Podcasts by Category

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

1173 - Moenie Verras Word Nie
0:00 / 0:00
1x
  • 1173 - Moenie Verras Word Nie

    Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” 

    Die dood is ongelooflik finaal. Wanneer jy sterf, hou jy op om asem te haal, jou hart hou op met klop, jou bloed hou op met vloei, jou brein gaan dood en van daardie oomblik af begin jou liggaam se aftakelingsproses. Dit is ongelooflik finaal.

    Dit is hoekom die beloftes van God deur Jesus Christus, sy Seun, so vreemd lyk. Dis so ver verwyder van die realiteite van dít wat ons hier op aarde in die gesig staar. Maar weet jy: die grootste belofte wat ons van Hom kry, is dat ons fisiese dood nie die einde is nie. Dit is die begin van 'n hele nuwe ewigheid vir ons.

    Kan ons vandag net nader aan daardie waarheid kom? 'n Liggaam in 'n kis is nie die einde nie, dit is die begin. Nadat ek my bejaarde ma onlangs begrawe het, is dit vir my selfs meer aangrypend. Nadat ons na haar kis in daardie diep gat afgekyk het, het dit vir ons gevoel asof dit so finaal is. Maar Jesus het gesê:

     

    Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

    Vir diegene wat die egtheid van hul geloof in Jesus bewys het deur goed te doen, wag daar ‘n ewige lewe. Ja, hulle sal die ewigheid in sy Teenwoordigheid deurbring. Maar, dié wat verkeerd gelewe het, sal nie.

    Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan.En as jy in Jesus glo, sal dit 'n heerlike dag wees!

    Moet dus nie verbaas wees wanneer jy vir alle ewigheid, in al sy glorie, by Hom staan nie.

    Moenie verbaas wees nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Fri, 26 Apr 2024
  • 1172 - Die Versekering van Verlossing

    Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Baie mense verstaan die enigste vereiste vir toegang tot die ewige lewe heeltemal verkeerd. Sommige sê, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek behoort reg te wees.Terwyl ander wonder, sal ek uiteindelik goed genoeg wees?

    Wel, is jy goed genoeg? Ek is nie; en wat meer is, ek sal nooit wees nie. Nouja, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek het tot dusver 'n redelik ordentlike lewe gelei en dieselfde is waarskynlik van jou ook waar. Maar nie een van ons het 'n lewe geleef wat goed genoeg vir God is nie. Ons het almal gesondig en skiet tekort aan sy heerlikheid. Sy standaard is absolute volmaaktheid.

    En dis hoekom Jesus vir jou en vir my na hierdie aarde gekom het; om aan die Kruis te sterf om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal. Hy het weer opgestaan om ons die gawe van 'n nuwe lewe hier op aarde en die ewige lewe in sy Teenwoordigheid te gee.

    Hoe ontvang ons hierdie sekerheid van die ewige lewe? Deur harder te werk? Deur 'n goeie mens te wees? Nee, my vriend, hier is die antwoord in Jesus se eie woorde:

    Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Ons ontvang die ewige lewe bloot deur in Jesus te glo. Deur geloof in die prys wat Hy aan die Kruis betaal het; deur geloof in die feit dat ons skuld en die oordeel wat óns verdien, op Hom geval het. Ons het die ewige lewe deur geloof in die Seun van God.

    Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Deur geloof. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Thu, 25 Apr 2024
  • 1171 - Die Krag van die Lewe

    Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. 

    Daar bestaan absoluut geen twyfel dat Jesus indrukwekkende wonderwerke gedoen het nie. Hy het die verlamdes laat loop; die blindes laat sien; vir Lasarus uit die graf laat opstaan. Maar wat was die doel van dit alles? Wat beteken daardie wonderwerke vandag vir ons?

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor Jesus se ongelooflike wonderwerk om daardie verlamde man op 'n draagbaar in staat te stel om op te staan en te loop. Stel jou voor dat jy dit sien gebeur. Of, stel jou voor dat jy daardie man is en ervaar wat hy ervaar het.

    En hier, tweeduisend jaar later, lees ons steeds, en praat ons steeds, oor Jesus se wonderwerke. Hoekom? Waarop dui daardie wonderwerke? Wat beteken hulle vandag vir ons? Hier is dit, in Sy eie woorde:

    Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.

    Nouja, wat is die antwoord? Dit leer ons dat Jesus die krag het – die krag – om vir ons die lewe, die regte lewe, die ewige lewe te gee! Voordat ons ons vertroue in Jesus gestel het, was ons dood in ons sonde; ons was die wandelende dooies hier op aarde, die helse dooies vir alle ewigheid.

    Maar dan roep Jesus jou en sy Gees gee jou die vermoë, die hunkering om in Hom te glo. Waarom? Vir lewe! Die oorvloedige lewe wat Hy belowe het om vir jou op hierdie aarde te gee; die ewige lewe wat Hy deur geloof aan jou geskenk het deur op te staan uit die dood.

    Ek is die weg, die waarheid … en die lewe.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Wed, 24 Apr 2024
  • 1170 - Hoe om nie te Misluk Nie

    Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV)

    Het jy al ooit dapper en entoesiasties besluit om in die geloof iets vir God te doen en ‘n volslae mislukking gemaak? Ek het ook al. En dan wonder ons hoekom God nie gehelp het nie. Here, wat doen U? Ek het U vertrou, maar U het my in die steek gelaat!

    Baie mense wat al probeer het om iets vir God te doen en misluk het, voel ook so. En tog het Jesus nooit in iets gefaal nie. Selfs toe Hy gelyk het soos die wêreld se grootste verloorder wat daar aan daardie Kruis gehang het - was Hy die grootste oorwinnaar van alle tye.

    Ja, kom ons sê dit maar; soms lyk God se planne vanuit 'n menslike oogpunt na ‘n mislukking - maar vanuit die hemel se balkon, vorm dit alles deel van sy plan. Ander kere is dit omdat ons in geloof opgetree het, ja, miskien selfs met groot geloof, sonder om by Hom te hoor, of ons grootse onderneming deel van sy plan is.

    Dit bring ons by die geheim van Jesus se 100% rekord van sukses:

    Johannes 5:19Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so(NLV).

    Jesus het nooit misluk wanneer Hy iemand wou genees nie. Hy het nie gesink toe hy op water geloop het nie. Op sy bevel het die water in wyn verander. Hoekom?

    Want Hy het net gedoen wat Hy sy Vader sien doen het. Hy het volgens sy Vader se wil opgetree. As jy dus in geloof optree, maak eers seker by God; bid, vra Hom wat sy wil is, sodat jy uiteindelik sal doen wat ons Vader reeds doen!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Tue, 23 Apr 2024
  • 1169 - Wie is Jesus? Episode 3

    Soms kan ‘godsdiens’ ons soos melaatses laat voel. Uitgeworpenes. Onwaardig. Waardeloos. In Jesus se tyd was daar baie melaatses. Hulle was uitgeworpenes. Hoe het Hy hulle behandel?

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Tue, 23 Apr 2024
Show More Episodes