Nach Genre filtern
- 361 - Zander van der Westhuizen gesels met Appel
Zander van der Westhuizen het op Sondagaand se Gospelprogram met Appel oor sy nuwe enkelsnit “Genadewater” gesels. Dit is tans op die Gospel Top 10 en die #GROOT20. Appel het gedeel oor genade, foute en eerlikheid - en die waarde daarvan in ons elkeen se lewens. Uiteindelik is alles net genade!
Sun, 28 Jun 2026 - 16min - 360 - Zander van der Westhuizen gesels met Simoné RoetsSun, 17 May 2026 - 20min
- 359 - Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko
Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
Tue, 28 Apr 2026 - 32min - 358 - #GROOTBIDDAG 2026 - Nina en Jennifer
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 24 Apr 2026 - 42min - 357 - #GROOTBIDDAG 2026 - #WeeksdaeVibesMetVenita | Mauritz Zietsman & Michelle Janse van Rensburg
Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Mauritz Zietsman & Michelle Janse van Rensburg met Venita en Elrica oor die temas - Jeug / leiers wat opstaan vir die waarheid en die toekoms van ons land.
Fri, 24 Apr 2026 - 27min - 356 - #GROOTBIDDAG 2026 - #WeeksdaeVibesMetVenita | Reinhardt SmitFri, 24 Apr 2026 - 24min
- 355 - #GROOTBIDDAG 2026 - #WeeksdaeVibesMetVenita | Johan Kruger & JD Mostert
Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Johan Kruger & JD Mostert met Venita en Elrica oor die temas - Skole/ Onderwysers - prosesse binne skole en Optimale opvoeding
Fri, 24 Apr 2026 - 31min - 354 - #GROOTBIDDAG 2026 - Zander en Tanya kuier saam met Prof Chris de Wet en Marlene Steyn
Zander en Tanya kuier saam met Prof Chris de Wet en Marlene Steyn, en hulle gesels oor Heiligmaking. Is Hy net jou Verlosser? Of is Hy jou Here? Jesus het die gebrokene die geleentheid gegee om Heilig te wees, maar, Heiligmaking begin met leeg-making... As jy alleen en verlate voel, is jy eintlik op ‘n plek waar jy soveel deurbrake kan beleef. Dit is waar God die naaste aan jou is. Daar waar jy eintlik die verste voel. Dis die presiese plek waar Hy jou vorm. Wanneer jy bang is vir die woord, ‘Heilig’, gebruik die woord, ‘behoort’.
Fri, 24 Apr 2026 - 34min - 353 - #GROOTBIDDAG 2026 - Melissa Botma gesels met Zander en Tanya oor God se Karakter.
Hy is standvastig! ‘n Rots en Anker! Hy giet Sy liefde uit na ons toe in Jesus Christus! Die belangrikste ding van ‘n mens is wat in ons opkom as ons die woord, ‘God’, hoor. Godsbeeld vorm alles! As kind van God, hou aan na Hom toe draai! Hy kan riviere in woestyne laat bars!
Fri, 24 Apr 2026 - 36min - 352 - #GROOTBIDDAG 2026 - Heidemarie Kasselman en Jean-Louis du Toit oor Gebed vir ons land en leiers
Jennifer, Maynie en Charonike gesels met Heidemarie Kasselman en Jean-Louis oor hoe belangrik dit is om vir ons leiers en ons land te bid. Luister gerus weer!
Fri, 24 Apr 2026 - 33min - 351 - #GROOTBIDDAG 2026 - Charonike en Maynie bid saam Lean Buys oor Roeping
Charonike en Maynie gesels met Lean Buys oor God se roeping oor en vir jou lewe. Ons gesels en bid oor die menslike vraag; “Hoekom is ek hier?” Ons bid oor hoe om God se plan vir jou lewe te herken, om jou gees weer nuut te maak, en hoe om Hom te verheerlik deur Sy roeping vir jou! Luister gerus weer!
Fri, 24 Apr 2026 - 43min - 350 - #GROOTBIDDAG 2026 - Annelie bid saam Ds Tiaan van Niekerk oor die Wapenrusting van God
Die Wapenrusting van God, beskryf in Efesiërs 6:10-18, is geestelike toerusting wat gelowiges in staat stel om standvastig te bly. Dit behels die gordel van waarheid, borswapen van geregtigheid, skoene van die evangelie van vrede, skild van geloof, helm van verlossing, swaard van die Gees (Woord van God) en aanhoudende gebed. Luister gerus weer!
Fri, 24 Apr 2026 - 45min - 349 - Zander van ver Westhuizen gesels met Karen Zoid - 22 Februarie
Zander van ver Westhuizen gesels met Karen Zoid gesels oor haar produksie - Zoid Psalm. Sy vertel hoe dit ontstaan het, haar geestelike reis met die produksie en haar nuwe liefde vir kerk en kerkorrel.
Sun, 22 Feb 2026 - 19min - 348 - Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie
Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil Wickham en Lauren Daigle betrokke geraak het. Die film is van internasionale gehalte en is net hier in Kaapstad geskep!
Sun, 01 Feb 2026 - 15min - 347 - Zander van der Westhuizen - 9 November
Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis kom deel. Sy is destyds in ’n stormwaterpyp gevind. Vandag, deur die Here se genade, leef sy haar roeping as onderwyser en kinderwerker uit.
Sun, 09 Nov 2025 - 32min - 346 - Jennifer Myburgh gesels met Cisca Adamson oor Die Media Impact Konferensie
Jennifer Myburgh het met die Kommunikasie bestuurder van TBN Africa, Cisca Adamson, gepraat oor die Die Media Impact Konferensie.
