Nach Genre filtern

Nuuspod

Nuuspod

Izak Du Plessis

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.

161 - Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?
0:00 / 0:00
1x
  • 161 - Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?

    Nuuspod wil by Pieter Mulder, Dawie Roodt en Leon Wessels weet of SA 'n mislukte staat is

    Sat, 26 Sep 2020 - 37min
  • 160 - In gesprek met Patricia de Lille

    Nuuspod praat met Patricia de Lille oor bewerings van korrupsie en bedrog

    Sat, 26 Sep 2020 - 21min
  • 159 - Die DA is g'n rassisties nie

    Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA

    Thu, 10 Sep 2020 - 14min
  • 158 - Wie is Ace Magashule?

    Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.

    Thu, 03 Sep 2020 - 40min
  • 157 - Sal die ANC skeur?

    Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria.

    Sat, 29 Aug 2020 - 27min
Weitere Folgen anzeigen