Filtrar por gênero
God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
- 2797 - ‘n Geskenk vir Elke Seisoen
Send us Fan Mail Prediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans, ...daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,… 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe...
Sat, 12 Sep 2026 - 2796 - Die Outomaat-god
Send us Fan Mail Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan? Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman"...
Fri, 11 Sep 2026 - 2795 - Die Leuens wat Ons vir Onsself Vertel
Send us Fan Mail Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan! Waarom is ons sulke ‘experts’ as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.’ Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg’ is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig’ is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan ...
Thu, 10 Sep 2026 - 2794 - Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God
Send us Fan Mail Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid is moeilik, totdat dit die einste ding word wat jou vrymaak. In die vroeë 1900's het die Am...
Wed, 09 Sep 2026 - 2793 - Wanneer Stilbly nie Goed is Nie
Send us Fan Mail Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV) Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie. Toe president Abraham Lincoln die eerste weergawe van...
Tue, 08 Sep 2026 - 2792 - Wanneer iemand anders se gemors jou verantwoordelikheid word
Send us Fan Mail Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (20) Wat is jou instinktiewe reaksie wanneer jy gekonfronteer word met die rou, morsige realiteite van iemand anders se lewe? Die vriend wie se huwelik besig is om uitmekaar te val. Die ouer wat in verslawing verval. Die kollega wie se bitterheid elke kamer waarin hy loop, vergiftig. Wanneer sy pyn joune begin raak – leun jy nader … of staan jy terug? Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Clara Ba...
Mon, 07 Sep 2026 - 2791 - Dink Groot
Send us Fan Mail Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op die oomblik groot, is dit klein binne die groter prentjie van God se verhaal. In 1903 het Eugene Aldrin ...
Sun, 06 Sep 2026 - 2790 - Pasteur se Ontdekking
Send us Fan Mail Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20) Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is ’n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie? Louis Pasteur was ’n bekende wetenskaplike uit die 1800's. Hy het die mediese wêreld verander met sy w...
Sat, 05 Sep 2026 - 2789 - Sien Verder as Jouself
Send us Fan Mail Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20) Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat ’n totaal ander ...
Fri, 04 Sep 2026 - 2788 - Die Hoflikheid van Luister
Send us Fan Mail Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat, of die slimste dinge kan sê. Maar as niemand luister nie, verloor almal. Geraas vervang respek, en mense ...
Thu, 03 Sep 2026 - 2787 - September Nuusbrief 1
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September. Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17? Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie." Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoestand: Hy het op ‘n kol so bang geword toe koningin Isebel gedreig het om hom dood te maak. In plaas...
Wed, 02 Sep 2026 - 2786 - Christus op Straatvlak
Send us Fan Mail Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’’ So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die vlugteling, die vergetene by Hóm verby, sonder dat ons dit besef. Kyk jy net op na die lug en ...
Wed, 02 Sep 2026 - 2785 - Wat Vorm Jou?
Send us Fan Mail Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Het jy al ooit voor ’n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? ’n Siekte. ’n Verlies. ’n Mislukking. Verraad. ’n Finansiële krisis. ’n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad ...
Tue, 01 Sep 2026 - 2784 - Hier is ek Here
Send us Fan Mail Lukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20) Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is ...
Mon, 31 Aug 2026 - 2783 - Hou Op om die Stomp Byl te Swaai
Send us Fan Mail Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel. Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om ’n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om die byl skerp te maak. ...
Sun, 30 Aug 2026 - 2782 - Deur Christus se Oë
Send us Fan Mail Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en...
Sat, 29 Aug 2026 - 2781 - Jou Toekoms Hoef Nie soos jou Verlede te Lyk Nie
Send us Fan Mail Jakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Wanneer jy bietjie stilstaan en dink, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by ’n besluit. ‘n Besluit wat ons geneem het, ‘n besluit wat ons probeer ontduik, of ’n grens wat ons net nie wil stel nie. Al is dit dalk ’n bitter pil om te sluk, moet ons erk...
Fri, 28 Aug 2026 - 2780 - Christus is By die Hek
Send us Fan Mail Deuteronomium 27:19 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’” Wanneer dinge om ons te vinnig verander, voel dit soms of ons ou tradisies wegraak. Ek dink dis heeltemal natuurlik om dan bang te wees. Politici stry en mense kies kante. Intussen worstel gewone mense soos ek en jy met moeilike vrae: Hoeveel verandering kan ons eintlik hanteer? Waar ontmoet deernis en ges...
Thu, 27 Aug 2026 - 2779 - Moenie Wag Nie
Send us Fan Mail Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Het jy al ooit gevoel dat jy net nie goed genoeg is om na God toe te gaan nie? Asof jou sondes te veel is; jou mislukkings te groot; jou gebede te oppervlakkig? Ons almal het al so gevoel. Ons het gevoel dat ons onwaardig is om selfs ons oë na die hemel toe op te lig. Charles Spurgeon het eenkeer gesê: God ken jou situasie so goed asof jy die enigste skeps...