Mon, 21 Jul 2025 - 5min - 345 - Zander van der Westhuizen gesels met Leon van der Merwe - 01 Junie
Zander van der Westhuizen gesels oor die werk van die Gideons , Leon van der Merwe - Uitvoerende direkteur van Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika - hulle gesels oor die werk van die Gideons
Sun, 01 Jun 2025 - 23min - 344 - #Saterdagmiddag-saam met Divan 17 Mei
Cycling Buddies SA is n Pretoria gebaseerde organisasie wat siggestremde mense help om hul passie vir fietsry uit te leef. Die bestuurspan het in die ateljee by Divan kom kuier om te gesels oor die proses om n loods te word, en hulle ervaring van die GROOT trap te deel. (Cycling Buddies: https://www.facebook.com/profile.php?id=61576715810276)
Sat, 17 May 2025 - 20min - 343 - FinFix Wenner
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 01 Sep 2022 - 7min - 342 - Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees
Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die Here het haar ’n sterk vrou gemaak wat haar gawes ten volle vir Sy koninkryk uitleef. Hierdie onderhoud inspireer en getuig van hoe die Here iemand se lewe kan stuur deur Sy genade.
Mon, 15 Aug 2022 - 25min - 341 - GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach
In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
Sat, 09 Jul 2022 - 14min - 340 - Grootpoot met Sonet 2 Julie 2022 - Phillip van Heerden
Phillip van Heerden, dieregedragskenner van ‘n ‘Wagging Success’ gesels oor ‘n paar algemene wanpersepsies rakende gedragsprobleme in honde.
Sat, 02 Jul 2022 - 13min - 339 - Jacques Erasmus gesels met Danny Govender oor Biodiversiteit.
Jacques Erasmus gesels met Danny Govender oor Biodiversiteit, en die invloed wat ons hier in Pretoria het op die KNP.
Tue, 07 Jun 2022 - 11min - 338 - Intiem Onderhoud 31 Jan 2022
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Wed, 23 Feb 2022 - 30min - 337 - Funanani Trust Onderhoud - Sonet StofbergSat, 12 Feb 2022 - 6min
- 336 - Millennial Maandag - Anelma MeiringMon, 31 Jan 2022 - 30min
- 335 - INTIEM ONDERHOUD 3 JUNIE
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 24min - 334 - INTIEM ONDERHOUD 7 JUNIE
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 23min - 333 - INTIEM ONDERHOUD 12 MEI
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 22 Jun 2021 - 17min - 332 - INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 30 Apr 2021 - 19min - 331 - INTIEM ONDERHOUD 18 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 30 Apr 2021 - 9min - 330 - INTIEM ONDERHOUD 25 MRT 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 15min - 329 - INTIEM ONDERHOUD 19 MRT 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 16min - 328 - INTIEM ONDERHOUD 18 FEB 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 32min - 327 - INTIEM ONDERHOUD 13 APR 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 18min - 326 - INTIEM ONDERHOUD 11 FEB 2021
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 22 Apr 2021 - 26min - 325 - Street Shower onderhoud 2
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 06 Dec 2020 - 10min - 324 - Street Shower onderhoud
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 01 Dec 2020 - 18min - 323 - Lientjie en Willie van der Merwe het hulle getuienis kom deel oor hulle drieling wat op 26 weke gebore is.
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 29 Nov 2020 - 25min - 322 - Jennifer gesels met Carli J Myers
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 26 Nov 2020 - 9min - 321 - Jennifer het met Alida gesels oor haar nuwe vrystelling: Nog n kans
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 26 Nov 2020 - 15min - 320 - Jennifer het met Megan Horak Du Preez gepraat oor die Power Towers Food Drive
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 20 Nov 2020 - 8min - 319 - Intiem 27 Oktober
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 27 Oct 2020 - 12min - 318 - September is selfdood bewusmaking maand. Jennifer het my Dr Hanlie Meyer, Lynette Beer, Hui-mari Meyer en Leandie Bräsle
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 08 Sep 2020 - 34min - 317 - Jungle beat onderhoud
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 02 Jul 2020 - 7min - 316 - Afsluiting en terugvoer oor GROOTfm 90.5 se GROOTvennoot
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Wed, 10 Jun 2020 - 9min - 315 - Lynette BeerSat, 09 May 2020 - 2min
- 314 - Lynette BeerSat, 25 Apr 2020 - 2min
- 313 - Lynette BeerSat, 18 Apr 2020 - 1min
- 312 - Lynette BeerSat, 11 Apr 2020 - 1min
- 311 - Lynette BeerSat, 04 Apr 2020 - 2min
- 310 - Intiem - Leer jou kinders só om in die huwelik te glo
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Mon, 30 Mar 2020 - 7min - 309 - Jennifer gesels met Landie van die Huis van Gruwels
Jennifer het met Landie van die Huis van Gruwels gesels oor haar getuienis van hoe dit was om in n huis groot te word waar sy en haar broer en susters, erg mishandel en aangerand was. Hoe sy by n punt gekom het waar sy haar ma en pa kon vergewe en haar in identiteit in Jesus kon vind.
Mon, 30 Mar 2020 - 19min - 308 - Lynette BeerSat, 28 Mar 2020 - 1min
- 307 - Sonet Bergh praat met Dr. Martin CraffordSat, 21 Mar 2020 - 4min
- 306 - Lynette BeerSat, 21 Mar 2020 - 2min
- 305 - South African Radio Awards
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Wed, 18 Mar 2020 - 7min - 304 - Intiem- Só voorkom jy misverstande!
