Filtrar por género
- 51515 - Die dag wat was, 28 September 2026Mon, 28 Sep 2026 - 5min
- 51514 - Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon
Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51513 - ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies
Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in Keetmanshoop gepraat:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51512 - Namibië, Finland herbevestig akademiese vennootskap
Namibië en Finland het hul langdurige akademiese vennootskap herbevestig om navorsing, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te bevorder. Tydens 'n netwerkonthaal in Windhoek het die Finse ambassadeur, Katja Kalamäki, beklemtoon dat opvoedkundige bande tussen die twee nasies verder strek as die verkryging van formele kwalifikasies, na die bevordering van kreatiwiteit en leergierigheid.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51511 - NNN se missie by VN uiteengesit
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar program by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York afgehandel en haar laaste verpligtinge benut om haar boodskap oor Namibië se ontwikkeling, belegging en wêreldwye vennootskappe te versterk. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar gesprekke en aktiwiteite gefokus het op ekonomiese ontwikkeling, die jeug, klimaatsverandering, vrede en veiligheid, asook die behoefte aan sterker multilaterale samewerking.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51510 - Namibiërs, ons moet Angolese kinders help: Regshulpsentrum
Die kwessie van Angolese kinders wat langs Namibiese strate en by besige kruisings houtlepels verkoop en bedel, wek steeds kommer. Die Regshulpsentrum doen nou 'n beroep op optrede om kinders te beskerm wat langs die pad goedere verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die sentrum se direkteur, Toni Hancox, gesels wat sê die situasie is hartverskeurend en dat die owerhede en die publiek nie bloot kan wegkyk nie.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51509 - Bly weg van robbe weens hondsdolheid-gevaar
Dit is vandag Wêreldhondsdolheiddag, en CapeNature vra strandgangers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kus bespeur is. Hy sê enigiemand wat gebyt word, moet die wond 15 minute lank was en dringende mediese hulp kry. Folb is aan die woord:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51508 - Energieministerie tob nog oor brandstofpryse
Die energieministerie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike aanpassings van brandstofpryse vir Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n petroleumekonoom by die ministerie gepraat wat sê die komende aanpassings sal wêreldwye en plaaslike ontwikkelings in die energie- en ekonomiese omgewing weerspieël.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51507 - GOOD vra oplossings vir geweld ná 16 mense oor naweek sterf
Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet - tien in 'n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om geweld te bekamp werk nie. Hy sê die Wes-Kaap se eie Veiligheidsplan erken dat geweld voortspruit uit armoede, werkloosheid, oorbevolking en verwaarlosing:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51506 - SUN steun planne vir Namcol as oop universiteit
Die Studentevereniging van Namibië verwelkom planne om Namcol in 'n oop universiteit te omskep ten einde toegang tot tersiêre onderwys uit te brei, maar doen 'n beroep op die owerhede om sy dienste vir die verbetering van skoolpunte te behou. Die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, sê dat Namcol die koste vir die herhaling van vakke bekostigbaar moet hou om leerders wat sukkel teen duur private instellings te beskerm, terwyl streng gehaltebeheer gehandhaaf word. Sy kommentaar volg op die aankondiging van die oorgang deur die adjunkminister van onderwys, Dino Ballotti. Kavau praat met Kosmos 94.1 Nuus:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51505 - SA Internasionale Betrekkinge spandeer R830m op ambassades
Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassade-geboue en ander buitelandse bates op 830 miljoen Suid Afrikaanse rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor 'n tydperk van drie jaar saamgestel is, raam die herstel-koste vir Suid-Afrikaanse buitelandse bates in Brittanje op ongeveer 170 miljoen rand. In die Nederland staan dié bedrag op sowat 110 miljoen rand.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51504 - Landboukundige Wallie Roux reageer op BKS-inperkings
Die regering se besluit om beperkings gedeeltelik op te hef ná die uitbreking van bek-en-klouseer word steeds regoor verskeie sektore verwelkom. Die landbouministerie sê die uitbreking bly gelokaliseerd, en vee wat na Otjozondjupa nagespoor is, het negatief getoets. Beperkings op die beweging van diere noord van die veeartsenykordon is nou opgehef, terwyl beheermaatreëls vir die beweging van vee uit die suide van krag bly. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukundige Wallie Roux gesels:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51503 - "Lex Libertas Witkruisprojek 'n sukses"
Die Lex Libertas Witkruisprojek het sy geleentheid die afgelope naweek by die National Mall in Washington, D.C. afgesluit, waar ongeveer 3 000 wit kruise vertoon is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gepraat. Hy sê die geleentheid was 'n sukses en lig in oor wat volgende op die program is.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51502 - Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissieMon, 28 Sep 2026 - 0min
- 51501 - Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie
Vrae word gevra oor die werklike impak van 'n nuwe gesamentlike ooreenkoms wat tussen Namibië se verkrygingsraad en die medediningskommissie onderteken is. Die Tender Bulletin berig die inisiatief is daarop gemik om mededingingsbeperkende praktyke in openbare tenders op te spoor en te voorkom, met spesifieke fokus op samespanning, die manipulasie van tenderprosesse en prysvasstelling binne staatsverkryging. Yanna Smith verduidelik. Yanna Smith maandag een Daar is ook vrae oor die werklike doeltreffendheid van die Mededingingskommissie. Yanna Smith maandag twee