Wed, 26 Aug 2026 - 2778 - Hou Aan om sy Lig te Dra
Send us Fan Mail Matteus 5:14-16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Het jy al agtergekom hoe vinnig ons wil argumenteer; iemand van ons standpunt wil oortuig of die debat wil wen? Wanne...
Tue, 25 Aug 2026 - 2777 - Watter Prys sal Jy Betaal?
Send us Fan Mail Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, Ons leef in ’n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie? In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederlander wat weens sy Christelike geloof die doodstraf gekry het, uit die tronk ontsnap. Terwyl hy be...
Mon, 24 Aug 2026 - 2776 - Moenie Ophou Nie
Send us Fan Mail Jeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor ons weggesteek. H...
Sun, 23 Aug 2026 - 2775 - Net Een Gebedjie Ver
Send us Fan Mail Psalm 116:1-2 Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Almal bid wanneer die nood druk — selfs die ateïs in ’n dokter se wagkamer, of die skeptikus in ’n vliegtuig vol turbulensie. Ons almal roep op ’n manier uit na bo. Maar hoe gereeld voel dit nie of jou gebede nêrens heen gaan nie? Asof God net nie tuis is nie en jy begin wonder of Hy jou selfs kan hoor. Gedurende die Tweede Wêr...
Sat, 22 Aug 2026 - 2774 - Die Vryheid van Gehoorsaamheid
Send us Fan Mail Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Gehoorsaamheid en vryheid is twee idees wat voel asof hulle aan teenoorgestelde kante van die straat bly. Gehoorsaamheid klink na reëls, beperkings en "jy mag nie," terwyl vryheid klink na oop velde en "doen wat jy wil." Maar om die waarheid te sê, lei die een sonder die ander altyd na slawerny, na sonde, ...
Fri, 21 Aug 2026 - 2773 - Wanneer Dissipline Genade Word
Send us Fan Mail Openbaring 3:19-20 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Liefde en dissipline - ons bring die twee amper nooit bymekaar uit nie. Ons wil die liefde hê, maar ons is bang vir die pyn van om vasgevat te word. Ware liefde is egter nie ruggraatloos nie; dit is sterk gen...
Thu, 20 Aug 2026 - 2772 - Augustus Nuusbrief 2
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus. In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè? Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigtheid uitleef, gebeur iets wonderliks… God werk déúr ons om ander mense nader aan Hom te bring...
Wed, 19 Aug 2026 - 2771 - Skoon Huis; Skoon Hart
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy. Daar is niks soos die gevoel wanneer jy by ’n huis instap wat vars skoongemaak is nie - die vloere blink, die lug is skoon en alles is op sy plek. Jy kan weer asemhaal. Die chaos is weg. Dit voel goed, nè? Maar ’n skoon huis gaan nie net oor netheid nie; dit wys liefde vir die mense wat daar bl...
Wed, 19 Aug 2026 - 2770 - Verlore Maar Nie Vergete Nie
Send us Fan Mail Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms vaag ly...
Tue, 18 Aug 2026 - 2769 - Hoe die Alledaagse Iets Besonders Raak
Send us Fan Mail Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kry jy ook soms die gevoel dat jy net nie inpas nie; dat almal se lewens, behalwe joune, jou gesin s'n of jou situasie, normaal lyk? Wel; jy hoef nie alleen so te voel nie! Daar is iets asemrowends aan ’n pêrel. Dit word gebore uit iets wat nie daar h...
Mon, 17 Aug 2026 - 2768 - ‘n Teësinnige Bekeerling
Send us Fan Mail 2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om ’n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis ’n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie. Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die h...
Sun, 16 Aug 2026 - 2767 - Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid
Send us Fan Mail Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal verstaan daardie tipe hartseer en spyt. Gedurende die Watergate-skandaal in die 70’s het invloedryke mans i...
Sat, 15 Aug 2026 - 2766 - God se Voorkomende Beskerming
Send us Fan Mail Psalm 25:14-15 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou. Het jy al ooit vasgekeer gevoel? Asof daar onsigbare nette om jou styftrek, ongeag wat jy doen? Vrees, versoeking, spyt... dit voel soms net onmoontlik om los te breek. Augustinus van Hippo het geweet hoe dit voel wanneer God se vriendskap jou lewe heeltemal omkeer. Vir jare het hy...
Fri, 14 Aug 2026 - 2765 - Ek wil Jou ‘n Geheim Vertel
Send us Fan Mail Psalm 25:14 Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. Daar is iets vreeslik lekker en aanloklik aan ’n geheim, nè? Om te wag dat iemand jou genoeg vertrou om een te deel, voel kompleet of jy op die drumpel van iets groots staan. Sodra jy deel word van daardie "binnekring", verander alles sommer dadelik. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was net ’n handjievol mense by Bletchley Park in Engeland vertrou met die oorlog se gro...