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Wed, 18 Mar 2020 - 9min - 303 - Lynette BeerSat, 14 Mar 2020 - 2min
- 302 - Lynette BeerSat, 07 Mar 2020 - 1min
- 301 - Lynette BeerSat, 29 Feb 2020 - 1min
- 300 - Lynette BeerSat, 22 Feb 2020 - 1min
- 299 - Lynette BeerSat, 15 Feb 2020 - 1min
- 298 - Lynette BeerSat, 08 Feb 2020 - 2min
- 297 - Eerste Skooldag
Lindie Strydom het op die eerste skooldag van 2020 by Laerskool Wierdapark in Centurion gaan inloer om met die skoolhoof, Mnr. Louis Dekker te gesels oor die skool se 31 tweelinge (én nog ‘n drieling ook!)
Thu, 16 Jan 2020 - 4min - 296 - Kersfees HOOPstoot 3 - Candice se kunsbeen vir Kersfees
Candice Badenhorst (37) was 19 jaar oud toe sy met ‘n vorm van beenkanker gediagnoseer is. Na 5 sessies chemoterapie het hulle die gewas uitgesny, maar kort daarna was daar weer ‘n knoppie op haar been. Na die opvolgoperasie het die wond nie gesond geword nie en 4 maande voor haar 21ste verjaardag is haar been geamputeer. Die verlies van haar been, 16 jaar gelede, het Candice nog nooit ondergekry nie. Sy het wél een groot droom: Om eendag hand-aan-hand met haar kinders te kan loop... Iets wat sy nog nooit met haar krukke kon doen nie. Candice en haar man Francois het twee seuns – 5 en 7 jaar oud - en hulle, saam met die ondersteuning van haar ma, is die grootste rede hoekom sy nie sal gaan lê nie. Haar briefe aan ons was ook nie vir hulp vir haarself nie. “My ma is die wonderlikste mens. Sy het alles opgeoffer om my beter te kry, skuld aagegaan vir doktersrekeninge en nog baie meer. Sy kan self nie meer werk nie as gevolg van haar gesondheid en bly in ‘n woonstel in ons erf. Al wat ek vra is ‘n bietjie bederf, want sy sal haar laaste gee vir mense al het sy self niks nie.” Ons span het met Candice afgespreek om haar ma by ‘n koffiewinkel te verras. Candice het vir haar ma gesê sy moet gaan vir ‘n werksonderhoud... Danksy Chris van SkinPhD in Mall@Reds kon ons die tannie bederf met ‘n reuse R5000 geskenkbewys vir van hare en naels tot produkte en grimering! Die tannie was so dankbaar en Candice het gedink ons is klaar... Maar toe kom haar man Francois en 2 seuntjies, almal met blomme in die hand en die GROOTfm span met balonne om die hoek en kom staan om die tafel waar Candice se ma nog effens oorbluf voel na die lekker verrassing... En na ons Candice uitgevra het oor haar droom en sy tussen deur die trane probeer verwoord, tree Ben Prinsloo van Prinsloo Ortopedies en Simoné Weyers van Weyers Ortopediese Dienste vorentoe met die nuus dat hulle, in samewerking met ӦSSUR wat die parte voorsien vir Candice.
Mon, 25 Nov 2019 - 4min - 295 - Jessica Dalla Torre onderhoud
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 24 Nov 2019 - 8min - 294 - Jennifer Myburgh het met Piet Janse van Rensburg gesels oor die Berg Bid.
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Tue, 19 Nov 2019 - 8min - 293 - Kersfees HOOPstoot 2 – ‘n Beurs vir Danielle Burger
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 15 Nov 2019 - 4min - 292 - 'n Kersfees HOOPstoot vir Maxie se Ma
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Fri, 08 Nov 2019 - 4min - 291 - Jennifer het met Pastoor Philip Botha van Fresh Africa gesels
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Mon, 09 Sep 2019 - 20min - 290 - Goeie Nuus VrydagFri, 16 Aug 2019 - 4min
- 289 - Jennifer het met Nadia van Bet-Seber huis van hoop gepraat.
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Mon, 12 Aug 2019 - 22min - 288 - Jennifer gesels met Willem Botha
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 08 Aug 2019 - 15min - 287 - Jennifer gesels met ReBORN
Jennifer het met die nuwe groep ReBORN gesels oor hulle nuwe enkelsnit-Long Road en hulle planne voorentoe.
Tue, 06 Aug 2019 - 13min - 286 - Mandela Dag - SPAR Northrand
SPAR Northrand het besluit om vir Madibadag 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk vir GROOTfm90.5 se #lositbeter projek! Ons het by hulle ‘n draai gaan maak waar 'n span van 18 mense al van vroeg die oggend die telefone wit warm gebel het om seker te maak ons kan 'n hele paar leë koskaste bietjie beter los as wat ons dit gekry het... 'n Baie opwindende "telethon" en teen 10:30 het SPAR se kosspesialis en ook die dryfveer agter hierdie inisiatief, Karien Strydom, gesê hulle het reeds drie keer meer as hulle aanvanklike doelwit behaal met nog 'n hele paar winkels wat gebel moet word!