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51500 - Desert Jewels kwalifiseer vir 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney
Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie historiese mylpaal die span se terugkeer na die wêreldverhoog merk.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51499 - Gariseb ontevrede met wyse waarop CoW hul protesaksie hanteer het
Gemeenskapsaktiviste in Windhoek is ontevrede met die wyse waarop die stad hul protesaksie vir beter dienste hanteer het. Die aktivis Shaun Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Stad Windhoek se inisiatief vir gratis busvervoer oor die naweek nie daarin geslaag het om die gemeenskappe te bereik wat die meeste deur vervoeruitdagings geraak word nie. Hy sê betogers is nie toegelaat om die busdiens te toets nie, en dat sommige roetes nie gebiede bereik het waar vervoerprobleme die dringendste is nie.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51498 - 11:00 NuusMon, 28 Sep 2026 - 3min
- 51497 - SA polisie ondersoek ontdekking van elfde lyk in Ekurhuleni
Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van 'n elfde vrou gister langs 'n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die jongste vonds volg te midde van 'n voortgesette ondersoek na 'n reeks liggame wat die afgelope maande regoor Ekurhuleni gevind is. Die Gautengse polisie-kommissaris, Tommy Mthombeni, sê ondersoekers sal die ooreenkomste tussen die moorde ondersoek:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51496 - Hulpbron-ontginning in Erongo-streek moet inwoners baat
Die Erongo-streeks goewerneur, Natalia |Goagoses, sê minerale-, olie- en gas-, en mariene-hulpbronne beteken nie veel vir ‘n land as sy inwoners nie daarvan baat nie. Sy het tydens ‘n sessie by die Internasionale Forum oor Afrika-Karibiese Leierskap in New York gepraat en gesê die ontgin en uitvoer van die hulpbronne moet direk bydra tot ‘n land se werkskepping, infrastruktuur ontwikkeling, en watersekerheid. Sy sê die oplewing van hulpbron-ontginning en verwerking in die Erongo-streek moet tot die welvaart van die streek se inwoners wees:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51495 - Teen-terrorisme-polisie lei ondersoek na voorval naby Fairford Lugmagbasis
Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teen-terrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Fairford Lugmagbasis in Gloucestershire. Vyf mans oor die naweek vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg. Die Amerikaanse weermag het dit onlangs gebruik as basis vir verdedigings-aanvalle teen Iran.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51494 - Wedela-taverne dodetal styg na 18
Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en hul selfone gesteel voor die aanvallers weggejaag het. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die motief vir die aanval is nie bekend nie:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51493 - DA vra beter samewerking teen massaskietvoorvalle
In die buurland vra die DA onmiddellike samewerking tussen Misdaadintelligensie, gespesialiseerde speurders, die Valke, en forensiese kenners om die netwerke te identifiseer en te ontmantel wat verantwoordelik is vir die land se massaskietvoorvalle, bende-aktiwiteite en afpersing. Dit volg na massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27 mense dood is. Lisa Schickerling van die DA sê Suid-Afrika mag nie daaraan gewoond raak dat swaar gewapende misdadigers by openbare plekke instorm, mense doodmaak en sonder gevolge wegkom nie:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51492 - Noorde-boere verheug oor BKS-inperkings-verslappings
Boere in die Noorde van die land sê hulle is verheug met die verslapping van bek-en-klouseer-inperkings wat nou in werking is. Boere noord van die rooilyn kan nou weer hul diere tussen plase in die omgewing beweeg met vleis-verkope wat ook weer toegelaat word. Die vervoer van gesplete-hoef diere en hul vleis van gebiede suid van die rooilyn na gebiede in die noordelike kommunale gebied bly egter steeds beperk. Die voorsitter van die Okakarara-boerevereniging, Elia Kandjii, het met die nasionale uitsaaier gepraat en vra boere in die Otjozondjupa-streek om voort te gaan om hul vee te monitor en enige vermoedelike infeksies onmiddellik aan te meld:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51491 - Amerika se ambassadeur by die VN sê Iran onderhandel nie “te goeder trou” nie
In nuus van oorsee: Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe maande oue konflik het die vervoer van olie deur die seeweg ontwrig. Waltz het aan NBC gesê Iran se voorstel was ʼn siniese poging om iets, wat hulle weet onaanvaarbaar is, op die tafel te kry:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51490 - Ramaphosa veroordeel naweek se massaskietvoorvalle
Die Suid Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by 'n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in 'n massa-skietvoorval by 'n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens 'n toespraak gister in Gauteng het Ramaphosa gesê hierdie vlakke van geweld moet bekamp word:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51489 - Rugby: Erasmus maak geen verskonings vir die nederlaag teen die Wallabies nie
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was egter nie genoeg nie, ten spyte daarvan dat Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geel kaarte verloor het. Erasmus, wat 13 veranderinge vir die eenmalige toets aangebring het, sê hulle het hulself in 'n posisie geplaas waaruit hulle nie kon herstel nie:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51488 - SA Departement van Landbou waarsku teen hondsdolheid-sterftes