Thu, 13 Aug 2026 - 2764 - Wag Hoopvol
Send us Fan Mail Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag. Jane Grey Swisshelm, ’n Amerikaanse joernalis en aktivis uit die negentiende eeu, is gespot, stilgemaak en selfs gedreig oor haar kritiek oor slawe...
Wed, 12 Aug 2026 - 2763 - Christus, Ons Bron van Vreugde
Send us Fan Mail Psalm 27:4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Dinge tref ons van alle kante af – spanning en druk, verliese en teleurstellings wat ons nooit vir onsself sou gekies het nie. Bitterheid kan so maklik wortel skiet. Fanny Crosby, die blinde 19de-eeuse liedjieskrywer, is as baba weens 'n mediese ...
Tue, 11 Aug 2026 - 2762 - Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde
Send us Fan Mail Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek? Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer...
Mon, 10 Aug 2026 - 2761 - Moenie die Probleem Voos Dink Nie
Send us Fan Mail 1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder. Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel? Jy dink deur elke scenario, elke "wat as", en steeds … verander niks nie. Dis omdat jy niks...
Sun, 09 Aug 2026 - 2760 - Stap in Genade In
Send us Fan Mail Johannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” Jy dink dalk dis ’n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boonop net skuldgevoelens veroorsaak. En wat is die waarheid? ’n Geloof wat op werke gebaseer is,...
Sat, 08 Aug 2026 - 2759 - Vir Jou Eie Beswil
Send us Fan Mail Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan Die lewe is vol mense wat vir jou wil sê wat om te doen - van base en politici tot beïnvloeders op sosiale media. Almal het raad en almal het ‘n plan vir jou lewe. Maar die groot vraag is: na wie luister jy regtig? As jongman was ek oortuig dat sukses die enigste doel in die lewe is. Ek moes ‘iemand’ word....
Fri, 07 Aug 2026 - 2758 - Slim is nie Genoeg Nie
Send us Fan Mail Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Dis vreeslik maklik om met groot woorde of intelligente argumente slim te probeer klink. Maar ware wysheid gaan nie oor wat jy sê nie; dit gaan oor hoe jy leef. Ek was self nog altyd vinnig met 'n slim antwoord. Dit kan soms werk, maar dit kan ook vinnig arrogant en lelik oorkom. God moes al baie aan my werk om...
Thu, 06 Aug 2026 - 2757 - Augustus Nuusbrief 1
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Augustus. Soms is dit nodig dat ons tot stilstand kom, sodat die Here sy herstelwerk kan doen. Hier is die storie van een van ons luisteraars wat na 30 jaar in die polisiemag self in 'n baie donker gat beland het - en hoe die Here deur die werk van Christianityworks sy lewe handomkeer verander het: Waar ek na amper drie dekades in een van die moeilikste en gevaarlikste woonbuur...
Wed, 05 Aug 2026 - 2756 - Moenie Screwtape laat Wen Nie
Send us Fan Mail Filippense 4:8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig ’n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitvee, is jou vrede by die venster uit en voel jy sommer skoon benoud. C.S. Lewis het dit p...
Wed, 05 Aug 2026 - 2755 - Die Paradoks van Genade
Send us Fan Mail Jakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Trots is 'n skelm ding – dit bekruip jou ongemerk. Dis juis gevaarlik wanneer dinge goed gaan; wanneer mense vir jou hande klap, of wanneer jy daardie gevoel kry dat jy uiteindelik jou lewe uitgesorteer het. Maar hier is die ding: trots lieg vir jou. Sonder God se genade kan nie een van ons eers asemhaal nie. Charles Spurgeon het eenkeer g...
Tue, 04 Aug 2026 - 2754 - Kap Hout en Ervaar die Hitte
Send us Fan Mail Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. Maandae kan soms maar rof voel, nè? Die wekker gaan af, die hele week lê nog voor jou, en al wat jy wil doen, is om daardie "snooze"-knoppie te druk. Maar hier lê die knoop: hoe jy jou week begin, bepaal dikwels hoe jy hom gaan klaarmaak. Dit kan nogal moeilik wees om jouself op ’n Maandagoggend te motiveer om die week positief aan te pak. Maar dink vir ’n oomblik daaroor na: daar is iets edels en v...
Mon, 03 Aug 2026 - 2753 - Een God, Een Verlosser
Send us Fan Mail Jesaja 43:11-12 Ek, ja, Ek is die Here. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is, sê die Here. (NLV) Ons leef in 'n wêreld waar almal 'n 'oplossing' vir alles het. Politici belowe hulle gaan die ekonomie regruk en tegnologie maak asof dit enige probleem kan uitsorteer. Dan is daar ook nog die selfhel...
