Nach Genre filtern
- 133 - 2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
Jeremia 36:20–26
20 September 2026
Preek 8 van 8In 1807 het 'n sendingorganisasie 'n Bybel vir slawe in die Wes-Indiese eilande laat druk waaruit die eerste agtien hoofstukke van Eksodus weggelaat is: die mak God wat reëls gee, was aanvaarbaar — nie die wilde God wat noodkrete hoor en teen die Farao's van die wêreld opstaan nie. Dit is 'n growwe weergawe van wat koning Jojakim in Jeremia 36 doen. Dit is 605 v.C., die Babiloniese leër is in die land, 'n vasdag word uitgeroep, en Barug lees drie-en-twintig jaar se prediking hardop in die tempel voor. Waar Josia verlede week die boekrol gehoor en sy klere geskeur het, sny sy seun die boekrol vel vir vel af en gooi dit in die vuur — 'n "vertoning van onverskilligheid" (Eugene Peterson) wat die waarheid met 'n pennemes op 'n afstand hou. Maar die verhaal eindig nie by die vuur nie: God sê skryf dit weer, en Barug voeg "nog baie soortgelyke woorde" by. Vyf werkwoorde dra die verhaal — vat, skryf, hoor, omdraai, vergewe — en wys 'n God wat iets te sê het en gehoor wil word, juis in 'n krisis. Peterson vra watter een boek jy op 'n verlate eiland sou kies, en antwoord: Butler's Practical Guide to Boat-Building. So is die Bybel 'n woord aan skipbreukelinge, 'n reddingsboot waarmee 'n verlore samelewing sy weg huis toe vind — en dié boot bou ons saam, nie as private vlot vir my en my gesin nie. Die preek vra dit konkreet oor die nege vroue wie se liggame die afgelope twee maande in Ekurhuleni gevind is en oor 'n vrouemoordsyfer vyf keer die wêreldgemiddeld: wat moet ons hoor, en wat is die inkeer wat God van ons vra? Ná agt Sondae se konings wat kom en gaan, bly nie 'n koning oor nie, maar die Woord wat nie brand nie — steeds besig om, in Johan Degenaar se woorde, van Christene mense te maak.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 20 Sep 2026 - 30min - 132 - 2026 09 13_2 Kon 22-23_Die vergete boekrol
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
2 Konings 22–23
13 September 2026 · Nagmaal
Preek 7 van 8Stel jou voor jy kom ná jare terug by die kerk van jou kindertyd: die hek skeef, 'n ruit stukkend, alles onder stof, en op die kansel 'n Bybel wat niemand meer lees nie. Dit is die prentjie waarmee 2 Konings 22 begin — 'n vervalle tempel, 'n vergete boekrol, 'n fees wat eeue lank nie gevier is nie. Ná sewe Sondae se konings wat vat, ontmoet ons 'n koning wat goed wou doen. Josia hoor die boekrol en skeur sy klere; hy roep die volk bymekaar, van klein tot groot; hy vier die pasga. Drie dinge wat ons by hom kan leer, soos die drie bene van 'n potjie: luister (die Sjema — om te hoor is om te doen), verbind (verbondenheid, met God en met mekaar — 'n ring, nie 'n string nie), en vier (Abraham Heschel: "People of our time are losing the power of celebration"). En toe? Josia sterf jonk en die ballingskap kom tog. Was dit die moeite werd? Met Václav Havel: hoop is nie die oortuiging dat iets goed sal afloop nie, maar die sekerheid dat iets sin maak, hoe dit ook al afloop.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 13 Sep 2026 - 34min - 131 - 2026 09 06_1 Kon 21_Nie te koop nie
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Konings 21
6 September 2026 · Tuindag
Preek 6 van 8Waar is jou hartsplek? Daar is 'n naelstring tussen grond en gees, en juis daarom is die seer rondom grond in ons land so groot. Langs koning Agab se paleis lê Nabot se wingerd, en die koning se aanbod is billik — 'n beter wingerd, of die prys in silwer. Tog sê Nabot nee: "Mag die Here my daarvan weerhou dat ek ooit die erfgrond van my voorgeslagte aan u gee!" Twee maniere om na grond te kyk bots hier — die wandelpad wat om die klip loop, en die snelweg wat die klip wegskiet. Die preek luister na 'n /Xam-gedig van ons eie bodem, Dia!kwain se "die gebreekte snaar" (vert. Antjie Krog), vra wat dit beteken dat die Here die grond steeds "Nabot se wingerd" noem — mense vergeet, maar God onthou — en stuur die gemeente tuin toe: om die grond te bewerk en op te pas is ons kant van God se onthou. Dit sluit af met reëls uit 'n Sabbatsgedig van Wendell Berry, wat verlede week oorlede is: "Found your hope, then, on the ground under your feet."
