverstandig en sal waarskynlik misluk. Hoe groot sal volgende maand se brandstofskok wees? 'n Suid Afrikaanse wetenskaplike is besig om die wêreld se vinnigste internet te bou.
Wed, 15 Apr 2026 - 5505 - Monitor 14 April 2026
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan rolspelers in die Life Esidimeni-tragedie vervolg - ons praat met die regsverteenwoordiger van die slagoffers se familie. 'n Sosiale media-kundige getuig hoe plasings deur Duduzile Zuma-Sambudla tydens die 2021-onluste bygedra het tot die geweld. President Donald Trump dreig om Iranese skepe te vernietig indien hulle naby die Amerikaanse blokkering van die Straat van Hormoes kom.
Tue, 14 Apr 2026 - 5504 - Monitor 13 April 2026
Die DA se nuwe federale leier, Geordin Hill-Lewis, wil hê dié party moet die nasionale regering teen 2029 regeer. Sommige politieke partye eis die president se kop nadat die OPOD-verslag bekendgemaak is oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas. Sakeliga nader weer die Konstitusionele Hof oor die regering se indiensnemingsteikens.
Mon, 13 Apr 2026 - 5503 - Monitor 10 April 2026
Die drukgroep, DignitySA, nader die hof oor die grondwetlikheid van wetgewing wat mediese bystanddood kriminaliseer. 'n Vurige debat woed oor die voorgestelde wysigings aan die geskiedeniskurrikulum vir openbare skole. Die DA wil sy federale kongres gebruik om beleid oor regeerkunde en dienslewering te verfyn.
Fri, 10 Apr 2026 - 5502 - Monitor 9 April 2026
Ministers se prestasie-ooreenkomste is steeds nie afgehandel nie. Suid-Afrika ontvang die eerste besending van die MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir. Die hersiening van die meganisme waarvolgens die regering die brandstofprys bepaal, sal eers volgende jaar voltooi word. Wat beteken die hersluiting van die Straat van Hormuz vir die vredesamesprekings tussen die VSA en Iran.
Thu, 09 Apr 2026 - 5501 - Monitor 8 April 2026
Die VSA en Iran sal nou gereed maak vir onderhandelinge, terwyl Israel sê die skietstaking het niks met hulle uit te waai nie. Nuwe wetgewing stel ’n een-persent drempel vir politieke partye voor om 'n setel in 'n munisipale raad te kry. Die ontplooiing van die Weermag in die noordelike voorstede van Gqeberha word verwelkom. Die Departement van Binnelandse Sake wil 'n digitale identiteitsdokument vir elke landsburger skep.
Wed, 08 Apr 2026 - 5500 - Monitor 7 April 2026
Meer motoriste is die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem, as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Noord-Kaapse regering oorweeg dit om die Sol Plaatje-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die onderwysersvakbond, NAPTOSA, is bekommerd oor toenemende gevalle van afpersing by skole. Hoe belangrik is die Artemis 2-maansending se prestasie vir ruimtevaart?
Tue, 07 Apr 2026 - 5499 - Monitor 6 April 2026
Die bus vol ongedokumenteerde buitelanders, waaronder 12 kinders, wat in die Vrystaat voorgekeer is, laat owerhede kopkrap. Polisiebeamptes moet korrupte kollegas ontmasker, sê ’n kenner. Eiendomspryse in Kaapstad word te duur vir gewone mense. Donald Trump waarsku: Môre is D-dag vir die oorlog in Iran.
Mon, 06 Apr 2026 - 5498 - Monitor 3 April 2026
Die kabinet sê hy is “gewalg” deur die onlangse kroning van 'n Nigeriese koning in KuGompo in die Oos-Kaap. Ons praat oor vragvervoerkoste wat na verwagting skerp sal styg. 500 Mense is reeds aan die begin van die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Fri, 03 Apr 2026 - 5497 - Monitor 2 April 2026
'n Belangrike strafsaak teen die taximafia kan 'n draaipunt in die stryd teen hierdie soort georganiseerde misdaad wees. Die premier van Gauteng maak veranderinge aan sy provinsiale kabinet, wat lei tot ‘n heel eerste kabinetspos vir die EFF. Die JSE skort handel op in effekte van Johannesburg.
