Podcasts by Category
- 259 - Die Leeu en die Reus
Hierdie lewe is nie aldag maklik om te leef nie. Jesus het dit baie duidelik vir ons geleer. Selfs in moeilike en uitdagende tye waarin ons leef met leeus en reuse wat ons wil bang maak - kan ons dapper en vol moed wees. Dawid en Benaja leer ons dit.
Sun, 06 Sep 2026 - 30min - 258 - Wie het jou vertel?Sun, 30 Aug 2026 - 29min
- 257 - Hoe verf jy?
Ons mag nooit toelaat dat ons verhouding met die Here stagneer nie. Die Here het ons geroep om Hom met passie en energie te dien. Daar moet altyd vordering en groei wees.
Sun, 23 Aug 2026 - 29min - 256 - Skryf jou toets
Ons het 'n keuse: wees tevrede met 'n gemiddelde lewe of kies die lewe in oorvloed. Die Here berei ons voor en dan kom die toets en daarna die deurbraak en die groei. Skryf jou toets en moenie dat vrees jou ontneem van jou volle potensiaal nie. Daar is meer, die Here beplan vir jou 'n A in hierdie lewe!
Sun, 16 Aug 2026 - 33min - 255 - Waar God my ontmoet
Waar God MY Ontmoet… Dis soms nie waar ons verwag nie, maar die Here sien ons en Hy ontmoet ons net daar waar ons is.
Sun, 09 Aug 2026 - 26min - 254 - Waar's my groei?
Ons beleef soveel kere in die lewe dat ons al verder moes gewees het, meer gegroei het. Soms voel dit of dit die een ding na die ander gebeur, soos ? muur waar deur jy nie kan kom nie. Ons dien ? God wat mure kan breek en ons help om te groei en te word waarvoor Hy ons gemaak het.
Sun, 02 Aug 2026 - 19min - 253 - Wees sterk en doen die werk
Jy het werk op aarde wat net jy vir die Here kan doen. Dawid moes oorlog maak, Salomo moes tempel bou en jy? Ons word soms moeg, ons verstaan nie altyd die Here se plan nie, maar Dawid se boodskap aan sy seun Salomo is vandag ook die Here se boodskap aan Sy seuns en dogters: Wees sterk en doen die werk! Dis altyd die moeite werd om vir Jesus JA te sê!
Sun, 26 Jul 2026 - 34min - 252 - Krywastoot maak jou dood.
Ons as mens is so goed met verskonings, hoekom ons sekere dinge NIE kan doen nie. Ons gaan moet leer om die regte goed te glo oor wie die Here vir ons sê ons is.
Sun, 19 Jul 2026 - 34min - 251 - Wat wil jy hê ?Sun, 12 Jul 2026 - 26min
- 250 - Gawe van Droogmaak
Ons almal maak droog, sommige meer as ander. Alle mense misluk en stel andere teleur. Maar wat as ons God teleurstel? Sy genade is groter as wat ons dink!
Sun, 05 Jul 2026 - 30min - 249 - MAAR...
Van buite af kan alles so mooi en goed lyk, tog het ons almal se lewens 'n MAAR. Daardie een dink wat jy nie vir jouself kan doen nie en waarvoor jy die Here nodig het. Ons soek uiterlike wonderwerke, maar die grootste wonderwerk is wat in ons harte gebeur. Die Here soek nederige en gehoorsame harte.
Sun, 28 Jun 2026 - 29min - 248 - Vadersdag
Waarvoor gaan jy onthou word? Wat gaan ons nalaat in mense om ons se lewens? Dit is nie so moeilik as wat ons dink nie.
Sun, 21 Jun 2026 - 30min - 247 - Jy's 'n instrument
Die Here wil jou gebruik! Hoe? Hoekom? Kom ons word meer in gestem sodat ons lewens eer aan God kan bring
Sun, 14 Jun 2026 - 30min - 246 - Die lewe in ‘n kunsmatige wêreld
Ons lewe in ? wêreld waar ons sukkel om alles te glo. Wat is die waarheid? Wat is kunsmatig? Is daar ooit nog iets wat eg is? Ons het ? verantwoordelikheid as kinders van die Here in hierdie tyd.