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 06 Sep 2026 - 34min - 130 - 2026 08 30_1 Kon 10:1-13_Solly … is jy hêppie?
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Konings 10:1–13
30 Augustus 2026
Preek 6 van 9Die koningin van Skeba kom kyk self of Salomo so slim en deftig is soos almal sê — en wat sy sien, slaan haar asem weg: "Die helfte is my nie eers vertel nie!" Sy noem die koning se dienaars gelukkig. Maar wie is nie op haar lys nie? Met 'n knipoog na Philip de Vos se Salomo-gedig ("Solly … is jy heppie?") volg die preek die vraag agter die glans: die dwangarbeiders wat niemand raaksien nie, die een ware sin wat die koningin onwetend uitspreek — "reg en geregtigheid" — en die hart wat eers vir die Here lief was en toe aan ander dinge begin vaskleef het. En dan die Een wat meer as Salomo is: die koning in die voerbak, wat vra of ons régtig heppie is — en ons nooi om eerste sy koninkryk en sy geregtigheid te soek.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaMon, 31 Aug 2026 - 26min - 129 - 2026 08 23_2 Sam 11:1-12:13_Jy is die man!
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
2 Samuel 11:1–12:13
23 Augustus 2026
Preek 4 van 8 · Nagmaal
Dawid se blik vanaf die dak is die reeks se donkerste oomblik: hy stuur, hy vat, en 'n masjien van toesmeer kom aan die gang — totdat Batseba se enkele sin, "Ek is swanger," die koning se beheer laat tuimel en Natan se gelykenis hom voor die waarheid stel: "U is die man!" Die preek benoem eerlik wat eeue se lesings verdoesel het, en volg dan Dawid se kort, opregte belydenis — geen spin, geen verskoning nie — na die God wat Batseba raaksien én vir Dawid sê: kom huis toe. Want die pad huis toe loop deur die waarheid.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
https://www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel
Sun, 23 Aug 2026 - 26min - 128 - Wena Gatenby TroosdiensThu, 20 Aug 2026 - 16min
- 127 - 2026 08 16_1 Sam 16:1-13_… maar die Here kyk na die hart
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd1 Samuel 16:1–13Sondag 16 Augustus 2026Preek 3 van 8
Samuel word gestuur om 'n nuwe koning te salf, en selfs die profeet kyk verkeerd: Eliab lyk soos 'n koning, maar "die HERE kyk na die hart." Sewe seuns gaan verby; die agste — die jongste, by die skape, aan wie niemand eers gedink het nie — word gesalf. Die preek nooi ons om oor ons kyk na te dink: ons vinnige blik vol maatstawwe, teenoor God se blik wat nie 'n toets is nie, maar genade wat iets te voorskyn roep — 'n skaapwagtertjie word 'n koning deurdat God hom raaksien.
