Podcasts by Category
- 3039 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 47
Lisa en Shereen het ‘n gesprek oor die verlede, veral oor hoe Shereen van die plaas af weg is. Cindy maak ‘n besigheidsvoorstel aan David, wat hy nie sommer net kan ignoreer nie. Lisa vind die waarheid uit oor wie die meeste aandele in die Rooivallei-kelder besit.
Fri, 05 Jun 2026 - 3038 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 46
Lucian en Regardt moet voorbrand maak op Bergplaas. Lucian en Delia kan net nie tot ‘n vergelyk kom nie. Lisa kom terug van die vakansiehuis af. Wolfgang het iets vir haar in sy testament gelos.
Thu, 04 Jun 2026 - 3037 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 45
Amelia en Amanda kry die hotelkamer reg vir Delia en Cindy se gesprek. Anna konfronteer vir Cindy om haar kwaad en desperaat te maak. Almal hoop dat Delia vir Cindy kan kry om haarself te impliseer sonder dat sy iets agterkom, of is Cindy slimmer as wat hulle dink?
Wed, 03 Jun 2026 - 3036 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 44
Amanda kry vir Amelia om haar te help met Wolfgang se laaste wens. Amelia en Regardt het ‘n idee oor hoe Delia vir Cindy kan uitoorlê. Nou moet hulle vir Delia oorreed om te doen wat nodig is vir hulle plan om te werk.
Tue, 02 Jun 2026 - 3035 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 43
Amanda is terug in die vallei om haar oom se hotel oor te neem. Haar oom het ‘n interessante laaste versoek gehad. Anna praat met Shereen oor haar dogter wat jare gelede verdwyn het. Anna probeer vir Shereen oorreed dat almal in die vallei moet saamwerk teen Robert, anders sal hulle alles verloor.
Mon, 01 Jun 2026 - 3034 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 42
Die dames van die Rooivallei probeer Wolfgang se droom van ‘n groot Wynfees laat voortleef. Cindy sukkel om vir Robert in die hande te kry. Sy begin twyfel in Robert se plan. Delia bieg teenoor Shereen dat dit nie te goed gaan met haar en Lucian nie, dat sy alleen voel en al wou opgee en terugtrek stad toe.
Fri, 29 May 2026 - 3033 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 41
Regardt probeer Delia oorreed om te baklei teen die aanklagte wat teen haar ingebring is. Shereen word deur Cindy ingesleep by die onderhandelings met die Bergplaas-mense. Regardt konfronteer vir Cindy, waar hy dit duidelik maak dat hy sy oog op Robert en op haar hou.
Thu, 28 May 2026 - 3032 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 40
Bart ondervra Regardt oor sy verhouding met die Bergplaas-mense. Amelia gaan help vir Delia uit by die skool se voedingsprogram, en kom agter dat daar fout is met die aankope. Cindy se plan is om Delia te laat skuldig lyk aan diefstal.
Wed, 27 May 2026 - 3031 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 39
Robert en Cindy moet ontslae raak van verdoemende getuienis. David probeer by Anna uitvind hoekom sy ma die plaas verlaat het. Cindy se plan met Delia en die skool is besig om vrugte af te werp. Dit kan baie gevaarlik vir Delia wees.
Tue, 26 May 2026 - 3030 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 38
Robert probeer sy idee van grootskaalse ontwikkeling in die vallei aan Regardt verkoop. Bart vind uit daar was ‘n inbraak by die kelder, en by die skool ontmoet hy iemand wat hy dadelik op sy verdagtelys sit.
Mon, 25 May 2026 - 3029 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 37
Bart gaan soek by David die video-opname van die pad voor die Kelder. Robert en Cindy besef dat die video-opname hulle in die vallei kan plaas die aand van die moord. Dit word ‘n jaagtog oor wie eerste die video kan kry.
Fri, 22 May 2026 - 3028 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 36
Bart begin sy ondersoek na die dood van Wolfgang. Dadelik het hy ‘n paar mense warm onder die kraag oor die vrae wat hy vra. Regardt en Amelia het ‘n groot bakleiery oor wat in die verlede gebeur het. Anna het die eerste groot leidraad in verband met Wolfgang se moord.
Thu, 21 May 2026 - 3027 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 35
Anna wil by Amelia weet waaroor sy en David so lekker gepraat het, en dan het hulle nog gedans ook. Lucian moet by die skool gaan seker maak dat daar nie nog slange is nie. David en Amelia gaan soek vir Wolfgang, en kom op iets afgryslik af.
Wed, 20 May 2026 - 3026 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 34
Robert en Cindy besluit hulle moet oorgaan tot aksie en hulle planne in werking stel. Dis Anna se groot partytjie. Laataand wanneer almal huis toe gaan, is daar ‘n lokval wat wag op een van die partytjiegangers.
Tue, 19 May 2026 - 3025 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 33
Anna nooi vir Regardt en Amelia na ‘n groot partytjie op die perdeplaas. Robert sit druk op Wolfgang om betrokke te raak by sy planne. Cindy begin om haarself in te grawe in die vallei.