Sun, 07 Jun 2026 - 27min - 245 - Die Effek van die Heilige Gees.
Die Heilige Gees is ons Trooster en Helper, maar wat beteken dit? Wat was die effek van die Heilige Gees op die vroeë kerk in Handelinge en watter effek het die Heilige Gees op jou lewe in 2026? Laat Hom toe om jou knikkende knieë weer sterk te maak
Sun, 31 May 2026 - 29min - 244 - Hoekom voel ons soms leeg ?
LEEG is soms ? gevoel wat elke mens beleef. Daar is ? rede hoekom en die Heilige Gees se koms het ons kom leer HOE om weer vol te voel
Sun, 24 May 2026 - 26min - 243 - Wat van WAG
Almal van ons gaan deur tye waar ons moet WAG… Wat gebeur met ons in die WAG tye? Mag ons nie mis wat God vir ons mis opdat ons te gou ophou soek nie
Sun, 17 May 2026 - 27min - 242 - Hemelvaart
Soms onderskat ons die belangrikheid van Hemelvaart. Hierdie gebeurtenis leer ons om meer rustig te lewe
Thu, 14 May 2026 - 18min - 241 - Soet Suur Woorde
Jou woorde en jou invloed op mense se lewens kan soet wees soos heuning of suur soos asyn. Jou invloed kan generasies raak. Ons almal sukkel soms met hierdie tong wat vloek en seën. Kies die lewe!
Sun, 10 May 2026 - 24min - 240 - Jy pas êrens in
Ons as mens is geskep om in verhouding met mense te staan. Elke mens pas êrens in, maar ons het ook ? verantwoordelikheid teenoor andere soos Jesus ons kom leer het.
Sun, 03 May 2026 - 30min - 239 - Mense en hulle dinge
Waar daar mense is, is daar konflik. Hoe hanteer 'n kind van God konflik? Ons vrede begin by Jesus. Moenie toelaat dat mense en hulle dinge jou vrede steel nie. Die lewe is te kort om tyd te mors met konflik en baklei. Jaag die vrede na met God, in jouself en ook met die mense om jou.
Sun, 26 Apr 2026 - 29min - 238 - Jesus Verstaan MY
Jesus was ‘n mens net soos ek en jy, gevoel wat ons voel. Hy het ook beleef wat ons beleef... en daarom kan ons met Hom ‘relate’. Die groter waarheid, Sy oorwinning is ‘n realiteit, al beleef ons dit nog nie in ons situasies nie.
Sun, 19 Apr 2026 - 26min - 237 - Gaan net aan
Jesus se Opstanding was nie die einde nie, dit was slegs die begin vir ons as Sy kinders en Sy Kerk. Ons moet net aangaan waar Hy opgestaan uit die dood en ons alles gee vir Sy saak.
Sun, 12 Apr 2026 - 27min - 236 - Die Kruis is VOL
Wat is die rede vir so baie bloed op Goeie Vrydag? Hoekom was die kruis so wreed? Die antwoord begin in Genesis.
Fri, 03 Apr 2026 - 30min - 235 - God is in die detail
Jesus verskyn 5 keer aan verskillende mense gedurende Opstanding Sondag. Daar is 'n doel met elke verskyning, want God beplan alles in detail. Jesus leef en is in die detail van jou lewe betrokke.
Sun, 05 Apr 2026 - 32min - 234 - Die Kruis is VOL
Wat is die rede vir so baie bloed op Goeie Vrydag? Hoekom was die kruis so wreed? Die antwoord begin in Genesis.
Thu, 03 Apr 2025 - 30min - 233 - Lê jou mantel neer
Op Palm Sondag skree die mense: Hosanna en lê hulle mantels voor Jesus neer. Die toets kom egter op Vrydag as die kruis gedra word. So baie mense se aanbidding sterf êrens tussen Sondag en Vrydag. Die palms in my hand en die kruis in my hart moet dieselfde lied sing. Dit is dieselfde Jesus wat op die donkie gery het, aan die kruis gehang het en die dood oorwin het, Hy verdien altyd ons aanbidding.
Sun, 29 Mar 2026 - 28min - 232 - Wat kies jy?