Lees die preek in MetgeselDie volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel
— — —
Ondersteun ons gemeenteMaak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.zainfo@pinelandsgemeente.co.za
Sun, 16 Aug 2026 - 26min - 126 - 2026 08 09_1 Sam 25:2-42_Abigail — die vrou wat 'n koning gekeer het
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 25:2–42
Sondag 9 Augustus 2026
Interlude · Nasionale VrouedagHierdie Sondag staan ons vir een week buite die ry konings. Voordat Dawid koning word, is dit Abigail wat hom met wysheid en moed vóór 'n onherroeplike daad keer — in 'n reeks oor konings wat gedurig vát, is sy die een wat gee. Op Nasionale Vrouedag vier ons die stem wat 'n koning gekeer het, én luister ons eerlik na hoe maklik sulke stemme in ander se stories opgeneem word en stil raak.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 09 Aug 2026 - 29min - 125 - 2026 08 02_1 Sam 13:1-15_Beleër – en Gedoop
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 13:1–15
2 Augustus 2026
Preek 2 van 8 · Doop"Besieged is how most people feel most of the time," skryf die digter David Whyte — beleër deur eise, verwagtinge, selfs ons suksesse. Dit is Saul se storie by Gilgal: omsingel deur die Filistyne, verlaat deur sy manskappe, gryp hy self na die offer — en wat van 'n menslike perspektief soos 'n tragedie lyk, is van God se kant dalk 'n komedie: die uitspraak wat sy kroon wegneem, was dalk juis die uitkomkans wat hy nie kon raaksien nie, omdat hy die grap nie kon vang nie. Op hierdie doop-Sondag wys Jesus 'n ander kern — gesalf in die modderige Jordaan, getoets in die woestyn, gedra deur die stem wat sê "Jy is my geliefde" — en by die doopvont word daardie identiteit ook ons s'n: beleër, maar gedoop.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 02 Aug 2026 - 30min - 124 - 2026 07 26_1 Sam 8:1-22_Daar moet 'n koning oor ons wees!
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 8:1–22
26 Julie 2026 · Preek 1 van 8 · NagmaalWanneer leiers teleurstel en die wêreld onveilig voel, groei die verlange na iemand wat alles net kan kom regmaak. Israel se oudstes eis 'n koning "soos al die ander nasies", en God waarsku in liefde: konings vát — julle seuns, julle dogters, julle land, julle oeste. Maar die versoek is ten diepste afgodery, en alles wat ons in God se plek aanbid, verslind ons uiteindelik ("everybody worships" — David Foster Wallace). By die nagmaalstafel ontmoet ons egter die ware Koning: Een wat nie vat nie, maar Homself gee.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
Just upload the recording, paste the title and description, and hit publish!
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 26 Jul 2026 - 26min - 123 - 2026 07 19_Markus 2:23-28_RusSun, 19 Jul 2026 - 22min
- 122 - 2026 07 12_2 Kronieke 7:14_Hoeveel hoop het ons vir die Kerk?Sun, 12 Jul 2026 - 15min
- 121 - 05 07 26_Genesis 19:1-20_Sodom & GamorraMon, 06 Jul 2026 - 22min
- 120 - 2026 06 21_Gen 21:1-21_Die God wat hoor
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Die Waagstuk van Geloof: Die God wat hoor
Genesis 21:1-21
21 Junie 2026
Preek 2 van 3Isak se fees word die dag waarop Hagar en haar seun die woestyn ingestuur word — en die Skrif versag niks daarvan nie. Maar wanneer haar watersak leeg is en sy wegdraai om nie haar kind te sien sterf nie, hoor God júis die stem van die seun (Ismael — "God hoor"), maak haar oë oop vir 'n put, en seën ook hierdie kind buite die kring. 'n Preek oor die God wie se deernis nie ophou by die grens van "ons mense" nie — en oor geloof as 'n waagstuk van die ander kant gesien: wanneer ons nie meer aan God kan vashou nie, het God reeds op óns gewaag.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
Just upload the recording, paste the title and description, and hit publish!
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 21 Jun 2026 - 31min - 119 - 2026-06-14 Gen 18:1-19; 21:1-7Sun, 14 Jun 2026 - 37min
- 118 - 2026 06 07_Ef 6:10-20_Staan vas!
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Staan vas!
