Filtrar por género
- 161 - Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?Sat, 26 Sep 2020 - 37min
- 160 - In gesprek met Patricia de LilleSat, 26 Sep 2020 - 21min
- 159 - Die DA is g'n rassisties nieThu, 10 Sep 2020 - 14min
- 158 - Wie is Ace Magashule?Thu, 03 Sep 2020 - 40min
- 157 - Sal die ANC skeur?
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob Zuma het in ’n brief aan Ramaphosa skerp te velde getrek teen wat hy gesê het. Volgens Zuma plaas dit die party in ’n onhoudbare situasie. Daar is selfs sprake van ’n skeuring te midde van die gebeure. Om te hoor of dit so is, praat Nuuspod nou met die politieke ontleder Roland Henwood aan die Unviersiteit van Pretoria.
Sat, 29 Aug 2020 - 27min - 156 - Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te sien hoe erg die probleem is en die verslag saamgestel.
Wed, 26 Aug 2020 - 15min - 155 - Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé
As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het.
Tue, 25 Aug 2020 - 32min - 154 - Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams
Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir ryk mense en wit mense beskore is. Nuuspod het aan die sielkundige Quinton Adams, bekend as The Shack Builder, gevra hoe groot en wyd die probleem van armoede in die Wes-Kaap strek. Dit is die eerste in 'n reeks gesprekke wat Nuuspod oor die onderwerp gaan voer. As jy die rou werklikheid van armoede in die Wes-Kaap so bietjie beter wil verstaan, moet jy die onderhoud luister.
Sun, 23 Aug 2020 - 40min - 153 - Nou gaan die twak eers spat!
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
Thu, 20 Aug 2020 - 44min - 152 - CapeXit is 'n poep teen die SuidoosterMon, 17 Aug 2020 - 09min
- 151 - So kan CapeXit n werklikheid word
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.
Sun, 16 Aug 2020 - 22min - 150 - Cyril het nie genoeg guts om homself te red nie
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra hoe sake in die ANC staan en wat president Cyril Ramaphosa se posisie in die party is.
Thu, 13 Aug 2020 - 22min - 149 - Die sielkundige impak van korrupsie - in gesprek met prof Erwin SchwellaTue, 11 Aug 2020 - 20min
- 148 - Volk Jou Ook 19Sat, 08 Aug 2020 - 2h 05min
- 147 - Die praktyk van korrupsie - in gesprek met oudbrigadier Stef GroblerFri, 07 Aug 2020 - 32min
- 146 - Die siel van korrupsie - In gesprek met prof Piet NaudéThu, 06 Aug 2020 - 24min
- 145 - Nuusbril 2 Augustus 2020 met Marlene van Staden, Juaneé Cilliers en Liela GroenwaldSun, 02 Aug 2020 - 44min
- 144 - Barnard Beukman: So lyk nuwe toekoms vir nuusmediaSun, 02 Aug 2020 - 27min
- 143 - Volk Jou Ook 18Sat, 01 Aug 2020 - 3h 02min
- 142 - Facebook trek vermeende plaasaanvaller en moordenaar na ses jaar vas.
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian Cameron het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
Fri, 31 Jul 2020 - 06min - 141 - In gesprek met John Steenhuisen
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering van Covid19
Tue, 28 Jul 2020 - 29min - 140 - Winkelwerknemer verjaag vrou omdat sy Covid19 gehad het
Toe Cindy Kruger (’n skuilnaam) van Alberton ’n week of drie gelede negatief getoets het na haar stryd met Covid19, het sy gedink sy is gesond. Wat sy inderdaad was, maar sy moes vinnig uitvind dat mense se persepsie oor die virus nie noodwendig ooreenstem met die feite nie. Sy is op Vrydag 24 Jullie gevra om die Spar in Brackenhurst, Alberton te verlaat omdat sy klante ongemaklik maak. Sy het aan Nuuspod vertel wat met haar gebeur het.
Mon, 27 Jul 2020 - 06min - 139 - Pastoor vertel hoe Joost se broer kerkaanval fnuik
'n Groep gewapende mans het vanoggend probeer om 'n kerk in Centurion te beroof. Pastoor Kobus Erasmus wat die diens gelei het, vertel wat gebeur het.