Die Here roep elkeen van ons om saam met Hom te bou. Ons het ? keuse van materiaal, maar ons moet mooi en reg kies. Jesus gaan kom inspeksie doen oor hoe ons bou.
Sun, 22 Mar 2026 - 27min - 231 - Geseënd met ‘n bietjie SOUT.
Wat is jou Definisie van Geseënd wees? Miskien het God vir ons ‘n doel om uit te leef. Mag ons groei in HOE God ons elke dag gebruik.
Sun, 15 Mar 2026 - 21min - 230 - Mag ek hier stop?
Wat is dit wat Jesus bekommerd maak? Mag ek en jy nooit die oorsaak daarvan wees nie. Ons gaan aanhou vertrou en aanhou glo.
Sun, 08 Mar 2026 - 30min - 229 - Stomp Byl
Om ‘n boom af te kap met ‘n stomp byl vat baie moeite! Maar die Here wil hê ons moet skerp wees. Om te groei kort ons SY Wysheid, kom ons word skerp soos wat ons tyd saam die Vader spandeer.
Sun, 01 Mar 2026 - 22min - 228 - 11 Talent Mense
Die Here het vir ons meer gegee as wat ons dink. Die vraag is: Wat doen ons met DIT wat Hy gegee het? Hy verwag van ons om 11 Talent mense te wees.
Sun, 22 Feb 2026 - 31min - 227 - Jou Baadjie
Identiteit kom eerste en dan volg gedrag. 'n Skoolbaadjie spreek van identiteit. Ons dra ook geestelike klere wat wys aan watter koninkryk ons behoort. Ons identiteit as kinders van God bepaal ons gedrag teenoor ander mense. Hoe lyk jou geestelike baadjie?
Sun, 15 Feb 2026 - 34min - 226 - Die effek van gehoorsaamheid
GROEI... Is die effek van gehoorsaamheid... Maar dikwels begin dit eers wanneer ons motivering nie meer werk nie.
Sun, 08 Feb 2026 - 28min - 225 - Dit begin met 1
Groei is nie só ingewikkeld nie. Daar moet saad in die grond wees en wat dan moet gebeur- dit moet groei. Dit is God se verantwoordelikheid. Dit begin altyd by EEN. 1 saad. 1 besluit. Dit begin met 1.
Mon, 02 Feb 2026 - 24min - 224 - Groei koringkorreltjie groei!
Groei beteken soms wag! Hou net aan om die regte ding te doen en vertrou die Here om die oes te gee. Geleidelik groei ons en skielik antwoord Hy! Wees wakker om nie onkruid in jou lewe toe te laat nie. Groei koringkorreltjie groei!
Sun, 25 Jan 2026 - 25min - 223 - Groei
Ons sal nooit iets kan laat groei nie, dit is altyd die Here se werk. Ons verantwoordelikheid is om die Here iets te gee om mee te werk. 2026 is die jaar van ongekende GROEI!
Sun, 18 Jan 2026 - 30min - 222 - Duine & Sand 2026
Ons gaan in 2026 kom waar die Here wil hê ons moet wees. Ons verantwoordelikheid is om tree vir tree agter Hom aan te stap en ons lewens op Hom te bou.
Sun, 11 Jan 2026 - 26min - 221 - Wees Anders in 2026Sun, 04 Jan 2026 - 29min
- 220 - Oujaar PerspektiefWed, 31 Dec 2025 - 16min
- 219 - Die Kersfees GeskenkThu, 25 Dec 2025 - 16min
- 218 - Dis amper Kersfees
Die Herders het met die eerste Kersfees iets beleef en gesien toe hulle Jesus vind in die krip. Vir altyd is hulle lewens verander en nuut agv Jesus. Mag ons lewens ook anders wees en die genade wat Jesus gebring het deel met mense.
Sun, 21 Dec 2025 - 20min - 217 - Die Herder & Die Lam
Ons God het 'n Herdershart. Hy was Abraham, Isak, Jakob, Josef en Dawid se Herder. Jesus is ons Goeie Herder wat ook die Lam van God geword het. Ons kan 'n Geseënde Kersfees gevul met vrede geniet, want ons sonde is vergewe en ons Herder is ons Leidsman.