Efesiërs 6:10–20
7 Junie 2026
Preek 9 van 9Ná nege weke deur Efesiërs eindig Paulus met 'n vreemde prentjie: 'n soldaat wat sy plek inneem — "trek die wapenrusting aan, staan vas." Maar as Christus reeds regeer, waarom dan nóg veg? Omdat die stryd hom júis daar afspeel waar Christus op die troon sit en waar ons saam met Hom sit — nie êrens ver weg nie, maar hier waar ons reeds is. En die wapenrusting is geleende klere: God se eie geregtigheid en vrede, die nuwe mens wat ons reeds aangetrek het — deugde, nie wapens nie, gedra deur 'n hele liggaam en opgesê deur 'n gesant in boeie. So sluit ons die reeks nie af gereed vir oorlog nie, maar op ons knieë: want om wakker te bly, ís om te bid.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 07 Jun 2026 - 26min - 117 - 2026 05 31_Ef 5:1-20_Liefde en Aanbidding
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Liefde en Aanbidding
Efesiërs 5:1–20
31 Mei 2026 (Drie-eenheidsondag)
Preek 8 van 9Jakob het in die middel van nêrens aan die slaap geraak en wakker geword in die huis van God: "die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie." Op Drie-eenheidsondag lees ons Paulus se oproep — "Word wakker, slaper!" — saam met sy vreemde taal van die altaar, en ontdek dat 'n offer nooit oor doodmaak gaan nie, maar oor naderkom: Christus se selfoorgawe is nie geweld nie, maar liefde self. Aanbidding word dan die gebaretaal van liefde — om ons werklike lewens, ons mislukte én dankbare lewens, na die altaar te bring en, soos beginners met ons hande, te leer om te ontvang. Kom nader.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 31 May 2026 - 25min - 116 - 2026 05 24_Ef 4:17-5:2_Die Nuwe Mens
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Die Nuwe Mens
Efesiërs 4:17–5:2
24 Mei 2026 (Pinkster)
Preek 7 van 9Aan die einde van haar lewe het die digter Mary Oliver gesê dat haar geestelike pad haar veral een ding geleer het: "I've become kinder." Vir Paulus is vriendelikheid presies dít wat ons in God navolg — want God self is vriendelik, en sy Gees vleg ons saam; om onvriendelik te wees, bedroef die Heilige Gees. Op Pinksterdag oordink ons hoe die Gees ons help om die ou mens uit te trek en die nuwe mens aan te trek — altyd as beginners, altyd in oefening, en altyd by mekaar.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 24 May 2026 - 30min - 115 - 2026 05 17_Ef 3:14-21_In die liefde gewortel en gegrond
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: In die liefde gewortel en gegrond
Efesiërs 3:14–21
17 Mei 2026
Voel jy God se liefde — of klink dit mooi maar onwerklik? Paulus se gebed in Efesiërs 3 hou die innerlike en die uiterlike saam: Christus woon in ons harte terwyl ons — saam met al die heiliges — in die liefde gewortel en gegrond is. Op tuindag word die beeld van 'n plant in vrugbare grond 'n manier om te sê dat hierdie liefde nie 'n ideaal is om na te streef nie, maar die hande van God wat ons vashou — die gemeenskap waarin die gee en ontvang van liefde 'n innerlike werklikheid word.
— — —
Ondersteun ons gemeenteMaak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.zainfo@pinelandsgemeente.co.za
Sun, 17 May 2026 - 28min - 114 - 2026 05 10_Ef 2:11-22_Eenheid as 'n bron van hoop
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Eenheid as 'n bron van hoop