Sun, 02 Aug 2026 - 2752 - Breek die Sirkel
Send us Fan Mail Deuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV) Ek wens ek kon vir jou sê dat die lewe eenvoudig is. Maar dit is nie. Dis kompleks, dis chaoties, en die toekoms is allesbehalwe seker. Jy kan nie eers seker wees van môre of die volgende dag nie! Al wat ons het, is vandag. So, wat gaan jy daarmee doen? 'n Paar jaar gelede het 'n navorsingspan ‘n aantal stappers, wat nie kompasse of GPS’e geh...
Sat, 01 Aug 2026 - 2751 - Wysheid in die Wagtyd
Send us Fan Mail Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop ni...
Fri, 31 Jul 2026 - 2750 - Die Krag van Volharding
Send us Fan Mail Hebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV) Een van die moeilikste dinge om te doen, is om deur te druk wanneer jy so gedaan gesukkel is, dat jy voel jy moet handdoek ingooi. Dink mooi, wanneer was die laaste keer wat jy in die versoeking was om moed op ...
Thu, 30 Jul 2026 - 2749 - Wysheid wat jou laat Uitblink
Send us Fan Mail Spreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek. (NLV) Het jy opgemerk hoe die kleinste stukkies raad van jou ouers jou vir die res van die lewe bybly? Dit is ongelooflik hoe jy, wanneer iets dekades later gebeur, hulle amper kan hoor, asof hulle hier langs jou staan. 'n Dosent het op ‘n keer 'n groep top leiers gevra wa...
Wed, 29 Jul 2026 - 2748 - Moenie God Beperk Nie
Send us Fan Mail Efesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) Het jy al ooit een van daardie oomblikke gehad waar jy iets niksbeduidend probeer het, maar waar die uitkoms jou wildste drome oortref het? Ek het beslis! Toe ek destyds in die bediening van Christianityworks begin werk het, was die bediening in hopelose finansiële omstandighede. Dit was een van daardie situasies waar mense s...
Tue, 28 Jul 2026 - 2747 - God se Planne is Altyd Goed
Send us Fan Mail Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Soms verloop die lewe nie soos jy wil hê dit moet nie. Jy beplan alles - jou loopbaan, jou gesin, jou aftree-droom - en dan, uit die bloute, gooi iets jou van koers af. Voor hy die gloeilamp uitgevind het, het Thomas Edison duisende mislukte eksperimente gehad. Joernaliste het hom gespot, Hoekom gaan jy na soveel katastr...
Mon, 27 Jul 2026 - 2746 - Wie Bepaal Jou Besluite?
Send us Fan Mail Spreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Wat gaan die mense dink? Wat gaan hulle sê? Gaan ek hulle teleurstel? Is ek besig om mense in die steek te laat? As jy al ooit met hierdie vrae geworstel het, is jy nie die enigste een nie. Die vrees vir wat ander dink, praat nie net met jou nie - dit skree. Dit is ’n vrees wat al baie lewens verwoes het. Die superster-gimnas, Simone Biles, het tyden...
Sun, 26 Jul 2026 - 2745 - Die Strand is Nader as wat jy Dink
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Die lewe is onvoorspelbaar, nè? Maar weet jy, ‘n mens kan geweldig baie oorleef as jy hoop het. Maar vat daardie hoop weg - vat dit régtig weg - en jy hou op voort te beweeg. Jy hou op om te...
Sat, 25 Jul 2026 - 2744 - Moenie Krampagtig aan Môre Vashou Nie
Send us Fan Mail Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV) Ons beplan vir die toekoms asof ons op een of ander manier in beheer is. Jy weet: môre se vergadering; volgende maand se doelwitte; volgende jaar se vakansie; waar ons oor vyf jaar wil wees, of wat ook al. Maar dan gebeur iets onbeplands. ’n Diagnose. ’n Telefoonoproep. ’n Krisis. Skielik is môre nie meer so seker as wat ons gedink het nie. Op 11 Maart 2011 h...
Fri, 24 Jul 2026 - 2743 - Moenie die Geleentheid Misloop Nie
Send us Fan Mail Jesaja 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. Treine wat verpas is. Oproepe wat gemis is. Kanse wat verlore is. Die meeste van ons weet hoe dit voel om net ’n klein bietjie te laat te wees; en hoe dit voel as daardie oomblik verby is. Ja, my vriend, die ou bootjie het by jou verbygevaar. In 1986 het Halley se Komeet naby genoeg aan die aarde verbybeweeg om met die blote oog gesien te word. Skares het saamgedrom. M...
Thu, 23 Jul 2026 - 2742 - Julie Nuusbrief 2
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Julie. Ons is altyd baie nuuskierig om te hoor wat Jesus vir julle sê deur die VARS boodskappe en wat as gevolg daarvan verander, maar vandag wil ek, Jokkie, graag met julle deel hoe dit ook my lewe aanraak. Die boodskappe wat op die sesde en sewende Julie 2026 uitgesaai is het ons saam met die res van daardie week se boodskappe op die sewe-en-twintigste Maart opgeneem. D...