Die Suid Afrikaanse departement van landbou vra inwoners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldier-besit, in-ent-ing en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema "Sterker Saam". Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê 115 laboratorium-bevestigde gevalle by diere is tussen Januarie en Julie vanjaar aan-ge-meld:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51487 - NamPol vra publiek om dadelik vermiste persone aan te meld
Die Namibiese Polisie doen 'n beroep op die publiek om vermiste persone onmiddellik aan te meld en sê daar is geen verpligte wagtydperk om 'n verslag amptelik in te dien nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê dat vinnige aanmelding noodsaaklik is, veral wanneer minderjariges of onbekende persone betrokke is.Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51486 - Motocross: 6de been van MX-kampionskappe in Swakop 'n sukses
Motocross: Swakopmund was die afgelope naweek die gasheer vir die sesde been van die MX-kampionskappe. Nagoeg 50 ryers het in klasse, wat wissel van 50cc to veterane en King of the Dirt, deelgeneem. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en doen verslag:
Mon, 28 Sep 2026 - 1min - 51485 - Minister Theofelus vra vir geduld met BKS-inperkings-verslappings
Intussen waarsku die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat hoewel daar geen verdere BKS-infeksies aangemeld is nie, boere en die res van die land nie nou te gerus moet wees nie. Sy het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die siekte kan ook deur die beweging van mense – op hul skoene, klere, en motors – en vee-voer versprei. Theofelus vra klein-skaalse boere, wat nie nou dadelik kan diere slag en aan huishoudings en ander klein besighede kan vleis voorsien nie, om geduldig te wees: Emma Theofelus Maandag
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51484 - NLU verwelkom BKS-inperkings-verslappings
Die Namibiese Landbou Unie sê hy verwelkom die gedeeltelike verslapping van die bek-en-klouseer handel- en vervoer inperkings wat verlede week landwyd ingestel is. Die ministerie van landbou sê voorlopige opsporing en inspeksies dui daarop dat die uitbraak steeds tot die //Kharas-streek beperk is, sonder enige bewyse van verspreiding noord van die veeartsenykundige kordonheining. Beeste wat van die besmette plaas in die Karasburg-omgewing na Otjozondjupa verskuif is voordat die uitbreking bespeur is, is opgespoor en het negatief getoets. NLU-president Thinus Pretorius sê dis nou, noord van die rooilyn, besigheid soos normaal:
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51483 - DA vra debat oor GBV-polisieringsmislukkings
Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die DA sê die party sal ook daarop aandring dat senior polisieleiers en die Ekurhuleni-metropolisie voor die Gautengse provinsiale wetgewer verskyn en verantwoording doen oor polisieringsmislukkings.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51482 - CoW: Kry swaarvoertuig-toegangspermitte voor 1 Oktober sperdatum
Die Stad Windhoek doen 'n beroep op swaarvoertuigoperateurs om hul toegangspermitte te bekom voordat streng kameramonitering en -afdwinging op Donderdag 1 Oktober begin. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het beklemtoon dat aansoekvorms en kaarte van beperkte gebiede op die munisipale webwerf beskikbaar is, en waarsku bestuurders dat die tyd min raak om te voldoen voordat boetes uitgereik word aan ongemagtigde vragvoertuie wat beperkte sones binnegaan.
Mon, 28 Sep 2026 - 0min - 51481 - 27 dood in twee skietvoorvalle by sjebiens in SA
Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná 'n dodelike skietvoorval Saterdagaand by 'n sjebien in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die sjebien gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle het daarna die sjebien binnegegaan en voortgegaan om op die kliënte te skiet. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die verdagtes het na bewering sommige kliënte deursoek en hul selfone gesteel:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51480 - Ietermagô-ghoeroe wen internasionale toekenning
Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het die Rising Conservation Leader-toekenning by Brookfield Zoo Chicago se 23ste jaarlikse leierskapstoekennings gewen. Die toekenning vereer haar werk om Namibiese ietermagôs saam met plaaslike gemeenskappe en internasionale vennote te beskerm. Prediger is aan die woord:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51479 - Misa maan teen lukrake plasings oor vermiste persone
Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. Misa-woordvoerder, Priya Ranchod, sê die hantering van ʼn vermistepersoonsaak behels baie meer as die skep en plasing van ʼn strooibiljet:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51478 - Sokker: Banyana het Olimpiese Spele in visier
Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê kwalifisering vir die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles is 'n prioriteit nadat Suid-Afrika die 2027-Fifa-Wêreldbeker vir vroue en die 2026-Afrikabeker vir vroue misgeloop het. Ellis het haar span aangekondig vir die wedstryde teen Madagaskar wat op 9 en 13 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Sy sê Banyana sal na die derde ronde deurdring as hulle wen, waar hulle teen Angola of Namibië te staan kan kom:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51477 - Groot verkeersknope by Komatipoort
Die Grensbestuursowerheid en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê meer as 1 800 vragmotors is in ʼn enkele dag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, verwerk. Dit word toegeskryf aan ʼn voortslepende opeenhoping. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle werk saam met Mosambiekse owerhede en ander rolspelers om die deurgang van verkeer te verbeter terwyl grens- en doeanebeheer gehandhaaf word. Sy sê die opeenhoping word toegeskryf aan hoë verkeersvolumes, infrastruktuurkapasiteit en bedryfstoestande aan beide kante van die grens:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51476 - NLU verlig oor beperkte voorkoms van BKS