Efesiërs 2:11–22
10 Mei 2026
Preek 5 van 9Paulus skryf nie wat ons moet doen nie — hy beskryf wat reeds gebeur het. Christus self ís ons vrede; aan die kruis is die muur van vyandskap afgebreek en uit twee word een nuwe mens gemaak. Aan die hand van Een Maitland se verhaal — twee gemeentes wat deur 'n brand, gasvryheid en Covid een geword het — vra hierdie preek hoe ons leer om saam te leef in die werklikheid van die eenheid wat God reeds in Christus gevestig het.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 10 May 2026 - 31min - 113 - 2026-05-03 Ef. 2:1-10 Wakkerword 4Sun, 03 May 2026 - 16min
- 112 - 2026 04 26_Ef 1:15-23_Die krag van gebed
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Die krag van gebed
Efesiërs 1:15-23
26 April 2026
Preek 3 van 9
Prediker: Helgard PretoriusWatter soort krag bedoel ons wanneer ons sê "daar is krag in gebed"? In Efesiërs 1 bid Paulus nie vir nuwe dinge nie, maar dat ons oë sal oopgaan vir die opstandingskrag wat reeds in ons werk — 'n krag wat in liefde leef en nie soos Caesar se krag oorheers nie. Gebed is dan nie 'n manier om God te oortuig nie, maar die verhouding waarin ons wakker word vir wat God reeds doen.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 26 Apr 2026 - 28min - 111 - 2026 04 19_Ef 1:3-14_Voor die Grondlegging
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Voor die Grondlegging
Efesiërs 1:3–14
19 April 2026
Preek 2 van 9Paulus se tuimelende sin in Efesiërs 1:3–14 tel sewe werkwoorde — almal God s'n, almal in Christus. Nie een van hulle is ons werk nie, en tog sluit elke asem ons in: elf verwysings na Christus, elf na ons. Hierdie preek nooi ons om te ontdek dat ons uitverkiesing, ons aanneming, ons ten volle lewendig-wees ís lof — nie iets wat ons moet produseer nie, maar die oriëntasie waarin God ons reeds opgeneem het.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 19 Apr 2026 - 27min - 110 - 2026 04 12_Ef 1:1-2; 4:1-7_Die kerk wat ons nie sien nie
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Die kerk wat ons nie sien nie
Efesiërs 1:1-2; 4:1-7
12 April 2026
Preek 1 van 9
Prediker: Helgard PretoriusEfese was 'n stad van tempels, handel en show — en tog skryf Paulus aan 'n klein groepie "heiliges", gewone mense wat deur God afgesonder is. Peterson noem dit die kerk wat ons nooit op die voorblad sal sien nie: onopvallend, dikwels teleurstellend — maar presies dáár, sê Paulus, is waar God werk. Die vraag is nie of hierdie kerk goed genoeg is nie, maar of ons kan raaksien wat God reeds in ons midde doen.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 12 Apr 2026 - 27min - 109 - 2026 04 05_Lukas 24:1–35_Begin Wakkerword
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Paasfees: Begin Wakkerword
Lukas 24:1–35
5 April 2026
Prediker: Helgard PretoriusVrydag het ons in die donker uitgestap. Paasoggend vertel Lukas hoe mense wat vas aan die slaap was — in verdriet, in skok, in die verdowing van verlies — stadig, tree vir tree, wakker gemaak word. Die Emmausgangers se pad word ons pad: van "ons het gehoop" na "het ons harte nie in ons gebrand nie?" Die preek beweeg deur vyf lesings na die tafel toe, waar die brood gebreek word en die opstanding begin — nie as 'n enkelgebeure nie, maar as 'n voortdurende wakkerword.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaSun, 05 Apr 2026 - 24min - 108 - 2026 04 03_Lukas 22:39–23:56_Talita Kumi - Word Wakker
