Filtra per genere

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

534 - Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund
0:00 / 0:00
1x
  • 534 - Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund

    Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan die bedryf.

    Wed, 30 Sep 2026 - 4min
  • 533 - Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks

    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.

    Wed, 30 Sep 2026 - 11min
  • 532 - Bek-en-klouseer: Wat nou vir Namibië se boere en verbruikers?

    Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings? Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.

    Mon, 28 Sep 2026 - 13min
  • 531 - Bek-en-klouseer: Wat kan dit vir Namibië se ekonomie beteken?

    Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie. Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken? Rome Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, gesels oor die moontlike ekonomiese gevolge van die bek-en-klouseer-uitbreking en wat die langertermyn-impak vir Namibië kan wees.

    Fri, 25 Sep 2026 - 9min
  • 530 - Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou?

    Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag gesels ons met Ben Nangombe, waarnemende uitvoerende hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, om dié en ander belangrike vrae oor die nuwe voordele te beantwoord.

    Thu, 24 Sep 2026 - 10min
Mostra altri episodi