Nach Genre filtern

God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

2797 - ‘n Geskenk vir Elke Seisoen
0:00 / 0:00
1x
  • 2797 - ‘n Geskenk vir Elke Seisoen

    Send us Fan Mail Prediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, ...daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,… 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe...

    Sat, 12 Sep 2026
  • 2796 - Die Outomaat-god

    Send us Fan Mail Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan? Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman"...

    Fri, 11 Sep 2026
  • 2795 - Die Leuens wat Ons vir Onsself Vertel

    Send us Fan Mail Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan! Waarom is ons sulke ‘experts’ as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.’ Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg’ is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig’ is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan ...

    Thu, 10 Sep 2026
  • 2794 - Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God

    Send us Fan Mail Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid is moeilik, totdat dit die einste ding word wat jou vrymaak. In die vroeë 1900's het die Am...

    Wed, 09 Sep 2026
  • 2793 - Wanneer Stilbly nie Goed is Nie

    Send us Fan Mail Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV) Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie. Toe president Abraham Lincoln die eerste weergawe van...

    Tue, 08 Sep 2026
Weitere Folgen anzeigen