Thu, 02 Apr 2026 - 5496 - Monitor 1 April 2026
Verbruikers word gedeeltelik teen hoë brandstofprysstygings verskans, maar nie almal glo dit is 'n goeie ding nie. Nuwe regulasies oor tienerswangerskappe word gepubliseer. Ons praat oor die tragiese geval van 'n skoolmeisie wat deur 'n dwaalkoeël gedood is, en die gesloer om geregtigheid vir haar familie te kry.
Wed, 01 Apr 2026 - 5495 - Monitor 31 Maart 2026
Suid-Afrikaners hoop die regering gryp in teen skerp brandstofprysverhogings. Gemoedere loop hoog onder Suid-Afrikaners by 'n optog teen die kroning van die Nigeriese koning in KuGompo-stad, of Oos-Londen. Ons praat met 'n ontleder oor die WVK-hofuitspraak teen twee oud-presidente.
Tue, 31 Mar 2026 - 5494 - Monitor 30 Maart 2026
ActionSA wil sy voetspoor in die Wes-Kaap vergroot onder die leiding van Dereleen James. Twee ANC-kieskonferensies verkies nuwe leierskap te midde van hofstryde. Nog 'n termyn vir die KZN-polisiehoof, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi.
Mon, 30 Mar 2026 - 5493 - Monitor 27 Maart 2026
Die ouditeur-generaal waarsku dat swak finansiële bestuur in staatsdepartemente en entiteite 'n groot risiko inhou vir die volhoubaarheid van die nasionale fiskus. Die repokoers is vir eers onveranderd gelaat. 'n Versoek dat die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, voorlopig geskors word.
Fri, 27 Mar 2026 - 5492 - Monitor 26 Maart 2026
Die nasionale polisiekommisaris, generaal Fannie Masemola, word gedagvaar om in die hof te verskyn. Die beskuldigde in die Getuie-D-moordsaak pleit onskuldig, en die saak word tot Mei uitgestel. Belanghebbendes maak voorstelle oor hoe om volgende week se verwagte brandstofstygings te versag.
Thu, 26 Mar 2026 - 5491 - Monitor 25 Maart 2026
Die DA slaan vure dood oor salarisaanvullings wat die party aan sekere leiers betaal. Afriforum en die ANC se sekretarisgeneraal is in ‘n reuse stryd gewikkel oor die sogenaamde Mbalula dossier en moontlike vervolging. Die oorlog in die Midde-Ooste kan die invoer van bek-en-klouseerentstof vertraag. Die Reserwebank se besluit oor rentekoerse sal deur hoë oliepryse beïnvloed word.
Wed, 25 Mar 2026 - 5490 - Monitor 24 Maart 2026
Die voormalige apartheidspolisieman, Eugene de Kock, getuig by die Cradock Vier-nadoodse ondersoek. Omgewingsaktiviste begin 'n hofaksie teen Total-Energies se olie-eksplorasie aan die Weskus. Die dood van vyf mynwerkers laat letsels op die inwoners van Kimberley.
Tue, 24 Mar 2026 - 5489 - Monitor 23 Maart 2026
Die oorskot van nog twee mynwerkers van die Ekapa-myn is na die oppervlak gebring. Die Brandstofbedryf-vereniging van Suid-Afrika waarsku motoriste teen paniekaankope. Mediasie het misluk, en nou gaan die bek-en-klouseer-entstofsaak Hooggeregshof toe.
Mon, 23 Mar 2026 - 5488 - Monitor 20 Maart 2026
Die PAC sê die skending van Robert Sobukwe se graf in Graaff-Reinet is politieke uittarting. Kommer oor die toenemende gebruik van Kunsmatige Intelligensie in hoër onderwys. Ons praat met 'n intelligensiekenner oor moontlike Iranese vergeldingsaanvalle op die VSA en die EU.
Fri, 20 Mar 2026 - 5487 - Monitor 19 Maart 2026
Suid-Afrika is op soek na bykomende brandstofverskaffers, te midde van kommer oor die land se oliereserwes. Die Tesourie ondersoek die moontlikheid om pensioenfondslede toegang tot hulle aftreepot te gee. 'n Oos-Kaapse melkboer pleit in 'n ope brief aan die minister van landbou, dat entstof teen bek-en-klouseer boere vinniger moet bereik.