Wed, 22 Jul 2026 - 2741 - Die Vaste Rots Wat Nie Wankel Nie
Send us Fan Mail Jesaja 26:4 Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug. Daar is ’n baie goeie rede waarom ‘n bergklimmer rotshake in die rots inslaan. Dis nie vir die klim self nie. Dis vir wanneer dinge skeefloop - die onverwagte wind, wanneer hy gly, wanneer hy skielik val. Wanneer alles padgee, het hy ‘n anker nodig wat hom sal red. In 1940 het ingenieurs begin om die Tacoma Narrows-brug in die staat Washington te bou. Dit het sterk gelyk. Dit was amper ’n ki...
Wed, 22 Jul 2026 - 2740 - God, U is My God
Send us Fan Mail Psalm 63:2 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Het jy al ooit wakker geword met 'n droë mond, 'n krapperige keel en 'n dors na water asof dit die enigste ding is wat saak maak? Fisiese dors is erg. Maar wanneer jou siel dors is, is dit 'n ander soort pyn. Een wat jy nie met 'n glas water kan les nie. In 1901, in die versengende hitte van Wes-Australië se goudvelde, moes delwers diep grawe - soms honderd...
Tue, 21 Jul 2026 - 2739 - Wanneer Genade in die Weegskaal Hang
Send us Fan Mail Johannes 3:14-15 Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. Het jy al agtergekom hoe die kleinste dingetjie ‘n ramp kan verhoed? Een enkele bout hou ’n vliegtuig se vlerk vas. Een vuurhoutjie steek ’n vuur in die ysige koue aan. Soms verander net een klein dingetjie alles. In 1829 is ’n sekere George Wilson skuldig bevind aan die roof van ’n poskoets en ter dood vero...
Mon, 20 Jul 2026 - 2738 - Die Gees Bring Heiligheid
Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op ’n selfsugtige manier met ’n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om ’n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen. Toe...
Sun, 19 Jul 2026 - 2737 - Die Gees Skenk Genade
Send us Fan Mail Handelinge 4:31,33 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Iets wat baie kerkmense pla, is die manier waarop die gemeentelede optree. Jy sien kerke skeur en die helfte van die mense loop uit; soms baklei hulle selfs ...
Sat, 18 Jul 2026 - 2736 - Die Gees Bring Wysheid
Send us Fan Mail Eksodus 31:3-5 My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak. (NLV) Ons is almal geneig om ons natuurlike talente en vermoëns as vanselfsprekend te aanvaar. Ons leef immers al ons hele lewe lank daarmee saam; dis mos niks spesiaal nie; almal kan seker maar doen wat ek doen? En tog is niks...
Fri, 17 Jul 2026 - 2735 - Die Gees Bring Krag
Send us Fan Mail Efesiërs 3:16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my lyk dit asof dit al hoe moeiliker word om getrou aan Christus te bly. Dis moeilik om vol selfvertroue te praat oor dít waarin ons glo, of selfs net om aan te hou glo, terwyl almal van ons verwag om in te pas by ’n nuwe, goddelose wêreld. Hoe bly mens tot diep in jou siel getrou aan Jesus? Mariam Farahat was...
Thu, 16 Jul 2026 - 2734 - Die Gees is Teenwoordig
Send us Fan Mail Johannes 14:16-17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Nou goed, party mense glo in God. Sommiges glo selfs dat Jesus die Seun van God was en is; dat hy mens geword het; aan die kruis gesterf het; opgestaan het en na die hemel opgeva...
Wed, 15 Jul 2026 - 2733 - Die Gees Bring Lewe
Send us Fan Mail Genesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Ons is geneig om die lug wat ons elke dag 23 000 keer in- en uitasem, sommer as vanselfsprekend te aanvaar. En tog sou ek en jy nie eens vir ’n paar minute daarsonder kon oorleef nie. Elke keer as jy asemhaal, trek jy triljoene suurstofmolekules in wat na jou longe jaag, in jou bloedstroom opgeneem word, aan jou hemog...
Tue, 14 Jul 2026 - 2732 - Die Gees Bring Orde
Send us Fan Mail Genesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Die lewe kan soms nogal deurmekaar wees. Dit is nie altyd maklik om reg op te tree wanneer probleme jou skielik tref of dinge jou ontstel nie. Maar agter al die chaos is daar ’n geheime orde … as ons maar net daarna soek. ...
Mon, 13 Jul 2026 - 2731 - Moenie Grense Verskuif Nie
Send us Fan Mail Spreuke 23:10,11 Moenie die ou grense van ’n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig. (NLV) Daar is 'n ou wenresep wat politici gebruik: Steun altyd die perd wat eiebelang genoem word, ou seun! Dit is 'n wyd aangehaalde, siniese waarneming oor die menslike natuur en politieke gedrag. Met ander woorde, bevredig die eiebelang van die mense en hulle sal vir jo...