Sun, 14 Dec 2025 - 29min - 216 - Ons het Kersfees nodig
Wat sal God wil hê vir Kersfees? Miskien is dit 'n belangriker vraag as wat ons ooit sal besef. Jou en my hart is vir die Here kosbaar, maak nie saak hoe hy lyk nie.
Sun, 07 Dec 2025 - 21min - 215 - Die Volheid van Die Tyd
Ons lees in Gal. 4:4 dat God vir Jesus gestuur het in die volheid van die tyd. Daar was sekere dinge wat in plek moes wees voor Jesus aarde toe gekom het, maar toe die tyd presies reg was is Jesus gebore in Betlehem. Op presies die regte tyd sal God ook jou gebede beantwoord. God werk terwyl ons wag! Mag jy Sy vrede beleef in die wagtye.
Sun, 30 Nov 2025 - 29min - 214 - Altyd daar
In ? lewe waar jy so gou teleurgestel word deur mense en omstandighede en soms voel dit of alles so onbetroubaar is kan jy verseker weet: Die Here is ALTYD getrou en ALTYD daar.
Sun, 16 Nov 2025 - 20min - 213 - Vis op die VloerSun, 09 Nov 2025 - 25min
- 212 - Die pad na jou DOEL
Elkeen van ons het ? doel in die lewe. Josef se lewe leer ons dat daar wel ? verskil tussen ? mylpaal, jou droom en jou doel is.
Sun, 02 Nov 2025 - 36min - 211 - Waarde van Dankbaarheid
Ons is in die lewe meer bevoorreg as wat ons besef. Ons kan so maklik onvergenoegd en ontevrede deur die lewe gaan. Daar is soveel waarde in ? lewe van dankbaarheid. Kies wie jy gaan wees!
Sun, 26 Oct 2025 - 27min - 210 - Hanteer die seer
Een van die Here se name is Jehovah Rapha, die Here wat my gesond maak. Die Here genees ons fisiese, geestelike en emosionele seer. Daar is geen pyn op aarde wat Jesus nie gesond kan maak nie. Na die bitter water van Mara kom die fonteine en palmbome van Elim. Daar is altyd hoop in Jesus.
Sun, 19 Oct 2025 - 26min - 209 - Perspektief
Elkeen van ons kyk op ? ander manier na dinge en situasies in die lewe. Dis is perspektief. Hoe lyk jou perspektief? Die Here se wil is dat ons die regte perspektief in die lewe moet hê.
Sun, 12 Oct 2025 - 26min - 208 - VASHOUPLEKSun, 05 Oct 2025 - 30min
- 207 - Woorde van Waardering
Die Here praat al vyf die liefdestale met ons. Hoe bewys jy jou liefde aan Hom? Praat jy woorde van waardering of woorde van kritiek? Selfs in die tye wat ons wag vir antwoorde en nie alles verstaan nie kan ons woorde gebruik om Jesus lief te hê. Weet Jesus jy het Hom lief as Hy luister na jou woorde?
Sun, 28 Sep 2025 - 25min - 206 - God bly getrouSun, 21 Sep 2025 - 25min
- 205 - Wie is God - Regtig?
Wie is God vir jou? Kwaai, eenkant, ver, onbereikbaar? God is beter as wat jy dink- God is GOED. Verwag dat iets goed met jou vandag gaan gebeur.
Sun, 14 Sep 2025 - 29min - 203 - QR Codes
Ons lewe in 'n tydperk van QUICK RESPONSE. Hoe vinnig is jy om te reageer op die Stem van die Heilige Gees? Is jy 'n "Quick Responder"? God het al 2000 jaar gelede gereageer op ons sonde en Jesus gestuur om te sterf aan die kruis.
Sun, 07 Sep 2025 - 21min - 202 - Jesus IS
Dis moeilik om by die waarheid te hou as ons nie gefokus is op Jesus en Hy as die middelpunt van ons lewens nie. Filter alles deur Jesus se werke want net Jesus is ons fondasie... die Rots waarop ons bou.