Mon, 18 May 2026 - 3024 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 32
Robert bring vir Cindy Peterson na die Rooivallei om hom te help om sy planne uit te voer. Sy is ’n harde, doelgerigte vrou wat amper enige iets sal doen om haar doel te bereik. Die Kelder hou ‘n raadsvergadering waar Regardt vir David wil laat afdank. David besluit om dit hand en tand te beveg. Wie sal wen?
Fri, 15 May 2026 - 3023 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 31
Amelia kom terug van die Kaap af, en Wolfgang probeer uitvind hoekom sy so vinnig Kaapstad toe moes gaan. Lucian probeer meer uit sy verhouding met Delia kry as net vriendskap, maar sy wil niks weet nie. David besef dat Regardt nou nog harder sal probeer om van hom ontslae te raak. Sal Amelia hiermee help?
Thu, 14 May 2026 - 3022 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 30
Shereen en Fred probeer om vir Robert uit te vang waar hy die seisoenswerkers betaal om te staak. David neem besluite oor Rooivallei se wyne. Sal hy die Bonnets kan oortuig van die waarde? Fred neem afskeid van die plaasskool wat hy vir soveel jare gedien het.
Wed, 13 May 2026 - 3021 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 29
Shereen is besig om vrae in die gemeenskap te vra, en Robert is glad nie gemaklik daarmee nie. Shereen en Fred moet saamwerk aan ‘n plan teen Robert. Lucian en Delia probeer die voedingsprogram by die skool aan die gang hou. Dit bring hulle nader aanmekaar.
Tue, 12 May 2026 - 3020 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 28
Shereen probeer vir Fred oorreed om op te staan teen die beskuldigings. Shereen vind by Lucian uit dat Robert Peck terug is op die dorp, en dit pla haar baie. Amanda kry die perfekte tafels vir die kelder se nuwe proelokaal.
Mon, 11 May 2026 - 3019 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 27
Robert Peck het groot planne vir ‘n nuwe ontwikkeling in die vallei. Wolfgang weet dat dit die lewe vir die wynboere moeilik sal maak. Sal Wolfgang saam met Robert werk, of nie. Fred, die skoolhoof, kry baie druk van die Distrikskantoor, en dink daaraan om sy goed te vat en die skool net te los.
Fri, 08 May 2026 - 3018 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 26
David oorlaai Amanda met nuwe verantwoordelikhede, en sy begin die druk voel. Robert Peck is een van die groot wynmakelaars in die omgewing, en hy het ‘n nuwe besigheidsvoorstel vir Wolfgang. Dit klink baie aanloklik, maar komende van Robert af is dit dalk net te goed om waar te wees.
Thu, 07 May 2026 - 3017 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 25
Amelia gaan praat met David oor ‘n besluit wat sy moet neem - ‘n baie belangrike besluit. Shereen vind uit van die aantygings teen die hoof van die skool, en trek dadelik ‘n verband tussen die aantygings en die werkers wat staak. Daar is iemand agter al hierdie gebeure.
Wed, 06 May 2026 - 3016 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 24
Regardt besoek die Bergplaas om oor valleisake te praat, maar ook meer uit te vind oor die jong vrou wat verdwyn het. Bart maak ‘n draai by die skool se kombuis. Daar is iemand wat die skool beskuldig dat hulle van die voedingsprogram se geld steel.
Tue, 05 May 2026 - 3015 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 23
Bart en Amanda ontmoet mekaar vir aandete. Sy vind uit dat hy meer as net ‘n speurder is, en hy ontdek haar ware passies. Daar is iets aan die broei tussen die twee. Die seisoenwerkers in die Vallei gaan op ‘n staking, en David moet die situasie ontlont om die oes te red.
Mon, 04 May 2026 - 3014 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 22
Amelia wil by Regardt weet waarheen hy vir dae aan een verdwyn. Regardt wil by Amelia weet hoekom sy regtig teruggekom het plaas toe. Bart probeer by Lucian uitvind hoe die vorige aand se ete saam met Delia gegaan het, maar Lucian het onmiddellike sake waaraan hy moet aandag gee.
Fri, 01 May 2026 - 3013 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 21
Shereen wil Delia meer betrek by die Bergplaas-kinders. David probeer vir Lucian oorreed om een van die ouer brandweerwaens na die kelder se klassieke motors-dag te bring. Bart, die polisiespeurder, ondervra Lucian oor sy verbinding met die Bergplaas-mense, en wat hy weet van die meisie se verdwyning daar.
Thu, 30 Apr 2026 - 3012 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 20
Dis die dag van die druiwetrapfees. Die meeste mense stop eers by die kelder voor hulle na Die Eerste Wingerd toe gaan. David en Amanda geniet hulleself met die trap van die druiwe in die oop vaatjie. Amelia sien dit, en is nie gelukkig met hoe die dag uitgedraai het nie.
Wed, 29 Apr 2026 - 3011 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 19
Delia is bekommerd oor die kinders se voedingsplan by die skool. Amelia vertel Amanda meer van die geskiedenis van Die Eerste Wingerd. Amelia wil betrokke raak by die byeboerdery, en sy laat Wolfgang presies verstaan hoe sy oor David en die Meyers voel.