Thu, 19 Mar 2026 - 5486 - Monitor 18 Maart 2026
Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, staan by sy getuienis oor die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde. Die president beplan om 'n Nasionale Vervoerraad te stig. Amerika las 'n Artikel 301 ondersoek om te bepaal of Suid-Afrika en ander lande hulle skuldig maak aan diskriminerende praktyke.
Wed, 18 Mar 2026 - 5485 - Monitor 17 Maart 2026
Die staat gaan borgtog teenstaan van 'n verdagte in die moord op Getuie D. Inwoners van Johannesburg is warm onder die kraag oor vullis wat nie verwyder word nie. 'n Petisie is begin teen die hoeveelheid huiswerk wat leerlinge kry.
Tue, 17 Mar 2026 - 5484 - Monitor 16 Maart 2026
Die Weermag en Polisie gee meer besonderhede oor die ontplooiing van soldate in verskeie provinsies. Munisipaliteite begin die moeilike proses om elektrisiteitstariefverhogings te regverdig, bo en behalwe Eskom se nege-persent verhoging. Sowat 40% van die bevolking woon op plekke waar lugbesoedeling ernstige gesondheidsrisiko's inhou. Die Blitsbokke wen wéér die wêreldreeks!
Mon, 16 Mar 2026 - 5483 - Monitor 13 Maart 2026
Die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andy Mothibi, sê hy sal op die bekamping van georganiseerde misdaad en geslagsgebaseerde geweld fokus. Daar word berig dat boere reeds inperkings op diesel in die gesig staar as gevolg van die oorlog in Iran. 'n Kunsmatige intelligensie-video van 'n luiperd in die Wes-Kaapse dorp, Pniel, veroorsaak paniek.
Fri, 13 Mar 2026 - 5482 - Monitor 12 Maart 2026
Die Weermag word in sekere Johannesburgse woonbuurte ontplooi. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika word ingeroep om sy uitlatings te verduidelik. Mense wat finansieel sukkel, mag hulp van hulle sibbe eis - ons praat met ’n regskenner.
Thu, 12 Mar 2026 - 5481 - Monitor 11 Maart 2026
Die Spesiale Ondersoekeenheid maak aanbevelings vir strafregtelike vervolgings by Alexkor. MTN se Iran-kopseer vererger. Twee lede van die parlement se ad hoc-komitee bespreek die pad vorentoe. 'WP Jou lekke ding' is binnekort iets van die verlede...
Wed, 11 Mar 2026 - 5480 - Monitor 10 Maart 2026
Een van die vyf liggame is by die Ekapa-myn teruggebring oppervlak toe. Die olieprys skiet op tot meer as $100 per vat. Vrae oor die president se onkunde oor oudregter Khampepe se betrokkenheid by die WVK.
Tue, 10 Mar 2026 - 5479 - Monitor 9 Maart 2026
Die minister van gesondheid sê sanitêre doekies bly veilig om te gebruik. Die parlement verdedig die reuse salarisverhoging van sy sekretaris. OUTA sê beter toesig is nodig oor NSFAS se bestuur van studenteverblyf. 'n Nuwe opperleier vir Iran.
Mon, 09 Mar 2026 - 5478 - Monitor 6 Maart 2026
'n Teen-korrupsie forum gestig om korrupsie en misdaad in die watersektor te stuit. Nóg dosisse entstof teen bek-en-klouseer het in die land aangekom, maar bereik dit wel boere? Die voormalige minister, Naledi Pandor, se uitsprake oor Suid-Afrika se migrasiebeleid ontlok kritiek.
Fri, 06 Mar 2026 - 5477 - Monitor 5 Maart 2026
Die akteur en komediant, Soli Philander, sterf. Die gedragskomitee se skudigbevinding van drie senior politici in die Wes-Kaap vang die wetgewer onkant. Ons praat oor die toekoms van die progressiewe of linkse politiek in Suid-Afrika.
Thu, 05 Mar 2026 - 5476 - Monitor 4 Maart 2026Wed, 04 Mar 2026
- 5475 - Monitor 3 Maart 2026
Minstens ses mense sterf in nog 'n gebou-ineenstorting in Johannesburg, dié keer in die suidelike voorstad, Ormonde. Huldeblyke stroom in ná die dood van die bekende pianis en TV-persoonlikheid, Ian von Memerty. Op Wêreld Gehoordag praat ons met Mejuffrou Suid-Afrika van 2024, Mia Le Roux.