Thu, 18 Jul 2019 - 4min - 285 - #JouMenseMyMense – 25 Junie – Just Being Marinel
Nelmari en IP van Niekerk is beide onderwysers. Nelmari by Hoërskool Montana en IP by Hoërskool Akasia. Hulle is in 2008 getroud en hulle pragtige dogtertjie, Marinel is in 2010 gebore. Alles het aanvanklik perfek gelyk tot op so 9 maande oud. Marinel kon nog nie sit nie en IP en Nelmari is na die Babaterapiesentrum verwys waar die terapeute hulle op ‘n paar duidelike agterstande gewys het ten opsigte van Marinel se ontwikkeling. Iets was fout, maar niemand kon regtig hulle vinger daarop sit nie. Hulle het begin by ‘n pediatriese neuroloog waarna verskeie toetse gevolg het. Toetse is selfs weggestuur na London en België, maar alles het elke keer negatief teruggekom. Hulle is verwys na ‘n dokter wat spesialiseer in ginetika en ook na die Witssentrum vir Ginetika-studies, maar weereens was daar geen antwoorde nie. Marinellie het begin kruip in 2014 toe sy vier jaar oud was en begin loop in 2016 op 6 jarige ouderdom. In 2017 is Marinel se boetie, Ignus gebore. Soos pappa IP sê: "Marinel was ons redding en Ignus is ons seëning". Vandag is Marinel 9 jaar oud, maar haar breinontwikkeling is ongeveer op die vlak van ‘n 14 maande oue baba. Sy kan nie praat nie en dra volwasse doeke - Marinel is in elke opsig, emosioneel en fisies, totaal en al afhanklik van IP en Nelmari. En steeds is daar nie ‘n naam of diagnose vir Marinel nie - so IP en Nelmarie praat van “JBM Sindroom” (Just Being Marinel Syndrome).
Tue, 25 Jun 2019 - 7min - 284 - #JouMenseMyMense - 18 Junie 2019 - Kosmos Care Centre
Die “Kosmos Care Centre” in Onderstepoort is al vir 27 jaar lank ‘n veilige hawe vir van bejaardes en persone met verskillende gestremdhede tot desperaat arm en behoeftige mense en selfs verslaafdes wat weer op hulle voete probeer kom. Die hoeveelheid inwoners wissel soms van dag tot dag, maar winter is verseker die besigste tyd soos mense sonder enige ander heenkome kom aanklop op soek na skuiling teen die koue en dalk ‘n warm bord kos. Van die hospitale, inrigtings, staatsinstellings en verskillende organisasies verwys ook mense wat andersins vannag in ‘n parkie, op straat of by ‘n bushalte sou slaap. Erna Jansen van Vuuren wat die afgelope 10 jaar aan die stuur is, het by haar ouers, Katinka en Bert oorgeneem na hulle oorlede is. Sy het self drie dogters wat doof is en van daar haar passie om nie net te sorg vir ‘n dak oor iemand se kop nie, maar om verskillende werkskeppingsinisiatiewe te dryf wat veral dan vir persone met gestremdhede die waardigheid van werk laat beleef terwyl dit fondse genereer wat die lewenskwaliteit van almal hier by die Kosmos Care Centre help verbeter.
Tue, 18 Jun 2019 - 7min - 283 - Jennifer het met Carina Nel, Jacques Blignaut en Candice Weber
Carina Nel, Jacques Blignaut en Candice Weber gesels oor hoe hulle hulle gawes uitleef in die vermaaklikheids bedryf en terselfde tyd goeie rolmodelle vir die jeug kan wees.
Sun, 16 Jun 2019 - 40min - 282 - Intiem onderhoudTue, 11 Jun 2019 - 13min
- 281 - Intiem onderhoudThu, 06 Jun 2019 - 13min
- 280 - Jennifer gesels met Etienne Piek van Mergon
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 02 Jun 2019 - 5min - 279 - #JouMenseMyMense - 28 Mei 2019 - Hospitaalbesoek: Chardiney Ludick
Chardiney Ludick (4) het ongeveer 3 maande gelede aanvalle begin kry wat dokters aanvanklik gedink het is epileptiese aanvalle. Na verskeie toetse het hulle later bevestig dat dit deur ‘n breingewas veroorsaak word, wat vermoedelik oor die afgelope jaar gegroei het. Chardiney het begin met medikasie om te kyk wat die uitwerking op die gewas sal wees, maar toe sy laas Dinsdagoggend weer ‘n aanval by die kleuterskool kry, het dokters besluit om Saterdagoggend met ‘n noodoperasie die gewas te verwyder. GROOTfm 90.5 het laas week uit verskillende oorde van Chardiney gehoor toe ‘n hele gemeenskap gehelp het om R55 000 binne 3 dae bymekaar te maak. Dit was die gedeelte wat die mediesefonds nie dek nie, maar betaal moes word voor Chardiney opgeneem kon word. As die dokter nie Saterdag kon opereer nie, sou hulle moes wag tot einde Julie. Die operasie het ongeveer 5 ure lank geduur en dokters kon 70% van die 4cm groot gewas suksesvol verwyder. Ons het geweet Chardiney is nog in ICU en dat ons nie vanoggend by haar sal kan inloer nie, maar het met mamma Charné gereël dat ons net die “hoop-jy-voel-sommer-gou-gou-beter”-teddiebeer sal kom aflaai by die hospitaal. Toe dit tyd is vir die oorskakeling op lug, was die verpleegpersoneel besig om Chardiney’tjie se dreineringspyp uit te haal. Kort daarna het ‘n baie emosionele mamma Charné by ons aangesluit om haar dankbaarheid vir elke gebed, oproep, bydrae en boodskap te probeer verwoord. En toe die goeie nuus dat Chardiney’tjie na ‘n gewone saal oorgeplaas word en dat ons sommer self haar teddiebeer en gebedskussinkie vir haar kan gee! Toe die ICU deure oopswaai en ons die reuse pienk teddiebeer vir Chardiney in haar hospitaalbedjie aangee, was dit net hande wat swaai en die grootste glimlag oor hierdie nuwe en mooie maatjie!