Tue, 28 Apr 2026 - 3010 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 18
Bart wil by Fred weet wat hy kan onthou van die drie vroue se verdwyning. Shereen moet Delia moed inpraat ná ‘n moeilike dag by die plaasskool. Wolfgang probeer aan Amanda verduidelik hoekom die Bonnets en die Meyers mekaar nie kan verdra nie.
Mon, 27 Apr 2026 - 3009 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 17
Delia Davids, die nuwe juffrou by die plaasskool, beleef haar eerste dag van klas gee op die platteland. Shereen vertel vir Bart meer oor die gebeure van haar dogter se verdwyning 15 jaar gelede. David besluit dat die Kelder ook ‘n wyntrapfees sal hê, iets waarvan die Bonnets niks hou nie.
Fri, 24 Apr 2026 - 3008 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 16
Fred Smith, die skoolhoof, en Shereen bespreek die nuwe juffrou wat by die plaasskool begin. Bart is besig om met polisielint die droë dam af te skort. Amelia konfronteer hom hieroor. Fred gaan hoor by David of hy die krieketspan sal afrig, en Bart ondervra Shereen oor die verdwyning van haar dogter.
Thu, 23 Apr 2026 - 3007 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 15
Lisa is besig om haar tasse te pak. Sy wil wegkom van die plaas af, en is op pad na hulle vakansiehuis. Amelia konfronteer vir David omdat hy vir amper 12 jaar lank niks van hom laat hoor nie, maar nou skielik weer terug is in die vallei. Hy is hier vir ‘n ander rede as net om wyn te maak, en sy wil weet wat dit is.
Wed, 22 Apr 2026 - 3006 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 14
Regardt en Amelia besef hulle sal moet saamwerk om die plaas te red. Amelia vind uit dat David die nuwe wynmaker is, en sy is glad nie gelukkig hiermee nie. Amanda Roux probeer vir David oortuig dat sy ‘n baie goeie bemarkingsbestuurder vir die kelder sal wees.
Tue, 21 Apr 2026 - 3005 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 13
Groot aankondigings word by Die Eerste Wingerd gemaak. By die hotel word daar ‘n saamsingaand gereël, en die hele kontrei maak ‘n draai. Amelia Bonnet maak in die middel van die nag haar opwagting. Wat doen dié bekende aktrise op die plaas?
Mon, 20 Apr 2026 - 3004 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 12
Amanda Roux daag by die hotel op. Sy is Wolfgang se susterskind, en het ‘n groot guns om te vra. Regardt Bonnet konfronteer vir Bart Voster oor hy lede van die Bonnetfamilie durf ondervra oor die lyk in die dam.
Fri, 17 Apr 2026 - 3003 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 11
Speurder Bart Vorster ondervra vir Lisa Bonnet oor die lyk wat in die dam gevind is. Dis duidelik dat hy dink ’n misdaad is daar gepleeg. Anna McLean van die perdeplaas, Wolfgang en David wag by die hospitaal vir nuus oor Lucian.
Thu, 16 Apr 2026 - 3002 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 10
Regardt het David se hulp nodig om die water van die plaasdam te pomp na die damme by die kelder. Sal David vir Regardt help? Lucian moet by die plaasskool gaan slange vang, en die skoolhoof moet help. Dinge loop skeef, en Lucian word gepik.
Wed, 15 Apr 2026 - 3001 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 9
Wolfgang Roux probeer sy bes om ’n karaoke-aand vir die dorp te reël. Shereen het Lucian en die Brandweer se hulp nodig met haar klub vir ouer persone. David wil Wolfgang oortuig om hom te ondersteun teen Regardt.
Tue, 14 Apr 2026 - 3000 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 8
Shereen en Lisa is bekommerd oor die nuwe onderwyser wat die departement na die plaasskool wil stuur. David Meyer, die nuwe wynmaker, kom dadelik agter dat Regardt Bonnet wynlote agter die koöperasies se rug aanplant en in die buiteland verkoop. Hier kom die eerste van vele groot argumente tussen David en Regardt.
Mon, 13 Apr 2026 - 2999 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 7
Regardt is bekommerd oor die veiligheid in die vallei, en oor die water wat uit sy dam getap moet word. Lisa en Shereen bespreek die aanstelling van ‘n nuwe juffrou met die plaasskool se hoof. Wat sal Regardt doen oor al die water wat hy kan verloor?
Fri, 10 Apr 2026 - 2998 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 6
Lucian en David bedink ‘n slim plan om die diewe by die waterpompstasie te vang. Regardt en sy ma Lisa is bekommerd oor die impak van die lyk in die dam op die plaas en op hulle familie.
Thu, 09 Apr 2026 - 2997 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 5
Die dam op Die eerste wingerd moet leeggetap word om die res van die skelet te vind. Regardt Bonnet is baie ontsteld hieroor. David en Lucian moet saam ‘n buurtwag skof doen, en vind diewe by ‘n waterpomp. Sal hulle die diewe direk aanvat, of die polisie bel?