Sun, 26 Jul 2020 - 05min - 138 - Nuusbril 26 Julie met Jody Hendricks en Christo van der RheedeSun, 26 Jul 2020 - 44min
- 137 - Volk Jou Ook 17Sat, 25 Jul 2020 - 3h 24min
- 136 - Oom Andries (82) speel bekfluitjie na Covid19
Die 82-jarige oom Andries Truter van Huis Mostertshoek op Wolseley in die Wes-Kaap, is die week genees van Covid19. Hy word beskryf as die bejaardetehuis se eerste oorwinnaar van die siekte. Nuuspod het met hom en sy versorger Karin Lintvelt Klopper gepraat. Luister tot die einde om te hoor hoe oom Andries uit pure dankbaarheid bekfluitjie speel.
Wed, 22 Jul 2020 - 12min - 135 - Skaapskandeerder wys onvrugbare boervrou is swangerWed, 22 Jul 2020 - 11min
- 134 - Volk Jou Ook 16
In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was nie. Ons gedenk vandag wat Piet Botha se verjaardag sou wees. Daar is ook n lekker onderhoud met Anton Goosen wat aansluit by die vrystelling van sy biografie laas week saam met Hanlie Retief.
Sat, 18 Jul 2020 - 2h 07min - 133 - Anton Goosen oor dood, geloof en liefde.
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Nuuspod het 'n paar persoonlike vrae aan Anton gestel.
Fri, 17 Jul 2020 - 28min - 132 - Koes vir misdaadkurwe se piek!Mon, 13 Jul 2020 - 17min
- 131 - Volk Jou Ook 15Sat, 11 Jul 2020 - 1h 22min
- 130 - Steun plaasaanvalle, dan steun ek BLM, sê Boeta Dippenaar aan Lungi Ngidi
Die oud-Proteakrieketspeler Boeta Dippenaar sê om BLM of enige ander kwessie met die nasionale te span te vereenselwig is ‘’n gevaarlike tendens. Dippenaar en ander oudspelers soos Rudi Steyn en Pat Symcox het hulle op sosiale media uitgelaat nadat die naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek gesê het hy glo BLM-gesprekke sal in die Protea-kamp gevoer word. Die oudspelers sê boere moet ook ondersteuning kry en dat dit lyk of Ngidi sy standpunt op die span afdwing. Nuuspod het aan Dippenaar gevra hoe hy oor die saak dink.
Fri, 10 Jul 2020 - 08min - 129 - Gauteng se 1,5 miljoen grafte is korrupsie, sê begrafnisondernemers
’n Sweer van grootskaalse bedrog landwyd in die begrafnisbedryf is moontlik die teelaarde van 1,5 miljoen grafte wat in Gauteng gegrawe word. Dit is die mening van Johan Rousseau, die hoof van die sambreelliggaam vir onafhanklike begrafnisondernemers, Fira. Nuuspod het aan Rousseau gevra of soveel grafte regtig nodig is.
Thu, 09 Jul 2020 - 09min - 128 - Liedjie gedenk driejarige plaasmoordslagoffer Willemientjie
In Desember 2010 het ses plaasaanvallers die driejarige Willemientjie Potgieter en haar ma Wilna koelbloedig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat doodgeskiet. Willemientjie se pa Attie is wreedaardig met ’n tuinvurk vermoor. Vandag is Willemientjie een van die simbole van wat genoem word ’n aanslag op boere. Die sanger Piet Plagiaat het ’n liedjie ter nagedagtenis aan Willemientjie geskryf en Nuuspod speel dit te midde van ’n nuwe vlaag aanvalle op boere in die laaste tyd.