Tue, 28 May 2019 - 5min - 278 - Goeienuus Vrydag 24 Mei 15:30
Goeie Nuus Vrydag 24 Mei 2019 – ‘n Terugblik op ons besoek aan Wollies saam met die span van Cosmo Industrial en die Woeries van Hoërskool Centurion het gewoeker om ‘n hele berg baadjies in te samel.
Fri, 24 May 2019 - 4min - 277 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – die versorgers van Wollies – 21 Mei 2019
Wollies se oorspronklike doel toe Cilla Trexler in 2003 begin het, was om so veel as moontlik diere te steriliseer. Dit het egter nie daar gestop nie. Sy en haar span het meer en meer betrokke geraak om verwaarloosde en mishandelde diere te help en so het hulle spoedig ontwikkel tot ‘n volskaalse operasie en niewinsgewende organisasie wat vandag bekend staan as “Wollies Animal Shelter” – ‘n diereskuiling in Pretoria-Noord wat sonder enige regeringshulp ‘n veilige hawe vir amper 700 honde en katte bied tot elkeen van hulle ‘n permanente liefdevolle huis kry. Wollies glo sterk dat mense opgevoed moet word oor die voordele van sterilisasie en as dit meer bekostigbaar was, sou daar minder verwaarloosde en mishandelde diere op straat gewees het. Die diere wat hier is, was ongelukkig meestal aan geweldige wreedheid blootgestel, maar die versorgers wat hier dien met van drukkies tot lekker lang stapsessies sal nie opgee tot elke dier van die trauma herstel het nie. Hulle belofte aan hierdie diere is dat hulle nooit weer honger sal wees nie, nooit weer mishandel sal word nie en altyd ‘n warm bed en die liefde en aandag sal kry wat hulle verdien. Die kennels is ruim sodat ‘n paar honde saam kan bly en speel. Die voordeel natuurlik dat hulle sosiaal ontwikkel en makliker by ‘n gesin aanpas wat reeds ander honde het. Ook die katte het die mooiste huisies met blom beddens, maar ‘n liefdevolle omgee gesin sal steeds vir hulle die beste huis wees. Hulle werk stop nie net by die skuiling nie. Hulle staan arm gemeenskappe by om hulle diere by die veearts uit te kry en te help met kos indien nodig. Hulle help tans 100 behoeftige gesinne om hulle troeteldiere te kan versorg. Hulle het al by 4 informele nedersettings in Pretoria-Noord gehelp met suksesvolle sterilisasieprogramme en in Oktober 2019 maak hulle weer so tydens die National Animal Week. Hulle gee selfs ‘n sak kos en ‘n kombers as hulle gehelp het om ‘n dier te steriliseer.
Tue, 21 May 2019 - 7min - 276 - Goeienuus Vrydag 17 mei 10:30
Afrikaans Hoër Meisieskool en Hoërskool Waterkloof het kragte saamgespan vir GROOTfm 90.5 se #BlikkiesenBaadjies Winterprojek 2019! Bjorn Barnard, Onderhoofseun van Waterkloof in die portefeulje van lewensverryking saam met Waterkloof se onderhoofdogter, Suzaan de Villiers het verskillende skole genader om saam te werk aan die insameling vir GROOTfm se projek ten bate van Pen en Helpende Hand. Mila Grobler, Onderhoofdogter van Affies in die portefeulje liefdadigheid, saam met die onderhoofdogter vir gees, Caro Laubscher en hulle hoofdogter, Nika Grobler het op hulle beurt hulle Gee(s)week gebruik om nie net vir ons projek warm wintersklere en blikkieskos in te samel nie, maar ook vir 'n hele paar ander organisies van hondekos tot sanitêreware! Soos die span leiers van Affies vir ons sê: "Die beste manier om gees te bou in die aanloop na ons jaarlikse derby teen Oranje Meisies, is eintlik om soos een man (of vrou!) vir ander om te gee en aan te gee, wat ook al ons het om te deel!"
Fri, 17 May 2019 - 6min - 275 - Goeie Nuus Vrydag - #JouMenseMyMense
‘n Goeie Nuus Vrydag terugblik op ons #JouMenseMyMense projek van 14 Mei 2019 ten bate van Juffrou Maretha Kruger van Hoërskool Centurion, moontlik gemaak deur ons borge We Buy Cars, Cosmo Industrial, King Price, Vision Properties en SPAR.
Fri, 17 May 2019 - 4min - 274 - #JouMenseMyMense saam met SPAR - Juffrou Maretha Kruger
Toe die Woeries vanoggend 10 uur op die skool se aantreeblad bymekaar kom, het niemand geweet wat vir geliefde Juffrou Maretha Kruger (44) voorlê nie... Inteendeel, min mense het tot vandag geweet dat sy na ‘n lang dag op haar voete voor in die Duitse klas of op die sportveld waar sy Netbal, Sagtebal en Hokkie afrig, in die aand omtrent net kan lê met warmsakkies vir die pyn of dat sy op 5-jarige ouderdom al haar eerste kunsbeen gekry het en tot op hede dit elke 2 jaar moes vervang as gevolg van die slytasie op haar enkel. Jy sal dit nie sommer van haar weet nie, want in haar 22 jaar as onderwyseres het sy nog nooit toegelaat dat haar siekte haar op enige manier onderkry of terughou nie. Die “kampstige” vergaderging waarvoor iemand haar laat kom het, het ons kans gegee om gou die leerders te vertel hoekom ons daar is en toe sy op die lang stoep voor die klaskamers aangestap kom, het die Woeries in ‘n baie emosionele oomblik soos een man vir haar opgestaan – amper asof hulle met ‘n gebaar erkenning wou gee aan hierdie juffrou wat haar lewe lank ten spyte van en te midde van haar moeilike omstandighede nog elke oggend opgestaan het om ‘n verskil te gaan maak.