Die Namibië Landbou-unie sê hulle is bly dat 'n rits roetine-ondersoeke na bek-en-klouseer landwyd van Dinsdag tot Vrydag bevestig het dat die uitbreking tot 'n besmette area in die //Kharas-streek beperk is. Altesaam 199 beeste is getoets, waarvan net 17 positief was. NLU-president Thinus Pretorius het meer:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51475 - Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer
Die uitbreking is steeds tot die //Kharas-streek beperk en streng moniteringsmaatreëls bly van krag, het Mubita verseker:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51474 - Karasburg bly spilpunt van bek-en-klouseer
Vier beeste op die plaas in die Karasburg-distrik waar daar Woensdag 'n bek-en-klou-uitbreking bevestig is, is na Otjozondjupa vervoer, het die minister in die presidensie en die adjunk landbouminister, Charles Mubita, Saterdag tydens 'n mediakonferensie by Staatshuis gesê. Naspeurbaarheid het onmiddellik begin, het hy gesê:
Sun, 27 Sep 2026 - 0min - 51473 - Die nuus om 13:00Sat, 26 Sep 2026 - 2min
- 51472 - Beperkte polisiehulpbronne kan stropers laat kanse vat
Rickus Spangenberg, stigter van die K9-eenheid teen stropery, sê nasionale padblokkades vir bek-en-klouseer sal help om vleissmokkelary te bekamp, maar waarsku dat beperkte polisiehulpbronne grondpaaie kwesbaar laat vir stropery. Spangenberg doen 'n beroep op wetstoepassers om saam te werk met private teenstropery-eenhede en plaaslike plaasveiligheidsnetwerke om sekondêre roetes doeltreffend af te sluit. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51471 - Waarnemende polisieminister besoek Ekurhuleni, spilpunt van moorde
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasievlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse ontdekking van tien liggame in Ekurhuleni, ook die geslagsgeweldafdeling en slagoffer-ondersteuningskamers by die stasies besoek:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51470 - BoN hou dinkskrum oor petroleumproduksie
Die Bank van Namibië het sy 2026 Jaarlikse Simposium aangebied wat gefokus was op die voorbereiding van die nasionale ekonomie vir die komende petroleumproduksiefase. Met die fokus op plaaslike vaardigheidsbou, regulatoriese raamwerke en plaaslike deelname, het leiers beklemtoon dat voorbereidings voor olie-ontdekkings van kritieke belang is om te verseker dat petroleumontdekkings tasbare ekonomiese waarde vir plaaslike ondernemings en burgers lewer. Josefina Oskar gee ons meer:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51469 - Als in orde Krugerwildtuin ná brand
SANParke sê geriewe by die Krugerwildtuin in Limpopo is steeds werking ná 'n brand by die Letaba-ruskamp. Die brand het Vrydag twee toeriste-eenhede geraak, maar personeel en veldwagters het daarin geslaag om dit te beheer voordat dit kon versprei. JP Louw van SANParke sê die wildtuinwinkel, vulstasie, olifantmuseum en kampontvangs bly soos gewoonlik oop:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51468 - Saftu vra Ramaphosa om Masemola-skorsing op te hef
Die vakverbond Saftu vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging nie. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, is ook bekommerd oor vrae rondom die aanvang van die vervolging:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51467 - Nóg duurder brandstof in die pyplyn
Die land staar stygings in brandstofpryse in die gesig namate 'n swakker plaaslike geldeenheid gekombineer word met verhoogde internasionale oliekoste, sê onafhanklike ekonoom Klaus Schade. Die Brent ru-olieprys het Vrydagaand rondom 104 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Die styging was weens onderbrekings in die voorsiening in die Straat van Hormuz en aanvalle op die Rooi See-pyplyne. Schade het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Sat, 26 Sep 2026 - 0min - 51466 - BKS: 'Bly paraat, bly gefokus,' vra NLU
Die president van die Namibië Landbou-unie, Thinus Pretorius, sê die status quo rakende die bek-en-klouseeruitbreking in die land word steeds gehandhaaf. Pretorius het 'n beroep op mense gedoen om nie hul ore vir ongeverifieerde stories uit te leen nie, maar paraat en gefokus te bly.
Sat, 26 Sep 2026 - 1min - 51465 - Die dag wat was, 25 September 2026Fri, 25 Sep 2026 - 6min
- 51464 - Hoër rentekoers slegte nuus vir SA boere
Standard Bank sê die Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verhoog, kom op ʼn moeilike tyd vir boere wat reeds deurloop onder hoë brandstof-, kunsmis- en ander insetkoste. Die styging is daarop gemik om inflasie onder beheer te hou. Brendan Jacobs van Standard Bank sê voortslepende onsekerheid in die wêreld se oliemarkte en die konflik in die Midde-Ooste dra ook by tot stygende pryse in die voedsel-waardeketting:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51463 - Stad Windhoek 'skuif straatverkopers weg van besigheid'
Maatskaplike aktivis Shaun Gariseb beskuldig die Stad Windhoek daarvan dat hulle koloniale era-verordeninge gebruik om straatverkopers te teiken, ten spyte van hul strategiese plan wat ondersteuning vir informele handelaars belowe. Gariseb sê amptenare hou aan om verkopers na plekke weg van voetverkeer te skuif, en bied tydelike in plaas van praktiese oplossings. Hy het 'n beroep op geaffekteerde handelaars gedoen om hierdie naweek 'n openbare byeenkoms by te woon wat saam met die aktivis Michael Amushelelo aangebied word. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51462 - Unam Cares-projek deur VN erken
