Filtrar por gênero

RSG Dokumentêr

RSG Dokumentêr

RSG

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

566 - GESTEEL UIT DIE GROND: VETPLANTE VIR DIE WÊRELDMARK deur Jacqui January
0:00 / 0:00
1x
  • 566 - GESTEEL UIT DIE GROND: VETPLANTE VIR DIE WÊRELDMARK deur Jacqui January

    Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark. Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is. Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n misdaadstorie geword het.

    Thu, 17 Sep 2026
  • 565 - SUID-AFRIKA SE KAALVOETKONINGIN, ZOLA BUDD deur Jody Hendricks

    Zola Budd is bekend is vir haar kaalvoetstyl, wêreldrekords en ’n Olimpiese loopbaan, waarin sy vir twee lande deelgeneem het. Sy het die 5000 m-wêreldrekord in 1984 verbeter, maar dit is nie internasionaal erken nie. Sy het ook vir Groot Brittanje by die 1984 Olimpiese Spele aan die 3000 m deelgeneem, waar haar botsing met Mary Decker regoor die wêreld hoofnuus gemaak het. Jody Hendricks praat met Zola oor haar loopbaan se hoogtepunte en omstrede oomblike. Haar destydse afrigter, Pieter Labuschagné, vertel van die uitdagings wat hulle oorsee in die gesig gestaar het.

    Thu, 10 Sep 2026
  • 564 - KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs

    KELDERS VAN GEHEIME was eTV se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama oor al die intrige, liefdeskinkels en donker geheime op die fiktiewe wynplaas, Soebatskloof, in die Kaapse wynlande. Die uitsaaier het ná net twee seisoene besluit om die reeks te kelder, in weerwil daarvan dat dié Safta-genomineerde reeks supergewild onder kykers was. Van die akteurs wat daarin verskyn het, soos Sandra Prinsloo, Cedwyn Joel, Brümilda van Rensburg en 'n hele rits ander, gesels oor hulle ervaring op stel. En die sanger en musiekvervaardiger, Loki Rothman, vertel van die temalied uit sy pen, wat deur Les Javan gesing is.

    Thu, 03 Sep 2026
  • 563 - DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin

    Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie, en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle kantoor skoon te maak, en met ’n klomp ou elektroniese toestelle na ’n afvalfasiliteit te ry om self te gaan uitvind. Lizelle vra die moeilike vrae oor hoe Suid-Afrika met elektroniese afval omgaan. Hierna sal jy dalk twee keer dink voordat jy daardie ou selfoon sommer in die asblik gooi.

    Thu, 27 Aug 2026
  • 562 - DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom

    Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan; hoe sy haar man Zack du Plessis ontmoet het en hoe verpletter sy was met sy dood; en sy sê wat vir haar die belangrikste dinge in die lewe is.

    Thu, 20 Aug 2026
Mostrar mais episódios