Wed, 08 Apr 2026 - 2996 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 4
Speurder Bart Voster vind uit dat die vermiste kind weggeloop het na sy ouma toe. Die soektog word afgelas, maar net voor die duikers uit die dam kom, vind hulle ‘n deel van ʼn menslike skelet.
Tue, 07 Apr 2026 - 2995 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 3
Die soektog na die vermiste kind beweeg van die rivier na die dam toe. David het grootgeword op Die eerste wingerd, en daar is nog onopgeloste sake tussen hom en die Bonnet-familie. Bart Voster, die polisiespeurder, neem die soektog oor en dadelik is daar spanning tussen hom en die mense van die Rooivallei.
Mon, 06 Apr 2026 - 2994 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 2
Een van die plaaswerkers se kinders het tydens die storm verdwyn. Almal is bekommerd dat hy in die rivier verdrink het. Shereen Kannemeyer besoek DIE EERSTE WINGERD, waar sy in haar jong dae gewerk het. Regardt Bonnet ontmoet die nuwe wynmaker, David Meyer, by die kelder. Sal hulle die vermiste kind lewend kan vind?
Thu, 02 Apr 2026 - 2993 - DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 1
Ontmoet die mense van Rooivallei: Die Bonnets wat op DIE EERSTE WINGERD bly; Shereen Kannemeyer, sakevrou en gemeenskapsaktivis; Wolgang Roux, die hoteleienaar; en Lucian Bantjies die Brandweerhoof. Dit is ‘n rustige gemeenskap, tot ’n storm losbars en David Meyer opdaag.
Wed, 01 Apr 2026 - 2992 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 22 (slot)
Jaffie is geskok deur Oom Vaaltyn se vertelling van wat van die Meester geword het, en wat dit van hom geverg het om sý roeping te vervul. Kort daarna beleef Jaffie waarskynlik die grootse skok van sy lewe, naas die verlies van sy geliefde Mama Mamra. Gelukkig skuil daar ’n helder silwer randjie om elke donker wolk, en kry Jaffie geleentheid om Oom Vaaltyn se dodelike krinkslagbyt meesterlik toe te pas. Op die koop toe kan hy pronk met die heel mooiste eselnooientjie in die kontrei aan sy sy!
Tue, 31 Mar 2026 - 2991 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 21
Almal wat die humeurige Jode-dier, Lewinog, ken, is verstom oor sy gedrag toe hy sy jong eselsvul buite ’n winkel in Jerusalem begin losmaak. Vaaltyn maak Jaffie bewus van die kruis wat vaalhaar-esels op hulle rûe het en wat dit beteken. Hoekom is die kruis op swarthaar-esels se rûe ’n fout? Jaffie hoor wie die Meester is. Klein Valta se belewenis laat alle eseldiere verstom staan.
Mon, 30 Mar 2026 - 2990 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 20
Oeroom Gerson vertel aan die ou-esels in Nasaret waarom die ou seuntjie van Nasaret na die wêreld gestuur is. Jaffie wonder wat ’n moeder van smarte is. Oorlee Mama Mamra laat Jaffie erg kopkrap oor wat moederskap is.
Fri, 27 Mar 2026 - 2989 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 19
Jaffie wonder waarom Oom Vaaltyn die naam, Jerusalem, telkens fluister wanneer hy na dié antieke stad verwys. Oeroom Gerson deel ’n wyse woord met ’n groep van die ou-esels op die oop plein voor die tempel in Jerusalem.
Thu, 26 Mar 2026 - 2988 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 18
Oeroom Gerson se wyse beginsel, baie praat, bietjie dink, slaan Jaffie dronk. Oom Vaaltyn probeer Jaffie oortuig dat selfs die regte Ribbok moontlik ’n sagte, liefhebbende eseldier mag wees, en nie ’n afskuwelike eseldierasie nie. Die Rabbi van Nasaret spreek die ou seuntjie van Josef en Maria aan soos geen ander ou seuntjie nog ooit aangespreek was of sal wees nie.
Wed, 25 Mar 2026 - 2987 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 17
Jaffie hoor van ’n groot kerk met ’n ronde dak soos ’n tamaai groot bergskilpad se dop. Oom Vaaltyn moet verduidelik hoe Oeroom Vaaltyn kon weet dat Maria ’n kramp in haar hart gekry het. Vaaltyn onthou waarom hy die naam, Nasaret nie moes vergeet nie. Oeroom Gerson gee insae in sy leerskool saam met die ou seuntjie van Josef en Maria.
Tue, 24 Mar 2026 - 2986 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 16
Josef, Maria en die ou kindjie pak ’n lewensgevaarlike tog aan. Jaffie se vroeëre begeerte om eendag deur ’n woestyn te loop, word onverwags in die kiem gesmoor. Vaaltyn vertel van die Asem van die Dood.
Mon, 23 Mar 2026 - 2985 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 15
Jaffie hoor van Oeroom Vaaltyn se buitengewone geboorte. Twee swarthaar-esels loop hulle rieme liederlik styf teen ’n vaalhaar-eselsvul. Klein Vaaltyntjie word deur ’n onbekende mensdier van sy geliefde Mama Bekka weggeneem.