Sun, 31 Aug 2025 - 26min - 201 - Verander JOU wêreld
Is dit so moeilik om jou wereld te verander? Dit is meer eenvoudig as wat ons mag dink, maar dit gaan jou iets kos. Jy en ek gaan moet ‘brand’.
Sun, 24 Aug 2025 - 31min - 200 - Jy raak God se hart
Ek en jy het die vermoë om ons hemelse Vader se hart hartseer te maak of bly te maak. Die Vader, Jesus en die Heilige Gees het al drie diep emosies en beleef hartseer en vreugde. Hoe raak JY God se hart? Sy liefde brand te sterk vir jou om ooit op te gee op jou.
Sun, 17 Aug 2025 - 27min - 199 - Weerkaats Jesus
Alles kos iets... Is ons bereid om ons lewens as ‘n ‘Sacrifice’ neer te lê, en God te Worship in Surrender? “Jy word soos dit/die een wat jy aanbid.” Kom ons word meer soos Jesus.
Sun, 10 Aug 2025 - 26min - 198 - Die Stoel, Die Handdoek & Die Stok
Daar is 3 soorte mense wat Jesus volg. Vind uit watter een is jy. Die Here roep ons tot meer en wil ons altyd hoër vat. Mag jy ge-‘stretch’ word!
Sun, 03 Aug 2025 - 31min - 197 - KOS VIR 'N HONGER HART
Ons Hemelse Vader wil vir ons honger harte kos gee, daarom het Hy vir ons die Heilige Gees gestuur. Die Heilige Gees is 'n Persoon met 'n persoonlikheid. Eienskappe van Sy persoonlikheid is dat Hy verstaan wat jy nodig het, Hy gee jou krag en Hy is baie kreatief. As ons leer om sensitief te wees vir Sy Stem sal Hy ons honger harte versadig. Moenie die Heilige Gees weerstaan nie.
Sun, 27 Jul 2025 - 25min - 196 - Dis nie joune nie
Die Here het ons as mens geskape om te heers. Deur sonde het ons daardie heerskappy verloor maar Jesus het weer vir ons daardie kroon van heerskappy teruggegee. Daardie kroon behoort altyd aan Hom wat op die troon sit.
Sun, 20 Jul 2025 - 33min - 195 - Hoor jy?
Soms sukkel ons om God se stem te identifiseer en mooi te hoor... Dalk is ons lewens se Noise-Level die rede hoekom ons nie Hoor nie. Leef met 'n ingesteldheid om te Hoor wat God sê en Sy Vrede te beleef.
Sun, 13 Jul 2025 - 23min - 194 - Die 4 woorde wat alles kom verander het
Alles in hierdie lewe het 'n doel. JY ook! Moet nooit jou doel buite jou Bron gaan soek nie. Die Here het 'n manier om weer lig te bring waar dit woes, leeg en donker is.
Sun, 06 Jul 2025 - 28min - 193 - Remember
Hoekom is dit belangrik om die Wonders en Stories van God se Goedheid te onthou? Soms sien ons nie, soms hoor ons nie, maar ons kan altyd ONTHOU, en dit beïnvloed hoe ons die berge voor ons sien.
Sun, 29 Jun 2025 - 26min - 192 - Die Granaatboom
Billy Graham het gesê: "You cannot follow God in neutral." Ons het altyd 'n keuse: gaan ons soos Jonatan wees wat hande-viervoet 'n berg uitklim om gehoorsaam te wees aan God se Stem of gaan ons soos Saul wees wat onder die Granaatboom sit! 1 Sam. 14. Daar is 'n doel met jou lewe: om te doen wat die Here op jou hart lê en in jou gees fluister. Kom ons gaan!
Sun, 22 Jun 2025 - 26min - 191 - Average (Vadersdag)
Ons is nie gemaak om ‘average’ te wees of te leef nie. Ons is gemaak vir soveel meer. Die Here se wil vir ons is ? lewe van oorvloed. Wees nie ‘common’ nie.
