Nach Genre filtern

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.

653 - Besit jy jou geld, of besit dit jou? | 7 goue geldreëls | 7 Uitputbare Bronne | Bron 4: Geld
0:00 / 0:00
1x
  • 653 - Besit jy jou geld, of besit dit jou? | 7 goue geldreëls | 7 Uitputbare Bronne | Bron 4: Geld

    Geld is ’n goeie dienaar, maar ’n slegte meester. Watter plek het dit in jou hart?

    In hierdie boodskap ontdek ons sewe goue geldreëls uit die Bybel: van tevredenheid en vrygewigheid tot die gevaar van geldgierigheid. Hoe bestuur ons dit wat God aan ons toevertrou het, stel ons sy koninkryk eerste en geniet ons sy goedheid met dankbaarheid?

    Skrifgedeeltes: Lukas 16:1–13; Matteus 6:19–20; 1 Timoteus 6:6–10, 17–19.

    Deel 5 van 10 | Uitputbare Bron 4: Geld
    Tygerberg Gesinskerk

    Sun, 08 Nov 2026 - 33min
  • 652 - Hoe gesond is jy regtig? | 7 Uitputbare Bronne – Deel 4

    Hoe gaan dit regtig met jou—na liggaam, siel en gees?

    Gesondheid is ’n uitputbare bron wat ons maklik as vanselfsprekend aanvaar. In hierdie episode van 7 Uitputbare Bronne kyk ons na drie areas van ons gesondheid: ons liggaam, ons gedagtes en emosies, en ons verhouding met die Here.

    Ons gesels oor die verantwoordelikheid om ons liggaam te versorg, die bekommernisse en laste wat ons saamdra, en wat dit beteken om vir Jesus die laaste sê in elke deel van ons lewe te gee.

    Jesus nooi dié wat moeg en oorlaai is om by Hom rus te vind. Watter bagasie moet jy vandag neerlê?

    Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 5:16–24
    Reeks: 7 Uitputbare Bronne | Deel 4 van 10
    Tema: Gesondheid – Wees gesond, van binne na buite

    Sun, 01 Nov 2026 - 33min
  • 651 - Wat doen jy met jou talente? | 7 Uitputbare Bronne – Bron 2

    Bêre jy jou talente vir “eendag”? Maar wat as daardie dag nooit kom nie?

    In hierdie tweede boodskap van ons reeks, 7 Uitputbare Bronne, ontdek ons uit Lukas 19:11–27 hoe ons getrou kan omgaan met dit wat God aan ons toevertrou het.

    Jou talente, vaardighede en gawes bied geleenthede om ander te dien en Jesus se liefde sigbaar te maak—in die gemeente, by jou werk en in jou alledaagse lewe. Moenie wag vir die perfekte geleentheid nie. Begin met wat jy het, waar jy is, totdat Hy terugkom.

    Skriflesing: Lukas 19:11–27

    Sun, 25 Oct 2026 - 39min
  • 650 - Wat maak jy met die tyd wat jy het? | 7 Uitputbare Bronne – Bron 1

    Tyd is ’n geskenk van God—maar ons het nie ’n onbeperkte voorraad daarvan nie. Hoe gebruik ons die tyd wat aan ons toevertrou is?

    In hierdie boodskap besin ons oor ons beperkte tyd op aarde en hoe ons dit met wysheid kan benut. Vanuit Prediker 3 en Efesiërs 5 ontdek ons hoe om met toewyding aan die Here te leef en ons tyd te belê in dit wat ewigheidswaarde het.

    Dit gaan nie net oor hoe lank ons leef nie, maar oor wat ons met ons lewe doen.

    📖 Prediker 3:1–4, 11 | Psalm 90:10 | Efesiërs 5:16–17
    🎙️ Tygerberg Gesinskerk

    Sun, 18 Oct 2026 - 27min
  • 649 - Mors jy jou lewe sonder om dit te besef? | 7 Uitputbare bronne – Deel 1

    Jy kry net een lewe. Wat doen jy met dit wat God aan jou toevertrou het?Ons sien maklik wanneer water of geld vermors word. Maar besef ons wanneer ons ons eie lewe mors?In die eerste deel van ons reeks “Moenie jou lewe mors nie” kyk ons na Jesus se gelykenis van die talente in Matteus 25. Nie almal ontvang ewe veel nie, maar elkeen ontvang iets—en wat ons daarmee doen, maak saak.Jou tyd, talente en gawes, gesondheid, geld, geleerdheid, geleenthede en verhoudings is kosbaar én uitputbaar. Gebruik jy dit om jou eie koninkryk te bou, of om God se koninkryk uit te bou?Hierdie boodskap nooi jou om opnuut te vra: “Here, wat wil U hê moet ek doen met wat U vir my gegee het?”-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro12:06 Punt 2: Nie almal het eweveel ontvang nie | DIE OENSKYNLIKE AGTERSTAND17:34 Punt 3: Almal van ons moet werk met wat ons gekry het | DIE SON TREK WATER20:51 Punt 1: Dit behoort nie aan my nie, en ek behoort nie aan myself nie |DIE GROTER PRENTJIE25:53 Punt 4: Daar kom ‘n dag van beloning | ELKEEN WAT SAAI SAL OES!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kyk saam en deel die boodskap met iemand wat dit nodig het. Teken in op ons kanaal om die res van die reeks te volg.Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#MoenieJouLeweMorsNie #TygerbergGesinskerk #AfrikaansePreek

    Sun, 11 Oct 2026 - 28min
Weitere Folgen anzeigen