Fri, 20 Mar 2026 - 2984 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 14
Oeroom Hakon voer ’n heldhaftige stryd teen tyd en gevare om sy roeping te vervul. Jaffie hoor hoe wonderbaarlik die liefde gesorg het vir Oeroom Hakon, Josef en Maria in die dorre woestyn. Oeroom Hakon kry ’n baie spesiale boodskap, en Jaffie kan nie glo wat sy oë sien nie.
Thu, 19 Mar 2026 - 2983 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 13
Vaaltyn vertel Jaffie wat Oeroom Hakon gedoen het om te verhinder dat Herodes se bose plan slaag. Oeroom Gerson gee ’n les oor die liefde, en Jaffie hoor waarom dit nooit raadsaam is om terug te verlang as jy moet vorentoe gaan nie.
Wed, 18 Mar 2026 - 2982 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 12
Jaffie hoor van die Nag toe die Dood op die Wind gery het. Oeroom Hakon maak ’n belangrike toespraak. Jaffie hoor van die bose plan van die wrede Koning Herodes, en waar kraaie hulle stemme vandaan gekry het.
Tue, 17 Mar 2026 - 2981 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 11
Oom Vaaltyn loop sy rieme styf. Jaffie leer van Oeroom Hakon se heldedade en van die oorlog waarin hy die vaalhaar-esels aangevoer het. Oom Vaaltyn se verlange na oorlee Nig Mamra raak vir hom te veel.
Mon, 16 Mar 2026 - 2980 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 10
Vaaltyn en Jaffie loop hulle rieme styf in die fyntuin. Jaffie hoor hoekom die son bloedrooi sak en wat dit beteken as die tarentale teen sononder skree. Jaffie leer ’n les wat hy nie lig sal vergeet nie.
Fri, 13 Mar 2026 - 2979 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 9
Bekka en Mofta kom tot ’n verrykende besef wat hulle nageslagte vir ewig sal beïnvloed. Jaffie verstaan nie waarom die wêreld ná daardie besondere nag in Bethlehem nooit weer dieselfde sou wees nie. Jaffie doen iets wat hy gesweer het hy nooit sou doen nie.
Thu, 12 Mar 2026 - 2978 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 8
Meer verstommende inligting oor ’n besondere nag in die stal van Bethlehem kom vir Jaffie aan die lig. Vaaltyn vertel Jaffie van die teken van die Groot Swaar wat alle skaapdiere op hulle koppe dra in die vorm van gedraaide haartjies wat die mensdiere kroontjies noem. Jaffie is geskok om te hoor wat Koos Kaller aan skaapdiere doen en wil weet of dit met die ou kindjie wat in die stal gebore is, ook sal gebeur.
Wed, 11 Mar 2026 - 2977 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 7
Bekka, die vaalhaar-esels se stammoeder, en Mofta, die koeidiere se stammoeder, bevind hulle in ’n stal in Bethlehem. Bekka is vroeër die aand aangegryp deur die groot hoeveelheid eseldiere, koeidiere, osdiere en kameeldiere wat sy so vreedsaam bymekaar sien lê het op die markplein waarna sy ’n voorgevoel gekry het, want sy het haar ongebore Vaaltyntjie in haar voel opspring. Mofta beaam dat daar iets anders in die lug is. Dit was die begin van ’n nag wat hulle albei nooit sal vergeet nie.
Tue, 10 Mar 2026 - 2976 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 6
Vaaltyn is geskok oor Jaffie se onkunde oor die vaalhaar-esels se geskiedenisse en roemryke voorgeslagte. Dat hy selfs dúrf vra of Oergrootjie Bekka – ’n stammoeder – ’n koeidier was! Vaaltyn benadruk hoe jaloers die twee onstigtelike koeidiere, Vlermuis en Witlies, sal wees as hulle moet uitvind van watter adellike afkoms die fatsoenlike Moffie is! Jaffie hoor vir die eerste keer van die mensdiere wat Kersfees vier.
Mon, 09 Mar 2026 - 2975 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 5
Jaffie gedra hom baie sleg in die koeikraal en haal homself die gramskap van Oom Vaaltyn op die hals. Jaffie hoor vir die eerste keer dat Tant Moffie, al is sy ’n koeidier, sy oorlee Mama Mamra se beste vriendin op Uitkyk was. Vaaltyn vertel Jaffie iets van Moffie wat hom verby sy stuitjie laat gril! Hy leer ook van die herkoms van muildiere en botterkoppe – en kry die ernstige vermaning van Oom Vaaltyn om tog nooit tot daardie vlak te daal nie.
Fri, 06 Mar 2026 - 2974 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 4
Jaffie moet erken dat hy die storie van Weltevrede en die nimmereindigende botterblomvelde nie kan glo nie, wat Vaaltyn ontstel. Vaaltyn wens hy kon na Weltevrede gaan waar Mamra op hom sou wag. Jaffie wil weet waar die Bokveld is, en hy hoor vir die eerste keer van die binneste en die buitenste esel. Hy maak ook vir die eerste keer kennis met die wysheid van Oeroom Gerson.