Wed, 08 Jul 2020 - 06min - 127 - Bendegeweld eis kinderlewens op Kaapse Vlakte
Kinders is die slagoffers van ’n hernieude vlaag van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In een van die jongste voorvalle is ’n sewentienjarige seun dood na hy en ’n vriend in kruisvuur tussen twee bendes beland het. Nathaniel Abrahams van Bonteheuwel is dood weens skietwonde aan sy kop. Volgens berigte is ’n elfjarige seun gewond tydens ’n soortgelyke voorval in Manenberg. Ander voorvalle is ook in Leonsdale en ander dele van die Kaapse Vlakte aangemeld. Nuuspod het met die DA wykraadslid, Angus McKenzie hieroor gepraat. Fotokrediet: Wanted in Africa
Mon, 06 Jul 2020 - 08min - 126 - Nog 'n vrou sterf weens plaasaanvalMon, 06 Jul 2020 - 04min
- 125 - Swanger vrou wreed tydens plaasaanval op Weenen vermoor.Sun, 05 Jul 2020 - 03min
- 124 - Volk Jou Ook 14Sat, 04 Jul 2020 - 1h 56min
- 123 - Honderde olifante in Botswana vrek onverklaarbaar
Die Britse liefdadigheidsorganisasie National Park Rescue sê hulle het sowat 350 olifantkarkasse van die begin van Mei af in die Okavango Delta in Botswana opgespoor. Volgens dr Niall McCann van die organisasie is die vrektes in Seronga onverklaarbaar. Intussen het die regering van Botswana ‘n verklaring uitgereik om te sê die getal is eintlik sowat 100 vrektes minder en dat hulle monsters van die karkasse geneem het om ondersoek in te stel na die vrektes. Meer as dit wil die regering nie bekendmaak nie. Nuuspod het aan André Botha van die Bedreigde Wildlewetrust gevra of hy iets meer weet
Fri, 03 Jul 2020 - 08min - 122 - Diabeet vertel hoe hy Covid19 oorwin
Frans Pretorius, 'n diabeet van Roodepoort in Gauteng, is die week uit die hospitaal ontslaan na hy Covid19 opgedoen het. Nuuspod het aan hom gevra hoe hy nou voel.
Fri, 03 Jul 2020 - 12min - 121 - #WhiteJesusmustfall
Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het die uitlatings op verskeie twiets oor geskiedkundige monumente gemaak. Die monumente is op die oomblik die fokuspunt van talle Amerikaners se toorn oor rassisme in Amerika wat vlam gevat het na die dood van George Floyd. King het die twiets opgevolg met ‘n verklaring dat Jesus ‘n leuen is wat aangewend word om Christenskap as ‘n voertuig van onderdrukking te vestig. Nuuspod het aan die professor Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, gevra wat hy van King se uitlatings dink.
Tue, 30 Jun 2020 - 26min - 120 - Boer praat na wrede plaasaanval
Wimpie du Toit, die boer van Petrusburg wat die afgelope naweek wreed aangeval is, sê die meeste mense is eintlik goed Hy het aan Nuuspod vertel dat hy nog steeds hoop het vir die land,
Mon, 29 Jun 2020 - 10min - 119 - Plaasaanvalle ontplof, maar boere slaan terug
Plaasaanvalle het die afgelope drie weke ontplof, en die ergste lê nog voor. Nuuspod het met Ian Cameron van Afriforum, Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus en Annette Steyn van die DA hieroor gepraat.
Mon, 29 Jun 2020 - 07min - 118 - Boer vertel hoe hy plaasaanvallers in sy adamspak laat les opsêMon, 29 Jun 2020 - 05min
- 117 - Nuusbril 28 Junie met Marlene van Staden, Michael le Cordeur en Willie Spies
Plaasaanvalle, bendegeweld op die Kaapse Vlakte, die rookverbod, Leon Schuster en Helen Zille is van die sake wat deur vandeesweek se paneel bespreek word.
Sun, 28 Jun 2020 - 34min - 116 - Wrede plaasaanval ruk PetrusburgSat, 27 Jun 2020 - 11min
- 115 - Volk Jou Ook 13
Volk Jou Ook het nou 'n permanente tuiste gekry op Nuuspod. Dit sal elke Saterdag verskyn met goeie Suid Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek en Eckard Potgieter se opinie oor nuusgebeure van die afgelope week. Hierdie week se program is so net oor n uur lank maar van volgende week af sal dit die volle 2 ure duur.
Sat, 27 Jun 2020 - 1h 01min - 114 - Begrafnisondernemers hanteer minder begrafnisse as verlede jaar, sê Fira
Die verteenwoordigende begrafnisorganisasie Fira sê daar is minder sterftes as verlede jaar die tyd ten spyte van Covid19. Johan Rousseau praat met Nuuspod.
Fri, 26 Jun 2020 - 11min - 113 - Leon Schuster: Ek is nie 'n rassis nieMon, 22 Jun 2020 - 14min
- 112 - Losing Lerato wen internasionaal
Die fliek Losing Lerato se draaiboek is tydens die Ramsgate Internasionale Filmfees bekroon as beste draaiboek. Nuuspod het die draaiboekskrywer Ricardo Arendse gevra om kommentaar te lewer op die groot toekenning.
