Filtrar por género

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Maroela Media

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis. Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word. Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip. Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.

94 - [Slot-episode] Die bankroof – Episode 60
0:00 / 0:00
1x
  • 94 - [Slot-episode] Die bankroof – Episode 60

    Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die bankroof hou ʼn skok of twee in.

    Fri, 19 Jun 2026 - 11min
  • 93 - Die bankroof – Episode 59

    Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee ʼn nuwe wending aan die verloop van sake.

    Thu, 18 Jun 2026 - 11min
  • 92 - Die bankroof – Episode 58

    Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe aangebied.

    Wed, 17 Jun 2026 - 11min
  • 91 - Die bankroof – Episode 57

    Dit gons in Maraisburg oor die man in die tronk se vertellings. Nettie loop benoud rond. Die feit dat Magriet los en vas oor die video by die verkeerde plek gepraat het, spook by haar.

    Tue, 16 Jun 2026 - 11min
  • 90 - Die bankroof – Episode 56

    Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die bankroof te bevestig. Wat het van Sally Bruinders geword?

    Mon, 15 Jun 2026 - 10min
Mostrar más episodios