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Goeie Vrydag: Talita Kumi — Word Wakker
Lukas 22:39–23:56
3 April 2026
Prediker: Helgard PretoriusIn die lydingsverhaal was daar net een mens wat wakker was — Jesus. Die res was aan die slaap: bedwelm deur droefheid, oorweldig deur vrees. Hierdie Goeie Vrydag-boodskap nooi ons om onsself in die storie te herken, en om die stem van liefde te hoor wat ons terugroep na die lewe: Talita kumi — staan op, word wakker.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaFri, 03 Apr 2026 - 28min - 107 - 2026 03 29_Lukas 19:41-48_Palmsondag
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Palmsondag
Lukas 19:41-48
29 Maart 2026— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaTue, 31 Mar 2026 - 20min - 106 - 2026 03 22_Esegiël 37:1-14_BeendereTue, 31 Mar 2026 - 17min
- 105 - 2026 03 15_Openbaring 21:1-8_Toekoms
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Soek Eers-reeks: God se Toekoms, Vandag
Openbaring 21:1–9
15 Maart 2026
Preek 8 van 8In die laaste preek van die Soek Eers-reeks kyk ons na Johannes se visioen van 'n nuwe hemel en aarde — nie as ontvlugting nie, maar as 'n uitnodiging om vandag anders te leef. God se toekoms is nie 'n plek waarheen ons vlug nie; dit is 'n krag wat ons roep.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScanpinelandsgemeente.co.za
info@pinelandsgemeente.co.zaTue, 31 Mar 2026 - 26min - 104 - 2026 03 08_Matteus 25:31-46_GeregtigheidMon, 09 Mar 2026 - 30min
- 103 - 2026 03 01_Rom 14:1-17_BehoortMon, 02 Mar 2026 - 30min
- 102 - 2026 02 22_Matteus 9:36; 10:1, 5-14_VredeMon, 23 Feb 2026 - 25min
- 101 - 2026 02 15_Matteus 18:19-35_GenadeWed, 18 Feb 2026 - 26min
- 99 - 2026 02 08_Matteus 18:1-7, 10; 19:13-15_Kan die kindertjies speel?Sun, 08 Feb 2026 - 25min
- 98 - 2026 02 01_Numeri 6:22-27_God se gesigWed, 04 Feb 2026 - 19min
- 97 - 2026 01 25_Matt 6:25-34_Soek allereersSun, 25 Jan 2026 - 24min
- 96 - 2026 01 18_Johannes 1:29-42_Lammer van GodMon, 19 Jan 2026 - 21min
- 95 - 2026-01-11 Jesaja 42:1-9 Epifanie 1Sun, 11 Jan 2026 - 11min
- 94 - 2026-01-04 Jesaja 46:9-11; 1 Johannes 4:7-12 Tweede Sondag na KersfeesMon, 05 Jan 2026 - 21min
- 93 - 2025-12-28 Matt. 2:13-15; 19-23 Eerste Sondag na KersfeesMon, 29 Dec 2025 - 13min
- 92 - 2025-12-25-Matt. 1:18-25 Kersdiens met KruiskerkMon, 29 Dec 2025 - 14min
- 91 - 2025 12 21 _Advent 4_Filippense 4:4-9Sun, 21 Dec 2025 - 27min
- 90 - 2025-12-14 Advent 3 Jeseja 35:1 - 10Sun, 14 Dec 2025 - 28min
- 89 - 2025 12 07_Jesaja 2:1-5_Study war no moreSun, 07 Dec 2025 - 30min
- 88 - 2025 11 30_Johannes 10:10-11_Lewe in oorvloedMon, 01 Dec 2025 - 13min
- 87 - 2025 11 16_2 Kor. 12:6-10_Waag weerloosheidMon, 17 Nov 2025 - 20min
- 86 - 2025 11 09_2 Korintiërs 3:1-11_Padlangs 4Mon, 10 Nov 2025 - 30min
- 85 - 2025 11 02_2 Korintiërs 5:14-21; 6:11-13_Vriend van God, bevriend jouselfSun, 02 Nov 2025 - 27min
- 84 - 2025 10 26_2 Korintiërs 11:1-6; 12-15; 2:14-17_Lekkerruik gevangenesSun, 26 Oct 2025 - 32min
- 83 - 2025 10 19_2 Korintiërs 1:1-11_GenuineSun, 19 Oct 2025 - 30min
- 82 - 2025 10 12_Lukas 17:11-19_Wakker wordMon, 13 Oct 2025 - 24min
- 81 - 2025 10 05_Romeine 8 & Matteus 6_Geseënd is die wat nie kan bid nieMon, 06 Oct 2025 - 21min