Sun, 21 Jun 2020 - 03min - 111 - Nuusbril Episode 6 - 21 Junie. Met Waldimar Pelser, André Duvenhage, Carina Diedericks-Hugo.
Deksametasoon, vroue en kinders, die verloop van Covid19 in SA, VBS Bank, plaasaanvalle en Donald Trump is van die kwessies wat in vandeesweek se program onder die loep kom.
Sun, 21 Jun 2020 - 39min - 110 - Volk jou ook episode 12Sun, 21 Jun 2020 - 1h 59min
- 109 - Infeksiespesialis: So kan deksametasoon Covid-19 pasiënte help
Die infeksiespesialis dr Jantjie Taljaard van Tygerberg Hospitaal is versigtig optimisties oor deksametasoon wat kan help om Covid-19 pasiënte te genees. Nuuspod het met hom gepraat.
Wed, 17 Jun 2020 - 08min - 108 - Die Nies deur Piet PlagiaatWed, 17 Jun 2020 - 00min
- 107 - JustJody maak sy verjaardag 'n fees vir minderbevoorregtes
Die radioman Jody Hendricks verjaar op 22 Junie. In pleks can geskenke, soek hy bydraes vir minderbevoorregtes.
Mon, 15 Jun 2020 - 02min - 106 - Nuusbril Episode 6 - 14 Junie 2020 met Freek Robinson en Jaco Kleynhans
Freek Robinson, nuusleser, omroeper en skrywer, en Jaco Kleynhans van die Solidariteit Beweging bespreek die week se nuus. Die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Kieswet, Cyril Ramaphosa se posisie in die ANC, die DA se optrede teen plakkers en polisiegeweld word onder die vergrootglas geplaas.
Sun, 14 Jun 2020 - 36min - 105 - Volk jou ook episode 11Sun, 14 Jun 2020 - 2h 01min
- 104 - Prof André: Ek het julle mos gesê!
Mediaberigte die afgelope tyd sinspeel daarop dat pres Cyril Ramaphosa in 'n stryd om politieke oorlewing is. Prof André Duvenhage het 'n paar weke gelede al hieroor gewaarsku. Dit het tot 'n fel debat tussen hom en ander ontleders gelei. Nuuspod het hom genader vir sy reaksie op die jongste berigte.
Thu, 11 Jun 2020 - 07min - 103 - Pik se "Corona-gedig" aan Tossie in Italië
In 1993 het die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha, 'n gedig aan Tossie Lochner, die radiojoernalis, geskryf. Gedagtig aan die tyd waarin ons leef, kon die gedig net sowel vandag geskryf gewees het. Luister hoe dra Tossie die gedig voor.
Thu, 11 Jun 2020 - 03min - 102 - Dit het my strot afgeruk, sê wildboer oor inperking
Die inperkingstyd in Suid-Afrika weens die Covid 19 pandemie het ‘n geweldige groot impak op wildboere en die jagbedryf spesifiek gehad. So sê die wildboer Wiaan van der Linde van Wintershoek Safaris in die Noord-Kaap. Die jagbedryf is met die aanvang van vlak 3 weer oop verklaar, maar menige wildboer is onseker oor die toekoms. Van der Linde het in die lig hiervan aan Nuuspod vertel wat hulle doen en hoekom dit moeilik gaan wees om weer kop op te tel.
Wed, 10 Jun 2020 - 05min - 101 - Sonder plaaswag sal plaasaanvalle nog erger wees sê VF Plus
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, reageer op skerp toename in plaasaanvalle die afgelope week, asook die feit dat plaaswagte weer mag patrolleer,na inperkingsmaatreëls dit verbied het.
Tue, 09 Jun 2020 - 04min - 100 - Getuie vertel hoe vier mans in mangat op Koster sterf.
Vier mans van Koster is die afgelope naweek dood in 'n riool-mangat op die dorp. Die vier het probeer om 'n drein te herstel wat die munisipaliteit agterweë gelaat het. Rosette Schoeman, voorsitter van die GPF vertel wat gebeur het.