Unam se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsvleuel, Unam Cares, het wêreldwye erkenning van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy innoverende "Een Gesondheid"-landbouvoedselprojek. Die internasionale toekenning vereer Unam se inisiatief om organiese afval in voedselproduksiesentrums te omskep, wat menslike, dierlike, plant- en omgewingsgesondheid in landelike gemeenskappe soos Dordabis, Gam en Tsumkwe bevorder. Unam Cares se hoof, Rachel Freeman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51461 - Formaliseer informele nedersettings dringend: Swapo-LP
Swapo-parlementslid Hilma Iita het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien wat die dringende formalisering van informele nedersettings en die uitwissing van onveilige plakkershutte versoek. Iita het die parlement gevra om die apartheid-era Plakkersproklamasie AG 21 van 1985 te herroep en die Wet op Plaaslike Owerhede te wysig. Dit baan die weg vir 'n nasionale program om basiese dienste uit te brei en ordentlike behuising te verseker vir meer as 800 000 inwoners wat in kwesbare omstandighede leef. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51460 - Swapo-LP's beskuldig van doelbewuste tydmors in parlement
Die Grondlose Volksbeweging beskuldig die regerende Swapo en die speaker daarvan dat hulle parlementêre vertragingstaktieke gebruik om opposisie-toesig te blokkeer en kritieke wetgewing soos die Huurbeheer- en Grondwetsontwerpe te vertraag. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa beweer dat Swapo-agterbankers geoefende, triviale vrae aan ministers stel om tyd te vermors en die uitvoerende gesag van aanspreeklikheid te beskerm. Simataa doen 'n beroep op burgers om openbare druk op leierskap uit te oefen, tesame met opposisiepogings in die Nasionale Vergadering. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51459 - Formule 1: Norris is hartseer McLaren is so ver agter
Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in Donderdag se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskap, Kimi Antonelli van Mercedes is met nege wedrenne oor, sê dis hartseer dat hulle so ver agter is:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51458 - Bibi kap Mamdani in VN-toespraak, Mamdani slaan terug
Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het die burgemeester van New York-stad, Zohran Mamdani, skerp gekritiseer tydens 'n omstrede toespraak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Benjamin Netanyahu vrydag jongste (let op greep) TERUG: In 'n verklaring ná die toespraak het Mamdani gesê dat Netanyahu, soos hy al telkens gedoen het, sy toespraak gebruik om ongegronde leuens te herhaal wat daarop gemik is om sy volksmoord op Palestyne te verbloem.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51457 - Israel pleeg volksmoord: Lamola by VN
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy volgens die Volksmoordkonvensie sy verpligtinge wat Palestyne in Gaza betref, skend. Lamola sê die land reken die internasionale gemeenskap moet optree om die strafloosheid te beëindig:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51456 - Swaar reënval, donderstorms en koue dié naweek
Die Namibiese Meteorologiese Diens waarsku teen hewige donderstorms, swaar reënval en sterk winde oor verskeie dele van die land hierdie naweek as gevolg van 'n toenemende afsnylaagtepuntstelsel. Meteoroloog Albertina Anderson raai die publiek aan om voorsorgmaatreëls te tref teen erge weer in die Suide, en dele van die Erongo-, Omaheke- en Khomas-streke. Sy waarsku bestuurders om onbekende waterdieptes in riviere te vermy. Die temperatuur sal ook langs die kus en oor die binneland daal. Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51455 - Kubayi lei SA-span na 15de VN-kongres oor Misdaadvoorkoming en Regspleging
Die Suid Afrikaanse minister van justisie en grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei van vandag af die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die 15de Verenigde Nasies-kongres oor Misdaadvoorkoming en Regspleging. Die kongres is ʼn globale forum vir lidstate en rolspelers in die regsektor om gesamentlike reaksies op misdaad te bespreek, strafreg-stelsels te versterk en die oppergesag van die reg te bevorder. Die departement se woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê die kongres sal na verwagting ook die Abu Dhabi-verklaring oorweeg:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51454 - Kommersiële slaghuise met voorraad MAG vleis verkoop
Kosmos 94.1 Nuus verneem dat berigte dat winkels, slaghuise en ander besighede wat vleis verkoop in Gobabis is aangesê om vanaf Donderdag namiddag om vyfuur op te hou om vleis te verkoop na die opsporing van bek-en-klouseer in die Suide. Die landbouwoordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat terwyl al die bemarking van rouvleis moet staak, raak dit nie kommersiële slaghuise nie.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51453 - Motorsport: Nasionale tydren-kampioenskappe dié naweek in Swakop
Been ses van die nasionale tydren kampioenskappe vind dié naweek in Swakopmund plaas. Kosmos 94.1 se Francois Lottering sê die MX bane is goed voorberei. Hy sê die baan teen die see sal sorg vir lekker atmosfeer vir deelnemers en motorsport-aanhangers:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51452 - 70% van Namibiërs kry nie toegang tot huisleningsfasiliteite nie
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling erken dat 70 persent van Namibiërs nie toegang tot private bank-lenings het om huise te koop. Die Ministerie sê dis weens streng sekuriteits-vereistes, wat die staat dwing om die opgradering van informele nedersettings te prioritiseer. Die adjunkdirekteur van behuising, Kornelius Taseb, het uitgelig dat ernstige begrotings-beperkings, beperkte tegniese kapasiteit en 'n skaarste aan gedienste grond die nasionale behuisings-voorsiening steeds verlam.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51451 - Duitse ruimtevaarder van 1 tot 10 Oktober in Namibië