Thu, 05 Mar 2026 - 2973 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3
Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel.
Wed, 04 Mar 2026 - 2972 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2
Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het.
Tue, 03 Mar 2026 - 2971 - JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak...
Mon, 02 Mar 2026 - 2970 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot)
Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornelius de Lange?
Fri, 27 Feb 2026 - 2969 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39
Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld nie.
Thu, 26 Feb 2026 - 2968 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38
Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor...
Wed, 25 Feb 2026 - 2967 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37
Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel dit is die geval.
Tue, 24 Feb 2026 - 2966 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36
Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie.
Mon, 23 Feb 2026 - 2965 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35
Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie” het ‘n ingewikkelde definisie by Fortuna Trans.
Fri, 20 Feb 2026 - 2964 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34
Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?
Thu, 19 Feb 2026 - 2963 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 33
Sandra Jacobs word deur speursersant Fortuin ondervra. Arend Fillis onderbreek hulle ondervragingsessie met ontstellende nuus oor Stefan. Piet is woedend, en wil dadelik vir Stefan afdank, maar Sandra en Janine kom tot sy redding. Dan deel Sandra ‘n geheim wat die twee Du Preez-broers al vir so lank wegsteek. Miskien is hierdie die antwoord tot Norman se skielike omwenteling en vreemde gedrag?
Wed, 18 Feb 2026 - 2962 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 32
Rian het pas terug gekeer van die Kaap, en stel voor hulle moet begin beplan vir hulle volgende onwettige aflewering, maar Cor weier. Laurinda kuier by Janine, en saam deel hulle gelukkige herinneringe wanneer hulle deur ou familiealbums blaai. Stefan kom besope by die huis aan. Dit ontlok ‘n woordewisseling tussen hom en Janine. Dan sien hy ‘n bekende gesig in een van Janine se familiealbums...
Tue, 17 Feb 2026 - 2961 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 31
Maureen en Anika probeer hulle bes om Fortuna normaal te laat funksioneer ná die dood van hulle kollega, Shorty de Lange. Cor vind ‘n besope en onsamehangende Stefan in sy kantoor. Stefan smeek huilend om vergifnis, maar wie is die meisie waarvan Stefan praat, en wat weet speursersant Fortuin alles? Cor se agterdog en vrese word al hoe groter. Wat steek sy broer vir hom weg?
Mon, 16 Feb 2026 - 2960 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 30
Piet en Anika geniet ‘n romantiese aandjie uit. Piet het vir hulle ‘n duur hotelkamer met Franse sjampanje bespreek. Anika speel steeds die slagoffer, en probeer op Piet se gevoel speel. Piet en Cor geniet ‘n rustige potjie gholf om te ontspan. Cor wil weet watter parfuum hang in sy pa se motor, en Piet dink vinnig ‘n verskoning uit. Cor kry iets interessant in die motor se paneelkissie, wat Laurinda se wêreld uitmekaar laat tuimel.
Fri, 13 Feb 2026 - 2959 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 29
Almal is nog ontsteld ná Shorty se dood, en speursersant Fortuin wat gedurig oor hulle skouer loer maak dinge net erger. Anika praat per ongeluk haar mond verby, en lap belangrike inligting uit wat speursersant Fortuin oor die foon bespreek het. Sandra vind uit van Norman se verdwyning in Mosambiek. Sy het skielik ‘n belangrike oproep wat sy moet maak.
Thu, 12 Feb 2026 - 2958 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 28
Fortuin beskou Shorty se misdrywe as swak bestuur, en ‘n roekelose fout van Stefan se kant af. Stefan pleit onskuldig, en verdedig Rian se skielike verdwyning Kaap toe asook die saak van aanranding teen hom. Fortuin krap verder in Stefan se verlede. Rian het vir speursersant ‘n interessante brokkie inligting meegedeel. Wie is Andriëtte Grobbelaar?
Wed, 11 Feb 2026 - 2957 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 27
Rian word voor stok gekry deur sy pa en sy oudste broer. Rian hou vol dat hy homself teen Shorty moes beskerm. Noudat Shorty uit die prentjie is, kan hulle gerus wees dat die dissiplinêre verhoor geskrap sal word, want die aanklaer is oorlede. Norman word steeds geteister deur nagmerries. Janine bring vertroosting en veiligheid, maar wanneer Norman in sy slaap begin praat, hoor sy ontstellende inligting.
Tue, 10 Feb 2026 - 2956 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 26
Rian is terug van ‘n belangrike vergadering in die Kaap, en Cor is briesend. Rian erken dat hy wraak wou neem op Shorty. Die twee broers beraam planne, en stem ooreen om Shorty as die sondebok uit te maak en alles te ontken. Maurene en Anika probeer nog die skielike dood van Shorty verwerk. Sommer gou deel hulle skindernuus, en vind uit dat hulle dalk meer weet as wat die skuldiges besef.
Mon, 09 Feb 2026 - 2955 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 25
Speursersant Allister Fortuin is die ondersoekbeampte na die onnatuurlike dood van Shorty Swanepoel. Arend Fillis is eerste in die spervuur. Janine is bekommerd oor Norman, en vind vertroosting by haar skoonma. Dan onthul sy ‘n skokkende skets wat Norman by die spelterapeut geteken het. Hoekom staan Shorty se naam op die skets?