Tue, 03 Mar 2026 - 5474 - Monitor 2 Maart 2026
Twintig amptenare van die Departement van Binnelandse Sake is ontslaan, en 16 geskors. Ons praat met 'n militêre kenner en 'n ekonoom oor die konflik in die Midde-Ooste. Inwoners van Graaff-Reinet betoog teen die naamsverandering na die Robert Sobukwe-dorp.
Mon, 02 Mar 2026 - 5473 - Monitor 27 Februarie 2026
Getuienis voor die WVK-Sakekommissie fokus op ANC-geweld tydens die bevrydingstryd. Die groen ekonomie kan tot 300 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika skep. Die nuus dat sommige sanitêre doekies skadelike endokrien- of hormoon-ontwrigtende chemikalië bevat, veroorsaak paniek.
Fri, 27 Feb 2026 - 5472 - Monitor 26 Februarie 2026
Broodnodige belastingverligting in die begrotingsrede aangekondig. Die Ekapa-myn, waar vyf werkers steeds vasgekeer is, gaan gelikwideer word. Net 30% van leerlinge se leesvermoë in graad 1 tot graad 3 voldoen aan die vereistes.
Thu, 26 Feb 2026 - 5471 - Monitor 25 Februarie 2026
Leë rakke in supermarkte voorspel weens bek-en-klouseer. President Donald Trump sê Amerika is in 'n beter toestand as ooit tevore. Kapenaars sal die naweek herinner word aan die Slag van Soutrivier in op 1 Maart 1510.
Wed, 25 Feb 2026 - 5470 - Monitor 24 Februarie 2026
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, belowe om die waterkrisis spoedig op te los. Die prys van brandstof kan dalk volgende maand styg. Afriforum wil hê die privaatsektor moet toegelaat word om entstof teen bek-en-klouseer te verkry. Vredesonderhandelinge duur voort om die vierjaar lange oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig.
Tue, 24 Feb 2026 - 5469 - Monitor 23 Februarie 2026
Verskeie staatsdepartemente in Mpumalanga gaan weens bedrog met die bou van skole ondersoek word. Nog miljoene dosisse bek-en-klouseer-entstof word binnekort in die land verwag. Die aktivistegroep, Action Society, sê misdaadstatistiek weerspieël nie die ware toestand in die land nie.
Mon, 23 Feb 2026 - 5468 - Monitor 20 Februarie 2026
President Ramaphosa verwerp oproepe om Swart Bemagtiging te skrap. President Trump stel 'n ultimatum aan Iran. China posisioneer homself as 'n groen supermoondheid. Zimbabwe skok vir Sri Lanka by die T20 wêreldbeker-toernooi.
Fri, 20 Feb 2026 - 5467 - Monitor 19 Februarie 2026
Talle burgerregteorgansasies eis dat die waterkrisis in Gauteng tot 'n nasionale ramp verklaar word. Afriforum dagvaar die president oor die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys dat die swart middelklas sedert 2012 betekenisvol gegroei het.
Thu, 19 Feb 2026 - 5466 - Monitor 18 Februarie 2026
'n Beskuldigende vinger word na twee voormalige presidente gewys weens die versuim om apartheidsmisdade te vervolg. Ons praat oor die sogenaamde agterdeur-privatisering van Eskom. Huldeblyke stroom in ná die dood van die Amerikaanse burgerregteleier, eerwaarde Jesse Jackson.
Wed, 18 Feb 2026 - 5465 - Monitor 17 Februarie 2026
Oos-Kaapse gemeenskappe voel afgeskeep nadat die president nie die ontplooiing van die weermag in bendegeteisterde gebiede in dié provinsie ingesluit het nie. Versoeke dat die regering die suikerreus, Tongaat Hulett, van ondergang red. Varkvleispryse styg weens bek-en-klouseer.
Tue, 17 Feb 2026 - 5464 - Monitor 16 Februarie 2026
Staatsdiensvakbonde verwerp die mediese fonds, Gems, se skerp styging in sy jaarlikse premie. Johannesburg se waterprobleme duur voort, ondanks beloftes om watertoevoer teen gister te herstel. Vrystaat Landbou sê finansiële bystand aan boere is nou dringend nodig, nadat die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp verklaar is. Suid-Afrika vra opnuut vir 'n skietstaking in Suid-Soedan.