Die Duitse ruimtevaarder Matthias Maurer sal Namibië van 1 tot 10 Oktober besoek om deel te neem aan Wêreldruimteweek, wat meer as 8 000 plaaslike leerders reg oor die land sal betrek. Die Europese Ruimteagentskap-ruimtevaarder, wat tans voorberei vir NASA se 2028 Artemis-maanmissie, sê Namibië se droë terrein bied 'n natuurlike omgewing om maanoperasies te bestudeer. Maurer sê dat ruimtewetenskap 'n inklusiewe globale poging moet bly om gelyke toegang vir ontwikkelende en Afrika-lande te verseker.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51450 - Savanna Beef: BKS-inperkings bring produksie en uitvoere tot stilstand
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard, sê die beperkings op die beweging van vee weens bek-en-klouseer het beesvleisproduksie en -uitvoere tot 'n totale stilstand gebring. Hy vergelyk die impak met die Covid-19-pandemie. Met die beweging van alle diere met gesplete hoewe wat stopgesit is, bevestig Collard dat Savanna Beef verwerking gestaak het. Hy spoor boere aan om streng biosekuriteit op plase af te dwing.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51449 - Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou
President Donald Trump sê Amerika en China kan voortgaan om 'n verhouding te bou wat voorspoed en veiligheid vir toekomstige geslagte sal bevorder. Hy het 'n staatsdinee vir die Chinese president Xi Jinping gehou en dit was sy eerste besoek aan die Withuis in meer as 'n dekade. Die besoek vind plaas in 'n kritieke tyd vir betrekkinge oor verskeie kwessies tussen die twee lande, onder meer kunsmatige intelligensie, handel en die oorlog met Iran. Trump sê hulle werk aan 'n meer gebalanseerde handelsverhouding, insluitend nuwe marktoegang vir Amerikaanse boere:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51448 - DA-leier sê Johannesburg kort net die regte regering
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê Johannesburg het nie ʼn gebrek aan potensiaal nie, maar kort ʼn regering wat daardie potensiaal kan verwesenlik. Hy het gister ondersteuners in die metro toegespreek as deel van die party se veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Helen Zille is die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Hill-Lewis sê die metro se uitdagings word vererger deur ʼn gebrek aan politieke wil, ten spyte van sy enorme ekonomiese moontlikhede. Hy het klem gelê op Johannesburg se tekort aan water en elektrisiteit:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51447 - Ramaphosa: "Suid-Afrikaners, waak teen kragte wat eenheid ondermyn"
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gevra om te waak teen kragte wat die nasionale eenheid ondermyn. Hy het gister die hoofrede gelewer tydens die nasionale viering van Erfenisdag by die Bongolethu-sportstadion in Oudtshoorn, Wes-Kaap. Ramaphosa het gesê apartheid was in die verlede die land se gemeenskaplike vyand, terwyl die vyand vandag werkloosheid, geslagsgeweld, korrupsie en alkohol- en dwelmmisbruik is. Hy sê die waardes van eenheid, ubuntu en menswaardigheid, wat die nasie saamsnoer, moet versterk word:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51446 - Regering besig om onbetaalde verlofbetalings aan streekraadslede te finaliseer
Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering is besig om onbetaalde verlofbetalings wat aan voormalige en huidige streekraadslede verskuldig is, op te los. Hy beklemtoon dat die kwessie administratief en nie polities is nie. In antwoord op vrae van IPC-LP Alosius Kangulu in die parlement, het Ngurare bevestig dat verifikasieprosesse aan die gang is om billike, wettige uitbetalings oor alle betrokke rade te verseker.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51445 - Netanyahu sê om Iran te teiken was een van sy maklikste besluite
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê "ons sou almal dood gewees het" as Israel en Amerika nie Iran aangeval en sy kernfasiliteite vernietig het nie. Tientalle afgevaardigdes het gister uit die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gestap toe hy opstaan om sy toespraak te lewer. Netanyahu sê een van die maklikste besluite wat hy as eerste minister moes neem, was om Iran te teiken. Hy sê Israel en Amerika het saam teen Teheran opgetree om die beskawing te red:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51444 - IPC vra regering om Dordabis-plaasuitsetting stop te sit
10:00 – Laai nuus Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September 'n 30 dae-uitsettingskennisgewing gekry. Mulunga wil hê die lynministerie moet hul besetting stopsit of alternatiewe grond verskaf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51443 - Australië stel ‘n ondersoek in nadat ‘n OpenAI-agent die nasionale gesondheidsorgdatabasis kraak
Die Australiese regering het begin met 'n ondersoek nadat 'n OpenAI-agent by 'n nasionale gesondheidsorgdatabasis ingebreek en ongemagtigde toegang tot die land se Medicare-statistiekdatabasis verkry het. Dit is die eerste bekende geval waar kunsmatige intelligensie by 'n regeringsnetwerk ingebreek het. Die voorval het in Junie plaasgevind, maar OpenAI is eers in Augustus daarvan in kennis gestel. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê die ondersoek sal bepaal of bestaande wetgewing en bestuursprosesse geskik is om kubervoorvalle waar kunsmatige intelligensie gebruik word te hanteer.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51442 - Nuwe AfriForum-plan kan help met plaasmoorde en landelike veiligheid
AfriForum sê gegewe die toenemende geskil tussen Suid-Afrika en die VSA, wil hy ’n aktiewe rol speel om praktiese voorstelle te maak vir die hantering van plaasmoorde en landelike veiligheid. Die organisasie het ’n openbare-gemeenskapsvennootskap voorgestel wat daarop gemik is om veiliger omstandighede in die land te skep, sodat mense nie verplig voel om te trek nie. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê dit vorm deel van sy omvattende veiligheidsvoorstel, wat sy landwye netwerk van 178 buurt- en plaaswagte insluit:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51441 - Rugby: Vermeulen sê die Bokke neem nie toets teen Australië ligtelik op nie