Fri, 06 Feb 2026 - 2954 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 24
‘n Dringende vergadering word belê ná die skokbevinding in die werkswinkel. Sandra Jacobs is aan die woord en verduidelik aan Piet en Stefan du Preez watter gevolge hulle, as maatskappy, in die oë sal moet staar. Cor is geskok oor die nuus, maar moet katvoet dans rondom Stefan se vrae. Vervalste nommerplate en verdunde diesel kom aan die lig. Wat het werklik in Mosambiek gebeur?
Thu, 05 Feb 2026 - 2953 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 23
Stefan en Janine het ‘n onrustige nag. Norman is veilig en ongedeerd terug by die huis, maar duidelik is alles nie pluis nie. Arend is agterdogtig oor Shorty se motor wat reeds by die werkswinkel staan, maar nêrens te vinde is nie. Geheime en bespiegelinge word vertroulik onder mekaar gedeel. Miskien is alles net Arend se verbeelding? Tot hy afkom op ‘n grutoneel...
Wed, 04 Feb 2026 - 2952 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 22
Cor vind vir Norman in ‘n verlate pakskuur tussen Ponta do Ouro en Ponta Milimangala. Cor bel vir Stefan om hom in te lig dat hulle op pad is, maar dat daar ‘n klein ongelukkie met een van die Mosambiekse drywers was. Rian vind vir Shorty waar hy besig is om aan ‘n trok te werk. Hy het slegs een doel voor oë – die waarheid en wraak.
Tue, 03 Feb 2026 - 2951 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 21
Rian word uit ‘n belangrike vergadering geroep om dadelik vir Sandra van HR te sien. Shorty versoek ‘n dissiplinêre verhoor en steun vanaf die KBVA. Cor bel vir Rian met die nuus dat Norman steeds skoonveld is. Rian begin besef Shorty se stories klop nie, en hy weet dalk meer as wat hy voorgee. Met die gebruik van ‘n toep vind hulle gou Norman se laaste selfoonkoördinate. Sal Cor betyds wees?
Mon, 02 Feb 2026 - 2950 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 20
Janine en Stefan ontspan heerlik in ‘n afgesonderde ruskamp naby Johannesburg. Janine is bekommerd as sy steeds nie vir Norman in die hande kry nie. Rian stel Stefan gerus dat alles goed afgeloop het, en hy jok flink deur te sê dat Cor en Norman besluit het om nog ‘n paar dae langer in Mosambiek te bly. Shorty het pas teruggekeer van Mosambiek. Rian konfronteer hom, en gou klap die vuiste, maar hierdie keer slaan Shorty terug...
Fri, 30 Jan 2026 - 2949 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 19
Cor en Shorty vier die suksesvolle aflewering van hulle onwettige goedere. Cor is veral opgewonde oor hoe maklik hulle die paneelkameras kon ontduik, maar raak dan bekommerd omdat Norman nog nie tuis is nie. Shorty speel dom en sê hy het hom by die strand afgelaai soos beveel. Anika dreig Piet met ‘n verdraaide storie van hulle skelm verhouding. Piet beloof haar ‘n vakansie in Frankryk vir haar stilswye. Die telefoon lui. Dit is Cor, met ontstellende nuus...
Thu, 29 Jan 2026 - 2948 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 18
Dit is die geselskap se eerste dag in Mosambiek. Cor geniet sy broerskind se entoesiasme en leergierigheid. Hulle meld aan vir die aflaai van die kratte. Rian bel om te hoor of die spesiale “transaksie” al plaasgevind het. Cor verseker hom dat hulle vir Norman by die strand sal aflaai voor hulle geheime ontmoeting met die smokkelbaas, Galish. Shorty laai vir Norman by die strand af, maar sommer gou sien Norman dat hy nie op ‘n see-uitstappie is nie...
Wed, 28 Jan 2026 - 2947 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 17
Arend Fillis word ingeroep vir ‘n ontmoeting met Sandra Jakobs. Maureen stel hom gerus dat hierdie ‘n onskuldige ontmoeting is. Arend voel egter dat daar meer agter hierdie vergadering skuil as wat Sandra voorgee. Sandra laat val dat daar ongerymdhede in die werkswinkel plaasvind. Arend besef vinnig hy is nie net aangestel as motorwerktuigkundige nie.
Tue, 27 Jan 2026 - 2946 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 16
Dit is die aand voor die groot aflewering van Mosambiek. Janine voel onrustig oor die feit dat Norman saamgaan. Sy voel dat Cor nie bevoeg is om as voog op te tree nie. Stefan stel haar gerus, en stel voor dat hulle vir ‘n naweek weggaan om te gaan ontspan en te vergeet van al die Fortuna-familiedrama.