Mon, 08 Jun 2020 - 05min - 99 - Nuusmaker: Makokou die gorilla
Makokou, die 35-jarige gorilla van Johannesburg Dieretuin, het die afgelope naweek 'n skandering ondergaan om hom voor te berei vir 'n operasie oor drie weke. 'n Dokter en twee verpleegsters van Zuid-Afrikaans Hospitaal het prof Gerhard Steenkamp, 'n veterinerêre tandarts en mond-en-kaak-sjirurg bygestaan om die gorilla van 200 kg onder narkose te plaas en te ondersoek. Prof Steenkamp vertel in kleurryke detail hoe die ondersoek verloop het. Regtig 'n heerlike bydrae om te luister.
Mon, 08 Jun 2020 - 10min - 98 - Adam Tas wil boere se produkte goedkoper op jou tafel sit
Die sanger Adam Tas maak planne om landbouprodukte goedkoper op verbruikers se tafel te sit. Dit volg na hy weens 'n inkomstetekort agv die inperking begin het om groente te verbou en te verkoop. Hy het aan Nuuspod vertel hoe sy planne, in samewerking met Saai, gaan werk.
Mon, 08 Jun 2020 - 03min - 97 - DA verwelkom plaaswagte na toename in plaasaanvalle
Die DA sê hulle is bly dat plaaswagte weer operasioneel mag wees in die lig van 'n skerp toename in plaasaanvalle die afgelope week. Plaaswagte kon ingevolge inperkingsregulasies nie die afgelope twee maande plase patrolleer nie. Die skerp toename in plaasaanvalle sedert vlak 3 in werking getree het, noodsaak plaaswagte om aktief in hulle omgewing te wees sê die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn.
Mon, 08 Jun 2020 - 02min - 96 - Nuusbril Episode 5 - 7 Junie 2020 met Pauli van Wyk, Peter Marais en Connie Mulder
Ons praneel bespreek deurtrap die dood van George Floyd en antwoord die vraag waarom dit in SA ook weerklink. Die verskillende hofsake teen die regering se inperkingsregulasies kom ook aan die bod.
Sun, 07 Jun 2020 - 38min - 95 - Volk jou ook episode 10
Hierdie week op die Volk Jou Ook bring Eckard Potgieter hulde aan Piet Botha wat op 2 Junie 'n jaar terug oorlede is.
Sat, 06 Jun 2020 - 1h 59min - 94 - Die Nies deur Piet PlagiaatFri, 05 Jun 2020 - 02min
- 93 - 31 Mei. Die datum wat SA vier keer in die geskiedenis verander het.
Emile Coetzee, 'n geskiedkundige aan Noordwes Universiteit, vertel hoe die gang van SA se geskiedenis in vier verskillende jare op 31 Mei verander is. 'n Boeiende stukkie geskiedenisles.
Fri, 05 Jun 2020 - 28min - 92 - Afriforum oor gedwonge kwarantynhofsaak
Kallie Kriel van Afriforum reageer op die hofsaak wat die organisasie gewen het teen gedwonge kwarantynmaatreëls
Thu, 04 Jun 2020 - 02min - 91 - Klou jou kinders meer as gewoonlik in die tyd?Wed, 03 Jun 2020 - 06min
- 90 - Die Nies deur Piet Plagiaat
Piet Plagiaat, 'n ou bekende in 'n nuwe gedaante, het by Nuuspod aangesluit met 'n weeklikse Niesberig.
Tue, 02 Jun 2020 - 02min - 89 - Nuusbril Episode 4 - 31 Mei met Pieter Mulder, Jean Oosthuizen en Danie van Wyk
Die politieke ontleder dr Pieter Mulder, joernalis Jean Oosthuizen en onderwyskenner Danie van Wyk gesels oor die week se nuus. Terug skool toe, oop kerke, rassespanning in Amerika en plaaslike politiek is op die agenda.
Sun, 31 May 2020 - 35min - 88 - Skole se opening dalk met week uitgestel
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal na verwagting vandag afkondig dat skole se opening met nog 'n week uitgestel word. Jaco Deacon van Fedsas het met Nuuspod gepraat.
Sun, 31 May 2020 - 03min - 87 - Volk jou ook episode 9
In dié episode speel Eckard Potgieter 31 songs waarvan 28 Afrikaans is. Hy probeer ook uitwerk wat gaan gebeur by n kerk as die polisie daar aankom en daar is 51 mense by die diens. .
Sat, 30 May 2020 - 2h 00min - 86 - Tossie Lochner: laat ons dronk word en hemel toe gaan.