Sun, 12 Jul 2026 - 2730 - Weet Wanneer om Op te Hou
Send us Fan Mail Spreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. Het jy al opgelet hoe maklik mense deur hierdie samesweringsteorie, of daardie radikale dogma, aan die neus gelei word? Kyk net om jou rond. Soveel mense word in die maalstroom van die sosiale media meegesleur en ingesuig, dat hulle nie meer hul eie opinies kan vorm en hul eie koppe kan volg nie. Stel jou voor jy ontmoet iemand wat oortuig is daarvan dat die aarde plat ...
Sat, 11 Jul 2026 - 2729 - Die Krag van ‘n Vriendelike Woord
Send us Fan Mail Spreuke15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. Daar is ‘n magdom van potensiële bruikbare talent wat in die agt miljard mense op aarde opgesluit is. Maar dit is tragies watter enorme deel van daardie talent verlore gaan, bloot omdat die wêreld dit nie waardeer of erken nie. Dink ‘n bietjie daaroor na. Die verlies van al daardie talent is verstommend! In 'n wêreld waar almal om aandag en s...
Fri, 10 Jul 2026 - 2728 - Kies die Kroon, Nie die Trofee Nie
Send us Fan Mail Hebreërs 11:24-26 Omdat Moses geglo het, het hy as volwasse man geweier om as die seun van Farao se dogter bekend te staan. Hy het die swaarkry saam met God se volk verkies bo die kortstondige genieting van die sonde. Vir hom was die smaad wat hy ter wille van Christus, die Messias, moes deurmaak, ’n groter rykdom as die skatte van Egipte. Hy het immers uitgesien na die beloning wat God aan hom sou gee. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat daarvan hou om medaljes en toekenni...
Thu, 09 Jul 2026 - 2727 - Julie Nuusbrief 1
Send us Fan Mail Goeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Julie. Ek kan skaars wag om vandag ‘n wonderlike getuienis - ‘n storie van God se genade wat my diep geraak het - met jou te deel. Sarie Greeff, een van ons intekenaars, vertel: Jare gelede is ek verlam as gevolg van 'n virus wat ek opgedoen het. Volgens die mediese span was daar geen hoop vir my nie. Ek het in 'n Johannesburgse hospitaal gelê — ek was op ...
Wed, 08 Jul 2026 - 2726 - Alles = Alles
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 5:14-15 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Wanneer daar ‘n tragedie soos 'n skietery by ‘n skool, 'n treinongeluk of 'n terroriste-voorval in ‘n voorspoedige Westerse land voorkom, is dit oral in die n...
Wed, 08 Jul 2026 - 2725 - Hou op om uit te stel. Begin Saai.
Send us Fan Mail Prediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie. Ons ken almal daardie verskoning van, wag vir die "perfekte oomblik" vo...
Tue, 07 Jul 2026 - 2724 - Die Suiwerste Vorm van Aanbidding
Send us Fan Mail 1 Samuel 15:22 Maar Samuel antwoord “Wat verkies die Here: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme. (NLV) Ons leef in 'n wêreld wat verslaaf is aan goed waarvan ‘n groot ophef gemaak word. Die sosiale media is mal daaroor – ‘n reusagtige skenking; ‘n openbare verskoning; ‘n groot valse vertoon van vriendelikheid. Maar agter die kollig is dit die klein, goedjies wat die meeste saakmaak; daardie goedjie...
Mon, 06 Jul 2026 - 2723 - Ewigdurende Vreugde
Send us Fan Mail Judas 24-25 Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. Die wêreld, oftewel die duiwel, sal jou daagliks probeer mislei om te glo dat dit alles oor die híér en nóú gaan; dat die hemel en hel bloot 'n...
Sun, 05 Jul 2026 - 2722 - Onbeskryflike Vreugde
Send us Fan Mail 1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. Jy kan maar net om jou rond...
Sat, 04 Jul 2026 - 2721 - Ware Vreugde
Send us Fan Mail Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dis nie maklik om ‘n blywende verandering in jou lewe te maak nie. Dit kan baie moeilik wees wanneer jy 'n slegte gewoonte wil afleer en dit met 'n goeie een wil vervang. Ja, om blywende vrugte in jou lewe te produseer - goeie vrugte - is beslis 'n uitdaging! Vrugte is 'n goeie beeld van die goeie dinge wat o...
Fri, 03 Jul 2026 - 2720 - Die Vreugde Koninkryk
Send us Fan Mail Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie? Franciscus van Assisi is in ‘n adellike gesin gebore. Hy was gewoond aan baie geld, luukshede, fyn klere, bankette en hoë status...
