Podcasts by Category

RSG Dokumentêr

RSG Dokumentêr

RSG

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

504 - 30 JAAR VAN DEMOKRASIE: ROELF SE ROL deur Jody Hendricks
0:00 / 0:00
1x
  • 504 - 30 JAAR VAN DEMOKRASIE: ROELF SE ROL deur Jody Hendricks

    Suid-Afrika het op 2 Februarie 1990 onherroeplik verander met aankondiging deur die destydse president FW De Klerk dat Nelson Mandela ná 27 jaar uit die tronk vrylaat sal word, en dat politieke organisasies soos die ANC, PAC en AZAPO nie meer verban is nie. Onderhandelinge tussen die NP, ANC en ander politieke partye het kort daarna begin oor die pad vorentoe vir ‘n nuwe Suid Afrika. Roelf Meyer kyk terug na die proses om Suid-Afrika van ‘n apartheidstaat na ‘n demokrasie te neem, en hoe hoe naby die land aan ‘n burgeroorlog was. Hy vertel ook van die impak wat FW De Klerk en Nelson Mandela op hom gehad het.

    Thu, 21 Mar 2024
  • 503 - ANARGIE SONDER ANTIBIOTIKA deur Ettienne Ludick

    Sedert Fokofpolisiekar hulle verskyning in 2003 gemaak het, het hulle die Afrikaanse musiekbedryf in 'n ander rigting gedwing. Terwyl konserwatiewes warm onder die kraag was, het duisende ondersteuners die groep gevolg, honger vir 'n verandering in Afrikaans en sy musiek. Fokofpolisiekar vier in 2024 hulle mondigwording… 21 jaar van nié die norm wees nie. Ettienne Ludick het met die lede gesels oor hulle reis van langer as twee dekades - die goed, die sleg, die weer begin, en die enorme impak van die vyf bendelede van Belville…

    Thu, 14 Mar 2024
  • 502 - WUPPERTAL: STAP VIR STAP DIE TOEKOMS IN deur Johan Rademan

    Op Oujaarsaand in 2018 breek ‘n verwoestende brand op Wuppertal in die Cederberge uit. Skaars twee jaar later oorstroom die Tra-trarivier die Morawiese sendingdorpie. Johan Rademan het die RSG-mikrofoon tot in die hartjie van die 1830-dorpie geneem, en met gemeenskapsleier Barend Salamo as gids, gekyk hoe sake nou staan. Hulle het ook van die 16 buiteposte besoek tussen asemrowende rotsgesteentes. Tussen rooibos en askoek in jou Wuppertal-vellies sal jy jubel en juig en rieldans wanneer jy die Woeperdallers hoor praat.

    Thu, 07 Mar 2024
  • 501 - AS MENSE SÁÁM SING – DIE ALCHEMIE VAN KOORSANG deur Ina Strydom

    Koorsang is byna so oud soos die mensdom self, en deur die eeue heen betower dit gehore en begeester sangers. Die geheim van koorsang lê in die vermoë om die verskillende sangers in harmonie te laat sing. Die kuns om dié stemsoorte en individue met verskillende agtergronde en uit verskillende kulture te laat saamsmelt tot ’n eenheid, is die kuns van die alchemis: die dirigent. Twee koorleiers wat by uitstek dié vermoë het, is die stigter van die Libertas-koor, prof. Johan de Villiers, en Renette Bouwer van onder andere die UJ-koor.

    Thu, 29 Feb 2024
  • 500 - SÓ KLINK DISTRIK SES deur Haidee Muller-Isaacs

    Haidee Muller-Isaacs diep stories op van vergete musiekskatte uit Distrik Ses, die kleurryke gebied in Kaapstad se middestad in die jare 60. Dit plaas die kollig op musiekstories van talentvolle musieklegendes uit dié multikulturele woonbuurt, sommiges wat in weerwil van hulle talent, nooit genoeg blootstelling gekry het nie.

    Thu, 22 Feb 2024
Show More Episodes