Sun, 15 Jun 2025 - 30min - 190 - Heilige Gees (Pinkster)
Jesus gee vir ons ‘n Rivier van LEWENDE WATER... Maar wat beteken dit? Wat is die Rivier? En hoe werk die Heilige Gees in ons lewens? Esegiël 47 gee vir ons ‘n beeld van dit wat IN ons is. Mag ons meer bewus en sensitief wees vir die Heilige Gees se leiding in ons lewens
Sun, 08 Jun 2025 - 29min - 189 - Die Postuur van Aanbidding
Hoe lyk jou en my passie? Het ons ? gesindheid van nederigheid? Leef ons in afhanklikheid teenoor die Here? OF leef ons met ? hart van hoogmoedigheid? Wat net altyd my eie wil soek. Nederigheid is die postuur van aanbidding!
Sun, 01 Jun 2025 - 28min - 188 - U is...
Ons lees in Eks. 3 die Here noem Homself: Ek is... Daar is nie genoeg woorde om te beskryf wie God is nie. U is... die God wat wonderwerke doen. Ons lees van so baie wonderwerke in die Bybel, maar hoe lyk die moderne wonderwerke in ons lewens? Soms wil die Here hê ons moet iemand anders se wonderwerk wees voor Hy ons wonderwerk stuur. U is alles wat ons ooit mag nodig hê.
Sun, 25 May 2025 - 187 - On-Sekerheid
Die Here Dek vir ons ‘n Tafel... soms voel dit soos ‘n tafel van on-sekerheid, Maar IN ons on-sekerheid en omstandighede wil God met ons tyd spandeer. Wanneer Jesus staan by die deur en klop, bring Hy die kos saam. Kom sit by SY Tafel van SEKERHEID!
Sun, 18 May 2025 - 19min - 186 - 'n Handvol Meel
Daar kom tye in 'n mens se lewe wat die Here jou totaal afhanklik van Hom wil maak. Hy vra soms selfs die weduwee van Sidon se laaste HANDVOL MEEL. Hy is lief vir jou en sal jou nooit verlaat nie. 'n Handvol meel voorsien kos vir 3 jaar, God sal ook vir jou sorg. Vertrou Hom!
Sun, 11 May 2025 - 28min - 185 - DOEL van LEEG wees
LEEG is soms vir ons ? negatiewe woord. Die Here se wil vir ons as mens is om ? VOL lewe te leef. Leeg is nie so slegte plek om te wees nie want dan is die potensiaal daar om vol te word.
Sun, 04 May 2025 - 19min - 184 - Hardloop jy of sit jy?
Die lewe is besig en ons is gewoond aan hardloop, maar sit jy ook soms? Maria Magdalena het by die graf van Jesus bly sit nadat almal al weg is. Dalk is haar "sit" die rede dat Jesus heel eerste aan haar verskyn na Sy opstanding. Sit net bietjie by Jesus!
Sun, 27 Apr 2025 - 28min - 183 - Opstanding Sondag
Dit wat Jesus kom doen het oor Paasnaweek 2000 jaar terug was GENOEG! Mag ons in die Volheid daarvan leef, en nie probeer bysit of dit minag nie.
Sun, 20 Apr 2025 - 22min - 182 - Lewenslesse van die Kruis
Goeie Vrydag is seker die belangrikste gebeurtenis in die mensdom se geskiedenis. Daar is soveel lewenslesse te leer rondom daardie dag se gebeure. Dankie Jesus vir die kruis!
Fri, 18 Apr 2025 - 25min - 181 - Die Leer en Die Kruis
Jakob se droom van die leer met die engele wat tussen die hemel en aarde beweeg is vir ons 'n bewys dat God betrokke is in ons lewens en dat HY voorsien in ons behoeftes. Jesus se kruis het ons leer geword om vir ons toegang tot die troonkamer van ons Hemelse Vader te gee. Selfs al worstel ons soms met Jesus, sal Hy ons nooit los nie, Hy is altyd met jou.
Sun, 13 Apr 2025 - 24min - 180 - Maak die meeste van jou lewe
Jesus het Sy lewe vir ons gegee om ? meer en voller lewe te kan geniet. Ons is gemaak vir meer maar ek en jy het ook ? verantwoordelikheid.
Sun, 06 Apr 2025 - 26min - 179 - Press IN
In Lukas 5 kry ons ‘n storie waar mense ‘press in’ om Jesus se woorde te hoor. Dors ons nog om te hoor wat op God se hart is vir ons? Is ons nog bereid om geHOORsaam te wees wanneer Hy praat... En gaan dit regtig nog NET oor JESUS?