Thu, 02 Jul 2026 - 2719 - Die Vreugde-uitruiling
Send us Fan Mail Johannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Vreugde - egte, blywende vreugde - is die wonderlikste ding wat ‘n mens kan ervaar. Nie geluk nie. Geluk ry wipplank met jou omstandighede. Vreugde, aan die ander kant, bly by jou deur al jou hoogte- en laagtepunte. Ek weet dat God wil hê jy moet elke minuut van elke dag vir die res van jou lewe, in sy egte, blywende vreugde leef. En daardie vreugde is nie iets wa...
Wed, 01 Jul 2026 - 2718 - Laat Vreugde Jou Dra
Send us Fan Mail Nehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm. Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou vreugde. Is dit regtig hoe jy wil leef? Mense gebruik kamele al vir byna drieduisend jaar...
Tue, 30 Jun 2026 - 2717 - Vreugde Begin Hier
Send us Fan Mail Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Die lewensreis het meer kinkels en draaie as 'n tuimeltrein. Neem een verkeerde draai op jou lewensreis... en jy sal teen hoë spoed die spoor byster raak. Het jy geweet die slim mense sê dat ons gemiddeld 500 bewuste besluite per dag neem. So sal ek en jy in ons leeftyd waarskynlik meer as 13 miljoen bewuste besluite neem. Kom ons neem aan dat 95% daarvan onbelangrik...
Mon, 29 Jun 2026 - 2716 - Ongedissiplineerde Begeerte
Send us Fan Mail Spreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is! In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat hy veronderstel was om te droom, met 'n klein aanlyn-boekwinkeltjie in sy motorhuis begin. Terwyl ander ...
Sun, 28 Jun 2026 - 2715 - Dodelike Geheimpies
Send us Fan Mail Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die Tuin van Eden het dit afgeskop deur die waarheid oor God te verdraai om vir Adam en Eva die groot le...
Sat, 27 Jun 2026 - 2714 - Leef Groot deur Klein te Leef
Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) Jy hoor mense praat oor hul roeping, en dit klink alte deftig en edel. Maar 'n roeping het 'n onvermydelike prys. Dit behels dat jy jou eie begeertes in diens van ander neerlê. En dít is die edel deel. Sommige mense hou daarvan om te spog o...
Fri, 26 Jun 2026 - 2713 - Klein in My Hande, Magtig in Syne
Send us Fan Mail Johannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vissies en vyf brode voed? Dit klink belaglik, nie waar nie? Ek bedoel ... wat het Jesus gedink? Gladys Ay...
Thu, 25 Jun 2026 - 2712 - Gerief of Moed?
Send us Fan Mail Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV) Ons is nogal geneig om dubbele standaarde te hê as dit by geregtigheid kom. Wanneer ons onskuldig geblameer word, my maat, dan wil ons hê geregtigheid moet geskied! Maar wat gebeur wanneer ‘n ander persoon onskuldig moet ly? Hoeveel pla dit ons? Gee ons dan werklik om? Wêreldwyd word fabrieke en and...
Wed, 24 Jun 2026 - 2711 - Dring deur tot die Kern
Send us Fan Mail Spreuke 18:15 'n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Het ons nie dalk al te gewoond geraak aan kitsoplossings vir ons uitdagings nie? So, wanneer jy 'n probleem ondervind wat jy nie maklik kan oplos nie; wat doen jy? Gedurende die vroeë 20ste eeu is die wêreld van die fisika oorheers deur die aannames wat Newton gemaak het. Baie mense het sy wette as onbetwisbare "feite" aanvaar, maar Albert Einstein het geleer om dieper as die opperv...
Tue, 23 Jun 2026 - 2710 - Die Goeies Neem die Lang Pad
Send us Fan Mail Hebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Ons het elke dag verskeie keuses. Dis baie maklik om kortpad te kies, nie waar nie? Ja, ons kan besluit om die maklike roete te neem omdat dit gerieflik is, of aan die anderkant kan ons kies om die langer roete te neem omda...
Mon, 22 Jun 2026 - 2709 - Staak Jou Verskonings
Send us Fan Mail Romeine1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB) Ons vermoë om voor die hand liggende feite te ontken, is verstommend. Ons kan met onbetwisbare bewyse van die bestaan van iets gekonfronteer word, maar op grond van...
Sun, 21 Jun 2026 - 2708 - Hemelse Genot
Send us Fan Mail Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee? Elke keer wanneer ek hierdie Psalm lees, vul dit my met soveel opwinding en verwondering: Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom g...
Sat, 20 Jun 2026 - 2707 - Lyding teenoor Beloning
Send us Fan Mail Lukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. Die mens wat in Jesus Christus glo, sal in 'n mindere of meerdere mate op een of ander manier lyding ervaar. Vir sommige van ons mag dit...
Fri, 19 Jun 2026 - 2706 - Dapper Geloof
Send us Fan Mail Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) Wat glo jy regtig diep in jou hart van God? Glo jy in die krag van ...