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het bewerings verwerp dat afrigter Rassie Erasmus se 13 veranderinge aan die beginspan vir die eenmalige toets teen die Wallabies 'n gebrek aan respek is. Suid-Afrika pak Sondag die toets in Perth aan ná 'n veeleisende reeks van vier wedstryde teen die All Blacks. Australië is sewende op die wêreldranglys, maar is onoorwonne onder hul nuwe afrigter, Les Kiss. Vermeulen verwag die Wallabies sal groot vasberadenheid na die wedstryd bring en die Bok-voorspelers uitdaag: Duane Vermeulen Vrydag
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51440 - ANC kritiseer Masemola omdat hy versuim het om op te tree teen Mchunu
Die ANC het die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, beskuldig dat hy sy grondwetlike plig versuim het deur nie op te tree teen die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se opdrag om by misdaadintelligensie-aanstellings in te meng nie. Dit is 'n voorlegging deur die party terwyl die ad hoc-komitee wat bewerings van misdadigheid in die polisiediens ondersoek, oor sy konsepverslag beraadslaag. Khuselo Diko van die ANC sê Masemola moes Mchunu se opdrag geweier het om 'n moratorium op misdaadintelligensie-aanstellings te plaas:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51439 - Benjamin tevrede met Brave Warriors-vertoning teen Kongo
Die Brave Warriors hoofafrigter, Collin Benjamin, sê hy is tevrede met sy span se vertoning in hul wedstryd teen Kongo in hul Afrikabeker-toernooi kwalifiserende wedstryd. Namibië het die wedstryd met 1-0 gewen. Benjamin sê die span se bal- en wedstryd-beheer was uiters goed:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51438 - Pius Dunaiski: Namibië loop risiko om 'n konferensie-staat te word
Politieke ontleder Pius Dunaiski waarsku dat Namibië die risiko loop om 'n konferensie-staat te word waarin hoëprofiel-beraadslagings in die plek van tasbare ekonomiese vooruitgang kom. Dunaiski sê dat slypskole en verklarings nie fabrieke bou of werkgeleenthede skep nie. Hy doen 'n beroep op die regering om plaaslike eienaarskap, waardetoevoeging en werkskepping bo politieke vertoon te prioritiseer:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51437 - Nepal se Balendra Shah praat na land se katastrofiese kitsvloede
Nepal se eerste minister Balendra Shah het die VN se algemene vergadering toegespreek. Hy sê hy wou praat oor demokrasie, ontwikkeling en gemeenskappe maar moet nou eerder verwoesting aanspreek.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51436 - ActionSA verdedig sy plaaslikeregeringsverkiesing-kandidaatlys
ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA 'n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin hulle beskuldig word dat hulle doelbewus kandidate vir kiesers wegsteek. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA hy probeer die howe vir sy eie agenda gebruik:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51435 - NLU: Rolspelers vergader vir BKS-reaksie-planne
Die Namibiese Landbou-unie sê daar is gister ‘n dringende vergadering met verskeie rolspelers by die Staathuis gehou om die volgende stappe in die land se bek-en-klouseer-reaksie te bepaal. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor, met ‘n daelike verbod op die verkoop, slag, en vervoer van vee landswyd. NLU-president, Thinus Pretorius:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51434 - China ondersteun VSA en Iran se besluit om oorlog te beëindig
Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê China ondersteun dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State hou by die “korrekte” posisie om Taiwan se onafhanklikheid teen te staan. Inligting oor die ontmoeting is skraps want die media was nie in die Withuis toegelaat nie. James Matthew, Sky se Washington-korrespondent, lewer kommentaar oor die prag en praal waarme Xi deur Trump ontvang is.
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51433 - BetterBond sê rentekoersverhoging sal verbandpaaiemente verhoog
Oor na Suid-Afrika, en BetterBond sê die rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die veerkragtige rand en dalende inflasie kan help om ruimte te skep vir toekomstige rentekoersverlagings:
Fri, 25 Sep 2026 - 0min - 51432 - Die dag wat was, 24 September 2026Thu, 24 Sep 2026 - 4min
- 51431 - Trump se SA vlugtelingprogram berus op ras: Lamola
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering steun nie die Amerikaanse program vir die toelating van Suid-Afrikaanse vlugtelinge nie. President Donald Trump het die hervestigingsinisiatief in Februarie 2025 ingestel en beweer dat Afrikaners deur staatsgesteunde rassediskriminasie, geweld en die onteiening van hul grond bedreig word. Trump het die jaarlikse perk vir die toelating van vlugtelinge in die VSA van 7 500 met 10 000 verhoog. Tydens 'n geleentheid in New York het Lamola gesê die program berus nie op vlugtelingstatus nie, maar op ras:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51430 - Bly kalm oor BKS, vra waarnemende landbouminister
Waarnemende landbouminister Charles Mubita vra vir kalmte en paraatheid om te help om die verspreiding van bek-en-kouseer te voorkom. Hy sê die ministerie werk saam met veeartsenydienste en boere om so gou moontlik die bron van die uitbreking te identifiseer en ook naspeuringswerk te doen. Mubita sê die verbod op die verkoop en vervoer van vee bly in plek tot daar ‘n nuwe opdatering is:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51429 - Nasionale KI-instituut geloods
Die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie het die Nasionale Kunsmatige Intelligensie-instituut amptelik van stapel gestuur om plaaslike KI-navorsing, data-bestuur en tegnologiese innovasie te bevorder. Die kommissie se uitvoerende hoof, Anicia Peters, verduidelik die behoefte aan gelokaliseerde KI:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51428 - Interns is beleggings in die toekoms, sê kenner