Terwyl die land se drinkers gereed maak om drankwinkels te oorval ma streng beperkings die afgelope tyd, vertel Tossie Lochner waar die Italiaanse wyn Est! Est! Est! se naam vandaan kom.
Sat, 30 May 2020 - 03min - 85 - Jan Smuts 150 jaar
Die toenmalige staatsman Jan Smuts se geboortedag 150 jaar gelede is die week op 24 Mei herdenk. Emile Coetzee, 'n geskiedkundige aan NWU, gee 'n oorsig van Smuts se lewe.
Sat, 30 May 2020 - 16min - 84 - Media "vervaardig" Corona, sê Nic
Die omroeper Nic de Jager, wat die gewilde Nic se goed op RSG aanbied, het onlangs 'n ATKV Mediaveertjie gewen vir sy program. Nuuspod het hom gevra hoe hy die inperkingstydperk hanteer, waarmee hy sy tyd verwyl en wat hy van die Coronavirus dink.
Fri, 29 May 2020 - 03min - 83 - Wynmaker: Pasop, die dood skuil in jou tuisbrousels ...
Nege mense is dood weens tuisgemaakte alkohol die afgelope naweek. Dit volg na die streng verbod op die verkoop van alkohol tydens die staat van inperking. Verskeie ander mense is ook in die tyd weens dieselfde redes dood en noodeenhede by hospitale sê daar is 'n toename in gevalle met simptome verwant aan tuisgebroude alkohol. Nuuspod het die wynmaker Bertus van Niekerk gevra wat mense moet doen om veilig te bly.
Wed, 27 May 2020 - 14min - 82 - Dana sê : Ek is nie 'n roker nie, maar...Tue, 26 May 2020 - 06min
- 81 - So trek Corona my plat vertel wynskrywer
Die bekende wynskrywer Emile Joubert het pas na 'n stryd met die Coronavirus uit die bed opgestaan. Hy het met Nuuspod daaroor gepraat.
Tue, 26 May 2020 - 12min - 80 - 'n Duif wat praat?
Wêreldwyd word al hoe meer stories vertel van eienaardige gedrag wat sommige diere tydens die staat van inperking openbaar. In die bydrae vertel Johan Mocke van 'n duif wat tydens sy oggendwandeling nadergestaan het vir 'n geselsie.
Tue, 26 May 2020 - 01min - 79 - Nuusbril Episode 3 - 24 Mei 2020 met Flip Buys, Alida Kok en Johann Abrie
Flip Buys van die Solidariteit beweging, Johann Abrie van Modimolle en Alida Kok van Akademia bespreek die week se nuus.
Sun, 24 May 2020 - 40min - 78 - Volk jou ook - 23 Mei 2020
Volk jou ook en Nuuspod vat hande. Lekker, hoendervel-oomblikke, saam met een van Afrikaanse musiek se doyens, Eckard Potgieter.
Sat, 23 May 2020 - 2h 03min - 77 - Tossie Lochner gee raad aan Nuuspod
Die voormalige medewerker van Monitor en Spektrum in Italië, Tossie Lochner, het na 'n koerantberig in Beeld besluit om aan Nuuspod raad te gee oor opnames. In die proses onthul sy watter vreemde "ateljee" sy in Italië gehad het. En wag vir die einde ... ja, sy sê dit!
Thu, 21 May 2020 - 02min - 76 - Nuuslem Episode 2 - 21 Mei 2020
Grendelgramme, 'n minister met 'n plan is beter as een met 'n gun, drognuusdissipels, ID bedrog om voor in die drankwinkel se ry te staan en 'n muis wat jou wrintiewaar 'n berg baar is die week op Nuuslem se agenda.
Thu, 21 May 2020 - 06min - 75 - Die vrese van 'n onderwyser
Talle onderwysers het laat blyk dat hulle bang is om terug te keer skool toe. Ryk Brink, 'n onderwyser in die Wes-Kaap skryf op Facebook: I thought I was doing OK with the whole situation until today. My wheels came off. I have to choose between risking my health and life and earn an income (with high risk of exposure to the virus at school) or to use some of my retirementfunds, lower my risk by isolating most of the time at home for the next year - and hope for a vaccine by June 2021. After that I can teach again. I now have to assess what is going to be the best for my health and well-being in the long run. I have until the first of June to decide... Hy deel in die bydrae sy vrese met Nuuspod
Thu, 21 May 2020 - 12min - 74 - Daar's g'n Chinese inval sê Weermag
Verskeie foto's en video's met gerugte van 'n Chinese militêre inval is die laaste ruk in omloop. Die gewaande inval word ook met die Coronavirus-pandemie verbind. Kaptein Jaco Theunissen van die weermag sê egter dit is alles drognuus.