Thu, 18 Jun 2026 - 2705 - Junie Nuusbrief 2
Send us Fan Mail Goeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Junie. Dis altyd vir ons 'n groot bederf om deur hierdie nuusbrief by jou in te loer. Ons wil hê jy moet vandag weet hoe opreg ons jou waardeer. Jy is nie net 'n intekenaar op 'n lys nie; jy is 'n noodsaaklike vennoot in God se Koninkryk. Wanneer ons praat van jou vennootskap in ’n wêreldwye bediening, praat ons van getroue dissipelmakers soos Berni se Poolse vriend, Henryk ...
Wed, 17 Jun 2026 - 2704 - Vreeslose Geloof
Send us Fan Mail Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Ons beleef hoe so baie mense vandag met groot ophef vir Christus verwerp. Sulke mense verwerp die idee dat daar 'n God van liefde en geregtigheid in die hemel is; hulle verwerp die ongelooflike idee dat Hy enigiets so dramaties sou doen as om sy Seun na hierdie wêreld te stuur om vir ons aan 'n kruis te sterf...
Wed, 17 Jun 2026 - 2703 - Die Here Versterk Jou
Send us Fan Mail Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het? Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger va...
Tue, 16 Jun 2026 - 2702 - Lewe in die Lig
Send us Fan Mail 1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. Ek was nog altyd baie erg oor tegnologiese dinge … elke nuwe uitvinding lyk asof dit so slim is en so wonderlik gaan werk. En dan wonder ek, het hierdie masjientjies en affêretjies nie dalk vir ons te belangrik geword nie? Het ons toegelaat dat dit ons van ‘n vervullende lewe beroof? 'n Man koop di...
Mon, 15 Jun 2026 - 2701 - Aanskou die Heerlikheid van die Here
Send us Fan Mail Jesaja 6:1,3 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 'n Vlieënier wat probeer om in 'n verskriklike storm sy vliegtuig te land, moet 'n keuse maak. Daar is geweldige turbulensie, die sigbaarheid is zero en die onbetwisba...
Sun, 14 Jun 2026 - 2700 - Om Jou Vyand Lief te Hê
Send us Fan Mail Psalm 119:93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. (NLV) Gehoorsaamheid is 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is samelewings daarvan afhanklik vir goeie orde, voorspoed en basiese veiligheid. Aan die ander kant, soos ons gister met die Rwandese volksmoord van 1994 gesien het, kan blinde gehoorsaamheid, verwoestende gevolge hê. Mitsuo Fuchida was die bevelvoerder van die Japannese soldate met hul aanval op Pearl Harbour, wat duisende m...
Sat, 13 Jun 2026 - 2699 - Moenie Alles Glo Wat jy Hoor Nie
Send us Fan Mail Spreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek. Tydens die R...
Fri, 12 Jun 2026 - 2698 - Moenie ‘n Bedrieër Wees Nie
Send us Fan Mail Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontst...
Thu, 11 Jun 2026
Podcasts semelhantes a God se Woord VARS vir jou Vandag
El Partidazo de COPE COPE
Herrera en COPE COPE
La Linterna COPE
Dante Gebel Live Dante Gebel
Panda Show - Sin Picante El Panda Zambrano
Es la Mañana de Federico esRadio
La noche de Cuesta esRadio
Hondelatte Raconte Europe 1
Au Coeur du Crime Europe1
Affaires sensibles France Inter
LEGEND Guillaume Pley
El colegio invisible OndaCero
La Rosa de los Vientos OndaCero
Les grands dossiers de l'Histoire par Franck Ferrand Radio Classique
Espacio en blanco Radio Nacional
Entrez dans l'Histoire RTL
Le grand récit RTL
Les Grosses Têtes RTL
Les histoires incroyables de Pierre Bellemare RTL
L'Heure Du Crime RTL
El Larguero SER Podcast
SER Historia SER Podcast
Un Libro Una Hora SER Podcast
HISTORIAS DE LA HISTORIA VIVA RADIO
Outros Podcasts de Crianças e Família
Slow Radio | Sleep Focus Sounds Slow Radio | Sleep Focus Sounds
Radio Drama Radio Memories Network
Bybelstories in Afrikaans Carin Conradie
Family Matters 702
Focus on the Family Parenting Podcast Focus on the Family
The Anele Podcast Anele Mdoda
Focus on the Family with Jim Daly Focus on the Family
American History Tellers Audible
""BABY BILLY!!"" Bobby Solomon
4 kids by kids Podshape
A Moment with Joni Eareckson Tada Joni and Friends, Joni Eareckson Tada
Sinnlos Märchen RADIO PSR
Genitori Prét-à-porter Mammapretaporter
The People's Pharmacy Joe and Terry Graedon
MotherWell Podcast MotherWell
Deep Sleep Sounds Slumber Studios