Tue, 14 May 2019 - 8min - 273 - Intiem onderhoud 13 Mei
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Mon, 13 May 2019 - 8min - 272 - #JouMenseMyMense 7 Mei 2019 - SPAR en COSMO Industrial versorg-die-versorgers
“My oom Loeks van Niewenhuizen en my tannie het hier by Huis Silversig gebly. My Tannie het 10 jaar voor dit ‘n beroerte gehad en sy kon nie praat nie. Toe my oom op sy einde was, het hulle my laat weet om te kom. Ek het hier by hom gesit en gesien hoe hulle hom versorg. Daai laaste 2, 3 ure voor hy oorlede is... hoe mooi hulle met hom gewerk het. Hulle het ‘n ander talent. Dit was vir my baie spesiaal...” Hierdie woorde van Cosmo Industrial se CEO, Pierre van Niewenhuizen, verklap dalk die rede hoekom hy en sy span al in 2018 betrokke geraak het by Huis Silversig wat letterlik 700 meter van Cosmo se voordeur af is. Hier word 118 meestal verswakte ouer persone wat net ‘n SASSA pensioen kry, versorg. Ons het die afgelope 4 jaar deur verskillende projekte wat ons saam aangepak het, Cosmo se hart vir hulle plaaslike gemeenskap leer ken en laas jaar is die fondse van hulle Cosmo Run 2017 gebruik om by te dra vir een van die inwoners, Hennie (61) se elektriese rolstoel. “Ek het toe al besluit ons moet terugkom en iets vir die versorgers doen,” vertel Pierre. Vandag was dit inderdaad die personeel se beurt en is die fondse van die Cosmo Run 2018 gebruik om elkeen van die 82 versorgers “te versorg” met ‘n splinternuwe baadjie en bootse vir die lang ure op hulle voete en die koue nagte se versorging wat voorlê hierdie winter – ‘n geskenk van meer as R30 000! “Hierdie mense gee hulle alles. Hulle los hulle eie gesinne en klein kindertjies vroegoggend by die huis om ander se mense te kom versorg. Dis nie altyd maklik nie. Die take is uitmergelend. Hulle het hulle eie persoonlike uitdagings, dinge wat hulle moet oorkom, finansiële bekommernis, kindermoeilikheid - kinders wat hulle dalk verloor het aan die dood en dis hoekom vandag se gebaar en waardering vir wat hulle doen so besonders is,” sê Anneliese Bothma, Bestuurder van Huis Silversig.
Tue, 07 May 2019 - 5min - 271 - Jesus Film Projek
Hullebediening is drievoudig: 1.) Mike is verantwoordelik vir al die Jesus Film Projek spanne in Suid Africa se film wys toerusting. 2.) Natasha is die koördineerder vir die Magdalena Vroue Film strategie in Suid Afrika en 3.) Hulle is die stigters van Eco Ministry waar ons uitreik onder staf met die Jesus Film Projek Strategie in die eko toerisme bedryf.
Sun, 05 May 2019 - 31min - 270 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – 30 April 2019 – Huis Gracia se ma van vele
“Ek was ‘n nommer, ‘n bed en ‘n bord kos,” beskryf een dogter haar kinderhuis lewe voor sy by Huis Gracia, ‘n plek van veiligheid in die noorde van Pretoria kom bly het. Vir baie ander soos sy, was dit ‘n laaste uitweg en kans. Net 12 van die 82 kinders het enige kontak met enige familie, maar hier word vreemd-vir-mekaar kinders wat ook elkeen deur ‘n hofbevel met ‘n tas vol seer en verniel by die deur afgelaai is, soos boeties en sussies. “Ons praat nooit weer oor wat agter is nie,” verduidelik huisma Trudie terwyl ons saam met haar en sus Lizet, Katie en die res van die span om die kombuistafel kuier. ‘n Groep van die kinders is ook by die huis, want die bus het nie opgedaag nie. Hulle gaan na die verste een van die 7 skole. Die res is meeste binne loopafstand van die verskillende hoër- en laerskole. “Ons wil hê ons kinders moet sover moontlik aan alles by die skool deelneem, van sport en revue, spreekkoor en redenaars.” En hulle presteer! Hier is leiers, twee top 10 leerlinge en in 2018 het 40 van die kinders Gauteng-Noord ringbal gespeel behalwe nog die 14 wat op die ou end vir die Suid-Afrikaanse span gekies is!