Mon, 26 Jan 2026 - 2945 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 15
Rian flankeer skaamteloos met Anika en maak ‘n aanbod dat sy sy persoonlike assistent kan word vir dubbeld haar salaris. Arend sien iets verdag op Shorty se lessenaar, maar speel dom. Arend noem dat mensehandel ‘n groot probleem is, en dat hy wil weet wat is die sekuriteitsmaatreëls rakende die Fortuna-trokke is wanneer hulle oor die grens gaan. Dan kry Shorty ‘n slinkse plan...
Fri, 23 Jan 2026 - 2944 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 14
Laurinda nooi vir Janine om by haar te kom tee drink. Piet daag by die huis op met ‘n bos lelies. Laurinda kry dadelik snuf in die neus. Piet speel dom oor die geheime stemboodskap, en noem dat dit vir Cor of Rian bedoel was. Hy beskuldig Anika dat sy rooihakskene het, en dat sy ‘n romantiese verhouding met een van die twee broers wil aanknoop.
Thu, 22 Jan 2026 - 2943 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 13
Dit is Arend Fillis, die nuwe motorwerktuigkundige van Fortuna Trans, se eerste dag. Maureen hou dadelik van hierdie onskuldige jong seun met sy mooi maniere. Shorty hou niks van die gedagte dat hy ‘n stertjie gaan kry om op te pas nie. Sommer gou stel hy belaglike eise en opdragte aan Arend, wat Arend maar gedweë moet uitvoer. Shorty kry die gevoel dat Stefan hom dophou, maar hy sien sommer gou Arend is skadeloos. Of is hy?
Wed, 21 Jan 2026 - 2942 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 12
Anika en Piet het ‘n geheime ontmoeting waar hulle ontbyt geniet by hulle gunsteling koffiewinkel. Rian sien hulle toevallig raak, en die paartjie moet vinnig kleitrap en die ontmoeting afmaak as ’n sake-ete. Rian vind uit dat Norman saam Mosambiek toe gaan, en hy sien rooi. Cor het weer sy eie kop gevolg.
Tue, 20 Jan 2026 - 2941 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 11
Cor wys vir Norman hoe lyk die trokke en die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Hy verduidelik wat die kameras alles kan doen, en manipuleer die situasie met Norman se voorliefde en passie vir rekenaarspeletjies en elektronika tot sy voordeel. Shorty keur dit glad nie goed nie. Cor vra vir Stefan of Norman kan saamkom Mosambiek toe, en gebruik hul wankelrige verhouding as troefkaart. Sal Stefan instem?
Mon, 19 Jan 2026 - 2940 - FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 10
Cor en Shorty probeer ‘n stokkie voor die nuwe paneelkameras se beeldmateriaal steek. Cor kry, met die hulp van ‘n jong IT-student, ‘n spesiale program wat ‘n gedokterde filter oor die beelmateriaal kan plaas. Cor oortuig vir Norman om van syfers en boekhou te vergeet, en liewer te fokus op die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Norman is dadelik geïnteresseerd. Miskien is Fortuna Trans nie so vervelig soos wat hy gedink het nie.
Fri, 16 Jan 2026
Podcasts similar to Middagvervolgverhaal
Cold Case Files A&E / PodcastOne
Global News Podcast BBC World Service
True Crime Case Files Ed O'Leahy
Forensic Files HLN
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe JacPod
Joel Osteen Podcast Joel Osteen, SiriusXM
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
Lewende Woord Hartenbos Bybel 101 Lewende Woord Hartenbos
True Crime Investigation Manuel
Die bankroof – ’n vervolgverhaal Maroela Media
Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal Maroela Media
The Mel Robbins Podcast Mel Robbins
RSG Geldsake met Moneyweb Moneyweb Radio
Snapped: Women Who Murder Oxygen
Darren “Whackhead” Simpson’s prank calls on Kfm Mornings Primedia Broadcasting
The Midday Report with Mandy Wiener Primedia Broadcasting
Kommentaar RSG
Monitor RSG
RSG Dokumentêr RSG
Spektrum RSG
TED Talks Daily TED
Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans Thru The Bible Afrikaans, Die Bybel vir Vandag
Other Arts Podcasts
Radioteater RSG
Deeper Shades of House - weekly Deep House Podcast with Lars Behrenroth Lars Behrenroth
Kortom RSG
DEEP HOUSE LOUNGE - EXCLUSIVE DEEP HOUSE MUSIC PODCAST Bryon Stout: deep house music guru
Lunch with Pippa Hudson CapeTalk
STORIES TELLING STORIES STORIES TELLING STORIES
DeepHouseDubSunsets by Sir Tso Khutso
Bible 101 - Through the Bible Truth Tabernacle
Team No Sleep Ace of Spades
Sherlock Holmes Short Stories NOISER
PleasureTown Chicago Public Media
The Archers BBC Radio 4
Weekend Breakfast with Sara-Jayne Makwala King CapeTalk
Reggae-Hour B.O.S.S. Radio
Classic Radio Drama solgoodmedia.com
Rocky Jordan Presented by the Great Detectives of Old Time Radio Adam Graham Radio Detective Podcasts
KCRW Berlin Amplified: Leitmotifs KCRW Berlin
Classic Books Sol Good Network
School of War The Free Press
House Music Curated Le Good Life