Mon, 16 Feb 2026 - 5463 - Monitor 13 Februarie 2026
Die Weermag gaan op die Kaapse Vlakte en in Gauteng ontplooi word om bendegeweld te help bekamp. Bek-en-klouseer is as nasionale ramp verklaar, en nou eis die Menseregtekommissie dat dieselfde oor watertekorte gebeur. Ons praat met die 20 jarige Kyla Reynecke van die vroue-Proteas oor haar ongelooflike prestasie teen Pakistan.
Fri, 13 Feb 2026 - 5462 - Monitor 12 Februarie 2026
Politieke partye deel hulle verwagtinge van die staatsrede. Die Johannesburg Metro sê tegnici werk onverpoosd om die waternetwerk te stabiliseer, te midde van betogings oor langdurige wateronderbrekings. Die getuienis van die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, voor die parlementêre ad hoc-komitee onder die vergrootglas.
Thu, 12 Feb 2026 - 5461 - Monitor 11 Februarie 2026
Die familie van 17 Suid-Afrikaanse mans wat in Oekraïne vasgekeer is, pleit dat Ramaphosa tussenbeide tree en help. Amerikaanse veghonde is in die spervuur nadat nog 'n persoon verskeur word. Bek-en-klouseer het moontlik nou ook na die Suid-Kaap versprei.
Wed, 11 Feb 2026 - 5460 - Monitor 10 Februarie 2026
Die energiereguleerder, Nersa, keur skerp stygings in Eskom se kragtariewe toe. Die eerste vermoedelike geval van bek-en-klouseer is in die Noord-Kaap aangemeld. Ons vind uit of die president sy beloftes in sy vorige staatsrede oor die waterkrisis, gestand gedoen het.
Tue, 10 Feb 2026 - 5459 - Monitor 9 Februarie 2026
Die sekretaris van die parlement, Xolile George, onder skoot oor 'n 70% salarisverhoging, en bewerings van wanadministrasie. R100 miljoen geoormerk om bek-en-klouseer in die Wes-Kaap hok te slaan. Met die jongste digitale slenter kry skurke direkte toegang tot jou banktoepassing op jou slimfoon.
Mon, 09 Feb 2026 - 5458 - Monitor 6 Februarie 2026
Suid-Afrika word weer 'n fokuspunt vir internasionale solidariteit met die Palestyne. Die samestelling van brandstofpryse word bevraagteken, meer as 'n jaar nadat die regering spoedige optrede belowe het. Wetenskaplikes maak beswaar teen planne om haainette by KwaZulu-Natal se Club Med luukse ontspanningsoord aan te bring. Suid-Afrika se verhouding met dagga sal weer verander met nuwe regulasies wat gepubliseer is.
Fri, 06 Feb 2026 - 5457 - Monitor 5 Februarie 2026
'n Ramptoestand is afgekondig weens die droogte en watertekorte in die Kaap-provinsies. Honderde studente word steeds ondersoek vir beweerde NSFAS-bedrog. Ons fokus op die DA-leier, John Steenhuisen, se nalatenskap nadat hy onbeskikbaar is vir nog 'n termyn.
Thu, 05 Feb 2026 - 5456 - Monitor 4 Februarie 2026
DA-leier John Steenhuisen kondig na verwagting vandag aan dat hy nie aan die party se leierskapstryd sal deelneem nie. Die minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, sê hy gaan 'n kommissie saamstel om die baie ongerymdhede by tronke in die Wes-Kaap te ondersoek. Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai sal die oënskylike afvuur van 'n vuurwapen in die openbaar deur die adjunkburgemeester, Nokuzola Kolwapi, ondersoek.
Wed, 04 Feb 2026 - 5455 - Monitor 3 Februarie 2026
Kripto-geldeenhede hou aan tuimel. Die brandstofprys daal om middernag. Die stand van die finansies van Gauteng se munisipaliteite onder die vergrootglas. 'n Boete kan nou opgelê word aan 'n werkgewer wat nie sy huiswerker se besering, wat aan diens opgedoen is, aanmeld nie.