Tue, 30 Apr 2019 - 7min - 269 - Goeie Nuus Vrydag – 26 April 2019 – Martie Venter
Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het en Martie se balans, gehoor en spraak aangetas het. Sy is op 19 jarige ouderdom - 29 jaar gelede - die eerste keer met kanker gediagnoseer: o.a. baarmoederkanker, borskanker, maagkanker tot waar sy die afgelope 4 jaar geen meer vaste kos kan eet nie. In 2018 het die kanker na haar kliere en die res van haar liggaam versprei en verloor sy die gebruik van haar dominante hand, maar sy bly die mees positiewe mens wat jy in jou lewe sal ontmoet. Ons vriende van SPAR het gesorg vir ‘n R1000 geskenkaart, ‘n anonieme borg het gehelp met die koste van ‘n week lange limfdreineringbehandeling vir verligting van haar pyn en met ‘n vinnige oproep na ons vriende van Binnelanders kon ons een van haar groot drome help bewaarheid – ‘n besoek aan die stel van Binnelanders. Hoor bietjie wat het sy en haar vriendin Ria van hierdie belewenis gedink en dan die ekstra goeie nuus: Vision Properties wat R5000 skenk vir Martie se huur!
Fri, 26 Apr 2019 - 5min - 268 - #JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019
Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na die woonstel te kom kyk. Sy kon nie mooi hoor wat Martie oor die foon probeer sê nie. As jy haar ontmoet sien jy eers net haar vriendelike gesig met oë wat lag voor jy besef haar lyf het seer. Sy het daardie dag kort na “aangename kennis” vir Ria en haar man verduidelik hoe siek sy is en hoe sy sukkel om blyplek vir haar en haar hond te kry. Dit was 6 maande gelede. Vandag voel ons saam met Martie en Flekkie tuis in hulle huisie in Villieria terwyl Ria vertel van hulle vriendskap wat vir haar ‘n daaglikse inspirasie geword het. Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry as gevolg van geelssug. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het. Martie se balans, gehoor en spraak is aangetas. Sy is deur skoolmaats en selfs familie gespot en na haar ouers 3 weke uitmekaar aan kanker oorlede is, moes sy die lewe se uitdagings alleen trotseer. Sy is 29 jaar gelede die eerste keer op 19 jarige ouderdom met kanker gediagnoseer: baarmoederkanker en toe die histerektomie, borskanker en toe die dubbele masektomie net om 3 weke later te hoor die kanker is terug. Later maagkanker tot waar sy die afgelope 4 jaar geen meer vaste kos kan eet nie. In 2016 het sy geval en dokters het gesê sy sal nooit weer loop nie, maar sy het opgestaan. In 2018 het die kanker na haar kliere en die res van haar liggaam versprei en verloor sy die gebruik van haar dominante hand.
Tue, 23 Apr 2019 - 6min - 267 - #JouMenseMyMense – 16 April 2019 – Oom Danie en Sungardens Hospice
“Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice is.” Op 28 Januarie 2019 het Danie sy pa by die lughawe gaan aflaai om in Namibië by Danie se broer te gaan kuier. Twee weke later toe hy terugkom, was hy heeltemal verlam aan sy linkerkant en in ‘n rolstoel. Oom Danie is op 25 Februarie met breinkanker gediagnoseer en huis toe gestuur, want hulle kon niks vir hom doen nie. Danie het daai aand al met Sungardens Hospice kontak gemaak en van dag een af het dit gevoel soos familie - die gereelde oproepe om te hoor hoe dit met sy pa gaan en Suster Christa wat elke week by die huis vir Oom Danie gaan kuier het en dan sommer ‘n uur lank net rustig met hom gesit en gesels het… Saterdag 6 April is Oom Danie by Hospice opgeneem en terwyl Tannie Annalie elke oomblik van die dag langs sy bed was, het sy hierdie “engele sonder vlerke” van nog nader leer ken. Hulle vra niks. Dien en gee en voorsien net in elke behoefte wat hulle raaksien en altyd met ‘n glimlag. Danie het ‘n foto geneem van Hospice se wenslysie in die voorportaal om te kyk hoe hy hierdie mense kan help wat sy mense so mooi help en versorg. Sondagoggend 02:48 stuur Lindie vir Danie ‘n boodskap: “Ek voel ons moet al hierdie Dinsdag by jou pa gaan kuier.” Later die oggend kom Danie se whatsapp deur: “My pa is vanoggend 05:30 oorlede, maar ek en my ma sal steeds graag wil gaan dankie sê…” So vanoggend was ‘n emosionele “dankie sê” saam met Danie en sy ma, Annalie, vir “engele sonder vlerke” se liefde sonder einde vir hulle pa en man tot op die einde... Sommer daar in een van die kamers waar soveel ander soos Oom Danie oor die afgelope 32 jaar versorg is, praat ons deur die trane oor ongemaklike woorde soos kanker, terminaal siek en dood.
Tue, 16 Apr 2019 - 6min - 266 - Jennifer gesels met Francois Nortje
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Sun, 14 Apr 2019 - 25min - 265 - Goeie Nuus Vrydag- Cathy van Rensburg
Cathy van Rensburg het 13 jaar gelede haar projek in Elandspoort begin. Kefilwe Thusano het o.a. 'n kleuterskool, naskoolsentrum en vrouegroep, help minstens 50 gesinne met kospakkies en gee elke dag vir ongeveer 150 mense 'n bord gekookte kos. Toe ons laas week vir Cathy gaan kuier, het Annemarie Pretorius van ons Bloudruk Mediaspan wat self 'n mamma en boonop 36 weke swanger is, gesien dat die kleuters net blokkies het om mee te speel. Sy het in haar hart gevoel om iets te doen, maar geweet as jy selfs net 'n voorstel by GROOTfm 90.5 maak, word dit deurgevoer! Annemarie en haar man, Barend het voelers uitgesteek na hulle verskillende kollegas en hulle seuntjie se Kwetterkousies Kleuterskool en teen gisteroggend kon ons 2 karre stampvol gepak met opvoedkundige speelgoed en wintersklere vir die kleuters vat saam met splinternuwe items vir kunsaktiwiteite en selfs 'n R2000 geskenkkaart vir kruideniersware! Een van ons luisteraars wat al 'n paar jaar lank oorsee werk en self in Pretoria-Wes groot geword het, het weereens met 'n verdere R5000 skenking sy waardering vir die werk wat mense soos Cathy doen, gewys. Ons projekte soos #JouMenseMyMense is nooit net 'n uitstalling om op 'n afstand te bekyk nie, maar 'n uitnodiging om deel te word van dit waarmee ons glo God besig is in ons gemeenskap. Ons is dankbaar vir hoe Annemarie en Barend en elkeen wat hulle ondersteun het asook luisteraars soos Johan se betrokkenheid en bydraes hierdie waardes waarvoor ons staan, lewe gee!
