Filtrar por gênero

Monitor

Monitor

RSG

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

5618 - Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is
0:00 / 0:00
1x
  • 5618 - Monitor: Verskerpte optrede ná negende liggaam aan Oos-Rand gevind is

    18 September 2026: Verskerpte optrede van die polisie nadat 'n negende liggaam van 'n vrou aan die Oos-Rand gevind is. Reaksie op die VSA se jongste visumbeperkings en dreigemente van verdere sanksies deur die Amerikaanse ambassadeur. 'n Vlak 6-waarskuwing vir swaar, ontwrigtende reën langs die KwaZulu-Natalse kus en aangrensende binneland.

    Fri, 18 Sep 2026
  • 5617 - Monitor: Meer as 5 000 plaaslike regering-verkiesingskandidate gediskwalifiseer

    17 September 2026: Die OVK sê meer as 5 000 kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesings is gediskwalifiseer. Mense word gewaarsku om nie vals inligting oor 'n sogenaamde Kemptonpark-reeksmoordenaar te versprei nie. Die Nasionale Skuilingsbeweging sê hulle kan nie slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord help sonder die nodige befondsing, infrastruktuur en ondersteuning nie.

    Thu, 17 Sep 2026
  • 5616 - Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde

    16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die openbare oog is.

    Wed, 16 Sep 2026
  • 5615 - Monitor: Kommer dat reeksmoordenaar aan Oos-Rand bedrywig is

    15 September 2026: 'n Saak van strafbare manslag geopen ná die grubotsing in die Sentraal Karoo waarin 21 mense dood is. Kommer dat 'n reeksmoordenaar aan Gauteng se Oos-Rand bedrywig is, nadat die liggaam van 'n vyfde vrou gevind is. Die sluiting van nóg 'n diamantmyn in die Noord-Kaap dompel sake-eienaars in finansiële nood.

    Tue, 15 Sep 2026
  • 5614 - Monitor: Polisie ondersoek moord op vier vroue in Kemptonpark afgelope twee maande

    14 September 2026: Die polisie ondersoek 'n moontlike verband tussen die moord op vier vroue van Kemptonpark die afgelope twee maande. Minister Pemmy Majodina word by die parlement se etiekkomitee verkla weens haar gevloekery by 'n gemeenskapsvergadering. BRICS pleit vir kalmte en selfbeheersing te midde die oorlog in die Midde-Ooste.

    Mon, 14 Sep 2026
Mostrar mais episódios