- 80 - 2025 09 28_Matt 6:7-15_Wanneer julle bidSun, 05 Oct 2025 - 30min
- 78 - 2025 09 21_Matthew 5:1-12_Blessed are the peacemakersSun, 21 Sep 2025 - 29min
- 77 - 2025_09_14 Jesaja 54:1 - 10 Koningkryk 14Mon, 15 Sep 2025 - 26min
- 76 - 2025 09 07_ Jesaja 55:1-13_Kom na die waterSun, 07 Sep 2025 - 29min
- 75 - 20250831_Jesaja 52:13-53:12_Koninkryk 12Mon, 01 Sep 2025 - 28min
- 74 - 2025 08 24_ Jesaja 43:1-7; 16-21_Given, not earnedMon, 25 Aug 2025 - 23min
- 73 - 2025 08 17_Jesaja 42:1-9_Anonieme diensknegSun, 17 Aug 2025 - 21min
- 72 - 2025 08 12_Jesaja 40:12-31_Nuwe VereTue, 12 Aug 2025 - 31min
- 71 - 2025 08 03_Jesaja 40:1-11 _TroosMon, 04 Aug 2025 - 27min
- 70 - 20250727_Johannes 4_Koningryk 7Mon, 04 Aug 2025 - 18min
- 69 - 20250720_Amos 8_Koningkrykstyd 6Mon, 21 Jul 2025 - 17min
- 68 - 20250713_Psalm 30_Koningkrykstyd 5Sun, 13 Jul 2025 - 15min
- 67 - 2025 06 29_Begeesterd_DoopdiensSun, 29 Jun 2025 - 25min
- 66 - 2025 06 22_King-dom to Kin-domSun, 22 Jun 2025 - 26min
- 65 - 2025 06 15_God se heilige eienaamSun, 15 Jun 2025 - 24min
- 64 - 2025 06 08_Hebreërs 11:1-3,8-16;12:1-3_PinksterfeesMon, 09 Jun 2025 - 16min
- 63 - 2025 06 05_Efesiërs 4:15; 20-24; 29_Pinkster 5_Ons Profetiese RoepingFri, 06 Jun 2025 - 31min
- 62 - 2025 06 04_Efesiërs 4:32-5:2_Pinkster 4_Ons Profetiese RoepingFri, 06 Jun 2025 - 24min
- 61 - 2025 06 03_Efesiërs 5:21_Pinkster 3_Ons Koninklike RoepingThu, 05 Jun 2025 - 24min
- 60 - 2025 06 02_Efesiërs 4:15-20_Pinkster 2_Geroep vir 'n tyd soos hierdieTue, 03 Jun 2025 - 25min
- 59 - 2025 06 01 _Efesiërs 4:1-16_Pinkster 1_Ons word na mekaar geroepTue, 03 Jun 2025 - 32min
- 58 - 2025 06 01_Efesiërs 1:15-23 Pase 7Mon, 02 Jun 2025 - 41min
- 57 - 2025 05 29_Hebreërs 3:1-6_HemelvaartFri, 30 May 2025 - 18min
- 56 - 2025 05 25_2 Petrus 1:3-15_Roeping maak ons andersSun, 25 May 2025 - 24min
- 55 - 2025 05 18_1 Petrus 2:1-10_Roeping maak onsSun, 18 May 2025 - 22min
- 54 - 2025 05 04_Johannes 21:1-19_KoolvuurSun, 04 May 2025 - 23min
- 53 - 2025 04 27_Johannes 20:1-18_PaashuisSun, 27 Apr 2025 - 30min
- 52 - 2025 04 20_Lukas 24:13-35_Paasfees-storieWed, 23 Apr 2025 - 28min
- 51 - 2025 04 18_Lukas 22:14-23:49_Onthou myWed, 23 Apr 2025 - 28min
- 50 - 2025 04 13_Psalm 118_Palm SundayWed, 16 Apr 2025 - 14min
- 49 - 2025 03 23_Psalm 126_Lydenstyd 3Sun, 23 Mar 2025 - 23min
- 48 - 2025 03 09_Matteus 20:20-28_Lydenstyd 1Thu, 20 Mar 2025 - 21min
- 47 - 2025 03 16_Lukas 22:39-46_Lydenstyd 2Sun, 16 Mar 2025 - 22min
- 46 - 2024 09 01_Romeine 12:9-21_Die Sewende StorieMon, 02 Sep 2024 - 26min
- 45 - 2024 08 25_Matteus 5:1-12_Gelukkig is die slagoffers?
Preek van Sondag 25 Augustus 2024 by Pinelands Gemeente Die Sewende Storie, week 7: Gelukkig is die Slagoffers? Teks: Matteus 5:1-12 Prediker: Helgard Pretorius
Sun, 25 Aug 2024 - 25min - 44 - 2024 08 18_Lukas 12:13-21_Gelukkig is die wat ryk is?
Preek van 18 Augustus 2024 by Pinelands Gemeente Die Sewende Storie, Week 6: Gelukkig is die wat ryk is? Teks: Lukas 12:13-21 Prediker: Helgard Pretorius Sluit voorlesings in van stories: "The Snake" deur Anne Herbert en "The Birth of the Pointless People" deur Daniël Erlander.
Sun, 18 Aug 2024 - 29min - 43 - 2024 08 11_Markus 6:30-44_Gelukkig is die wat onttrek?Mon, 12 Aug 2024 - 35min
- 42 - 2024 08 04_Johannes 8:1-11_Gelukkig is die wat reg is?