Wed, 20 May 2020 - 03min - 73 - Minister beledig onderwysstelsel sê Fedsas
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, beledig die onderwysstelsel sê Fedsas. Dit volg na Motshekga Woensdagaand afgekondig het dat graad 7 en 12 leerlinge op 1 Junie teruggaan skool toe. Die minister het 'n konsortium aangewys om die proses te fasiliteer. Jaco Deacon van Fedsas sê die minister erken hiermee dat die departement nie in beheer is van die plan om kinders te laat terugkeer skool toe nie.
Tue, 19 May 2020 - 03min - 72 - Weermagveterane kry swaar
Veterane van die ou Suid-Afrikaanse Weermag is vasgevang in ellendige omstandighede sonder kos en behoorlike versorging. So sê die Veterane Bystandfonds wat deur oudlede gestig is om dié oudsoldate by te staan. Talle van hulle gaan boonop gebuk onder post-traumatiese stres wat nooit behandel is nie. Die bystandfonds sê hulle probeer om landwyd hulp te verskaf. Nuuspod het met die fonds se beskermheer Philip Moolman gepraat.
Mon, 18 May 2020 - 11min - 71 - Nuusbril Episode 2 - 17 Mei 2020 met Jan-Jan Joubert, Johan Booysen en Leon Wessels
In dié episode gesels Jan-Jan Joubert, Leon Wessels en Johan Booysen oor magsvergrype deur die polisie, die opheffing van die inperkingstydperk, die president se laaste toespraak en die oënskynlike stilte van die EFF.
Sun, 17 May 2020 - 44min - 70 - Dok Piet antwoord prof André oor RSG en onprofessionele kollegas
Dr Piet Croucamp, politieke ontleder aan Noordwes Universiteit, erken dat hy en ander ontleders dalk onprofessioneel was in hul reaksie op 'n mening van prof André Duvenhage. Maar ...
Sat, 16 May 2020 - 05min - 69 - RSG se objektiwiteit onder verdenking sê prof
Die politieke ontleder prof André Duvenhage sê die radiostasie RSG se objektiwiteit is nie wat dit moet wees nie. Hy beskuldig ook mede-ontleders van onprofessionaliteit. Dit volg na Duvenhage op twee van RSG se programme sy mening oor die ANC en pres Cyril Ramaphosa moes verdedig teen wat hy meen 'n georganiseerde aanslag was.
Fri, 15 May 2020 - 07min - 68 - SA vrou vertel van agt weke in Bali tydens inperking
‘n Sakekonsultant van Suid-Afrika, Mariheca Otto, is pas terug in die land na sy vir agt weke in Bali ingeperk was. Otto is tans vir twee weke kwarantyn in Sandton, Johannesburg. Sy het aan Nuuspod vertel hoe dit gebeur het dat sy in Bali ingeperk was.
Thu, 14 May 2020 - 17min - 67 - Nuuslem Episode 1 - 14 Mei 2020Wed, 13 May 2020 - 07min
- 66 - Vraag na plaasprodukte oorweldig boere
Die vraag na plaasprodukte direk van die boer het so toegeneem, dat dit sommige boere oorweldig. Dit volg na die inperkingsmaatreëls weens Covid19 mense se kooppatrone verander het. Kwessies soos paniekaankope, staatsregulasies, sakeondernemings wat ondergaan en Suid-Afrikaners se emosionele lojaliteit aan boere het meegebring dat talle Suid-Afrikaners nou direk by boere aankoop. Hoewel die landbougemeenskap die tendens as positief ervaar, het talle boere duidelik nie geweet wat op hulle wag nie. 'n Skaapboer wat vleis verpak en aflewer sê aan Nuuspod dat hy nog nooit so besig was soos nou nie. Nog 'n hoenderboer het laat weet hy kan nie nou 'n bestelling uitvoer nie, aangesien hy so oorweldig is met bestellings dat kliënte nou tot twee weke moet wag om hul bestellings te kry. Nuuspod het met Henk van de Graaff van TLU SA hieroor gepraat.