Sun, 30 Mar 2025 - 30min - 178 - Genadetyd
Ons almal leef in genadetyd, want die lewe is broos. Is jy gereed om enige tyd te sterf? Wat doen jy met jou lewe? God se wil vir jou is dalk eenvoudiger as wat jy besef. Leef jou lewe so dat daar 'n skatkis vol skatte vir jou in die hemel wag.
Sun, 23 Mar 2025 - 28min - 177 - STILTE KERK
Soms wonder ons hoekom die Here stil is - miskien is dit omdat daar niemand STIL genoeg is om te luister nie. In STIL wees is daar krag.
Sun, 16 Mar 2025 - 28min - 176 - Distractions op die Journey
Elkeen van ons het ‘n God gegewe doel in die lewe, maar juis daarom is daar soveel dinge wat ons aandag wil aftrek, sodat ons nie by die goeie werke wat God vir ons beplan het, uitkom nie. Paulus wys ons hoe om distractions te hanteer.
Sun, 09 Mar 2025 - 30min - 175 - Tel my op
Soms lyk ons lewens deurmekaar en dinge maak net nie sin nie. Daar kan soveel redes hiervoor wees. Die Here het altyd n? manier om dinge so te skuif in ons lewens sodat alles weer sin maak.
Sun, 02 Mar 2025 - 22min - 174 - Noag se Wingerd
Noag tree verkeerd op en Gam gooi petrol op die situasie, maar Sem en Jafet beskerm hulle pa. Ons kan petrol of water op 'n vlammetjie gooi. Jou woorde word in jou hart gebore en dit kan genade of oordeel dra! Gee die Heilige Gees toestemming om jou tong te tem!
Sun, 23 Feb 2025 - 27min - 173 - Wysheid of Geloof
Waarop basseer jy jou keuses en hoe jy praat? Kies jy menslike wysheid of kies jy om te staan op die beloftes wat God vir jou gegee het?
Sun, 16 Feb 2025 - 27min - 172 - Hoor en Sien
Twee van die Here se name is: El Shama, die God wat HOOR en El Roï, die God wat SIEN. Ons dien 'n God wat ons hoor en sien. Wat ook al in jou lewe aangaan vandag weet verseker die Here hoor elke gebed en sien in detail jou omstandighede raak. Vandag getuig ons dat die Here hoor, Hy sien en Hy antwoord!
Sun, 09 Feb 2025 - 35min - 171 - EK MIS DIT
Elke mens het ? probleem omdat ons dit ‘mis’ om te wees wie die Here ons gemaak het om te wees. Gelukkig is daar genade. Lê elke dag jou ‘brood’ voor die Here.
Sun, 02 Feb 2025 - 23min - 170 - Un-"Hurried" Gebed
Hoe kan ons in vandag se lewe nogsteeds by alles wat belangrik is uitkom? Jesus wys ons die voorbeeld... Kom ons kyk hoe Jesus se pas, ons lewens verbeter.
Sun, 26 Jan 2025 - 30min - 169 - 2025 Doel
WIE is ek? HOEKOM is ek? WAT maak ek hier? Vrae wat al oor eeue gevra is en tot vandag toe in mense se lewens is. Dis die vraag na DOEL. Eintlik is dit nie so ingewikkeld nie.
Sun, 19 Jan 2025 - 28min - 168 - Ek soek meer...
In 2025 wil die Here jou nader trek en dieper vat in jou geestelike lewe. Is jy tevrede met krummeltjies of soek jy meer? Mag daar 'n nuwe desperaatheid in ons harte wees om te soek na Sy wil, Sy plan, Sy leiding en teenwoordigheid. Ons VAS, want ons soek meer...
Sun, 12 Jan 2025 - 29min - 167 - Mag dit met jou goed gaan?
Wat beteken dit wanneer ons vir mekaar sê: VOORSPOEDIGE NUWE JAAR? Mag ons voorspoed en seën toewens vir andere?
Sun, 05 Jan 2025 - 22min - 166 - Oujaarsdiens
Dit maak nie saak wat in 2024 gebeur het nie, die Here se plan vir jou verander nooit. God se plan vir jou in 2025 is goed.