Preek by Pinelands Gemeente op 4 Augustus 2024 Die Sewende Storie: Week 4 - Gelukkig is die wat reg? Prediker: Helgard Pretorius Teks: Johannes 8:1-11
Sun, 04 Aug 2024 - 29min - 41 - 2024 07 28_Markus 10:35-45_Gelukkig is die rebelle?
Preek van 28 Julie 2024 by Pinelands Gemeente. Die Sewende Storie: Week 3 - Gelukkig is die rebelle? Teks: Markus 10:35-45 Prediker: Helgard Pretorius
Sun, 28 Jul 2024 - 34min - 40 - 2024 07 21_Markus 12:13-17_Gelukkig is die wenners?
Preek van 21 Julie 2024 by Pinelands Gemeente Reeks: Die Sewende Storie Week 2: Gelukkig is die wenners? Teks: Markus 12:13-17 Prediker: Helgard Pretorius
Sun, 21 Jul 2024 - 33min - 39 - 2024 07 14_Matteus 13:10-17_Wat's jou storie?Sun, 14 Jul 2024 - 26min
- 38 - 2024 06 02_2 Korintiërs 4:5-12_Doodmenslike koevert, Goddelike gesigMon, 03 Jun 2024 - 23min
- 37 - 2024 05 12_Ephesians 1:15-23_Deep heavenSun, 12 May 2024 - 21min
- 36 - 2024 05 05_1 Johannes 5:1-13_Liefde in die tyd van Fake NewsSun, 05 May 2024 - 34min
- 35 - 2024 04 28_1 Johannes 4:7-21_Liefde in die tyd van vreesSun, 28 Apr 2024 - 29min
- 34 - 2024 04 21_1 John 3:16-24_Love in the time of Likes
Sermon on 21 April 2024, the Fourth Sunday of Easter. Combined Service with the Reformed Church in Zimbabwe. Text: 1 John 3:16-24. Preacher: Helgard Pretorius. Third sermon in our series on Love in the time of...
Sun, 21 Apr 2024 - 26min - 33 - 2024 04 14_1 Johannes 1:5-2:2_Liefde in die tyd van Instagram
Preek van 14 April 2024 by Pinelands Gemeente. Week 2 in ons reeks vir Pase uit 1 Johannes, Liefde in die tyd van... Prediker: Bianca Truter-Botha; Teks 1 Johannes 1:5-2:2
Sun, 14 Apr 2024 - 26min - 32 - 2024 04 07_1 Johannes 1:1-4_Liefde in die tyd van WiFi
Preek van 7 April 2024 by Pinelands Gemeente. Week 1 van die preek-reeks 'Liefde in die tyd van...' uit 1 Johannes.
Sun, 07 Apr 2024 - 30min
Podcasts ähnlich wie Pinelands Gemeente
AD Voetbal podcast AD
De Zaak X AD
Alle Geschiedenis Ooit – Grote Namen Alle Geschiedenis Ooit
De Onderwereld Bas Dingemanse & Bas van Mulken
Omdenken Podcast Berthold Gunster
Boekestijn en De Wijk BNR Nieuwsradio
De Wereld | BNR BNR Nieuwsradio
Zolang het leuk is BNR Nieuwsradio
Moordzaken Carrie & Eddie
Heterdaad De Telegraaf
Het Land van Wierd Duk De Telegraaf
Kick-off met Valentijn Driessen De Telegraaf
F1 Aan Tafel Grand Prix Radio
Groeten uit Grolloo Johan Derksen
KieftJansenEgmondGijp KieftJansenEgmondGijp
Kris Kross Mixtape Kris Kross Amsterdam
De Jortcast NPO Luister / AVROTROS
De Wit & De Wereld NPO Luister / BNNVARA
Nachtzuster NPO Radio 1 / Omroep MAX
NRC Vandaag NRC
Veldheren Peter van Uhm, Mart de Kruif, Jos de Groot / Corti Media
Amerika in 15 minuten Raymond Mens
Maarten van Rossem & Tom Jessen Tom Jessen en Maarten van Rossem
Vandaag Inside Vandaag Inside