Tue, 12 May 2020 - 04min - 65 - Agri SA sê daar is g'n regulasies vir sentralisering van koshulp
Die adjunk uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede sê koshulp hoef nie na staatspakhuise gestuur te word nie. Daar bestaan nie sulke regulasies nie. Daar bestaan talle ander maniere om kos te versprei, sê Van der Rheede aan Nuuspod.
Mon, 11 May 2020 - 02min - 64 - Hoteleienaar sê oor Solidariteit en Afriforum se hulp
Die hoteleienaar Deon Steyn, van Magoebaskloof, sê hy is dankbaar oor Solidariteit en Afriforum se moontlike regshulp. Dit volg na hy nie in aanmerking kon kom vir Covid19-hulp nie omdat sy hotel nie aan BBBEEE vereistes voldoen nie. Steyn sê hy het die kwessie met min Tito Mboweni bespreek.
Mon, 11 May 2020 - 03min - 63 - So gaan Solidariteit en Afriforum hoteleienaar help
Solidariteit en Afriforum gaan die hoteleienaar Deon Steyn bystaan om geldhulp te kry. Rapport het gister berig dat Steyn se hotel in Magoebaskloof bykans al sy werkers moes laat gaan omdat Steyn nie vir Covid19-hulp kwalifiseer nie. Die hotel voldoen glo nie aan BBBEEE vereistes nie. Dirk Hermann van Solidariteit sê hulle regspan vergader reeds vandag om te kyk na verskeie regsopsies om namens Steyn op tree, insluitende die moontlikheid om hom ook deel van die grondwethof-aansoek te maak.
Mon, 11 May 2020 - 03min - 62 - Nuusbril Episode 1 - 10 Mei 2020 met Helen Zille, Liela Groenewald en Ricardo Arendse
Nuuspod se weeklikse nuusbesprekingsprogram waar nuuslesers en luisteraars, nuusmakers en ontleders die week se nuus saam bespreek. In vandag se episode praat Nuusbril met Helen Zille, Ricardo Arendse en Liela Groenewald.
Sun, 10 May 2020 - 42min
Podcasts similares a Nuuspod
- El Partidazo de COPE COPE
- Herrera en COPE COPE
- The Dan Bongino Show Cumulus Podcast Network | Dan Bongino
- Es la Mañana de Federico esRadio
- La Noche de Dieter esRadio
- Hondelatte Raconte - Christophe Hondelatte Europe 1
- 財經一路發 News98
- La rosa de los vientos OndaCero
- Más de uno OndaCero
- La Zanzara Radio 24
- L'Heure Du Crime RTL
- El Larguero SER Podcast
- Nadie Sabe Nada SER Podcast
- SER Historia SER Podcast
- Todo Concostrina SER Podcast
- 安住紳一郎の日曜天国 TBS RADIO
- TED Talks Daily TED
- アンガールズのジャンピン[オールナイトニッポンPODCAST] ニッポン放送
- 辛坊治郎 ズーム そこまで言うか! ニッポン放送
- 飯田浩司のOK! Cozy up! Podcast ニッポン放送
- 吳淡如人生實用商學院 吳淡如
- 武田鉄矢・今朝の三枚おろし 文化放送PodcastQR
Otros podcasts de Noticias y Politica
- The Clement Manyathela Show Primedia Broadcasting
- Global News Podcast BBC World Service
- The Aubrey Masango Show 702
- What Now? with Trevor Noah Spotify Studios
- Monitor RSG
- Spektrum RSG
- Economist Podcasts The Economist
- Ukraine: The Latest The Telegraph
- X22 Report X22 Report
- Kommentaar RSG
- Dateline NBC NBC News
- The Best of Breakfast with Bongani Bingwa Primedia Broadcasting
- The Inside Story Podcast Al Jazeera
- The Chris Plante Show WMAL | Cumulus Podcast Network | Cumulus Media Washington
- The Joe Pags Show Joe Pags
- LANZ & PRECHT ZDF, Markus Lanz & Richard David Precht
- Afternoons with Relebogile Mabotja Radio 702
- Les Grosses Têtes RTL
- Americast BBC Radio
- The Last Word with Lawrence O’Donnell Lawrence O'Donnell, MSNBC