Tue, 03 Feb 2026 - 5454 - Monitor 2 Februarie 2026
Die leier van die EFF, Julius Malema, hoop om tronkstraf in sy vuurwapensaak te vermy. Die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Andy Mothibi, het gister die leisels oorgeneem. Suid-Afrika se vleilande is van die mees bedreigde ekostelsels in die land. 'n Bruin Suid-Afrikaner praat oor sy vlugtelingstatus in Amerika.
Mon, 02 Feb 2026 - 5453 - Monitor 30 Januarie 2026
Die repokoers bly onveranderd - 'n ekonoom verduidelik hoekom ons nie verdere verligting kry as verbruikers nie. Al hoe meer onderwysers verlaat die beroep weens leerlinge se oneerbiedige en ongeskikte gedrag. Die aflas van Jeffreysbaai se beroemde branderplankkompetisie is 'n groot ekonomiese terugslag vir die streek.
Fri, 30 Jan 2026 - 5452 - Monitor 29 Januarie 2026
Eskom versoek die energiereguleerder om 'n tussentydse kragtarief vir smeltermaatskappye goed te keur. Die stand van die ekonomie is onder die vegrootglas by die Kabinetslekgotla. Ons vra ‘n ekonoom of ons nog ‘n verlaging in die repokoers kan verwag. Die regering wil hê sy verbod op die plaagdoder, Terbufos, moet teen einde Februarie in werking tree.
Thu, 29 Jan 2026 - 5451 - Monitor 28 Januarie 2026
Die March and March-beweging het 'n teenklag teen die polisie ingedien, nadat die staat 'n klag van openbare geweld teen dié beweging, die MK-party en Operasie Dudula aanhangig gemaak het. Die idee om KwaZulu-Natal se naam te verander, kry steun uit verskeie oorde, Onderhandelinge om die Nasionale Vryheidsparty binne die DA-IVP-ANC-koalisie in KZN te hou, is in 'n sensitiewe stadium.
Wed, 28 Jan 2026 - 5450 - Monitor 27 Januarie 2026
Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Die voortslepende kragonderbreking in Gqeberha ontwrig onderrig by skole. Finansiële instellings word gemaan dat daar teen hulle opgetree sal word indien hulle nie aan nuwe kubersekuriteitvereistes voldoen nie. Die F.W. de Klerk Stigting steun 'n versoek om die misdaadkrisis op die Kaapse Vlakte tot 'n provinsiale ramp te verklaar.
Tue, 27 Jan 2026 - 5449 - Monitor 26 Januarie 2026
Vrae oor die weermag se beplande makietie van R370 miljoen. Terwyl universiteite net 'n fraksie van matrieks kan aanvaar, vra die motorbedryf dat matrikulante dié bedryf, waar personeeltekorte heers, oorweeg. Die DBV op Kariega sal dalk sy deure moet sluit.
Mon, 26 Jan 2026
Podcasts similar to Monitor
Cold Case Files A&E / PodcastOne
The Global Story BBC World Service
True Crime Case Files Ed O'Leahy
Forensic Files HLN
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast Joyce Meyer
True Crime Investigation Manuel
The Mel Robbins Podcast Mel Robbins
RSG Geldsake met Moneyweb Moneyweb Radio
Darren “Whackhead” Simpson’s prank calls on Kfm Mornings Primedia Broadcasting
Kortom RSG
Middagvervolgverhaal RSG
Naweekaktueel RSG
Radioteater RSG
RSG Dokumentêr RSG
TED Talks Daily TED
The Naked Scientists Podcast The Naked Scientists
The Clement Manyathela Show Primedia Broadcasting
The Midday Report with Mandy Wiener Primedia Broadcasting
Global News Podcast BBC World Service
The Aubrey Masango Show 702
Spektrum RSG
SMWX Sizwe Mpofu-Walsh
Kommentaar RSG
Dateline NBC NBC News
Afternoon Drive with John Maytham CapeTalk
The News Agents Global
X22 Report X22 Report
Ukraine: The Latest The Telegraph
What Now? with Trevor Noah Trevor Noah
Economist Podcasts The Economist
Afternoons with Relebogile Mabotja Radio 702
The Daily The New York Times
Pod Save America Pod Save America
Inside Trump's Head The Daily Beast, Michael Wolff and Joanna Coles
60 Minutes CBS News
Les Grosses Têtes RTL