Tue, 31 Dec 2024 - 23min - 165 - 'n Plekkie vir Jesus
Wat is Jesus se plekkie in jou lewe? Die herbergiers het gesê: NO rooms available. Die herders het reguit en haastig stal toe gegaan om Jesus te verwelkom.
Wed, 25 Dec 2024 - 25min - 164 - Uit die pen van 'n tollenaar
Hoekom is Kersfees goeie nuus vir alle mense? Matteus kom leer ons deur sy ervaringe die rede hiervoor.
Sun, 22 Dec 2024 - 34min - 163 - Krip Kruis Kroon
Weet jy hoekom vier ons Kersfees op die 25ste Desember? Die Bybelgebeure is soos 'n legkaart met 1000de stukkies aan mekaar verbind. Daar is 'n baie duidelike verbintenis tussen die krip, die kruis en die kroon in Jesus se lewe. Ons lewens gaan ook deur krip-tye en kruis-tye en verseker wag daar ook 'n kroning vir elke kind van God. In watter seisoen bevind jy jouself vandag?
Sun, 15 Dec 2024 - 29min - 162 - 'n God wat DOEN
Reg van die begin af bewys God dat Hy nie net praat nie, maar dat God DOEN wat Hy gesê het. Ons dien n God van Integriteit.
Sun, 08 Dec 2024 - 22min - 161 - Wat is jou boodskap?
Moet nooit jou toekoms noem wat jy op die oomblik in jou lewe beleef nie. Mag ons altyd weet dat God met ons is. Immanuel - God met jou.
Sun, 01 Dec 2024 - 26min - 160 - KERSSANGDIENSSun, 24 Nov 2024 - 53min
- 159 - Die Vrou By Die Put
‘n Bekende Storie... Maar hoekom Moes Jesus deur Samaria gaan? Wat was so spesiaal oor die Vrou by die put? Dis nie ons werk om te oortuig nie, maar om te gaan getuig van Jesus se goedheid.
Sun, 17 Nov 2024 - 26min
Podcasts similar to AGS Dinamika Preke
El Partidazo de COPE COPE
Herrera en COPE COPE
La Linterna COPE
Panda Show - Sin Picante El Panda Zambrano
Es la Mañana de Federico esRadio
La noche de Cuesta esRadio
Hondelatte Raconte Europe 1
Au Coeur du Crime Europe1
Affaires sensibles France Inter
LEGEND Guillaume Pley
El colegio invisible OndaCero
La Rosa de los Vientos OndaCero
Les grands dossiers de l'Histoire par Franck Ferrand Radio Classique
Espacio en blanco Radio Nacional
Middagvervolgverhaal RSG
Entrez dans l'Histoire RTL
Le grand récit RTL
Les Grosses Têtes RTL
Les histoires incroyables de Pierre Bellemare RTL
L'Heure Du Crime RTL
El Larguero SER Podcast
SER Historia SER Podcast
Un Libro Una Hora SER Podcast
HISTORIAS DE LA HISTORIA VIVA RADIO
Other Religion & Spirituality Podcasts
Joel Osteen Podcast iHeartPodcasts
Bishop Mosa Sono Bishop Mosa Sono
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® Radio Podcast Joyce Meyer
Elevation with Steven Furtick iHeartPodcasts
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast Joyce Meyer
The Max Lucado Encouraging Word Podcast K-LOVE Podcasts
Catholic Daily Reflections My Catholic Life!
TBN Sermons TBN
Islam islamicinspiration
Relatable Catholic Katie & Fr. Andy
Hope Alive Radio Station Hope Alive Radio
Mufti Menk Podcast Mufti Ismail Menk
Gospel Online: Word of Life Gospel Broadcast Tunde Adetokun
Derek Prince Legacy Radio International Derek Prince
Joseph Prince Audio Podcast Joseph Prince
Leef Kerk Leef Kerk
Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas Tygerberg Gesinskerk
Reggae Revival Dread Lightning HiFi
Andrew Wommack Conferences Andrew Wommack
Pulpit Hour Anchor Broadcasting Network