Fri, 12 Apr 2019 - 6min - 264 - Intiem onderhoud 9 April
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Thu, 11 Apr 2019 - 16min - 263 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie
Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt kan bestuur, maar hy’t nie ‘n lisensie nie. Daar is nie geld om nou vir ‘n lisensie te gaan nie, maar dis ook ‘n groot rede hoekom hy sukkel om werk te kry. Sonder Melt se inkomste het die huur elke maand ‘n bietjie agter geraak tot waar hulle moontlik nou hulle blyplek kan verloor. Drika se ma bly ook by hulle na haar pa drie jaar gelede oorlede is. Sy is ‘n diabeet en sukkel om werk, maar ook pensioen te kry. Drika en Melt se suster en broers sukkel self om kop bo water te hou en sorg boonop self vir ander familie wat ook sieklik is. Nie een van hulle is in staat om te help nie. Hierdie beskrywing van Drika en Melt se omstandighede van sukkel, val en opstaan, foute maak, dalk selfs slegte keuses iewers tussen in, weer probeer en weer val tot waar jou briefie begin met “ek voel soos ‘n mislukking” en ‘n whatsapp profile prentjie wat lees “I give up” is verseker nie uniek tot hierdie 2 mense nie en die gevaar is dat ons vir mekaar sê: “ons kan nie hier help nie, want dis die pleidooi van hoeveel ander in ons stad…” Ons kan verseker nie almal help nie, maar vandag het nie vir ons oor Drika en Melt gegaan nie. Dit het gegaan oor hulle 6-jarige seuntjie in Graad 1 wat ten spyte van die afgelope paar dae se skielike koue in Pretoria met ‘n kort broekie moes skool toe gaan – kaal voete moes skool toe stap. En ‘n mens wonder waar pas hierdie seuntjie se behoeftes in? Tel hy ook as een van die 80 broodjiekinders by sy skool al het sy ma ‘n werk? Want in hierdie geval is “werk” nie genoeg nie! Na die huur, water en ligte en skoolfonds betaal is, is hulle gesin reeds in die rooi. Daar is nie geld vir kos nie en daar is ook nie enige kos in hulle huis nie.
Tue, 09 Apr 2019 - 6min - 262 - Chantal Viljoen onderhoud met Jennifer
Chantal Viljoen het haar getuienis met ons kom deel, Sondagaand, 7 April 2019. Sy het haar babadogtertjie Katryn, 'n paar jaar gelede aan die dood afgestaan. Sy is 'n voorbeeld van hoe om in Hoop te leef en oor te gee aan Christus, ten spyte van moeilike omstandighede
Sun, 07 Apr 2019 - 40min
Podcasts ähnlich wie Ander programme
AD Voetbal podcast AD
De Zaak X AD
Alle Geschiedenis Ooit – Grote Namen Alle Geschiedenis Ooit
De Onderwereld Bas Dingemanse & Bas van Mulken
Omdenken Podcast Berthold Gunster
Boekestijn en De Wijk BNR Nieuwsradio
De Wereld | BNR BNR Nieuwsradio
Zolang het leuk is BNR Nieuwsradio
Moordzaken Carrie & Eddie
Heterdaad De Telegraaf
Het Land van Wierd Duk De Telegraaf
Kick-off met Valentijn Driessen De Telegraaf
F1 Aan Tafel Grand Prix Radio
Groeten uit Grolloo Johan Derksen
KieftJansenEgmondGijp KieftJansenEgmondGijp
Kris Kross Mixtape Kris Kross Amsterdam
De Jortcast NPO Luister / AVROTROS
De Wit & De Wereld NPO Luister / BNNVARA
Nachtzuster NPO Radio 1 / Omroep MAX
NRC Vandaag NRC
Veldheren Peter van Uhm, Mart de Kruif, Jos de Groot / Corti Media
Amerika in 15 minuten Raymond Mens
Maarten van Rossem & Tom Jessen Tom Jessen en Maarten van Rossem
Vandaag Inside Vandaag Inside
Andere TV und Filme Podcasts
80 mix Radio 80
TED Radio Hour NPR
Payments Brief: FinTech, Banking & Payments News Payments Brief Team
בזמן שעבדתם mako מאקו
Inside The Media Minds W2 Communications
The Accounting Disruptors Wiss
React Native Radio Jamon Holmgren, Robin Heinze, Mazen Chami
Raumzeit Metaebene Personal Media - Tim Pritlove
PM 09:00 zzz 哀呀我的媽
The AI Fix Mark Stockley
دانشنامه ی اپل | اپل 98 اپل ۹۸ خرید اپل وان
G-COM radio Nova Phoenix
Off The Hook 2600 Enterprises