Arbeidsdeskundige Tim Parkhouse doen 'n beroep op maatskappye om op te hou om internskappe as goedkoop arbeid te sien en beklemtoon dat vergoeding moet ooreenstem met die waarde van die pos wat gevul word. Parkhouse sê dat effektiewe internskappe staatmaak op soliede mentorskap en dring daarop aan dat besighede jong gegradueerdes as noodsaaklike beleggings in die toekoms van die ekonomie beskou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51427 - Moenie teen BKS inent nie, waarsku bekende veeartsThu, 24 Sep 2026 - 0min
- 51426 - Moenie teen BKS inent nie, waarsku bekende veearts
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51425 - Moenie teen BKS inent nie, waarsku bekende veearts
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51424 - Moenie teen BKS inent nie, waarsku bekende veearts
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51423 - Kies eerste vroueleier: NNN aan VN
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het dringende hervormings aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en globale finansiële liggame versoek en gewaarsku dat die aftakeling van vertroue die internasionale stelsel verlam. Sy het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gevra vir permanente verteenwoordiging vir Afrika op die Veiligheidsraad, en het gepleit vir die verkiesing van 'n eerste vroulike sekretaris-generaal vir die wêreldliggaam.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51422 - Rassie erken hy vat kanse met Bokspan teen Aussies
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus erken hy het kanse gewaag met sy spankeuse vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Hy het 13 veranderinge aan sy beginspan gemaak, met slegs die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker wat oorbly van die span wat die All Blacks in Baltimore geklop het. Erasmus sê hy probeer die regte balans vind vir die Nasieskampioenskap en volgende jaar se Wêreldbekertoernooi:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51421 - KI 'kan groter impak op mensdom hê as kernwapens'
Dit is maklik om mense te mislei, sê die voormalige Nasa-wetenskaplike Will Marshall. In ‘n gesprek met Sky News beaam Marshall dat kunsmatige intelligensie ’n groter impak kan hê as kernwapens en dat die tydperk waar die mens in beheer is, dalk besig is om tot ‘n einde te kom.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51420 - Reële BBP groei 4,8% in tweede kwartaal
Namibië se ekonomie het 4,8 persent groei in reële BBP in die tweede kwartaal van 2026 aangeteken. Dit is gedryf deur 'n sterk herstel van 17,8 persent in landbou en soliede kleinhandelwinste. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat konstruksie en mynbou egter met onderskeidelik 15,5 persent en 3,1 persent gedaal het. Assistent-rekenmeester by die agentskap, Petronella Kaapama:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51419 - Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom
Regters by die Internasionale Strafhof het die rebellebevelvoerder Mahamat Said Abdel Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom vir die mishandeling en marteling van gevangenes by 'n aanhoudingfasiliteit in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Voorsittende regter Miatta Maria Samba.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51418 - Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties
IPC-leier Panduleni Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties en voorspel dat produksie nie voor 2035 sal plaasvind nie. Itula waarsku dat internasionale oliemaatskappye nie groot bedrae geld sal belê sonder duidelike belasting-, tantième- en regulatoriese raamwerke nie. Hy sê dat groot operateurs vier jaar na die aanvanklike aflandige olie-ontdekkings hul finale beleggingsbesluite al verskeie kere uitgestel het.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51417 - Verkiesingsgedragskode noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136 790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing. Moepya waarsku oortredings kan die verkiesingsproses ondermyn. Hy sê die ondertekening van die kode kan ook help om openbare vertroue in verkiesings te herstel:
Thu, 24 Sep 2026 - 0min - 51416 - Groter balans in verspreiding van jeugontwikkelingsfonds
Die voorsitter van die Kharas-streekraad, Gerrit Witbooi, doen 'n beroep op groter balans nadat slegs een jeugdige uit die suidelike streek befondsing van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen Namibië-dollar verkry het. Witbooi het onlangs tydens 'n werkswinkel in Keetmanshoop finansiële instellings aangespoor om jong entrepreneurs duideliker terugvoer en praktiese ondersteuning te gee om die gaping tussen sake-aspirasies en bankbaarheid te oorbrug.
Thu, 24 Sep 2026 - 0min
Podcasts similares a Nuus
El Partidazo de COPE COPE
Herrera en COPE COPE
La Linterna COPE
Dante Gebel Live Dante Gebel
Es la Mañana de Federico esRadio
La Trinchera de Llamas esRadio
Hondelatte Raconte Europe 1
Affaires sensibles France Inter
LEGEND Guillaume Pley
El colegio invisible OndaCero
La Rosa de los Vientos OndaCero
Les grands dossiers de l'Histoire par Franck Ferrand Radio Classique
Espacio en blanco Radio Nacional
Enquêtes criminelles RTL
Entrez dans l'Histoire RTL
Le grand récit RTL
L'Heure Du Crime RTL
Parlons-nous RTL
El Larguero SER Podcast
SER Historia SER Podcast
Todo Concostrina SER Podcast
Un Libro Una Hora SER Podcast
Kommentaar RSG
Global News Podcast BBC World Service
From Our Own Correspondent BBC Radio 4
Monitor RSG
Spektrum RSG
La noche de Cuesta esRadio
NZZ Akzent NZZ
Contra-Corrente José Manuel Fernandes e Helena Matos
Les Grosses Têtes RTL
Smooth Jazz Discover Santiago Fontenla
Ideias Feitas Observador
Contrapoder | CNN Portugal CNN Portugal
Realpolitik Sérgio Sousa Pinto e Miguel Pinheiro
Torto e Direito Miguel Morgado
O Princípio da Incerteza - Podcast CNN Portugal
Por fin OndaCero
La Ventana SER Podcast
Laurent Gerra RTL
SMWX Sizwe Mpofu-Walsh
Lekompo podcast Lekompo La Town
